Ierland: 100 jaar sedert die Paasopstande.

easter-risingOns is tans in die tydperk waar die 100jarige herdenking van die 1ste Wêreldoorlog plaasvind en interessante verwikkelinge wat wyer strek as die oorlog self het in die tydperk van 1914-1918 plaasgevind. Na die oorlog was die wêreld en Europa aansienlik anders as voor die oorlog en dit het veel te doen met onderdrukte volke se opmars na vryheid toe. Sowel die Sentrale magte (Duitsland, Oostenryk-Hongarye, Osmaanse Ryk e.a.) asook die Entente (Brittanje, Frankryk, Rusland e.a.) het gepoog om nasionalistiese of selfs revolusionêre gevoelens by onderdrukte volke binne die vyand se ryke aan te wakker. Bekende voorbeelde is die Arabiese opstand wat die Britte binne die Osmaanse Ryk aangeblaas het en die Slawiese ontevredenheid met die Oostenryks-Hongaarse opperhere. By die Sentrale magte was dit die insmokkel van WI Lenin na Rusland deur Duitsland om die revolusie te begin en Rusland uit die oorlog te haal (wat geslaag het), die opsweep van Hindoe-nasionalisme teen die Britse beheer oor Indië en die Ierse opstand teen Brittanje, wat al twee grootliks misluk het.

Die sleutelfiguur in die Ierse opstand was Sir Roger Casement, ‘n Ier wat vir talle jare ‘n lojale Britse diplomaat was en in Afrika en Suid-Amerika diens gedoen het as konsul. Die Britse oorlogsmisdade in die 2de vryheidsoorlog in Suid-Afrika asook die menseregteskendings in die Belgiese Kongo het hom egter aan imperialisme laat twyfel. Hy het 1913 uit sy pos bedank en hom met die Ierse vryheidstryd vereenselwig en gehelp om die Ierse Vrywilligers (Irish Volunteers) te stig, wat geveg het vir die belange van die Katolieke en nasionalistiese Iere en vir Home Rule (selfbestuur),teenoor die Protestante lojaliste in Noord-Ierland wat deel van Brittanje wou bly. Casement het oorsee gegaan om steun te werf vir die Ierse saak as ‘n soort selfaangestelde ambassadeur en was in 1914, kort na die uitbreek van die 1ste Wêreldoorlog, in Duitsland. Hy het met Duitse goedkeuring uit gevangene Ierse soldate ‘n Britse brigade gevorm. Dit was egter onsuksesvol, omdat die Iere na hulle gevangenskap in Duitsland moeilik skielik met die vyand kon vereenselwig en ook omdat hulle teregstelling as verraaiers in Brittanje gevrees het. Ook planne van ‘n Duitse inval in Ierland, gelyktydig met die beplande opstand in Dublin, is laat vaar.

In 1916 is wel besluit om ‘n skip met wapens en ammunisie vir Ierse nasionaliste na Ierland te stuur om die opstand te help en om gelyktydig Roger Casement en ander Ierse leiers per duikboot na Ierland te smokkel. Die skip met die wapens, die “Libau”, was vermom as Noorweegse vragskip (Noorweë was neutraal) en het met ‘n groot ompad via die kus naby Noorweë en Ysland Ierland vanaf die Suidweste bereik. Casement is kort na sy aankoms in die Suidweste van Ierland ontdek en in hegtenis geneem. Die “Libau” se voorneme was ook aan die Britte bekend omdat hulle die geheime kode kon ontsyfer en die skip is onderskep en sy bemanning in hegtenis geneem (die kaptein het wel die skip opgeblaas sodat dit nie in die vyand se hande kon beland nie). Die Paasopstand het egter ten spyte van die mislukking op 24 April in veral Dublin uitgebreek en vir meer as ‘n week gewoed. Met uiterste brutaliteit kon die Britte dit onderdruk. 1500 mense is gedood en Dublin was ‘n puinhoop. Roger Casement en ander leiers is tereggestel. Nogtans het die opstand die begin van Ierse onafhanklikheid ingelui. Die Britse regering het besef dat Ierland sy achilleshiel was en was aangewese op Ierse steun in die 1ste Wêreldoorlog. Om die rede is in 1918, toe die Duitsers besig was met die lente-offensief, Ierse selfbestuur toegeken, maar gelyktydig die Iere deur miliêre diensplig tot die oorlogspoging opgeroep. Die Ierse nasionaliste was egter nie tevrede daarmee nie en het algehele onafhanklikheid gesoek. Kort na die einde van die Eerste Wêreldoorlog het in 1919 die oorlog vir Ierse vryheid begin wat in 1921 met die Brits-Ierse vredesverdrag beëindig is en aan Ierland (met uitsluiting van Noord-Ierland) onafhanklikheid gegee het.

Ek, Afrikaner

Monument

Ek gaan met my harde nek op my knieë, maar ek buig nét voor Hom.
Ek het my Vrou, my gesin, lief, hulle is my alles
Ek het my honde liewer as wat ek meeste mense het
My honde se name is Afrikaans of Duits of Skots
Ek sing ‘Grote God’ en ‘Genade onbeskryflik groot’, sonder die boekie
Ek sing ‘Ek sien ’n nuwe Hemel kom’ as die kis afsak
Ek kan die twaalf-artikels saam met die dominee opsê
Ek sing ‘Sarie Marais’, ek sing ‘My Vader was ’n musikant’
Ek praat van Transvaal en Suid-Wes
Ek steek my trane weg as my mense vermoor word
Ek huil openlik as ek die diere sien doodgaan
Ek weet wat ‘jakkals trou met wolf se vrou’ beteken
Ek weet nie wat ‘husse met lang ore’ is nie
Ek het voorvaders in Duitsland, Frankryk, Nederland, Skotland, Engeland
Ek het familie in Australië, Engeland, Kanada, Amerika, Israel, Nieu-Seeland, Suid-Wes en Botswana
Ek vier Kersfees met koue beestong en aartappelslaai
Ek vier verjaarsdae met boerewors en Windhoek lager
Ek vloek as ek bestuur
Ek laat ou mense voor my in die ry staan
Ek bid vir reën en as die reën kom, loop ek kaalvoet in die modder
Ek kan kleilat speel
Ek weet hoe om ’n mierleeu te vang, sommer met net ’n grassie in my hand
Ek weet hoe maroelas proe
Ek sny biltong
Ek sny gras
Ek sny koek as ek vroteier speel
Ek het al plakkate op pale gesit
Ek het al skelm plakkate afgehaal
Ek stem nie altyd saam nie
Ek weet nie vir wie om te stem nie
My stem was al hees vir die Bokke
My stem was al hees van Die Stem
Ek kry hoendervleis as ek die Monument sien
Ek kry hoogtevrees as ek bo staan
Ek brand in die Afrikason
Ek mis my Ouma
Ek wens ek kon my Oupa beter ken
Ek is Afrikaans
Ek is van Afrika
Ek, Afrikaner

Verkiesing in Oostenryk stuur sterk boodskap oor Moslemimmigrasie

2781Tydens die Slag van Wene in 1683 is die groot opmars van die Ottomane na Wes-Europa gestuit. Die Moslem Ottomane het uit die ooste gedreig om die hele Europa oor te neem. Sou die Ottomane die Slag van Wene gewen het, sou hulle maklik die res van Wes-Europa kon verower en sou Europa ’n Moslemvasteland word.

Die afgelope Sondag was Wene weer in die nuus. Terwyl presidentsverkiesings in Oostenryk meestal rustige gebeurtenisse is waar daar meer op persoonlikhede as op politiek gefokus word, was Sondag se presidentsverkiesing iets heeltemal anders. Norbert Hofer van die Vryheidsparty van Oostenryk, ’n anti-immigrasieparty, het die eerste ronde van die presidentsverkiesing gemaklik met 37% van die stemme gewen.

Hofer is uitgesproke teen Moslemimmigrasie en het sy veldtog gebou op ’n boodskap van die gevaar van Moslemimmigrasie en oop grense. Terwyl Barack Obama Sondag in Hannover, Duitsland vir Angela Merkel oor haar oopgrensebeleid geloof het, het die mense van Oostenryk ’n harde boodskap vir swak leiers wat onbeheerde Moslemimmigrasie wil toelaat, gestuur. Dieselfde het onlangs in verkiesings in Duitsland, Nederland en Denemarke gebeur.

Net soos in 1683 is Wes-Europa toenemend onder beleg. Miljoene Moslems uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste stroom Europa reeds vir jare binne. Anders as die aanslag van die Ottomane in 1683 vind die huidige aanslag geleidelik plaas. Terwyl die wêreld wys gemaak word dat die miljoene immigrante vlugtelinge uit Sirië en Afghanistan is wat net tydelik in Europa gehuisves gaan word, raak dit duidelik dat die meeste immigrante jong Moslemmans uit ander lande as Sirië of Afghanistan is.

Teen die huidige tempo van Moslemimmigrasie sal Europa binne enkele dekades ’n meerderheid Moslembevolking hê. Talle groot stede soos Amsterdam, Rotterdam, Stockhölm, Brussel, Antwerpen, Marseille en Birmingham het reeds Moslembevolkings van meer as 20%. Hierdie syfers reken die vlaag van immigrante wat verlede jaar na Europa gestroom het uit.

In onder andere Londen, Amsterdam, Brussel, Antwerpen en Stockhölm is Mohammed deesdae volgens amptelike statistieke die gunsteling naam vir babas. Moslemvroue in Europa kry twee tot drie keer soveel kinders as Europese vroue. In Duitsland sal die Moslembevolking binnekort die aantal Duitsers jonger as 18 ewenaar.

Die Amerikaanse navorsingsinstelling Pew Research het onlangs ’n verslag oor die tendense met die Moslembevolking in Europa bekend gemaak. Hoewel hierdie verslag ook nog nie die vlaag van immigrasie oor die afgelope jaar of twee in ag neem nie, dui dit veral op die feit dat Moslemimmigrante jonger as die Europese bevolking is. Die gemiddelde ouderdom van Moslems in Europa is tans 32 terwyl die gemiddelde ouderdom vir ongelowiges 37 en vir Christene 42 is. Pew Research voorspel dat die Moslembevolking in Europa tot minstens 58 miljoen teen 2030 gaan styg.

Terwyl talle Europese leiers ten gunste van hierdie verswelging is, staan gewone Europeërs op en sê hard en duidelik NEE. Sondag se verkiesingsuitslag in Oostenryk kan dalk net die keerpunt wees. Volgende jaar sal die Franse, Nederlanders en Duitsers nuwe regerings verkies en dit sal die kans bied vir gewone Europeërs om soos in 1683, hierdie keer net met hul kruisies, Nee te sê vir ’n Moslemoorname van Europa.

The Boers of the Bo-Karoo

Orania MonumenteIn the harshest climate, between the barren rocky karoo-veld, under the scorching summer sun and in the blisteringly cold winter frost, I see a people with the worry of a broken world on their shoulders. These Boers are the remnant and the seed, the settlers and the pilgrims, the exiled and the free.
These Boers are carved differently. They are carved, not born, as if the Almighty have a special plan for them. Their great grandfathers fought the Bantu tribes, their grandfathers the British and the Germans, their fathers the Communists; and the drums are echoing again. They fought for liberty and respite and in their 400 years of turbulent history, it was not granted. The world screams of these Boers as the ‘privileged’ people, the reality is far from it.
They braved a new hostile world, with only a ‘Staten Vertaling’, their bare hands, their dream. They succeeded and they failed. Their children and woman were taken by fever and war and famine and camps. The earthheaps and white crosses a testament to the price of freedom, for them a freedom still elusive.
These Boers were, and still are, beaten and bruised but never broken. They are a people carved differently, they are, by their faith, unbreakable.
From the dust and ash and blood there was crafted a word; one word to define them: Boer. From this Boer sprouted a language, Afrikaans. From this Afrikaans sprouted a culture: Afrikaner.
They are scorned by a political world without any grace, still they build. They are being murdered by the thousands, still they build. They are hated by the majority, still they build. They are shunned and ostracized, still they build.
The year is 2016, they first arrived 6 April 1652, still they are here.
I see a back bent with a pickaxe in the barren Bo-Karoo, I see a daughter walking from school, I see an old Mother baking, I see a businessman bent over his books, I see a council worry and plan and do with non-existent funding, I see a bricklayer build, I see a ‘dominee’ teach, I see a student study, I see children laughing and playing, I see young people having fun after the day is done. I see a Boer, and still the drums of hate echoes, and still the Boer builds.
I see a Bo-Karoo Boer, I see hope, I see a dream of freedom dearly paid, never received. I see a country demanding this Boer executed, culture extinguished. I see a Boer; they are carved differently, they are special. I see The Boer and they are Giant.

Boere op die Aardsdrempel

Boere in ArgentiniëEk het onlangs die aangrypende dokumentêr “Boere op die Aardsdrempel” gekyk, wat handel oor die nasate van die Boere (hulle het hulleself destyds nog nie Afrikaners genoem nie) wat na die neerlaag in die Tweede Vryheidsoorlog na Patagonië, ‘n streek in Argentinië, geëmigreer het om nie onder Britse beheer te staan nie. Dit is die enigste historiese Afrikaanse gemeenskap buite Afrika, met ander woorde, die enigste Afrikaners wat Suid-Afrika as groep verlaat het voor die post 1994-emigrasiegolf. Daar was ook kort na die Tweede Vryheidsoorlog ‘n groep Boere wat na Tansanië, destyds nog ‘n Duitse kolonie, uitgewyk het, maar hulle is almal in die 1960’s, toe die land onafhanklik geword het, terug na Suid-Afrika. Ook van die Boere in die Argentinië is enkeles na die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 terug na Suid-Afrika, maar die meeste het agtergebly. Vandag is daar nog sowat 300 Boere-nasate wat nog Afrikaans praat oor, maar heelwat meer as hulle Spaanssprekende kinders en kleinkinders bygetel word.

Die nasate, meesal ou mense wat nog Afrikaans praat soos Thys Dickason en Jan Myburgh, vertel hoe hulle ouers of grootouers met die skepe in die hawedorp Commodore Rivadavia in die verre, ongenaakbare suide van Argentinië aangekom het en van daaraf in die omgewing gevestig het, meesal as skaapboere soos wat dit destyds gebruiklik was (en wat destyds die enigste ekonomiese aktiwiteit in die streek was). Die meeste van hulle het swaar gekry maar hulle het wel as gemeenskap saamgestaan en vir meer as honderd jaar hulle tradisies en gewoontes behou.

Die handjievol Boere-nasate is nog steeds ‘n gemeenskap en hou gesamentlike kuiertjies en selfs ‘n jaarlikse boeresportdag om hulle tradisies lewend te hou, maar slegs die ou mense praat nog Afrikaans of boer, hulle kinders en veral kleinkinders kan slegs Spaans praat en is gewoonlik met Argentyne van Spaanse afkoms getroud en woon in dorpe. Die jonger generasies het nog steeds ‘n mate van trots in hulle afkoms, maar dit is meer folkloristies van aard as wat dit werklik deel van hulle identiteit is. Die godsdiens, wat vir die Boere so sentraal staan, het nie juis ter sprake gekom nie en die kerk as saambindende faktor speel nie meer so ‘n groot rol soos vroeër nie. Ook die byeenkomste en uitlewing van kultuur word geleidelik minder en by talle van die nasate is die Afrikaanse of Suid-Afrikaanse identiteit sekondêr.

Veral aangrypend is die deel waar Thys en Jan, wat die meeste in die dokumentêr voorkom, genooi word om Suid-Afrika die eerste keer in hulle lewe te besoek en om by hulle familie te kuier, en om te sien hoe hulle die land van hulle voorwaders ervaar. Opvallend daarby is hoe welvarend hulle neefs en niggies in Kaapstad, Philipstown en Hartebeespoortdam is en hoe voorspoedig, georganiseerd en netjies dit in teenstelling met hulle eie armoedige omstandighede is, maar ook hoe die taal en die familiebande hulle verbind.

Enkele lesse vir emigrante in die algemeen en vir Afrikaners in die besonder kom uit die dokumentêr na vore:

  • Jy kan jou taal, jou godsdiens en jou kultuur met veel moeite vir ‘n generasie of twee behou, maar uiteindelik word jy soos jou omgewing. Die Afrikaner-emigrante se genepoel was ook te klein en dus moes hulle noodgedwonge met die mense van hulle nuwe tuisland vermeng, en die jonger generasie, veral waar hulle in plaaslike skole is en die taal van die nuwe land gemakilk praat, meng vrylik.
  • Om ‘n nuwe begin in ‘n ander land te maak is swaar, en welvaart is baie selde vir die eerste of selfs vir die tweede generasie beskore.
  • Die stryd vir vryheid moet ‘n aksie van die volk as geheel wees, en dit vind plaas in die moederland, of daar waar die grootste konsentrasie is. Die lot van die Jodse volk, byvoorbeeld, word in Israel bepaal, nie in die VSA of in Europa nie.
  • Die wiel draai. Die Boere wat na Argentinië verhuis het om nie onder Britse beheer te staan nie, het nie geweet dat hulle volk sowat 50 jaar later weer in volle beheer van die land sou wees nie en ‘n tyd van voorspoed en hoogbloei sou beleef, terwyl hulle in Argentinië begin wegkwyn het.
  • Die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie. Die immigrasie na Patagonië was ‘n ontnugtering en die bittereinders het weer bitterbeginners geword in ‘n streek wat nog harder en meer uiters as die Karoo is. Hulle stryd was vir ekonomiese oorlewing, nie vir politieke vryheid nie, want die politieke stryd van die Afrikaners is in Suid-Afrika geveg en gewen.
  • Elke land sorg eerste vir sy eie mense. Immigrante moet gewoonlik tevrede wees met die oorskiet. Die Boere in Patagonië het die dele gekry wat die Argentyne nie voor kans gesien het nie. Toe later olie op hulle grond gevind is, is dit deur die regering opgeeis en ontgin, en die Boere-nasate kon hoogstens werkers in die oliebedryf word.

Ek het groot deernis met die Boere-nasate en hou van die mense wat in die dokumentêr gewys word. Hulle is op ‘n manier nog steeds “onse mense”, hulle het hartlikheid, ongekunsteldheid, eerlikheid, liefde vir die grond en gasvryheid wat so kenmerkend van die Afrikaners is, maar dit voel soos ‘n kooltjie wat uit die vuur geruk en eenkant gegooi is en daar alleen stadig doodgaan. Daarom is konsentrasie so belangrik.

Terloops, “Boere op die Aardsdrempel” is beskikbaar by Orania Beweging se boekwinkel.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel