Toename in steun vir Euroskeptiese partye verwag

Later hierdie week sal Europeërs in 28 lande na die stembus gaan om hul verteenwoordigers vir die Europese parlement te verkies. In ‘n peiling laat verlede jaar het meer as 40% van Europa se inwoners aangedui dat hulle skepties oor die rol van die Europese regering is. Dit volg na die Europese finansiële krisis die afgelope paar jaar.

Inwoners van Suid-Euopese lande soos Griekeland en Spanje voel dat noordelike lande soos Duitsland ‘n onbillike handelsvoordeel deur die monetêre vereniging van lidlande verkry het. In Griekeland wil baie Grieke hê dat Griekeland weer sy eie geldeenheid moet kry. Heelwat Grieke is selfs ten gunste daarvan dat die land heeltemal uit die Europese Unie onttrek.

Inwoners van noordelike lidlande soos Nederland, Frankryk en die Verenigde Koninkryk is ook gefrustreerd met die Europese Unie. Aan die een kant gaan hul ongelukkigheid oor die feit dat hul lande baie geld moes bydra om lande soos Griekeland en Spanje uit die moeilikheid uit te help. Aan die ander kant is daar ook ‘n groot frustrasie met die wyse waarop lande in Europa toenemend hul outonomiteit moet inboet soos wat die Europese regering in Brussel sekere funksies en mag sentraliseer.

‘n Groot bron van frustrasie in Wes- en Noord-Europa is die immigrasie van mense uit Noord-Afrika, die Midde-Ooste en Oos-Europa. Aangesien mense vrylik binne Europa kan beweeg beteken die swak vermoë van suidelike lande soos Italië en Spanje om onwettige immigrasie te bekamp en hul grense te beveilig dat baie onwettige immigrante ook in Nederland, België, Frankryk en Duitsland ‘n heenkome vind.

Die Europese Unie is nog altyd aan die wêreld voorgehou as dié voorbeeld van samewerking tussen lande wat voorheen aardsvyande was. Deur die Europese Unie probeer Europeërs bewys hoe ‘n herhaling uit die geskiedenis voorkom kan word deur groter samewerking en inbinding op ekonomiese, politieke en ander terreine.

Die probleem hiermee is egter dat juis die verskille tussen die volkere van Europa misken word. Daar word by diversiteit verbygekyk om uiteindelik te kan sê: Ons is een Europa!

Die miskenning van Europa se diversiteit en in besonder hoe groot die verskille tussen Europese volkere wel is, kan waarskynlik as die hoofoorsaak van sogename ‘Euroskeptisisme’ beskryf word. Waarom word Britte of Nederlanders kwaad as hul belastinggeld gebruik word om die ekonomie van Griekeland te probeer stabiliseer? Die burokrate in Brussel sal vir jou sê dat Europeërs soos broers is wat mekaar die heeltyd moet ondersteun. Vir die gemiddelde Fransman of Nederlander is ‘n Griek egter ‘n vreemdeling met snaakse gewoontes wat allesbehalwe as ‘n broer beskou kan word.

Die finansiële krisis van die afgelope paar jaar het ook al die krake in die Europese-model duidelik na vore laat kom, want ja, broederskap is makliker wanneer dit goed gaan as wanneer dit sleg gaan. ‘n Toename in steun vir Euroskeptiese partye hierdie week sal goed wees. Want dit sal bevestig dat diversiteit nie sommer net uitgevee kan word nie en dat elke volk ‘n reg op ‘n outonome voortbestaan het.

