fbpx

Kultuurinstellings

“Natuur is dit wat God skep, kultuur is die dinge wat die mens tot stand bring.” 

Kultuur is meer as net die viering van historiese gebeure, of die oprigting van monumente, dit vorm deel daarvan, maar kultuur is ten diepste die unieke manier hoe ‘n gemeenskap leef. Orania is ‘n kultuurgemeenskap wat daarna strewe om die Afrikanerkultuur te bewaar, te herdenk, uit te leef en uit te bou. 

Alhoewel elke Oraniër, dit hul trots ag om ons kultuur aktief uit te leef, te eerbiedig en uit te bou, word dit binne Orania ook georganiseerd deur verskeie kultuurinstellings gedoen. Die grootste werk op kulturele terrein word gedoen deur EPOG, wat as pilaar erfenisbewaring het, en Orania Gemeenskapsontwikkeling, deur wie, onder meer, die jaarlike Orania Karnaval gereël word. Verder word kultuur deur beide Volkskool en die Orania CVO-skool, op ‘n aktiewe wyse aan die leerlinge oorgedra, en aan hul geleenthede gebied om dit uit te leef. Die Orania Kunsteraad dien ook die kultuurstrewe van die dorp, deur ons kultuur deurlopend te vernuwe aan die hand van die kunste.