fbpx

Orania skole: 100% slaagsyfer vir matrieks

 

Orania se skole het weer baie goed presteer in onderskeidelik die IEB (onafhanklike eksamenraad) en staatsmatriekeksamens. Beide skole se Orania-matrieks het ‘n 100% slaagsyfer behaal.

Sedert 1993 handhaaf Orania CVO-skool al ‘n 100% matriekslaagsyfer. Orania CVO-skool maak deel uit van die netwerk wat die Onafhanklike Eksamenraad se matriekeksamen skryf, die IEB se landswye slaagsyfer vanjaar was 98.46%. Volgens beriggewing op Netwerk24 het kenners uitgewys dat die staatsonderwysdepartement “kan gaan kersopsteek by die IEB na dié se uitstekende syfers”.
CVO-Orania se 17 Matrieks het almal geslaag, 9 vakonderskeidings behaal en 13 het universiteitstoelating verdien.

Die beste presteerder  was Johannes Koen met Eduan Coetzee en Ancois Wiid onderskeidelik in tweede en derde plek

Foto: Matrikulante van Orania CVO-skool

 

Volkskool Orania, wat ‘n alternatiewe onderrigstelsel, met baie fokus op die kinders se persoonlike verantwoordelikheid, volg het ook ‘n 100% slaagsyfer met universiteitstoelating behaal. Volkskool se matrieks skryf die onderwysdepartement se nasionale seniorsertifikaateksamen, en skoliere in Orania kan dus kies by watter stelsel hulle wil inskakel. Volkskool het ook ‘n sterk afstandsleerprogram regoor die land.

Foto: Eksamenvoorbereiding: Slypskool by Volkskool Orania

Baie geluk aan al die matrikulante! Waar ookal julle studie-, beroep- en lewenspaaie julle neem, mag julle nie julle Orania-wortels vergeet nie.

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za