ORANIA IS RASSISTIES

Orania groeit. Nu al trekt de volkstaat veel journalisten wereldwijd. Dat zal, naarmate Orania groeit, alleen maar toenemen. De stem die Orania uitdraagt, zal steeds meer gehoord worden, op tv, in de kranten, op internet, tijdens politieke bijeenkomsten, enz. Wil Orania uit kunnen groeien tot de volkstaat, dan heeft zij steun nodig, laat ik zeggen, enige welwillendheid van de westerse wereld. Het stichten van een eigen land gaat niet makkelijk. Zoiets roept, zoals nu al blijkt, felle tegenkrachten op. Wat zal nu de allereerste aanval/beschuldiging zijn die tegen Orania wordt ingebracht? Rassisme! De Afrikaners bouwen hun eigen volkstaat/ Orania, omdat zij rassisten zijn. Zij hebben een hekel aan zwarte mensen en willen zich om die reden van hen isoleren. Dit is de allereerste aanval tegen Orania en de volkstaat. En voor dié aanval is de westerse wereld erg gevoelig.
—Mijn vrouw en ik wonen in West-Europa en zien met eigen ogen wat onder de mensen hier speelt. Afrikaners hebben geen goede naam. Het vooroordeel tegen Afrikaners dat algemeen leeft, is: jullie zijn rassisties. Op youtube zijn enkele filmpjes te zien, waarin Afrikaners als lelijk en monsterachtig, want rassisties, worden afgebeeld. En met name AWB-sympathisanten werken dit ook in de hand. Er is een video van een AWB-man op internet te zien, waar deze Afrikaner doodleuk aan jeugdige Afrikaners zegt, dat Hitler hun voorbeeld moet zijn. – De westerse wereld heeft nog steeds niet de gruwelen van Hitler verwerkt. Wat denken jullie, dat de boodschap is, die deze afrikaner uitdraagt naar de wereld aangaande jullie?
—De beschuldigingen tegen Afrikaners zijn niet terecht. Integendeel, Afrikaners zijn de moeite waard. Wij zijn van mening dat zij een lieftallig volk is. Maar daar heeft de westerse wereld geen enkele boodschap aan. Filmpjes en videos zoals die van deze AWB-man vormen de mening. En de tegenstanders van Afrikaners weten dat heel goed. Zij zijn er op uit om Afrikaners ten overstaan van de (westerse) wereld zwart te maken.
—Maar hoe kan Orania zich verdedigen tegen de beschuldiging van rassisme? In de allereerste plaats door niet rassisties te zijn. Dat is niet zo makkelijk, omdat Afrikaners juist door swartmensen in een hoek worden gedreven. Ik zelf afkomstig uit West-Europa moest blozen vanwege het rassisme in Zuid-Afrika, niet door, maar tegen Afrikaners. Het is begrijpelijk dat een mens dwarsgevoelens krijgt tegen die groep mensen door wie hij steeds wordt aangevallen. Precies hetzelfde gebeurde immers met de Nederlanders. Zij hadden de eerste jaren na de 2e wereldoorlog een uitgesproken hekel aan Duitsers. (Niemand haalde het in zijn hoofd om Nederlanders om die reden rassisten te noemen.)
—Toch moeten Afrikaners, willen zij overleven, hier- dit is niet makkelijk – een ‘kopschuif’ maken. Er bevinden zich onder swartmensen hele goede mensen. En swartmensen zijn niet beter of slechter dan witmensen. Deze overweging kan rassisme in ieders hart keren. Bovendien, als wij werkelijk ‘die Heere’ willen dienen, laten wij dan proberen – en dat is voor ieder mens een moeilijk gebod – een beetje onze naaste lief te hebben als onszelf. Ook dat keert rassisme.
—Mijn vrouw en ik zijn van mening dat het Orania-bestuur hier en daar kunstmatige maatregelen kan opleggen om kwaadaardige journalisten een stap voor te zijn. Maar dat zal allemaal slechts ten dele helpen. De belangrijkste maatregel tegen de komende aanval: julle zijn rassisten! – , is om het niet te zijn. Wij hopen, dat het Orania-bestuur hiervan doordrongen is. En zoals zij nu leiding geeft, doet zij het goed. Carel Boshoff senior heeft een goede geestelijke richtlijn gegeven in zijn autobiografie: Dis nou ek. – Als wij werkelijk een volkstaat voor de Afrikaners willen stichten, is het van wezenlijk belang om te blijven bij de geest die Boshoff in zijn boek uitademt. Die geest is goed. Waarom werken Orania-werkers voor de stichting van een volkstaat? Hierom! Omdat ook Afrikaners mogen leven en omdat Afrikaners in de huidige, politieke situatie van Zuid-Afrika geen kans krijgen om te (over)leven. De enige uitweg voor Afrikaners is het stichten van een eigen land, door Afrikaners en voor Afrikaners. Een ruime meerderheid van de inwoners van die staat moet natuurlijk uit Afrikaners bestaan. Dat waarborgt het bestaan van een land voor Afrikaners.
—Dit concept dat van rassisme is gespeend, is te verdedigen ten overstaan van de wereld. Wij moeten niet een volkstaat proberen te bouwen in isolatie van de rest van de wereld en van de rest van Zuid-Afrika. Dat is de idee van de AWB en het is tot mislukken gedoemd. Het zal, zo zijn wij van mening, uitlopen op de ondergang van de Afrikaners. Laten wij daartegen kiezen. Ook Afrikaners mogen leven! De volkstaat kan er, als God ons hierin zegent, komen, maar bij voorkeur moeten Orania-werkers hierbij samenwerking met hun zwarte buren in de rest van Zuid-Afrika zoeken.

