Word ‘n lid van die Orania Beweging!

Die beste manier om die Orania Beweging te ondersteun, is om aan te sluit as ‘n trotse lid!

Orania Beweging Lidmaatskap

As ‘n lid van die Orania Beweging is jy meer as net ‘n ondersteuner – jy is ‘n vryheidsbouer! As ‘n lid tree jy op as ‘n ambassadeur vir Orania en deel Orania se visie van selfbeskikking vir Afrikaners waar ook al jy is. Jy is ‘n besluitnemer en jou stem het ‘n direkte invloed in die ontwikkeling en rigting van die Orania Beweging.

Om ‘n lid Orania Beweging te wees is nie net ‘n eer nie – dit is ‘n verantwoordelikheid en ‘n geleentheid om jou bydrae tot vryheid te lewer.

Hier is ‘n paar redes om aan te sluit:

Bly ingelig – Kry gereelde nuus en inligting oor Orania.
Spaar op verblyf – 10% afslag op sekere oornagverblyf in Orania.
Adverteer goedkoper – 10% afslag op advertensies in die ledetydskrif.
Kry afslag by ons geskenkwinkel – 10% afslag by Orania se Inligtingskantoor.
Dra by tot ontwikkeling – Jou lidmaatskap help bou aan Orania se toekoms.
Gratis welkomgeskenk – Ontvang ‘n 10-oragedenkstel.
Beleggingsgeleenthede – Toegang om ‘n belegger by Orania Groeifonds Bpk. te word.
Bank in Orania – Toegang om ‘n lid van OSK, Orania se eie gemeenskapbank, te word.
Sterker verblyfregaansoek  – Jou lidmaatskap wys dat jy Orania reeds ondersteun.
Ontspanning met afslag – 10% afslag by Orania Rivier Spa.
Voorkeur vir aftreeverblyf – Lede kry voorkeur op Karoosig Aftreeoord se waglys.
Inspraak in besluite – Lede het stemreg by Orania Beweging se ledevergadering
Wees ‘n Orania uitwoner – ‘n Lid van die Orania Beweging is ‘n ambassadeur vir Orania.

Orania Beweging Helpsaamfonds

Die Helpsaamfonds is Afrikaner bemagtingsprojek wat daarop gemik is om behoeftige Afrikaners in nood by te staan. Dit werk op die beginsels van selfverantwoordelikheid en volhoubare langtermyn oplossings. Jou bydrae tot die Helpsaamfonds ondersteun behoeftige Afrikanergesinne sonder om afhanklikheid te skep.

Lede van die Helpsaamfonds se bydraes is nie skenkings nie – dit is beleggings in ‘n volhoubare Afrikanergemeenskap.

Hier is ‘n paar redes om by te dra tot die Helpsaamfonds:

Ondersteuning vir die gemeenskap: Die Helpsaamfonds bied langtermyn oplossings aan inwoners wat in nood is.

Bevordering van selfstandigheid: Inwoners in staat gestel om op hul eie voete te staan, en selfstandig te funksioneer.

Bevordering van solidariteit: Dit bevorder die idee dat Afrikaners en Oraniërs kan saam staan en mekaar ondersteun wanneer nood druk.

Noodfonds vir krisissituasies: Dit help in gevalle van onvoorsiene gebeure, soos natuurrampe, gesondheidskrisisse of ander noodgevalle.

Bouer van ‘n volhoubare toekoms: Jou bydrae help om ‘n sterker en meer volhoubare gemeenskap te bou wat oor geslagte heen kan floreer.

Blywende nalatenskap: Jou bydrae is meer as finansieel – jy maak ‘n blywende impak op die gemeenskap, wat selfs ander kan inspireer om na mekaar om te help omsien.

Sorg vir die kwesbares: Die fonds maak voorsiening vir diegene in die gemeenskap wat in moeilike omstandighede verkeer, soos bejaardes of gesinne in armoede.

Geloof in die Orania-visie: Bydraes help om die Orania-visie van selfstandigheid deur langtermyn volhoubare oplossings te bewys

Orania in foto’s:

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel