fbpx

Sport

Sport
“’n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.”

Binne Orania, en eg aan die Afrikaner se aard, is sport ‘n belangrike deel van ons leefstyl. Behalwe vir die plaaslike skole en hul onderskeie sportaktiwiteite, is daar ook sportklubs, soos die Orania Rugby Rebelle, Orania Netbal, Orania Pluimbal, Orania Jukskei, Orania Krieket en meer. Daar is ook  ‘n aktiewe fietsrykultuur, asook die veiligheid vir vele manne en dames om die langpad met drafskoene aan te pak. Hier is ook ‘n skaakklub, balletskool en klomp kranige vissermanne.

Orania bied jaarliks ook die groot AVS o/21 Bokkietoernooi by ons pragtige sportkompleks aan, en by hierdie sportkompleks kan daar atletiek, rugby, netbal, jukskei en tennis gespeel word. Die afgelope twee jaar word die Bo-Karoo Vasbyt in Orania aangebied. Dit is ’n vierdae-lange veldwedloop en vanaf 2018 sluit dit ook bergfietsry in.