Tydens Sondag se Afrikadag-vieringe sê president Jacob Zuma dat Afrikane in vrede met mekaar saamgeleef en pret gehad het, maar toe kom die “ander” wat hy liewer nie by die naam gaan noem nie. Dit volg na sy uitsprake vroeër vanjaar dat Afrika se probleme begin het toe Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het. Op laasgenoemde uitspraak het die vandalisering van verskeie standbeelde gevolg. Standbeelde wat na die vandaliste se mening nie “inheems” genoeg was nie.
Selfs `n standbeeld van Saartjie Baardman het deurgeloop. Kort na die standbeelddebakel het `n vlaag xenofobie opgevlam. Ook hierdie onderwerp is tydens die Afrikadag-vieringe aangeraak. President Zuma se woorde was “ons is mooi net so donker soos wat ons is.” Hy het verder die mediaberigte oor xenofobie as oordrewe en negatief afgemaak en die gehoor herinner dat ander Afrikalande `n reuse bydrae gelewer in die stryd teen apartheid.
Vir die soveelste maal vanjaar is president Zuma se manier om Suid-Afrika se uitdagings te hanteer `n ons en hulle-benadering. Hy probeer swartmense oortuig dat die oorsprong van hulle probleme by Suid-Afrika se blanke bevolking lê. In plaas daarvan om probleme soos xenofobie en kulturele vandalisme eerlik en kaalvuis te pak is sy toesprake gevul met blaamverskuiwing en leë populistiese uitsprake. Om te insinieer dat alles in Afrika goed gegaan het tot blankes voet aan wal gesit het is uiters onverantwoordelik gegewe die brose verhouding wat reeds tussen die verskillende bevolkingsgroepe bestaan.
Ons moet ook nie uit die oog verloor dat daar oor `n minder as `n jaar `n munisipale verkiesing is nie. Vir die ANC is dit belangrik dat die skuld vir swak dienslewering en ander probleme op die minderheid geplaas word – dieselfde minderheid op wie se steun hy in elk geval nie by die stembus kan reken nie.
Daar word dikwels geroem op Suid-Afrika se diverse samelewing, die reënboognasie, wat as `n voorbeeld vir ander lande moet dien. Die waarheid is egter dat die diversiteit van ons land bepaalde uitdagings bied wat slegs deur verantwoordelike leierskap bestuur kan word. Onverantwoordelike uitsprake, blaamverskuiwing en populisme sal lei tot verdere spanning en konfrontasie. Goeie leierskap beteken eerder dat die diversiteit van Suid-Afrika erken en elke gemeenskap se uniekheid gevier word.
Verder moet elke gemeenskap binne hierdie diverse samelewing erkenning kry vir die bydrae wat hulle gelewer het in die opbou van die land. President Zuma het ongelukkig daardie geleentheid vir die soveelste keer deur sy vingers laat glip. En die prys sal weer deur minderhede betaal word.
James Kemp is die Bemarkings- en Kommunikasiebestuurder by die Orania Beweging.
Verder moet elke gemeenskap binne hierdie diverse samelewing erkenning kry vir die bydrae wat hulle gelewer het in die opbou van die land.
******************************
Die opbou van die land?????
Tot dusver is daar nie een enkele staats departement wat nie op die drumpel van bankrotskap staan nie. Inderwaarheid is daar omtrent nie een munisipaliteit wat nie reeds op die krukke lys is nie.
Nou wie moet daardie erkenning kry??? Seker die paar Kubane wat pas hier opgedaag het.
Die verval van infrastruktuur en onderdrukking van die armes is alles deel van ‘n groter plan om Suid Afrika totaal onder kommunistise beheer te kry. Al hierdie gedans om versoenning en saam leef is tevergeefs. Waneer wil ons wakker skrik? Dit is nou tyd om ‘n verdediging teen ‘n aanval op die wit bevolking te organiseer sodat ons nie met ons broeke op on kniè gevang word nie. Na my mening is die enigste oplossing ‘n onafhanklike grondgebied waar ons as Afrikaners weer in beheer is van die dag to dag regeering van die gebied.