Kerke
Orania is ‘n Christelike gemeenskap, maar nie ‘n dorp van ‘n spesifieke denominasie nie. Afrikaners behoort vandag aan baie verskillende kerke en dit word ook in Orania weerspieël.
Die meeste kerke val in die gereformeerde tradisie, met die Afrikaanse Protestantse Kerk die grootste een met sy kerkgebou in die hoofdorp. Ook die NG kerk is verteenwoordig met sy eie kerkgebou in Kleingeluk. Gereformeerde kerke en Hervormers is ook teenwoordig en hou byeenkomste in sale.
Daar is ook ‘n gesamentlike charismatiese kerk, Maranatha, met sy eie nuwe kerkgebou in Kleingeluk.
Ander kleiner geloofsgroepe en selgroepe is ook verteenwoordig.