Welkom in Orania!
Neem deel aan Orania se 2026 projek!
Klik hier en word ‘n Stadsbouer:
Teken in op ons e-nuusbrief:
Vra jou vraag!
Vra jou Vraag! is ‘n reeks van die Orania Beweging waar ondersteuners uitgenooi word om hul vrae oor Orania te stel. Elke episode bied gesellige, insiggewende antwoorde – in ‘n informele atmosfeer oor ‘n koppie koffie – wat jou meer laat verstaan van Orania, hoe dinge hier werk en ons toekomsvisie.

Orania in Beweging
Orania in Beweging is nog ‘n reeks van die Orania Beweging. Orania in Beweging wys vir kykers hoe Orania se argitektuur oor die jare verander het, hoe dienslewering geskied, Orania se internasionale vriende, ekonomie en landbou, onderwys en opleiding en wat gedoen word om die dorp in ’n stad te ontwikkel.

Op die radio
Die Orania Beweging se program op Radio Orania is nou ook beskikbaar in videoformaat! Skakel gerus in wanneer ons gesels oor die doen en late van die Orania Beweging, hoe Orania ontwikkel, hoekom oom Paul na Orania verhuis, ‘n nuwe boek oor Orania, ons eie vakansiedae en nog baie meer!
