fbpx

Verblyfreg

Orania is ‘n selfstandige Afrikanergemeenskap wat streef na Afrikanervryheid. Ons poog om deur ‘n proses van groeiende selfbeskikking aan hierdie ideaal konkrete beslag te gee. Ons fokus sterk op die beskerming, uitbouing en aktiewe beoefening van die Afrikanerkultuur. Dit is daarom noodsaaklik dat voornemende inwoners aansoek doen om verblyfreg alvorens hulle die verhuising na Orania aanpak. Orania is ʼn privaatdorp en daarom moet elke persoon wat hier wil woon, ongeag of dit is om te werk of om af te tree, aansoek doen vir verblyfreg. Orania is ‘n doeldorp en almal wat oorweeg om hierheen te verhuis behoort Orania self vooraf te besoek om seker te maak dat hulle met die regte verwagting en ingesteldheid verhuis. Voornemende inwoners wat verblyfreg ontvang het, moet ook die verpligte oriëntering bywoon, waar hulle oor alle aspekte van Orania ingelig word.

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos aan: verblyfreg@orania.co.za ,of skakel Orania Dorpskantoor by: 053 207 0063