Erfenisbewaring
“Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms.” – Paul Kruger, 1904Â
Die Afrikanererfenis is ân integrale deel van ons kultuur en om hierdie rede bestee Orania veel tyd, energie en hulpbronne aan die effektiewe bewaring van ons erfenis. Ons kan asât ware ons toekomsrigting peil, omdat ons onsself kan oriĂ«nteer met ons verlede as onbeweeglike vaste punt.Â
Binne Orania dien ons tans die Afrikanererfenis met twee museums, die monumente koppie, met beelde van Afrikaner Staatsmanne, ân volledige Afrikanerargief asook ân uitgebreide boekery en word ook toenemend gesien as die welkome tuiste vir erfenisstukke wat vir die nuwe Suid-Afrika soms ân verleentheid is. Ons erken ons verlede, die goeie en die kwade, en neem eienaarskap van die totaliteit van Afrikanerwees.