Verkiesing 2014 is meer van dieselfde

Dit het al ‘n ritueel met Suid-Afrikaanse verkiesings geword dat in die aanloop daartoe allerhande verwagtings geskep word dat hierdie keer dinge anders gaan wees en daar ‘n kans is om die ANC-regering te verslaan, of ten minste enkele provinsies van die party af te neem.

Die media wil koerante verkoop en het dus bespiegel dat die korrupsie van president Zuma en die wegbreek van vakbonde uit die ANC/Cosatu/SAKP-eenheidsfront ‘n wesenlike faktor is wat die spel gaan verander. Dan word daar ook, gegrond op meningspeilings, gegis dat die ANC provinsies soos die Noord-Kaap en Gauteng weens grootskaalse ontevredenheid en betogings kan verloor.

Hierdie verkiesing het egter net weer bevestig wat ‘n mens die onveranderlike wetmatighede van die Suid-Afrikaanse politiek kan noem:
• Die ANC wen met elke verkiesing om en by 2/3 van die stemme. Geen interne verdeeldheid, swak leierskap, skandale of swak prestasie kan die ANC se geweldige houvas op sy ondersteuners verbreek nie. Daar is ook ‘n groot gaping tussen die media se waarmeming van die ANC en die ondersteuners op grondvlak se onbreekbare lojaliteit.
• Die DA beweeg met elke verkiesing ideologies nader aan die ANC en sy leierskap verswart. Nogtans kon die party nêrens ‘n kiesafdeling wen wat hoofsaaklik deur swartmense bevolk word nie en bly die swart ondersteuning gering.
• Die Afrikaners bly die mees lojale ondersteuners van die DA, en selfs die DA se afskeep van Afrikaans, steun vir swart bemagtiging en grondeise kon nie die Afrikaner se lojaliteit aan dié party kraak nie. As mev Zille se dansery, die uitwerk van wit Afrikaanse mense uit die DA se leierskap en die ideologiese skuif na links nie die Afrikaner se ondersteuning vir die DA kan breek nie, dan kan niks dit doen nie.
• Die VF+ het wel effens beter gevaar, wat in die lig van ‘n krimpende getal Afrikanerkiesers op sigself ‘n prestasie is. Nogtans kan die party nie uit die 1%-ghetto uitbeweeg nie en selfs die VF se verandering van die fokus op Afrikanerselfbeskikking na minderheidsbelange, het nie gehelp om nuwe steun uit nie-Afrikanergeledere te wen nie.
• Met elke verkiesing is daar ‘n nuwe swart party wat uit ontevrede ANC-ondersteuners gevorm het. 1999 was dit die UDM, 2004 die OD, 2010 Cope en nou EVV en Agang. Alhoewel die partye,behalwe Agang, wat ‘n flop was, ‘n element van verrassing inhou, trek hulle min steun van die ANC af en herskik net die oposisiegeledere. Nuwe partye het ook ‘n beperkte lewensduurte en oorleef selde meer as 2 termyne.
• Etniese politiek kry min steun. Swart mense stem rasgebaseerd en nie etnies nie. Partye met ‘n etniese appèl (nie in beleid nie, maar wel in die feit dat hulle streeksgebonde is) soos die IVP, UCDP, UDM, MF, ens, kry min steun en vorder in die meeste gevalle agteruit.
• Verkiesings gaan nie oor beleid of ideologie nie, maar feitlik uitsluitlik oor brood- en bottersake. Partye wat op waardes fokus, soos die VF+ en die ACDP, kry min aftrek, terwyl die ANC, DA, EVV e.a. se veldtogte suiwer op materiële dinge fokus.
• Elke verkiesing wys net weer eens die mag van demografie, veral wanneer die uitslae uit die swart gebiede inkom. Dan spring die persentasies van swart massapartye soos die ANC of EVV en daal die persentasie van partye wat hoofsaaklik deur wit mense ondersteun word.

Die verkiesing het baie gekos, baie mense opgewonde gemaak en het veel tyd en energie in beslag geneem. In die beste geval gaan dinge bly soos wat dit is en dit is reeds sleg genoeg. Daar is geen alternatief op die partypolitieke terrein nie. Alle groot partye staan maar net variasies voor van ‘n beleid van “transformasie”, staatsinmenging en die ontkenning van etnisiteit.

As Afrikaners, en nog meer spesifiek as vryheidsgesindes en volkstaters, moet ons niks van die politiek verwag nie. Die hoop dat selfbeskikking in die parlement onderhandel sal word, soos wat dit nog in die 1990’s die geval was, is futiel. Ons kan dankbaar wees dat daar ‘n party is wat vir Afrikanerbelange en selfbeskikking staan en wat parlementêre verteenwoordiging het, maar 1% is net te min om enige beduidende verskil te maak. Die rigting van die regering, en die grootste deel van die opposisie, is weg van selfbeskikking en heen na meer sentralisasie, meer sosialisme en meer sekularisering. Ons behoort ons dus uit die party- en parlementêre politiek uit te hou, maar wel bande te verstewig met enige organisasie wat Afrikanerbelange voorstaan, wat uit die aard van die saak ook ‘n politieke party soos die VF+ insluit. Selfbeskikking word egter nie, ten minste op hierdie stadium, in die parlement of die partypolitiek bereik nie, maar op grondvlak. Die huidige politieke bestel is nie gunstig vir Afrikaners nie, maar verhoed ons ten minste ook nie om uit eie krag ons eie dorp en gebied te ontwikkel nie. Afrikaners moet die geleenthede nou aangryp en help bou, pleks om te hoop dat daar eendag ‘n regeringsverandering sal wees, wat in elk geval niks aan die toedrag van sake in Suid-Afrika, met sy oorweldigende meerderheid arm swart mense, verander nie.

Ware bedreigings en ware oplossings

Tydens die pasafgelope nasionale verkiesing het Afrikaners weer gewys wie hulle as hul grootste bedreiging beskou. Dit is natuurlik die ANC. Dié groot magtige party moet net gestop word is die antwoord wat jy by ‘n groot meerderheid Afrikaners sal kry as jy vir hulle vra wat die kriteria is wat hulle in politieke besluitneming gebruik.

Die idee om die ANC te stop is tekenend van die Afrikaner se oubekende praktiese manier van probleemoplossing. Om reeds vir meer as 350 jaar in Afrika te kon oorleef moes Afrikaners leer om baie pragmaties met hul probleme om te gaan. Die geskiedenis wys vir ons beide die positiewe en negatiewe resultate hiervan. Piet Retief se pragmatisme het hom lelik in die voet geskiet. Daarteenoor was die Boere se pragmatiese hantering van groot probleeme en uitdagings tydens die Tweede Vryheidsoorlog baie keer juis hul redding.

