Orania Beweging Nuusbrief
8 November 2024
Orania Veiligheidsdienste slaan toe in nagtelike operasie
Foto: Veiligheidsgroepe tydens die suksesvolle arrestasies
Vier verdagtes is gearresteer.
Veiligheidsmagte het in ʼn multi-eenheidnagoperasie op misdadigers 40 kilometer buite Orania toegeslaan en vier persone arresteer. Die Veiligheidsdienste het met behulp van tegnologie, beplanning en goeie samewerking die vermeende misdadigers in die middel van hulle diefstal vasgetrek.
Vier vermeende misdadigers het Dinsdagoggend 5 November die verrassing van hulle lewens gekry terwyl hulle besig was met ʼn kriminele aksie op ʼn plaas buite Orania.
Die vier mans, wat Maandagaand op ‘n plaas buite Orania afgelaai is om in te stap en die boer te besteel, was salig onbewus dat nommerplaatherkenningstegnologie van Stroomop Boerevereniging hulle voertuig identifiseer het, en al Orania se beheerkamer en veiligheidstrukture dus op bystand was.
Hulle was ook onbewus daarvan dat Orania Veiligheidsgroepe (Taakspan, Reaksiespan en Reserwegroep) saam met die AfriForumspan en die SAPD reeds ʼn operasie beplan het om koperdiefstal te bekamp, omdat die boere in die omgewing geplaag word deur hierdie tipe misdadigers.
Terwyl die vermeende misdadigers die plaas se infrastruktuur verniel het, en sowat 138kg se koperkabels steel, het die veiligheidselemente in die veld ontplooi en uitstaproetes beman. Omdat die plaas al ʼn geruime tyd onder hierdie tipe kriminaliteit deurloop, was ʼn operasie alreeds beplan, en ʼn “trailcam” nagkamera was al in die veld geplant.
Goeie skakeling tussen die spanne en die beheerkameroperateur in Orania, het verseker dat daar strategies ontplooi kon word. Die manne het ʼn yskoue en lang nag in die veld spandeer, maar teen 05:00 Dinsdagoggend het die verdagte voertuig die vermeende misdadigers opgelaai. Die stoppergroepe is aktiveer en die spanne het toegeslaan.
Vier arrestasies is gemaak. Sakke met koperkabels asook toerusting wat vir die tipe diefstal gebruik word, is agter op die bakkie gevind.
Die misdadigers het 138kg se koperkabels in hulle besit gehad. Dit blyk dat daar al 24 sake by Hopetown se polisiestasie aanhangig gemaak is, en ʼn verdere 3 by Vanderkloof. Dit beteken hierdie bende het die area terroriseer en ongelooflike finansiële skade veroorsaak. Die skade lê nie net in kabelvervanging en herstelkoste nie. Dit beloop opsigself honderde duisende rande. Verder is daar ook die implikasies op oeste wat nie water kry as daar nie elektriese toevoer vir die pompe is nie.
Orania Veiligheidsdienste opereer tans in ʼn radius van 50km rondom Orania. ʼn Veilige streek waarborg ʼn veilige Orania. Dit is vir Orania Veiligheidsdienste belangrik om goed met die Afriforum-protospan en ander rolspelers saam te werk. Die verdagtes is aan die SAPD oorhandig.
Lees verder:
Orania Beweging: Stop BELA wetgewing!
Die Orania Beweging en ander Orania instellings het op Dinsdag 5 November aan die #StopBela protesoptog deelgeneem. Daar was 10 000 deelnemers aan hierdie protes by die Voortrekkermonument.
Orania se 2023 sensusdata bekendgemaak
Orania Dorpsraad doen ʼn jaarlikse sensus om Orania se groei op verskillende vlakke te meet. Dit is krities belangrik om ʼn insig in Orania se groei, bottelnekke, uitdagings en geleenthede te hê.
Orania-hond ontvang mikroskyfie
Tegnologie sluit vir ons die toekoms oop in Orania. Daarom word ʼn mikroskyfie-projek, wat ons troeteldiere beveilig, deur die…
Plastiekherwinning in Orania
Dit is onlangs deur die Orania Dorpsraad bekendgemaak dat die herwinbare plastiek wat in Orania se vullisterrein gestort…
Kruger-monument weer vandaliseer
Die Paul Kruger-monument in Pretoria, wat al vir honderde jare staan en as ʼn Afrikaner erfenisskat beskou word, is op 29 Oktober…
Hou bene hou!
Orania CVO-skool het weereens ʼn suksesvolle 24-uur stap- en fietsrymarathon aangebied, wat gesorg het vir gesellige…
Orania sakekamer by bosberaad
Die Orania Sakekamer het onlangs ʼn waardevolle geleentheid benut deur die Sakeliga Bosberaad in Pretoria by te woon…
hope pret in Desember!
Die bekende vakansieprogram van die Orania Beweging is al ʼn Orania tradisie. Elke jaar word Desembermaand in Orania gevul…