Werksgeleenthede
Orania is ʼn groeiende gemeenskap en hier is heelwat werk, veral in tegniese rigtings, by name in die boubedryf, maar ook by ingenieursbedrywe, hersteldienste, telekommunikasie, toerisme, kleinhandel en onderwys. Voornemende intrekkers moet egter onthou dat Orania steeds deel van die platteland is en die salarisse heelwat laer is as in die stede of by groot maatskappye. Omdat poste so vinnig gevul word en nie almal wil adverteer nie, hou ons geen lys van oop poste aan nie.
Behalwe vir ʼn salariswerk is hier heelwat ondernemings (sien lys van besighede) en vir ʼn ondernemende persoon is hier altyd nog geleenthede. Orania glo aan die vrye mark en dit is elke persoon se eie roep watter besigheid om oop te maak en om sy marknavorsing reg te doen (mits dit nie indruis teen Orania se beginsels en strewe nie). Besigheidspersele en -geboue te koop of te huur is beskikbaar.