KYK VIDEO: Wat het die media oor Orania te sê? Orania Beweging reageer

KYK VIDEO: Wat het die media oor Orania te sê? Orania Beweging reageer

Wat het die media oor Orania te sê?
Orania Beweging reageer

Orania het onlangs wye media-aandag gekry, van RSG tot The Citizen en Agence France-Presse. Die Orania Beweging het die navrae hanteer en Orania se saak gestel.

Orania is gereeld in plaaslike en internasionale media se visier. Die Orania Beweging tree op as Orania se woordvoerder en verdediger wanneer dit by sake van mediabelang kom. Joernaliste werk ook direk deur die Orania Beweging se kantoor wanneer hulle Orania wil besoek.

Orania Beweging personeel moet gereeld aanvalle afweer, of teenoor onbillike verslaggewers Orania se saak stel. Dit is egter ook so dat pro-aktiewe kommunikasiewerk Orania se suksesse, groei en ywerige instellings Orania in ʼn gunstige posisie stel. Dit raak moeilik om Orania se suksesse te verontagsaam!

Foto: Joost Strydom in gesprek met AFP

Einde Julie tot begin Augustus was ʼn voelbaar-bedrywige week in die media. Die Orania Beweging het verskeie mediaspanne te woord gestaan, radio-onderhoude op SAfm, RSG, PretoriaFM en meer hanteer, Maroela Media, Netwerk24 en ander se navrae beantwoord en mediaverklarings uitgereik. Die Franse Internasionale Nuusagentskap Agence France-Presse (AFP) het Orania vir ʼn hele paar dae besoek, en berigte oor ORASOL (Orania se sonplaas) en die diplomatieke besoek van tradisionele leiers geplaas.

Artikel op Yahoo News

Artikel op Africa News

Artikel op Times of India

Hierdie berigte het meestal ʼn positiewe aard gehad, maar dit is belangrik om selfs antagonistiese media te woord te staan. Dit was nog altyd die Orania Beweging se strategie om soveel as moontlik medianavrae eerlik te beantwoord, met enkele uitsonderings wat nie toegestaan is nie.

Foto: Francois Joubert in gesprek met AFP by ORASOL, Orania se eie sonplaas

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za

Skietkompetisie in die VSA: Afrikaner-emigrante groep ondersteun Orania van vêr

Skietkompetisie in die VSA: Afrikaner-emigrante groep ondersteun Orania van vêr

Skietkompetisie in die VSA: Afrikaner-emigrante groep ondersteun Orania van vêr

‘n Groep Afrikaners in die VSA het onder leiding van ‘n groot Orania-ondersteuner ‘n skietdag gereël om fondse vir Orania in te samel!

Orania het ondersteuning van regoor die wêreld, nie net burgers van ander lande nie maar ook Afrikaners wat tydelik of permanent in ander lande gevestig is.
Een so ‘n lojale ondersteuner is dr Danie Brink. Dr Danie en sy gesin is in die VSA-gevestig, maar het oor die jare ‘n prominente rol gespeel in die bemagtiging van Afrikaners en ook verskeie projekte in Orania onderneem. Dr Danie is tans ook die administrateur van die groep Afrikaner-Emigrante wat Orania Ondersteun waar verskillende aksies geloods word om inligting te versprei
.

Op die Amerikaanse onafhanklikheidsdag, die 4de Julie, het dr Danie en sy gesin ‘n skietdag aangebied. Dr Danie het Kerk- en gesinsvriende genooi vir ‘n jaggeweerskietkompetisie waar daar op 300m, 200m en 100m kompeteer is. Daar was ook ‘n .22 kompetisie vir die kinders.

Foto: Deelnemers lê aan op die teikens.

Op ‘n wyse wat enige Boerehart warm sal laat klop, het Dr Danie se eie seun die volwasse manne onder die tafel in geskiet, met ‘n telling van tien uit tien! Die Amerikaners was glo lekker verbaas oor die jong Boerseun wat so vaardig is met ‘n roer.

Foto: Johann Brink, wenner van die kompetisie

Hierdie geleentheid het 100de dollars ingesamel vir behoeftige Afrikaners, veral met ‘n fokus op verbreking van honger. Die skietdag kon ‘n baie positiewe bydrae lewer in die lewens van twee gesinne. Die een gesin het drie dogters in pleegsorg, en hulle kan uitsien om te smul aan heerlike Karoolamvleis! ‘n Ander gesin van vyf ontvang vir die komende maande koopbewyse vir kruideniersware.

Baie dankie aan dr Danie, sy gesin en die Facebookgroep Afrikaner-Emigrante wat Orania Ondersteun

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za

Karoosig-ontwikkeling en nuwe erwe in Orania

Karoosig-ontwikkeling en nuwe erwe in Orania

“Een van Orania se uitdagendste
ontwikkelings nóg…”
– Karoosig-ontwikkeling en
nuwe erwe in Orania

Volgens André van Heerden, Hoof: Ingenieursdienste van Orania Dorpsraad, is die nuwe dienste-uitbreiding by Karoosig een van Orania se uitdagendste ontwikkelings tot dusver.

Foto: André van Heerden

Video: Man en masjien aan die woel!

Om die 28 nuwe erwe te diens moes tegniese personeel, behalwe vir die gewone installering van dienste soos krag, water, riool, paaie en meer, deur ʼn reusagtige rotsbank breek. Dit het die omvang van die hele dienste-operasie aansienlik vergroot. Die reuse stukke Karoo-rots moes boonop ná breking op vragmotors gelaai word en uitgery word uit die ontwikkelingsgebied uit.

Foto’s: Orania Dorpsraad se tegniese spanne hard aan die werk om erwe in Karoosig te diens

Baie geluk aan die tegniese spanne wat dit suksesvol kon afhandel!

Foto: Karoosig 4 Residensiële Ontwikkeling. Sό groei Orania!

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za

Orania Kunsteraad bied aan: Taalweek 2022

Orania Kunsteraad bied aan: Taalweek 2022

Orania Kunsteraad bied aan:

Taalweek 2022

Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Daarom is 14 Augustus ʼn openbare vakansiedag in Orania. OKeR, die Orania Kunsteraad, bied vanjaar die 7de Taalfees aan!

Orania volg sy eie kulturele kalender, met eie openbare vakansiedae om dinge wat vir ons belangrik is te herdenk en te vier. Taaldag op 14 Augustus is ʼn belangrike dag op die kultuurkalender en in 2015 het Christiaan en Hester van Zyl die eerste Orania Taalfees gereël. Die Taalfeeste het elke jaar van krag tot krag gegaan, en vanjaar kan Oraniërs en besoekers na ʼn weekprogram propvol drama, poësie, kuns en musiek, wat ons pragtige taal vier, uitsien. Dit sluit middaguurkonserte by plaaslike restaurante, lesings (soos “Die Vierde Taalbeweging” deur dr Wikus Buys en ʼn lesing deur prof Andries Breytenbach oor die Afrikaanse Bybelvertaling) in, ʼn gemeenskapkonsert met plaaslike talent, ʼn kunsuitstalling, optrede deur Kaleidoskoop, poppekas, ʼn operaspel deur Alida Stoman en ʼn Taaldag Piekniek in!

Die volledige program:

‘n Voorsmakie van die Gemeenskapskonsert

Alida Stoman

Volgens OKeR is hulle bestaansdoel die bevordering van Afrikaanse letterkundige werke, drama, poësie, kuns en musiek, wat bydra tot die goeie, die ware en die skone:

“ ‘n Volk se aanspraak om vryheid in ‘n grondgebied, verg ‘n kulturele antwoord voordat ‘n politieke antwoord toepaslik sal wees.” -NP van Wyk Louw

Kaartjies vir die onderskeie vertonings is nog beskikbaar. Loer gerus op OKeR se Facebookblad vir meer.

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za

Suid-Tirool se Vryheidslesse vir Afrikaners: Onderhoud met Gino Bentivoglio

Suid-Tirool se Vryheidslesse vir Afrikaners: Onderhoud met Gino Bentivoglio

ORANIA EN SUID-TIROOL: ONDERTEKENING VAN DIE TWEEDE BOEREVERKLARING

 Duhttps://youtu.be/qxPTgnRplsY Foto: Joost Strydom en Gino Bentivoglio in Suid-Tirool

Die Vriendekring van die Afrikaner in Suid-Tirool (Südtiroler Freundeskreis der Afrikaaner) het onlangs ‘n twaalfde bestaansjaar gevier. Die verhouding tussen Suid-Tirool en Afrikaners strek egter al oor 122 jaar!

In 1900 het die Burgemeester van Bozen die ‘Boereverklaring’ geteken en hulle steun aan die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog toegesê. Daarmee saam het ‘n groep vrywilligers ook na die Boererepublieke vertrek om die Boere in hulle stryd te help!

Daarna is die Tirolers, na die Eerste Wêreldoorlog, van hulle eie grond ontneem. Suid-Tirool is van Oostenryk afgesny en aan Italië gegee. Fascistiese Italië het die Duissprekendes geweldig onderdruk en van hulle regte ontneem. Jan Smuts was een van die enigste van die geallieerdes wat bereid was om aan die Suid-Tirolers se onafhanklikheidberoep erkenning te gee, en daarvoor het die Tirolers Afrikaners altyd onthou.

Na ‘n lang onafhanklikheidstryd het die Suid-Tirool vandag baie hoë vlakke van territoriale selfbeskikking. Hulle hou 90% van hulle belastingsgeld terug vir plaaslike gebruik, het hulle eie plaaslike owerheidstrukture, en kan oor verskeie fasette van hulle eie bestaan self besluit.

Van die hele Italiaanse bevolking is Duitssprekende Suid-Tirolers ongeveer 0,5%. Dit kom neer op 320 000 Duitssprekendes in ‘n land met 60 miljoen mense. Hoe kon so ‘n klein minderheid so ‘n groot vlak van selfbeskikking beding? 

Die Suid-Tirolers het, behalwe vir hulle harde vryheidswerk, ook ‘n les geleer wat Afrikaners nog moet leer: Konsentrasie in ‘n gebied is ‘n voorvereiste vir selfbeskikking. Die Duitssprekende bevolking woon in ‘n duidelik gedefinieerde gebied, en leef hulle taal en kultuur met groot ywer. Dit sluit dinge soos argitektuur, tradisionele klere en kosse en taal in.

In 2010 is die Südtiroler Freundeskreis der Afrikaaner in Suid-Tirool gestig. Die organisasie het baie projekte in Suid-Afrika aangepak en groot werk gedoen. Hulle verhouding met Orania het ook groot dinge hier help realiseer, insluitend borgskappe vir sub-ekonomiese behuising.

VIDEO: DR JOHN STRYDOM BEDANK DIE SUID-TIROLERS VIR HULLE VRIENDSKAP

 Foto: Die geleentheid in Suid-Tirool tydens die ondertekening van die Boereverklaring. Die Suid-Tirolers was wonderlike gashere en -vroue!

In 2022 het die Suid-Tirolers en Afrikaners die ‘Tweede Boereverklaring’ onderteken. Verteenwoordigers van die Südtiroler Freundeskreis der Afrikaaner het opnuut saam met die Duitse, Hongaarse, en ander vriende van die Afrikaner ‘n pro-Afrikaner dokument onderteken.

 Joost Strydom het namens die Orania Beweging dié dokument onderteken, en die Suid-Tirolers bedank vir hulle bydraes tot Orania, maar meer nog vir hulle erkenning van Afrikaners se vryheidsstrewe!

Foto: Gino Bentivoglio, voorsitter van die vriendegroep. Hy het homself leer Afrikaans praat!

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel