Nou die dag gesels ek en ’n ryk toeris voor my winkel in Orania. Die dame was glad nie beïndruk met Orania nie. Sy woon in Kroonstad en haar man het haar saamgesleep want hy wou bietjie na eiendom kom kyk het.
“Ek sal nooit in ’n plek kan bly as daar nie ten minste ’n Woolies Food is nie,” skiet sy reguit uit die heup uit. Met hierdie stelling het ek spesifiek twee ernstige probleme.
Na Woolworths laas jaar die rassekaart op blankes getrek het, het ek aan myself belowe dat ek nie weer by hulle gaan koop nie. My geld, my reëls.
Tweedens, Kroonstad se water is vuil, hul krag word gedurig afgesny omdat die munisipaliteit nie hul Eskomrekening betaal nie, padvarke jaag in petrol stasies vas en ry oor mense, misdaad is op ongekende vlakke ens. Dis maar net ’n paar hooftrekke wat ek onlangs van Kroonstad in die koerante gelees het. Moet egter nie stres nie – daar is darem ’n Woolies Food wat als oukei maak.
Dit was nie maklik nie, maar ek tel toe tot tien en vertel vir haar dat ek ook nie baie beïndruk was met Orania toe ek vyf jaar gelede vir die eerste keer hier kom kuier het nie. Dit het my ’n rukkie gevat om verby die probleme en uitdagings van Orania te kyk en te besef hoe ongelooflik spesiaal hierdie Karoodorp in werklikheid is. Ek woon al vir meer as twee jaar hier en sou beslis nie getrek het as ek nie met hart en siel geglo het dat dit die regte skuif is nie.
Sy vra toe waar ek vandaan kom, so half asof ek uit een of ander armsalige rioolput gekruip het om te dink dat Orania so wonderlik is. “Nee, ek het maar in Brooklyn, Pretoria, grootgeword en het daarna vir ’n paar jaar Europa plat getoer voor ek teruggekom het,” verduidelik ek.
O gats, die besef sink toe in dat Kroonstad se Woolies Food hierdie Oraniër glad nie soveel beïndruk nie.
“Maar pla al die arm mense in Orania jou dan nie?”
Ja, dit pla my dat mense arm is – maak nie saak waar nie. Dis ’n feit dat brandarm Afrikaners ook Orania toe trek, maar die omstandighede van diegene wat bereid is om te werk verander baie vinnig. Orania bemagtig Afrikaners soos geen ander plek nie.
So ook is daar skatryk Afrikaners wat in Orania kom vestig. In al die plekke waar ek al in die wêreld was, het ek nog nooit ’n gemeenskap gesien waar rykes so baie vir armes doen soos in Orania nie. Die armes word ryker en ondersteun weer die rykes se besighede, wat hulle weer in staat stel om meer vir die werkers te doen. So bou ons ’n gesonde ekonomie.
Dit is buitendien veel meer produktief om werk te skep vir arm Afrikaners in Orania, as om te probeer wal gooi teen die algehele agteruitgang van die res van Suid-Afrika. Terwyl Orania Afrikaners bemagtig, is Afrikaners magteloos om die verval elders te keer bloot omrede ons nie die “regte” velkleur het nie.
Sou ek my besighede in Kroonstad gevestig het eerder as Orania, dan sou ek in die kort termyn waarskynlik meer geld gemaak het maar ek sou opgeskeep gesit het met ’n bankrot munisipaliteit, belaglike misdaadvlakke en ’n gemeenskap wat verarm. Is die kool die sous werd? Beslis nie, want terwyl Kroonstad en byna elke ander dorp in Suid-Afrika in armoede verval, groei Orania se ekonomie a.g.v. bestendige volkseie bestuur.
Ek besef naderhand my verduidelikings gaan by die een oor in en by die ander een uit. Nadat ek haar vertel het dat hier pragtige winkeltjies in Orania is waar mens heerlike delikatessen kan koop, kruidenierswinkels is waar sy haar gemanikuurde hande op enige produk kan lê waaraan sy gewoond is en dat my vrou regte croissants en baguettes bak indien sy belangstel, deel sy toe met my mee dat sy steeds verkies om eerder die volgende dag haar inkopies te gaan doen by “haar” Woolies Food in Kroonstad. Nee goed dan, ek verstaan.
Talle Afrikaners het so materialisties geword dat hulle blind en doof is vir als wat om hulle aangaan. Hulle besef nie dat hul huidige gemaksone in die lang termyn veel groter kan wees as hulle ons net bietjie begin help om die volkstaat te bou deur stelselmatig vir hulself ’n vangnet in Orania te span nie. Vir vele van ons is dit tog logies.
Ek sluit toe die gesprek af deur ook maar reguit uit die heup uit te skiet.
“Mevrou, as my lewe ook van Woolies Food afgehang het dan sou ek nie nou hier met u gestaan en praat het nie, want ek sou nie hierdie boetiek gehad het nie, ook nie die winkel langsaan nie – ek sou nie vanaand met ’n oop deur kon slaap nie en ek sou beslis nie deel gewees het van ’n gelukkige gemeenskap wat deur Afrikaners, eerder as die ANC, bestuur word nie. So kies elkeen maar vir hom- of haarself, nè?”
“Sowat 100 000 mense te Kroonstad en Maokeng is reeds vir dae sonder elektrisiteit, water en behoorlike riolering a.g.v. dienslewering van die Moqhaka Munisipaliteit wat feitlik heeltemal platgeval het. Dit is vererger toe stakende munisipale amptenare die dorp met vullis bemors het en motors onder die klippe gesteek het. In Maokeng is strate versper met takke, klippe, en brandende bande. Intussen sukkel die munisipaliteit, wat al tegnies bankrot verklaar is, om finansiering te kry om noodsaaklike instandhoudingslyne vir krag en water aan te lê.” – bron: Ditsem Vrystaat
In die kol Quentin, die klas beheptheid wat onder baie Afrikaners posgevat is nie ‘n goeie ding nie.
Myns insiens kan mens die Afrikaners wat ‘n negatiewe siening oor Orania het grootliks in twee groepe verdeel.
1. Afrikaners wat nooit uit vrye wil in Orania of ‘n volkstaat sal gaan woon nie tensy hulle fisies en met (meer as tans) geweld uit SA verjaag word nie. Hulle is oënskynlik in ‘n groot mate ook die Woolies garde.
2. Afrikaners wat onkundig is oor Orania en moontlik negatief beïnvloed word deur Afrikaners uit groep een.
Dit is grootliks tyd mors om die Afrikaners in groep een van mening te laat verander. Dit is baie meer produktief om die Afrikaners in groep twee te identifiseer en hulle beter oor Orania in te lig en miskien sover kry om Orania te besoek.
Goeie opsomming, Simon. Dis verstommend om te sien hoeveel Afrikaners Orania besoek sonder om te weet dat ons besig is om die volkstaat te bou… Hulle besef nie wat ons ideale en strewes is nie. Al wat hulle sien is ‘n dorp in die Karoo waar slegs “witmense” bly.
Orania Beweging se begeleide toere maak wel ‘n groot verskil om besoekers in te lig. Dit help baie dat die hotel, vakansieoord en gastehuise vir besoekers vertel van die gratis begeleide toere. Ongelukkig is dit wel so dat nie alle besoekers op hierdie toere gaan nie. Baie besoekers kom dus nie heeltemal agter die kap van die byl nie en bly oningelig – al het hulle ‘n dag of twee in Orania vertoef.
As dit nie was vir die feit dat Orania besig is met iets groter as om ‘n “wit dorpie” te wees nie, dan sou vele van ons nie vandag hier gewees het nie. Ek kan dus verstaan as sommige besoekers, wat onbewustelik oningelig is, hier wegry met die verkeerde indruk van Orania nie sommer gou weer sal terugkom nie.
Ons moet maniere vind hoe ons ons strewe fisies in woorde opsigtelik kan maak sodat elke besoeker kan weet waarmee ons hier besig is. Advertensieborde wat ons strewe verwoord kan by die dorp se ingange opgerig word – dit sal nie net besoekers eenskoots inlig nie, maar ook inwoners herinner waarmee ons hier besig is. Mens kan ook geraamde plakkate in winkels opsit, banniere op Orania besighede se webwerwe plaas ens.
Die storie laat my dink aan wat die ou wat Voetspore aanbied gese het: “Afrika het nie skoon drinkwater nie maar Afrika het oral selfoonsein” en ons kan nou seker Woolies food daar byvoeg! Is dit nie ironies dat die mense wat neerkyk op Volkstaat ideologie gewoonlik die is wat die meeste kla oor die anc die swartes ens nie. Dit verbaas my hoe min mense van Orania weet en verstaan.
Woolies Food. Daar is baie van hierdie “oorgegrimmeerde Woolies dames” hier in ons land en dit het my, al grinnikende, besef maar hierdie brigade/spesie is alreeds baie raak beskrywe in Dana Snyman se boek “Anderkant die Scrap”. Die juweel van ‘n storie se naam is “Kaap Toe” en daardie Kroonstad-dame se naam kon net sowel Engela, soos in die skets, gewees het. Het gou weer die boek gaan uitgrawe en, hehe, my verkneukel in die ooreenkoms.
Trou is nie perdekoop nie. Elke suksesvolle man is afhanklik van ‘n standvastige vrou.
Na die anneksasie van Natalia was dit die Afrikanervrou wat gesê het dat sy eerder kaalvoet oor die Drakensberge sal loop as om haar vryheid aan Brittanje te oorhandig.
Tydens die Anglo-Boereoolog het die vroue in die konsentrasiekampe hul mans tot deursetting aangevuur.
Die Oranje vroue-vereniging het kinderhuise en ouetehuise gebou terwyl hul koekies vir hul seuns op die grens gebak het.
Vandag wonder ons soms wat van daardie stoere boerevrou geword het. Waar is ons skone Namibsrose, Sarie Marais’s of Rachel de Beers? Ons wonder veral wanneer ons hierdie ” worthier-than-thou” tipe raakloop, of wanneer ons hoor hoe moeilik dit is om sonder ‘n bediende in die buiteland klaar te kom. Dalk wat mevrou Woollies eintlik wou sê, maar te skaam was om in Orania te erken, is dat sy nie sonder haar bediende kan klaarkom nie.
Die antwoord op die bogenoemde vraag is natuurlik oral. Oral is ons vroue besig om huishoudings wat dreig om inmekaar te stort weens geweld, stygende armoede of emigrasie, met leeuemoed aanmekaar te hou. Om vas te hou aan die geloof, die hoop wat nie beskaam nie. Om te leer, om te werk, om te onderrig, om op te tel, om aanmekaar te sit, om toe te werk, om vas te hou. Om uit te hou. Om te bou. Om te bid.
Dan is daar Orania. Die dorp met die hoogste konsentrasie van hierdie vroue in die wêreld.
Uit persoonlike ervaring kan ek 100% saamstem met Ebert. Waar ook al Orania se gemeenskap saamtrek, daar sien mens hierdie dames. Vriendelik, hardwerkend, staatmakers en so kan ek aangaan om hulle te beskryf.
Ek dink dit gaan oor vermoë en wilskrag. Sommige vrouens het nie die vermoë en wilskrag om uit vrye wil “kaalvoet oor die Drakensberge” te loop vir hul vryheid nie. Dit was toe so, en is vandag steeds so. Dieselfde geld vir mans.
Orania en Oraniërs is wel besig om Afrikaners daarbuite te inspireer om daardie vermoë en wilskrag diep binne hulself te ontdek. Daar is nog hoop vir ons volk.
Ai, wat ‘n onnosele, suurstof dief van ‘n Afrikaner vrou is dit nou nie wat in hierdie artikel bespreek word nie!
‘n GROOT gedeelte van ons stryd is maar nog steeds teen ons eie mense wat vir ‘n onverklaarbare rede met oogklappe deur die lewe gaan.
Ai, Anthony, jou kommentaar is kras. Wat het geword van respek vir jou medemens? Ek dink nie jy sal so iemand oortuig om in Orania te kom woon nie. Dat sy kortsigtig is, is wel so. Gelukkig het Orania meer as genoeg mense met visie om nie tou op te gooi met so persoon nie.
Wat ek wel agtergekom het is dan ons Afrikaners baie geknog is aan aartse besittings. Is dit nie ook waarteen God die heeltyd waarsku nie.
Ai Erna, voorspoed daarmee om haar en haar tipe te oortuig.
Interesante artikel Quintin.
Ek was onlangs in Orania vir die eerte keer gewees.
Ek was nogal heel beindruk met wat daar is en watse vordering daar gemaak word, en een ding het heel duidelik vir my uitgestaan en dit is dat die mense van Orania baie hard werk dag in en dag uit.
Ek het ondersoek ingestel in vasette van Orania, ondermeer die lughawe, verblyf en internet vir n reeds bestaande besigheid wat bedrywig is.
Alles goed en wel, en ek het gereken op daai stadium dat ek daar n goeie toekoms kan bou. Maar daar is heelwat wat my weg hou.
