fbpx

Monument

Ek gaan met my harde nek op my knieë, maar ek buig nét voor Hom.
Ek het my Vrou, my gesin, lief, hulle is my alles
Ek het my honde liewer as wat ek meeste mense het
My honde se name is Afrikaans of Duits of Skots
Ek sing ‘Grote God’ en ‘Genade onbeskryflik groot’, sonder die boekie
Ek sing ‘Ek sien ’n nuwe Hemel kom’ as die kis afsak
Ek kan die twaalf-artikels saam met die dominee opsê
Ek sing ‘Sarie Marais’, ek sing ‘My Vader was ’n musikant’
Ek praat van Transvaal en Suid-Wes
Ek steek my trane weg as my mense vermoor word
Ek huil openlik as ek die diere sien doodgaan
Ek weet wat ‘jakkals trou met wolf se vrou’ beteken
Ek weet nie wat ‘husse met lang ore’ is nie
Ek het voorvaders in Duitsland, Frankryk, Nederland, Skotland, Engeland
Ek het familie in Australië, Engeland, Kanada, Amerika, Israel, Nieu-Seeland, Suid-Wes en Botswana
Ek vier Kersfees met koue beestong en aartappelslaai
Ek vier verjaarsdae met boerewors en Windhoek lager
Ek vloek as ek bestuur
Ek laat ou mense voor my in die ry staan
Ek bid vir reën en as die reën kom, loop ek kaalvoet in die modder
Ek kan kleilat speel
Ek weet hoe om ’n mierleeu te vang, sommer met net ’n grassie in my hand
Ek weet hoe maroelas proe
Ek sny biltong
Ek sny gras
Ek sny koek as ek vroteier speel
Ek het al plakkate op pale gesit
Ek het al skelm plakkate afgehaal
Ek stem nie altyd saam nie
Ek weet nie vir wie om te stem nie
My stem was al hees vir die Bokke
My stem was al hees van Die Stem
Ek kry hoendervleis as ek die Monument sien
Ek kry hoogtevrees as ek bo staan
Ek brand in die Afrikason
Ek mis my Ouma
Ek wens ek kon my Oupa beter ken
Ek is Afrikaans
Ek is van Afrika
Ek, Afrikaner

12 Comments

  1. Eleanor

    Ek mis wat my kinders die outyd noem. Ek wens ALLES kon vreedsaam wees. Ek bid dat ons almal mekaar kan verdra. Ek wens kinders kon almal gelukkig wees. Ek het vanoggend Malema se plakaat van die lamppaal vlakvoor my huis verwyder. Hy le nou op sy gesig in my motorhuis tot die wederkoms want dit is wanneer alles anders sal wees. Ek is ‘ n Suid Afrikaner wat engels ook kan praat. Ek wens elke dag dat alles in ons land so kan verander dat ons vrede en vreugde kan he.

    Reply
    • Pieter

      Dit is ons strewe.

      Reply
  2. christa

    Wow ek kry hoendervleis as ek dit lees kan nie beter gese word nie Afrikaans is TOPS

    Reply
    • Pieter

      Dankie Christa. Uit die hart.

      Reply
  3. Ben Jacobs

    Baie waar woorde. Goeie beskrywing. Ek vermoed die werklike Afrikaner is bitter min. Maar die van ons wat onsself so noem, is 100% skaamteloos Afrikaners. Ek dink ek gaan binnekort Orania toe trek.

    Reply
    • Pieter

      Ben daar is min dinge so mooi soos ons saambou aan vryheid. Orania, nêrens anders. ?

      Reply
  4. Andries Maritz

    Dag Pieter,

    Ek hou van wat jy skrywe.
    Ek is seker jy is ‘n oud-Suidwester, want dit is ‘n Suidweskind wat reent so geniet en daarin wil loop.
    Ek praat ook van Suidwes eerder as Namibië.
    Ek verlang ook na Suidwes-Windhoeklager.
    Ek maak gereeld nog biltong vir myself hier in New Zealand waar ek woon.
    Ek was op WHS (Hoërskool Windhoek)
    Ek het 1961 daar matriek geskrywe.
    Ek het spesiaal in 2011 vir ons 50ste matriekherdenking Windhoektoe gegaan.
    Ek is bly om te sien hoe mooi Orania aangaan.
    Ek hoop ook vir ‘n tyd van vrede en geluk aldaar by julle, al is dit nog ver weg.
    Ek wens julle alles wat mooi is toe.
    Ek bedank almal daar vanaf Carl en almal wat deel daarvan is.
    Ek hoop julle sal altyd veilig wees.
    Ek groet.
    Andries

    Reply
    • Pieter

      Andries.
      Sulke pragtige wense vir ons. Baie dankie. Jy maak my dag met jou biltongmaak in NZ. Afrikaner, maak nie saak waar ons is nie. Mooi,hoendervleis mooi. Eendag in Orania!

      Reply
  5. Anita

    Baie mooi!
    ‘Ek weet hoe maroelas proe’ – ja. En ek bly hunker na geel ryp maroelas, nie die treurige groen geplukte vrugte wat mens in seisoen kan koop nie.
    ‘Ek kry hoogtevrees as ek bo staan’ – en dit word elke keer erger!

    Reply
    • Pieter

      My mond water nou vir so ‘n geel ryp ene.

      Reply
  6. Ans Rossouw

    Hi al my Afrikaner Boere vriende
    Graag deel ek hierdie gedig met julle. My oorlede skoonmoeder het dit geskryf en nog ‘n hele paar ander ook. Binnekort gaan ek ‘n bundel uitgee met al haar gedigte. Hoop jul geniet dit. Dis kosbaar!!

    Afrikaner trotse Boer!
    Deur: Bertha Rossouw

    Afrikaner!Trotse Boer!
    Geroep om hier die stryd te voer.

    As ons nie sou vertel
    Van Boerebloed en blanke vel,
    Dan sal die klippe roep,
    Oor smart, en angs en mannemoed.
    Ons volk gebore deur die pyn
    Beleef die aanslag van naak venyn.
    En sou ons wankel en dalk val
    Word die wêreld vreugde-mal.
    Maar weet, klein blanke Boerevolk,
    Bokant hierdie pikswart wolk –
    Troon die groot Almagtig Rots,
    Heer van ons geloof en trots.

    Al skryf hul die geskiedenis oor
    Om al die vyand te bekoor,
    Dan weet ons waar ons staan –
    Ons loof en eer Sy heil’ge Naam.
    Want in Bloedrivier se laer
    Het Hy Hom by ons volk geskaar.
    Vandag nog is HY onse God,
    Bepaal nog steeds ons lewenslot.
    As ons op ons knieë staan –
    dui Hyself ons toekoms aan.
    Waarom sal ons dan nie hoop?
    Durf iemand ons dalk uitverkoop?

    Moet dus nie skaam wees, Boere-kind
    Waar jy jou ookal mag bevind.
    Dis adeltrots en suiwer bloed
    Wat ons volk in sterkte voed.
    Dra uit jou volkstradisies nou –
    So bly ons diepste siel behou.
    Leer dan die les van Bloedrivier –
    Hul kon in geloof – oorwinning vier.
    Kyk op na Bo, vandaar’s ons Hulp!
    Hy sal SY hande om ons skulp.
    Want Bloedrivier se Boerevolk
    Het nòg ‘n roeping te vertolk.

    Gaan, gaan roep jou Pa –
    Dat ons kan trek met die ossewa.

    In die wa-spoor trap my voet
    Wanneer my oog die môre groet.
    Die windjie laat die tentseil bol,
    Terwyl die wiele Noordwaarts rol.
    Ons trek van oral oor die land,
    En saans sien jy die vure brand.
    Dan dink mens aan ‘n ander Trek,
    Wat met reg bewondering wek.

    Sestien osse voor sy wa –
    Het vrou en kinders voort gedra.
    Sy velskoene trap ook ‘n spoor,
    Sy wakker oog gerig na voor.
    ‘n Toekoms wink in die geloof
    Geen teenpoed kon sy moed verdoof.
    Want in sy hart ‘n seker wil –
    hy is geen kneg, hy soek na Gods wil.

    Sy dierbaar vrou buk by die vuur,
    Rustig in die awend uur
    Dis meer as liefde wat hul bind,
    Hul soek ‘n toekoms vir hul kind.
    Langs hom staan sy Sanna en wag,
    Gereed deur elke dag of nag..
    Gevare wat sy pad kan loop,
    Ontmoet sy oë oor die Sanna-loop.

    Ek voel my een met hierdie man –
    Hier waar ek in die branding staan –
    As om my volk gevare woed
    Waarvoor ons seuns betaal het, met bloed
    Is daar ‘n toekoms vir my kind
    Hier waar ek my siel vol onrus vind?
    My gees trek saam met die ossewa
    Maar waarheen nou, Suid-Afrika?

    Gelofte kind,
    Wanneer jy met jou hart herhaal
    Weet dan dis geen lippe taal.

    Ek is ‘n kind, gebind – gebind,
    Om die Gelofte te betaal,
    Gemaak in nood,
    Op Danskraal in Natal.
    Dit is my eer – want U o Heer
    Het geluister na die nood
    Van ‘n volk, na klein en groot.
    Dit voer my mee, want U het gegee –
    oorwinning aan ‘n volk,
    Beskawingslig deur donker wolk.

    Nou kom ek vra
    Dat die geest’lik ossewa
    Wat trek deur die hartland van Suid-Afika
    Na die herdenkingsfees, my dank sal dra.

    Kom hier my kind, ook jy is gebind.
    Kom leer ook aan jou nageslag
    Volkstradisies en wat dit vermag.

    Weereens het Sy wil geskied
    Daar staan gebeitel in graniet
    Dit wat ons in ons volkshart dra:
    “Ons vir jou, Suid-Afrika”

    Kom laat ons gaan,
    Ons volk is op trek, ver vandaan.
    Die naaf en velling in die band
    Draai gewillig saam in stof en sand
    ‘n vreugde vrag is op die wa
    Ons is op trek : Suid-Afrika!
    Dit is nou die tyd en uur
    Wagter op ons volk se muur
    Te lank is jou stem gesmoor
    Laat ons jou vryheids – boodskap hoor.

    Waarheen trek die ossewa
    Wat hierdie heug’lik boodskap dra?
    Die eindpunt is die Monument
    Kyk die Boerevolk kom orent.

    Geloftes word herhaal
    By Bloedrivier en Paardekraal
    Daar’s ‘n toekoms wat vir ons wink
    Waaroor ons volk moet dink, en dink.

    Jou voorreg kind, is om te vra:
    “ Waar is ons volk se erfgoed, Pa?
    Gekoop met bloed van Pa se Pa,
    Vir ons volk en land, Suid-Afrika?

    Die simboliek van die ossewa
    Wat ons in ons volkshart dra,
    Wil weereens met ons praat.
    Dit wek ons op, is ons paraat?

    Afrikaner! Trotse Boer !
    Waak, want u is ‘n goue skakel
    In ons Volk se snoer !!
    ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

    Boere Afrikaner groete uit ‘n Boere hart
    Ans

    Reply
  7. Riana Kuhn

    Wat beteken dit om koek te sny as ek vroteier speel?

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

four × four =