fbpx

Christelike Karakter

Die Christelike aard en karakter van Orania en die volkstaat is een van die hoekstene van ons strewe. Die Afrikanervolk was nog altyd ‘n gelowige volk (al was nie een en elke Afrikaner gelowig nie) en dit loop soos ‘n goue draad deur die Afrikaner se geskiedenis. Die Christelike aard van Orania kom byvoorbeeld na vore in eerbied vir die Sondag, waar eredienste goed bygewoon word en meeste winkels gesluit is, in Christelike vakansiedae wat gevier word, die erkenning van God Drie-Enig in ons stigtingsdokumente, die open van vergaderings met gebed en die sterk klem op Christelike opvoeding en gesinswaardes.