Die huidige uitdagings wat Afrikaners in die gesigstaar herinner ons aan soveel kere vantevore toe ons hier in Afrika met die rug teen die muur gestaan het. In die verlede het ons elke keer ‘n manier gevind om oor hierdie muur of noem dit dan maar ‘n bestaansversperring te kom. Elke keer nog het ons daarin geslaag om anderkant uit te kom en weer ‘n nuwe begin te maak. So was die Groot Trek tydens die negentiende eeu ‘n praktiese oplossing vir die probleme van die Boere aan die Oosgrens. Na die Tweede Vryheidsoorlog was ons mense in sak en as, maar verstedeliking en nasionalisme het onder die verskeie praktiese antwoorde getel wat gebruik is om weer bo uit te kom.

Afrikaners is vandag weer weerloos. Daar is regoor die wêreld waarskynlik minder as 3 miljoen blanke, Afrikaanssprekende mense oor. Van hierdie groep assosieer ‘n toenemende deel hulself nie meer met die Afrikanerkultuur en tradisies en selfs die Afrikaanse taal en Christelike geloof nie. Soveel as 20% van ons mense het reeds die land verlaat en is grotendeels vir die behoud van ons volk verlore. Ons getalle krimp vinnig. Plaaslik word ons mense aan vervreeemding en diskriminasie onderwerp. Ons kinders word in baie staatskole geïndoktrineer en selfs die Afrikaanse media speel saam met die afbreek van ons beeld en die skep van ‘n persepsie dat Afrikanerskap verouderd, agterlik en iets van die verlede is.

Om ons probleme op te los moet ons egter begin by probleemidentifisering. Is die ANC regtig die Afrikaner se grootste bedreiging? Kan ons werklikwaar alles wat met ons verkeerd gaan voor hulle deur gaan lê? Kan ons deur net eenvoudig teen die ANC in ‘n verkiesing te stem ons probleme oplos? Waarskynlik juis nie en dit is dan ook waarom die antwoorde wat ons tans probeer skep so verkeerd is. Die Afrikaner se werklike probleme is eerstens die feit dat ons regoor Suid-Afrika verspreid woon, tweedens dat ons ‘n bevoorregte minderheid is wat as ‘n voormalige verdrukker beskou word en derdens die lawwe idee wat baie Afrikaners in hul ronddra dat indien ons, ons alles vir Suid-Afrika gee, daar groot begrip vir ons voortbestaan sal wees. Die oplossing vir ons mense lê in konsentrasie, samewerking ten spyte van ons verskille en ‘n verlaging van Suid-Afrika en ‘n verhoging van die Afrikaner op ons prioriteitslys. Dan mag daar dalk net hoop vir oorlewing wees.

Die morele risiko’s van die vryemark

Michael J. Sandel skryf in sy boek What Money Can’t Buy oor die morele beperkinge wat die absolute vryemark inhou.

Die boek is besonder relevant in ’n tyd waar Christene die absolute vryemark toenemend omhels. Hierdie tendens wat veral sy oorsprong onder Christene in Amerika tydens die Koue Oorlog gehad het, vind vandag beslag in talle Westerse lande. Die absolute vryemark word voorgehou as die antwoord op absolute ideologieë. Maar is die absolute vryemark nie ook ‘n absolute ideologie nie?

Beide die kommunisme en sosialisme is gedurende die twintigste eeu as onwerkbaar bewys. Die bewyse daarvan lê in die miljoene sterftes wat deur hongersnood en geweld weens sentrale beheer van ekonomieë in lande soos China en Rusland veroorsaak is. Die enigste werkbare alternatief tot dusver was die kapitalisme en die vryemark.

Michael Novak in sy artikel, How Christianity Created Capitalism, verduidelik die verband tussen die Christelike geloof en die opkoms van kapitalisme. Gedurende die Hoë Middeleeue het belangrike meganiese ontwikkelings soos beter wawiele, revolusionêre nuwe ratte vir windmeulens, en natuurlik die uitgebreide gebruik van metale plaasgevind. Hierdie ontwikkelinge sou egter nie oor Europa versprei het as dit nie was vir die Katolieke Kerk wat op daardie tydstip soveel as een derde van alle grond in Europa besit het nie. Die Kerk moes maniere vind om nuwe ontwikkelings aan te wend en ‘n vorm van vryhandel het hieruit ontstaan.

Volskaalse kapitalisme het egter eers vanaf die Verligting posgevat. Dit kan selfs gesê word dat vryhandel ’n bydrae tot die Verligting gelewer het. Die Christendom in Europa het dus ‘n belangrike bydrae deur middel van die Katolieke Kerk gemaak om vryhandel te bevorder. Dit was egter ook dié vryhandel wat tot die Verligting bygedra en daardeur weer tot die verbrokkeling van die Christelike kerk aanleiding gegee het.

Die kapitalisme en vryhandel is vandag ‘n gegewe en is die beste, mees werkbare ekonomiese stelsel waarmee die wêreld nog vorendag kon kom. Die gevaar bestaan egter dat dit as ‘n soort absolute ideologie ernstige negatiewe gevolge kan inhou.

Dit is juis hierna wat Michael Sandel verwys. Hy onderskei tussen dinge wat nie deur geld gekoop kan word nie soos vriendskap, geluk en sukses, en dinge wat nie deur geld gekoop behoort te word nie. Laasgenoemde word toenemend wel verhandel en sluit sake soos gemeenskapsdiens, burgerlike pligte en verantwoordelikheid in.

Ongelukkig sien ons in vandag se wêreld dit toenemend soos wat mense die vrye mark verabsoluteer dat hulle ook pogings aanwend om juis hierdie dinge wat nie in ’n morele samelewing verhandel behoort te word nie, wel verhandel.

Sandel verwys na die eenvoudige praktyk van die verkoop van verjaarsdagwense, huwelikswense en ander uiters persoonlike boodskappe op die internet. Die boodskappe word op aanvraag spesiaal vir jou geskryf en jy betaal vir ’n unieke boodskap. Hoe koop jy ‘n boodskap vir jou man, vrou of vriend op die internet en maak asof jy dit self geskryf het? Sou die vryemark dus hierdie funksies begin vervul en mense toenemend probeer om liefde, vriendskap en selfs sukses (kyk maar na die universiteitsgrade wat deesdae op die internet gekoop kan word) te koop sou die vryemark dus ‘n bydrae lewer tot die morele verval van die samelewing.

Die ander punt waarna hy verwys – spesifiek dié dinge wat gekoop kan word, maar nie gekoop behoort te word nie – handel net so sterk met die morele vraagstuk. Wie van ons het nog nooit by ’n kermis gewerk om geld vir ons kerk in te samel of plastiese wasgoedpennetjies of blombolle verkoop om geld vir ons kinders se skool in te samel nie? Deesdae word baie van hierdie funksies egter uitgekontrakteer. Gemeentes het nie meer tyd om kermisse te reël nie, maar kry eerder ’n funksieorganiseerder wat teen ’n fooi ‘n musiekkonsert reël om geld vir die kerk in te samel. Kinders kry by baie skole deesdae kommissie op fondse wat hulle vir die skool insamel. Die rede agter dit alles is die vermoede dat die mark oor die vermoë beskik om hierdie funksies meer effektief uit te voer.

Sandel bewys egter die teendeel in sy boek met verskeie verwysings na studies wat hieroor gedoen is. Een voorbeeld is ’n studie onder mense wat vir ‘n goeie saak fondse moes werf. Die mense is in drie groepe ingedeel en sonder dat hulle geweet het, het die drie groepe met verskillende reëls gewerk. Die eerste groep het geen vergoeding ontvang vir die fondse wat hulle moes werf nie en het suiwer op die ‘goeie saak’ gefokus. Die tweede groep het 1% kommissie ontvang en die tweede groep 10% kommissie. Die groep wat slegs een oortuiging, die goeie saak, gehad het, het die grootste sukses behaal.

In ’n tyd van morele verval is daar en moet daar steeds ruimte wees vir goeie morele dade. Dinge wat uit die hart uit kom. Goeie dinge wat ons doen omdat ons dit wil en kan doen en nie omdat ons dit moet doen nie. Terwyl die vryemark baie voordele vir ons teweeg gebring het, mag ons nooit toelaat dat dit tot die vernietiging van ons morele basis aanleiding gee nie.

 

*Hierdie artikel het aanvanklik op die webblad van die Afrikaanse Protestantse Kerk verskyn. www.apk.co.za

Stemdag is ook belangrik vir Afrikaners

Môre is ‘n belangrike dag vir Suid-Afrika. Dit is ook ‘n belangrike geleentheid vir Afrikaners. Of jy nou stem of nie stem nie die Afrikaner se rol in Suid-Afrika word in elk geval met elke verkiesing getoets.

Sedert 1994 het ons rol in Suid-Afrika se politiek stelselmatig afgeneem. Voor 1994 was Afrikaners die primêre rolspelers in Suid-Afrika se politieke bedeling. In 1994 en kort daarna is hierdie posisie deur swart Suid-Afrikaners, verteenwoordig deur die ANC, oorgeneem. Afrikaners het egter steeds ‘n belangrike sekondêre rolspeler gebly.

In 1994 het die Nasionale Party meer as 20% van die stemme op hom verenig en daardeur verseker dat Afrikaners steeds sentraal in die na-1994 bedeling kon staan. Die Vryheidsfront het self goed gevaar en daardeur meegebring dat Afrikanerbelange en selfs die reg tot selfbeskikking deel van die na-1994 politieke gesprek kon wees.

Teen 1999 was dit alles vergete. Die Nasionale Party het totaal misluk en reeds begin wegkwyn. Die Vryheidsfront het ‘n groot pakslae gekry. Intussen is diskriminerende beleid wat spesifiek Afrikaners teiken aanvaar en is ons tot tweedeklasburgers afgegradeer.

Vandag bykans 20 jaar nadat Afrikaners hul mag verloor het, kan ons, onsself afvra wat ‘n nasionale verkiesing vir ons beteken. Ons rol in nasionale politiek neem steeds af en minder en minder opposisiepartye doen nog die moeite om Afrikanerstemme op gefokusde wyses te werf.

Die demografie van Suid-Afrika tel ook sterk teen ons en Afrikaners maak ‘n dalende persentasie van die land se bevolking uit. ‘n Mens sal dus neig om te dink dat môre se verkiesing nie veel betekenis vir ons mense inhou nie. Dit is egter nie die geval nie.

Die meeste Afrikaners is vandag tereg diep bekommerd oor hul toekoms in Suid-Afrika. Honderde duisende van ons mense het reeds emigreer en nog honderde duisende se ekonomiese posisie het sodanig afgeneem dat hulle in besonderse swak omstandighede moet probeer oorleef.

‘n Verkiesing is die gulde geleentheid vir enige groep wat oor sy huidige omstandighede ongelukkig is om ‘n stelling te maak.

Watter stellings kan Afrikaners môre maak? Afrikaners wat nie wil stem nie, maar wat wel geregistreer is om te stem moenie net wegbly van die stembus nie. Bederf eerder jou stembrief en bring so ‘n protesstem uit. Indien jy nie geregistreer is nie moet jy moeite doen om die land daarvan te laat hoor. Daar is min sin daaraan om nie geregistreer te wees nie en net stil te bly daaroor. Laat jou stem hoor deur ‘n brief vir ‘n koerant te skryf, op radioprogramme in te bel of watter ander openbare stappe ookal te neem om jou protes te verduidelik.

Indien jy beplan om wel te stem moet jy slim stem. ‘n Stem vir ‘n party wat nie identiteit belangrik ag nie beteken dat jou stem net in die massas kan wegraak. Oorweeg dan eerder ‘n stem vir ‘n party waar jou stem ‘n boodskap aan die res van Suid-Afrika sal stuur. Hopelik ‘n boodskap dat ons hier is om te bly en dat ons as Afrikaners ‘n tuiste aan die suidpunt van Afrika het.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel