Orania Kunsteraad bied aan:
Taalweek 2022

Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Daarom is 14 Augustus ʼn openbare vakansiedag in Orania. OKeR, die Orania Kunsteraad, bied vanjaar die 7de Taalfees aan!
Orania volg sy eie kulturele kalender, met eie openbare vakansiedae om dinge wat vir ons belangrik is te herdenk en te vier. Taaldag op 14 Augustus is ʼn belangrike dag op die kultuurkalender en in 2015 het Christiaan en Hester van Zyl die eerste Orania Taalfees gereël. Die Taalfeeste het elke jaar van krag tot krag gegaan, en vanjaar kan Oraniërs en besoekers na ʼn weekprogram propvol drama, poësie, kuns en musiek, wat ons pragtige taal vier, uitsien. Dit sluit middaguurkonserte by plaaslike restaurante, lesings (soos “Die Vierde Taalbeweging” deur dr Wikus Buys en ʼn lesing deur prof Andries Breytenbach oor die Afrikaanse Bybelvertaling) in, ʼn gemeenskapkonsert met plaaslike talent, ʼn kunsuitstalling, optrede deur Kaleidoskoop, poppekas, ʼn operaspel deur Alida Stoman en ʼn Taaldag Piekniek in!
Die volledige program:



‘n Voorsmakie van die Gemeenskapskonsert
Alida Stoman
Volgens OKeR is hulle bestaansdoel die bevordering van Afrikaanse letterkundige werke, drama, poësie, kuns en musiek, wat bydra tot die goeie, die ware en die skone:
“ ‘n Volk se aanspraak om vryheid in ‘n grondgebied, verg ‘n kulturele antwoord voordat ‘n politieke antwoord toepaslik sal wees.” -NP van Wyk Louw

Kaartjies vir die onderskeie vertonings is nog beskikbaar. Loer gerus op OKeR se Facebookblad vir meer.
word 'n lid!
Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan
Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan
Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za
0 Comments