Wat het die media oor Orania te sê?
Orania Beweging reageer

Orania het onlangs wye media-aandag gekry, van RSG tot The Citizen en Agence France-Presse. Die Orania Beweging het die navrae hanteer en Orania se saak gestel.
Orania is gereeld in plaaslike en internasionale media se visier. Die Orania Beweging tree op as Orania se woordvoerder en verdediger wanneer dit by sake van mediabelang kom. Joernaliste werk ook direk deur die Orania Beweging se kantoor wanneer hulle Orania wil besoek.
Orania Beweging personeel moet gereeld aanvalle afweer, of teenoor onbillike verslaggewers Orania se saak stel. Dit is egter ook so dat pro-aktiewe kommunikasiewerk Orania se suksesse, groei en ywerige instellings Orania in ʼn gunstige posisie stel. Dit raak moeilik om Orania se suksesse te verontagsaam!
Foto: Joost Strydom in gesprek met AFP

Einde Julie tot begin Augustus was ʼn voelbaar-bedrywige week in die media. Die Orania Beweging het verskeie mediaspanne te woord gestaan, radio-onderhoude op SAfm, RSG, PretoriaFM en meer hanteer, Maroela Media, Netwerk24 en ander se navrae beantwoord en mediaverklarings uitgereik. Die Franse Internasionale Nuusagentskap Agence France-Presse (AFP) het Orania vir ʼn hele paar dae besoek, en berigte oor ORASOL (Orania se sonplaas) en die diplomatieke besoek van tradisionele leiers geplaas.
Hierdie berigte het meestal ʼn positiewe aard gehad, maar dit is belangrik om selfs antagonistiese media te woord te staan. Dit was nog altyd die Orania Beweging se strategie om soveel as moontlik medianavrae eerlik te beantwoord, met enkele uitsonderings wat nie toegestaan is nie.
Foto: Francois Joubert in gesprek met AFP by ORASOL, Orania se eie sonplaas

word 'n lid!

Orania Beweging-nuusspan
Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za