Die een en dit is moontlik bloot my eie skuld omdat ek nie genoeg navorsing gedoen het nie, is die beskikbaarheid van sekere dienste wat ek nie kon vas stel wat daar is en wat nie, spesifiek internet.
Ek kort n 10 mega greep internet lyn om dit te doen wat ek moet. Of daar ADSL lyne in Orania is weet ek nie, en wel Telkom kan my ook nie antwoord nie maar geen verrasing daar nie. Nie dat die gebrek aan so iets my sal weg hou nie, daar is altyd ander planne wat gemaak kan word.
Die ander probleme, wat vir my meer gepla het is die onderhouds proses om gekeur te workd om on Orania te kan bly. Ek gaan nie te veel uitbrei oor die saak nie maar daar is sekere aspekte wat my glad nie aanstaan nie. Die ander is die van n onderhoud wat gevoer moet word en wel, dis die jaar 2013 ek is seker met tegnologie kan n onderhoud gevoer word sonder dat ek weer duisende rande moet spandeur om Orania toe te kom vir die onderhoud nie, die ander aspek is as mens beter terug voering kry van die aansoek vorms wat mens stuur dan sou dit die besluit om te gaan vir die onderhoud makliker maak,en ongelukkig vind ek baie informasie wat bekom wil word deur Orania glad nie van pas nie.
Ek wil afsluit met die volgende, die Orania beweging hang af van mense in die geval ander afrikaners, en die persepsie wat ek gekry het het my laat besef hoekom daar net minder as n duisend mense daar woon van 1991 to vandag, en in my geval het dit baie min uit te waai met n “Woolies Food”
Etienne, ek bedryf 2 internet gebaseerde besighede in Orania. My ISP’s is Vodacom (3G), Oranet (Telkom ADSL) en Aerosat (satelliet). Jy kan jou eie ADSL lyn kry deur Oranet. Toe ek in 2010 Orania toe getrek het, was hier egter nie 3G of ADSL gewees nie. Dit was baie frustrerend, maar ons het die beste gemaak met wat ons gehad het. Vandag is dit natuurlik ‘n fees!
Wat keuring aanbetref, wel ons almal moet daardeur gaan. Beskou keuring as ‘n immigrasieproses. Al wat die keuringpaneel wil vasstel is of jy ‘n Afrikaner is, ‘n Christen is, glo dat die Afrikaner homself moet regeer en dat selfbestuur slegs kan geskied indien ons ‘n beleid van volkseie arbeid toepas. Hulle gaan natuurlik ook wil weet wat jy in Orania wil kom doen en bietjie met jou gesels daaroor. Dis eintlik net ‘n lekker gesprek wat jy met ‘n paar murg en been Oraniers gaan voer. As jy met die regte intensies Orania toe wil kom, dan sal keuring vir jou ‘n aangename ervaring wees.
As ons nie mense gekeur het nie (reg tot toegang voorbehou), dan sou ons al lankal net nog ‘n ellendige plattelandse dorpie onder ANC beheer gewees het.
Ek kyk nie neer op die feit dat ons nog net 1 000 inwoners en ongeveer 10 000 uitwoners is nie. Ons is nou vir die eerste keer in staat om die infrastruktuur te skep wat ‘n bevolking van 5 000+ moontlik maak. Sou jy verkies dat ons vir 20 jaar soos ‘n tentdorp moes lyk net ter wille van getalle?
So moet mens ook ‘n redelike paar pakke vorms invul en ernstige keurings prosesse en onderhoude deurgaan voor jy kan immigreer na enige ander land …
Beslis Frank.
En sommer derduisende rande betaal om taaltoetse af te lê, sodat hulle kan bevestig dat jy wel die taal magtig is. En dan ook derduisende vir vaardigheidstoetse, sodat hulle kan seker maak jy kom nie teer op hul maatskaplikke hulpbronne nie.
Ens…..
Quintin,
Verduidelik vir my wat het om Christen te wees uit te waai met Afrikaner wees?
Ek verstaan natuurlik die keurings proses is belangrik om die regte mense daar te kry. Alle vrae kan gestel word via e-pos en ook so geantwoord word.
Ek weet nou nie hoe jy by n tent dorp uit kom in verband met hoe getalle nie, maar so het elkeen sy eie opinie.
Terloops Quintin, ek en jy was in die selle skool gewees jy n paar jaar voor my en ons albei was Europa toe gewees na skool, ek vind dit nogal interesant.
Etienne, jy hoef seker nie ‘n Christen te wees om ‘n Afrikaner te wees nie, maar as jy ‘n Oraniër wil wees dan is Christenskap wel deel van ons gemeenskap se kultuur, m.a.w. iets waarmee ons uit vrye wil identifiseer. Die gemeenskap van Orania is eens wat dit aanbetref.
Niemand forseer mense in Orania om kerk toe te gaan nie en elkeen kan sy Christenskap uitleef soos hy wil. Dis die verskil tussen ‘n Christelike gemeenskap soos Orania en ‘n dogmatiese teokrasie soos Iran. Dit gaan oor vrye wil eerder as ‘n geforseerde doktrine. Dis tog net regverdig dat ons dit vir mense sê voor hulle hier kom bly. Ons speel dus oop kaarte en die individu kan self besluit of hy daarby wil skaar of nie.
Anders gestel, as Christenskap vir iemand ‘n struikelblok is wat in sy pad staan om in Orania te vestig, dan gaan hy nie by Orania inpas nie. Ons vergaderings begin altyd met skriflesing en gebed. Byna alle besighede is toe op Christelike vakansiedae ens.
Verduidelik vir my wat Christenskap uit te waai het om ‘n skolier van ons ou skool te wees? Tog het ons daagliks met skriflesing en gebed geopen. Ons was egter nie in ‘n eng skool met ‘n dogmatiese beleid nie. Die wyse waarop ons skool gefunksioneer het m.b.t. geloof was toe nie vir my vreemd nie, so ook is dit vandag nie vir my vreemd dat Orania op dieselfde wyse funksioneer nie.
Persoonlik beskou ek Christenskap as een van die goue drade deur ons geskiedenis, en *die* belangrikste bestandeel wat die Afrikaner maak wat hy is. Ek wil sover gaan om te sê iemand wat sy geloof opgee, gee ook sy Afrikanerskap op, want as jy eerlik moet wees is Afrikanerskap sonder Christenskap niks anders as ‘n lee dop nie.
Daarom beskou ek dit ook goed dat Orania ‘n Christelike gemeenskap moet wees. ‘n Gemeenskap kan immers net bestaan wanneer daar gemeenskaplike waardes is – anders is daar burgeroorlog. Multikulurisme is niks anders as ‘n voorwendsel waarin sekulere waardes koning kraai nie: Jy kan jou persoonlike geloof en waardes he, solank dit nie met die sekulere waardes van multikulturisme bots nie. En soos mens in Europa sien, sekulere waardes word al meer onversoenbaar met Christelike waardes. Daardie sekulere waardes het natuurlik ook vir Islam ‘n voet in die deur gegee. Die Islamitiese oproer daar is niks anders as ‘n kultuuroorlog – een wat in die toekoms sal toeneem soos wat die Moslems se getalle sal groei, en een wat die inheemse Europeers nie kan wen in die lang termyn nie. Daarom stel ek nie belang in ‘n sekulere volkstaat nie. ‘n Staat geskoei op Christelike waardes is ononderhandelbaar vir my.
Skuus Hanno ek het jou skryfstuk skoon gemis.
Christenskap onondehandelbaar se jy. Wel dan sal ek die vraag vra, word daar n Afrikaner tuiste gebou, waar elke Afrikaner die reg het om sy eie geloof uit te oefen? Is dit n diktatorskap soos wat in baie Moslem lande bevind word vandag? Of is dit dan nou n kult?
As die doel is om n Afrikener tuisland te bou dan stel ek belang, en neem graag deel op die manier wat dit tot dus ver gedoen is veral deur self werksaamheid en selfbeskikking.
As dit nie is nie, dan kan die Afrikaner se pleit in Suid Afrika nie gebruik word om mense te lok nie want dis dan immers oneerlik. Verkondig dan eerder dat daar n tuiste gebou word vir mense wat aan sekere vereistes voldoen moet word wat niks met n Afrikaner uit te waai het nie.
Niks verkeerd met goeie waardes nie en verseker nie om mense daar te he met goeie waardes nie, maar om geloof te koppel aan dit en te se dis n Afrikaner tuisland, wel dit stem nie ooreen nie.
Maar so het ons almal maar ons opinie.
Hallo Etienne.
Nee, ek bedoel nie dat die staat mense se godsdiens vir hulle voorskryf nie (Wat ‘n futiele oefening is- niemand kan jou forseer om ‘n oortuiging te handhaaf nie), maar wel ‘n staat wat onbeskaamd gegrond is op Christelike waardes. Dit moet ‘n staat wees waarin die Christelike geloof openlik in staatskole beoefen mag word, waar vergaderings met skriflesing en gebed geopen mag word, waar seksuele verhoudinge so ver moontlik volgens Christelike waardes sal geskied – die gesin is immers die primere bousteen van die samelewing.
Soos reeds gese, die Christelike geloof staan sentraal in die Afrikaner se geskiedenis – dis is wat hom gevorm het en hom gemaak het wat hy vandag is, en dit is deel van wat ek ook wil bewaar vir die toekoms. Daarsonder is daar nie eintlik ‘n “Afrikaner identiteit” om van te praat nie- en dan sien ek ook nie die sin daarvan om ‘n nuwe staat te skep nie: Dan kan ek net sowel Australie of Amerika toe trek. Daarom, as ons hier besig is om ‘n staat op sekulere waardes te bou, dan stel ek regtig nie belang nie.
Hanno,
Niks verkeerd daarmee om n staat te bou op Christelike waardes nie. Hou net die groter prentjie in oog en dit is om n Afrikaner volk staat te stig. Nie om in mense se persoonlike lewens te krap en in die “grondwet”te vervat dat mense wat ongetroud is nie mag saam woon nie en so voorts. Want dit is nie volkstaat bou nie dit is n diktatorskap. En so beweging sal nerens kom nie. Punt
Etienne.
Ek glo dat elke kind die reg het om in ‘n stabiele ouerhuis groot te word waar daar ‘n ma en pa is wat hulle verantwoordelikheid teenoor mekaar nakom. Ek glo dat mense wat “saam woon”, en seksueel met mekaar omgaan sonder om eers trou aan mekaar te sweer, doen die volgende generasie ‘n geweldige onreg aan. Ek was in Engeland en het gesien waartoe sulke morele liberalisme lei: Kinders wat slagoffers word van hulle ouers wat gereeld in en uit onstabiele verhoudings val. Die ergste van alles is dat hierdie kinders word groot met die idee dat dit die norm is, omdat daar nie meer voorbeelde is van hoe ‘n huwelik behoort te lyk nie. Ek kan nie vir jou sê hoeveel mense my daar vertel het dat: “Die huwelik is ‘n edel gedagte, maar dit is net nie meer prakties moontlik in die moderne samelewing nie”. Dis ‘n tragiese prentjie, en dis nie die tipe samelewing wat ek in gedagte het as ek aan die volkstaat dink nie.
Maar waar laat dit die plek van die staat? Ongelukkig is daar geen manier wat sulke onverantwoordelike saamwonery wetlik gekeer kan word nie. Selfs al sou mens probeer, sal mense wat nie hierdie waardes deel nie altyd ‘n manier vind om die wet te omseil. Maar wat die staat wel kan doen is om sulke gedrag te ontmoedig, deur geen wetlike erkenning te gee aan sulke verhoudings nie, of geen voordele wat eintlik net bedoel is vir huweliksmaats.
Waar laat dit vir jou en my? Wel, ek skat as ons eendag ‘n volkstaat het, gaan ons twee nie vir dieselfde party stem nie.
Die punt van Christenskap wat ek gemaak is was inverband met Afrikaner wees. Ek het ook nie gese dat ek nie n Christen is nie. Ek het genoem dat ons on die selle skool was blood omdat ek dit interesant gevind het dat ons die selfde agtergrond het.
En as jy n ondskeid wil maak om n Afrikaner te wees en n Oranier te wees dan is daar nie veel hoop vir n Volkstaat nie. Die doel van Orania is dan om n Volstaat te stig vir die Afrikaner of het ek alles verkeerd verstaan?
Laat ek my punt verder uitbei en vereenvoudig.
Ek hou van die Orania beweging en die idee daar ager.
Ek vind dat die mense van Orania vriendelik en behulsaam is met goeie maniere en dit kom voor soos n wonderlike plek waar aan ek glo ek n bydrae kan maak en kan deel neem.
My punt is egter dat die keurings proses beter kan wees om te voorkom dat baie Afrikaners nie sal wil deel neem nie. En dit maak nie saak hoe mens na dit kyk nie, Orania en het ander Afrikaners nodig om saam te werk.
25 jaar gelede was daar nie iets soos ‘n Oraniër of ‘n Orania identiteit nie. Vandag is dit ‘n werklikheid wat nie gering geskat moet word nie.
Natuurlik is ons Afrikaners, ja, maar daar is ‘n paar dinge wat ons onderskei van die res. Selfwerksaamheid, selfbestuur oor ons eie instellings en die skepping van ‘n ruimte waarin ons vry kan wees plaas ons in ‘n hele ander lig as die res wat tot op hede nie met iets volhoubaar vorendag kon kom om hul omstandighede te verbeter nie.
Ek is nie hoogmoedig as ek dit sê nie, maar ons moet ook reguit kan praat oor die feite. Daarmee sê ek ook nie dat ons alles reg doen nie, inteendeel, ons het al baie foute gemaak waaruit ons moes leer sodat ons kon vorder.
Jy is reg, ons het nog baie Afrikaners hier nodig, maar dit moet die soort wees wat nuut kan dink en bereid is om hul drome met hul eie hande te realiseer in ‘n gebied waar Afrikaners hul vryheid herstel.
Ek is seker dat jy een van hulle is, so kry ‘n manier om hier uit te kom sodat jy ten minste fisies teenwoordig kan wees by die vergadering waar jou keuring hanteer word. Dis ‘n eer om ‘n Oraniër te wees. Dis beslis nie iets wat ons wil sien gou oor ‘n telefoon of ‘n e-pos bepaal word nie.
Ah ok,
Nee dankie Quitin ek verstaan nou waar julle vandaan kom inverband met die onderhoude.
Wel ek sal dan maar n plan moet maak en die ding doen.
Groete
In die haak Etienne. Laat weet my wanneer jy kom, dan gaan drink ons ‘n bier!
Dit was nou baie interessant om hierdie wisseling van gedagtes te lees, van die Woolies-verslaafde materialistiese dame tot dié tussen Etienne van der Lingen en Quintin Diederichs. Dit sal waarskynlik vir baie mense heelwat meer duidelikheid gee oor Orania en dit wat daar nagestreef word. Baie dankie daarvoor. En dis altyd verkwikkend om te sien as menings op `n netjiese en beskaafde wyse gewissel kan word! Groete van `n Orania Beweging-lid in die Wes-Kaap.
Stem saam met jou Louis, en dit is een van die dinge wat mens onderskei as ‘n baie spesiale blanke, Christen Afrikaner. ‘n Pionier moet juis hierdie soort karakter openbaar wanneer verskillende soorte uitdagings na hom/haar gegooi word: Trots sonder verwaandheid, teregwysing sonder meerderwaardigheid, deursettingsvermoeë sonder om te boelie… Dankie Etienne en Quintin, sien kans om julle bure te word 😉
Baie interessant!
Ek dink ‘n mens wat hom by Orania wil aansluit het ‘n behoefte om juis DIT wat hy voel en is te gaan uitleef: mens met waardes wat streef na vrede! Christenskap is ek bang voor………….ek is liewer ‘n “kind van die Verlosser” en DAAROM is vrede en liefde van my eienskappe. Soveel van ons loop met die naam Christenskap op ons lippe …….maar die liefde ontbreek? Liefde sluit soveel in.
Sou ek vandag kindertjies moes grootmaak sou dit NET IN EEN PLEK gewees het – Orania!!!
Dankie vir wat julle doen – ons kyk op na julle en miskien eendag….is ons daar!
Wel,
Daar is nie n brei genoeg woordeskat om te beskryf wat ek oor Orania voel nie. Toe ek die Saterdag oggend daar moes ry, was dit asof ek van my huis af weg ry. En die die ironie van die saak is toe ek in Gauteng aankom kry ek n n verkeers kaartjie en n klip deur my voor ruit..
Ek moet ook byvoeg dat na my en my verloofde se besoek aan Orania, het Quintin vir ons e-pos gestuur om te hoor hoe ons dit ondervind het en ek was baie aangenaam verras met dit.
Quintin ek laat weet jou wanneer ek weer in Orania is, en sal graag jou aanbod om n bier te gaan drink aanvaar, ek reken dit kan n baie lang en goeie gesprek wees. Ek is ook besig om van my vriende te laat weet omtrent Orania en daar is baie belangstelling.
Dit is geen probleem vir ‘n Boere Afrikaner om ‘n soortgelyke winkel met produkte soos die Woolieskosse, op die rak te sit nie!! en heerwaarskynlik ook teen ‘n redelike prys.
Dis juis die idee by Klein Parys Boetiek en Deli 🙂
Quintin ek het al julle beskuit en brood geproe glo my Woolies kan nie beskuit maak soos julle nie.. Nou will ek net terug gaan, klaar besluit sien julle in Junie.
A nee a. Toe sluit jy die artikel af reg voor die beste deel. Man, ek sou wat gee om ‘n vlieg teen die muur te kon wees, net om haar reaksie te sien.
Ek was hierdie paasnaweek weer in Orania, en het “my” koppie uit geklim – daai een in Fluitjieskraal-Noord waar ek ook ‘n paar aandele het. Ek weet nie of Orania ooit vir my beskore sal wees nie – ek het gewoon net nie die ondernemersinstink om’n eie besigheid te begin nie, maar wat ek wel kan doen is om in Gauteng te oes en in Orania te bele. 🙂
Geagte Quintin,
Soos Oranialeiers weet het ek ook sekere ‘probleme’ met Orania wat ek reeds direk aan hulle gestel het en waarvan hulle ‘kennis geneem’ het. Jou artikel en die reaksie daarop [asook die verwysing na ‘n ‘keuringsproses’] is vir my ‘n verrassing en nuus. Om sake so openlik te bespreek, sal hopelik net positiewe gevolge hê.
Ons was al 2 keer [jare uit mekaar] in Orania en het by albei geleenthede ook daar oornag en die [of ‘n] besigtigingstoer, in my eie voertuig, meegemaak. Vir lank het ek ook gekorrespondeer met ‘n gesoute Oraniër en diskreet probeer gedagtes wissel oor die lewensvatbaarheid van die gebied as ‘n moontlike ‘tuisland’ vir…
Moeilik om te omskryf vir wie werklik in die verwarrende sieninge oor wat veral ‘n Westerling van Europese [en Engelse] herkoms, met Afrikaans as eerste en as moedertaal, ‘n Afrikaner, ‘n Boere-Afrikaner, ‘n Boer, of wat ookal verder na regs, eintlik is.
Stry sal ons seker altyd stry, hoewel ons nie meer sommer kan inspan en laat waai nie. Veel eerder sal ons moet saamstaan, saam werk en saam [kan] bid en ons self selfs moet kan verdedig om te kan oorleef.
Nou het ‘oorleef’ egter ook verskillende betekenisse. ‘n Belangrike vraag wat bly is bv hoe selfversorgend en ‘veilig’ kan Orania met geen natuurlike grense en selfs nie eers ‘n eie waterbron wees. Om ekonomies te kan oorleef sou Orania ook grootliks op tegniese kundigheid en bv nuwe omgewingsvriendelike energie-opwekking moes kon konsentreer om op dié wyse so ver moontlik ‘onafhanklik’ te word.
Die ‘hawelose’ Switserland word dikwels as voorbeeld van ‘n selfstandige land sonder ‘n seegrens voorgehou, sonder om die ander bates van dié internasionale ‘bankland’ enigsins te noem. ‘n Ander voorbeeld sou seker Lesotho [met genoeg water en grondstowwe?] kon wees.
‘n Mens bly nietemin dankbaar dat die gesprek blykbaar nou in die openbaar begin is. Om te help, indien enigsins moontlik, gee ek toestemming dat my e-adres aan belangstellendes gegee word, sodat ons ook elders die gesprek kan voortsit en gedagtes kan wissel.
Tobie, sluit aan by die Orania Geprek – ‘n epos-poslys en ook by die Orania Beweging se Facebook-blad – op beide is al hierdie onderwerpe al deeglik deurgetrap en kan jy na die argiewe gaan kyk!
Dankie Marna,
Ek is, uit eie keuse. ‘n bietjie facebook-gestremd en kon sover ook nie ‘n e-pos-poslys opspoor nie, maar is nou hopelik op die regte spoor.
Tobie, self is ek ook FB gestrem maar hier is die Orania Gesprek skakel:
http://groups.yahoo.com/group/Oraniagesprek/
Tobie, dankie dat julle weer in Orania kom kuier het. Dit is geen geheim dat mens eers vir ‘n keuringsonderhoud moet gaan voor jy in Orania kom vestig nie. Dit geld vir almal – van die arm student tot die welgestelde koper van eiendom. Ek dink mense maak te veel van keuring. Soos ek vroeer genoem het, as jy met die regte intensies Orania toe wil kom, dan gaan keuring werklik ‘n aangename ervaring wees. Indien iemand oneerlik is en kanse wil kom vat, dan gaan hulle ontmasker word.
Ek wonder maar net hoeveel geharde kriminele gedurende die afgelope 22 jaar toelating tot Orania se gemeenskap geweier is en hoeveel skade ons sou ly as dit nie vir keuring was nie.
Wat die gebied aanbetref, moet mens versigtig wees om nie die kar voor die perde te span nie. Of ons nou ‘n hartland om Orania vestig wat sonder ‘n kuslyn moet klaarkom, of van Orania tot teenaan die Weskus uitbrei en ‘n kantonstelsel met ‘n federale regering in die hele gebied vestig, of ‘n Republiek op die Weskus bou met groeipunte/poorte soos Orania en Kleinfontein wat dit voer – dit maak nie saak nie want wat sal gebeur, sal gebeur. Solank ons ‘n gebied het waar ons oor onsself kan regeer, soos dit enige volk met ‘n bietjie trots en selfrespek betaam, moet ons gelukkig wees.
Quintin,
Ek sou liewer ‘n tweegesprek hier wou vermy, maar die sake wat jy aanraak – en die gesindheid daaragter wat ek hopelik korrek vermoed – laat my hier net dankie sê.
Sterkte.
Quintin, ek dink mens verstaan die kwessie van “keuring” beter as mens dit in die konteks van “burgerskap van die volkstaat” sien. Die beleid in die verband wat deur die Direksie van VAB goedgekeur is op 19 Julie 2012, se o.a. die volgende: “Orania het tot stand gekom met die doel om as vestigingspunt te dien vir Afrikaners wat strewe na selfbeskikking. Die strewe is om vryheid vir die Afrikaner as volk te bewerkstellig en nie net vir ‘n sekere segment van Afrikaners nie… Vir die sukses van Orania is dit … belangrik dat sy inwoners ‘n gedeelde visie moet he oor waarheen die dorp op pad is. Indien mense in Orania vestig en nie die dorp se visie deel nie, loop die dorp die risiko om sy oorsprongsdoelwit te versaak… Afrikaners binne en buite Orania is ‘n diverse groep mense… Orania sal dit moet regkry om die verskeidenheid binne homself te koester terwyl die gemeenskap saamgesnoer word in ‘n gedeelde visie.”
Die keuringsonderhoude en -proses word dus hanteer as deel van die inburgeringsproses van burgers van die volkstaat. Die sg. “orientering” wat gelyk loop hiermee, help daarmee om mense wat hier vestig te laat tuis voel en die waardes van die gemeenskap te leer ken. Daarmee saam moet ons ook diegene leer ken wat hier wil kom woon. Om deel van die volkstaat te wees is dus nie ‘n outomatiese gebeure of bloot ‘n finansiele besluit nie, maar is ‘n wilsbesluit wat mense deel van ‘n gemeenskap moet laat word.
Dankie Schalk – dit is wonderlik om sulke woorde te lees!
“Vir die sukses van Orania is dit belangrik dat sy inwoners ‘n gedeelde visie moet he oor waarheen die dorp op pad is. Indien mense in Orania vestig en nie die dorp se visie deel nie, loop die dorp die risiko om sy oorsprongsdoelwit te versaak.”
Gesoek: Afrikaner idealiste met woema in hulle, visie en uithouvermoe.
Daar is net een plek waar ek wil bly en dis in Orania, maar ongelukkig was ek nog nie gelukkig genoeg om n werk daar te kry wat my en my kinders kan aan die lewe hou en blyplek daar bekostig. Dit hou ook ander voornemende inwoners daar weg, wat dit net nie kan bekostig om daar te bly nie. En ek praat nie van luuks lewe nie, net van blyplek, skoolgeld en kos betaal.
Naand Leonie,
Mens MOET nuut dink, as mens Orania toe wil kom dan is dit ‘n moet om nuut en “uit die boks” te dink…. Ons Afrikaners het meesal groot geword met die idee dat mens “hard moet leer” om ‘n “goeie werk” te kry… maar mens se denkskuif moet wees: hoe kan ek geld maak sonder om vir ‘n baas te “werk”….. En ek moet erken dis nie altyd maklik nie…. Maar deel van mens se bevryding as mens nie meer vir ‘n baas hoef te werk nie!!!
Groete van jou buurvrou 😉
Leonie, die goeie nuus is dat Orania Dorpsraad en die Helpsaamfonds tans besig is met ontwikkelings wat moderne, maar bekostigbare behuising beskikbaarstel aan gesinne. Die idee is spesifiek om gesinne van 4, of enkelouers wat vir ‘n paar kinders sorg te help om in Orania te vestig in ordentlike behuising wat teen gesubsidieerde tariewe beskikbaargestel word.
Hier is baie werk, so moenie bekommerd wees oor hoe jy kos op die tafel gaan sit nie. Moet ook nie nou net sit en wag vir die mooi woonstelle om vir jou gebou te word nie. Maak solank ‘n plan om die Helpsaamfonds in jou kringe te bemark sodat fondse vinniger genereer kan word wat gaan verseker dat jy en jou kinders kan hervestig.
Skakel 053 207 0062 (Orania Beweging) om te hoor waar jy solank kan inspring om in jou vrye tyd te help met die Helpsaamfonds se nuwe projek (16 gesin-woonstelle).
Hi Leonie. Ek is ook een wat nie kans sien om my eie potjie te krap in Orania nie, tog glo ek dat Orania ons enigste toekoms is. As jy dan in Orania glo, maar nie daar kan woon nie, kan jy altyd nog aansluit by die Groeifonds. Die groeifonds help met die vestiging van nuwe besighede, en help so om nuwelinge gevestig te kry. Hoe vinniger die bevolking van Orania groei, hoe vinniger groei die ekonomie, en hoe gouer sal dit vir jou moontlik wees om daar werk te kry.
Groete
Baie goeie artikel, Quintin!!
Ek dink die Woolies-vrou is in ‘n ander klas as die vrouens wat jy en Ebert beskryf het van ons wat in Orania bly….;-))
Ek dink jou vrou se produkte is stukke beter as Woolies s’n wat ek ‘n paar jaar laas gesien het!! ;-))
Daar sal altyd mense wees wat aanklank by Orania vind en dié wat Orania net kritiseer…
Woolies Woolies, but look at this my friends.
http://vimeo.com/30423976
Dit is die mense wat orania met alle geweld wil uit hou .jy is net welkom as jy geld het
Leon. “Jy is net welkom as jy geld het” Verduidelik asb hierdie opmerking van jou aangesien dit nie lekker sin maak nie.
Lekker lees ek nou. Van die gesprekke laat my dink aan my partytjie lyntjie:
Sit 5 Afrikaners om ‘n tafel. Jy sal sommer gou gou 6 kerke en 7 politiek partye kry soos hulle onder mekaar stry.
(die is aangepas vir die forum)
MAAR(!!!) laat die 5 nou vir een oomblik saamstem, dan trek almal more Orania toe trek.
En ja, die dame wat die oorsaak is van al die gesprekke sal 10 teen 1 sommer ‘n ‘Orania-Wollie’ kom oopmaak wat boerekos en lekkernye voorsien wat beter is as wat Woolies dit ooit kan doen.
Beste Orania inwoners, omwoners, uitwonders, belangstellendes en vriende. Ek reken dat ons moet besef dat daar afrikaners ooral oor die wereld sal wees en dat die meeste dalk nie in Orania sal bly nie. Maar dit verhinder ons nie om orania te help opbou en te laat groei nie, selfs al woon ons nog nie daar nie. Dalk help jou bydrae van buite net om dit vir die volgende geslag moontlik te maak. Party sal dalk meer kan bydrae deur iewers anders te bly en deur investering/ besoeke/ ondersteuning/ ledewerwing/ gebruik van orania produkte kan bydra as om nou soontoe te trek.
Ek ondersteun die Orania idee, maar bly baie lekker hier in die Kaap. Ek is verslaaf aan die see en sal dit te veel mis in Orania. Ek bly so 30 minute van die see af en ry gereeld see toe om die son te sien sak. Alhoewel ek ook erg oor my taal is, besef ek dat Die Almagtige God eerste kom. Hy is egter al wat saak maak, maak nie saak wat jou taal of velkleur is nie. Hy is God van alle nasies. Nie net vir die Afrikaner nie. Deur Hom is ons almal broers en susters… Oraniërs moet waak teen geestelikie hoogmoed en om alles buite Oranië af te maak as minderwaardig. Deur die beskerming van Die Heilige Gees bly ek en my vrou hier in dieselfde geluk,vrede en veiligheid as daar in Oranië…
Jacques, hierdie artikel gaan juis oor sommige mense van buite wat Orania afkraak (nie anders om nie). Dit is normaal dat mens trots is op wat jy self bou, so jy kan nie Oraniërs se trots vergelyk met hoogmoed nie. Ons gee erkenning aan God, die Beskikker van volke se lotgevalle, vir alles wat ons in Orania bereik.
Ek wil ook ‘n huisie by die see hê, maar dit sal by ‘n volkstaatgroeipunt moet wees, anders kan ek netsowel in Perth gaan afsaal. Perth, Umhlanga, San Francisco, Knysna, Ballito, Dover, Kaapstad… wat is die verskil? Elk word deur ander nasies regeer waarby Afrikaners moet inpas en weldra gaan transformeer in iets anders terwyl hulle integreer met die meerderheid. Vir my gaan dit oor veel meer as om my eie individuele vryheid bo ons volk se vryheid te plaas en gelukkig te wees in my spog sekuriteitskompleks langs die see.
Individuele vryheid is buitendien veel meer volhoubaar binne die konteks van volksvryheid – so waarom gelukkig wees met individuele vryheid binne konteks van onderhorigheid aan ander nasies wat dit in ‘n oogwink van ons kan wegneem en boonop nie ons Skepper ag as God Almagtig nie, maar wel gelykstel aan allerhande afgode in die naam van geloofsvryheid? Dit maak nie vir my as ‘n Christen en Afrikaner sin om so te redeneer nie.
Dankie tog dat sommige Orania pioniers reeds grond op die Weskus, reg langs die see, bekom het waar daar in die toekoms ‘n Afrikaner kusdorp gaan opskiet.
More,
Ek glo nie die vrou weet wat lekker lewe is nie, sy is gewoond aan die geweld, rook, swak diens, vuil water en wat nog. In elke geval is “Woolies” se kos nie te waffers nie. Wat is nou lekkerder as tuis gebak en vars groente en vrugte en mense wat omgee.
Nee wat, sy weet nie waarvan sy praat nie. Ek tree oor vyf jaar af hier in Pretoria en my aftree dorp is Orania.
Hoor hoor!!
Woolies is verby, dit kan tog nie al wees waaroor ons op hierdie mooi dag kan gesels nie. Vertel ons eerder hoe lyk die weer, die reen, wat is nuut op Orania aan die gang en aan die bou… Waar kan ek enige inligting kry oor die ‘keuring’ indien ek belangstel sou stel om Orania toe te kom? So terloops, Namibia is net so pragtige plek, met baie minder probleme as in Suid Afrika. Geniet hierdie God gegewe dag.
As ek die volgende in Engels mag aanhaal:”Where there is great love there are always miracles. The miracle is not to fly in the air, or to walk on the water, but to walk on the earth. Make the most of yourself, for that is all there is of you. Be not afraid of growing slow, be afraid only of standing still.” Namibia groete
Hoe meer ek oor hierdie onderwep dink hoe meer oortuig raak ek dat dit nie oor Woolies food of arm mense of enigiets anders gaan nie behalwe mense se inhirente vrees/onwilligheid vir verandering. Dis die maklike uitweg om die status quo te behou, ongeag die rede. Ons almal weet Orania is n uitsonderlike plek, maar juis baie mense hou nie daarvan om uitgesonder te word nie, want om in Orania te bly moet beteken jy steek jou hand op en se vir die wereld: ek gaan anders wees!
Goeie punt Dante. Nie alle visse kan/wil stroomop swem nie!
Ek moet bely, ek is ook nie een vir verandering nie, en die idee om ‘n eie besigheid te begin, met mense wat vir my werk is ook nogal intimiderend. Maar dit beteken nie dat ek verskonings moet uitdink om myself te regverdig – verskonings om myself en ander te oortuig dat daar een of ander fout is met Orania nie. Inteendeel, Orania is *die enigste* uitweg as ons ernstig is oor ons toekoms. Daarom is ek trots deel van die Orania beweging, en bele ek ruim en met vrymoedigheid daar. Ek mag dalk self nie die moed he om die groot stap te neem nie, maar met my geld wat ek daar bele, help ek om dit makliker te maak vir diegene wat wel die waagmoed het om dit te doen. Hoe meer mense daar in Orania woon, hoe groter die ekonomie en hoe makliker raak dit vir nuwelinge om by Orania aan te pas. So, vir die Woolies dame sou ek net sê: goed, jy hoef seker nie onmiddelik hier te kom woon nie, maar waarom teken jy nie ‘n debietopdrag ten gunste van die groeifonds nie?
Quintin,dit was n baie goeie “Woolies” gesprek,doen so voort,”eet die perske,en spoeg die pit uit” “Arende vang nie vliee nie “, die geskiedenis is besig om ons reg te bewys,sterkte
Hello almal,dit kan net goed gaan met julle daar,want julle is in Orania.So +- 3jaar terug het my seun daar in Orania gebly en gewerk.Sy kennis wat hy
daar opgedoen het sou geen onderrig instansie hom kon bied nie.Ek weet hy wil nie terug gaan nie,want Ma is te ver,hy dink ek weet dit nie maar alle Ma’s weet.
Ek tree oor 7 jaar af en dan wil ek graag my in Orania kom vestig daarom
wil ek graag weet hoe ek te werk kan gaan om ‘n grondjie te bekom.Wat my liewe dierbare seun nie weet nie,hy gaan die huis bou.Hy weet moes hoe.Orania het hom mooi geleer en om terug te ploeg?,dit sal heerlik wees.
My man en ek was al ‘n paar keer in Orania,en ek kan nie aan ‘n beter tuiste dink om te gaan aftree nie.My “aftree” is nie op die stoep sit en tee drink nie,meeste mense sien jou mos daar wanneer jy begin praat van aftree.Ek is ‘n diere liefhebber,ek kan my nie indink in ‘n dorp met hoe mure en geslote deure en vensters nie.Ek het altyd vir my man gese dat ek nie sal aanhou werk totdat ek omval nie.Ek wil werk in die grond,daar is niks meer selfbevredigend as jou eie produkte uit die grond te sien opstoot nie.Niks val in jou skoot nie,as jy bereid is om te werk sal jy die vrugte pluk.Te veel Afrikaners kla met ‘n witbrood onder die arm.Mag GOD julle toevou in sy genade en al sy liefde.
PRETORIA GROETE
Ek het vergeet om te reageer op die “Woolies Dame”.Al wat ek weet, is dat dit tragies is om te dink dat sy eintlik Afrikaans praat.Iemand het iets oor ‘n bediende genoem, en dit is ook waar dat daar baie Afrikaners is wat
kla oor die ekonomie,en die weer en die politiek en daar is nie geld vir dit en vir dat,maar gaan kyk wie is bedags in die huis terwyl Madame by die werk is.Vannaand as ons tuis kom is die kos klaar ,die huis is skoon “of so dink ons”.Die Afrikaner spesifiek het deur die eeue heen verskriklik lui geword om te werk,Ek stel glad nie belang in ‘n huishulp of ‘n tuinhulp nie,my kinders het groot geword sonder hulle en vandag doen hulle ook hul eie huiswerk.Dit moet vir ‘n vrou ‘n vreugde wees om self haar huis skoon te maak,in haar tuin te werk en voedesl voorteberei vir haar gesin.
Ek volg die doenighede in Orania nou al vir baie jare. As deesdae se foutvinders oor niks beter as die afwesigheid van ‘n Woolies met ‘n kosafdeling kan kla nie, dan het Orania reeds ‘n lang pad gekom! Daar was tye toe hul besware realisties was, of eerder dat dit so geklink het, maar dis nie waaroor dit gaan nie!
Mense in ‘n gemaksone dink nie maklik aan, of leef hulself nie maklik in verandering in nie! Word hulle eensklaps met verandering gekonfronteer dan kom hulle met enige simpel verskoning tevoorskyn. Ek dink dié vrou wou maar net op haar voete dink en dié flou verskoning was toe die beste waarmee sy vorendag kon kom.
Nog iets in die gesprek wat opval is die ‘vereiste’ van Christen wees. Net die verwysing daarna skep by baie die persepsie dat daar na ‘n eng godsdienstige benadering deur ‘n eng en streng groep verwys word. As ek na die verskillende kerkgroepe in Orania kyk, dan vertel dit ‘n ander storie, een van verdraagsaamheid.
Keuring?: Dis ‘n gemeenskap met ‘n eie aard se volle reg om daai aard te beskerm en uit te bou en daarvoor is ‘n siftingsproses nodig!
Sommer 10 “duimpies op” oom Ben!!
Die dag wat oom Orania toe trek is hierdie dorp ‘n ware Afrikaner idealis ryker. In my boekies is so ‘n persoon 10 Johann Ruperts werd!
Ek wens die klomp swaksinniges, twee gesig slapgatte wil die volgende besef:
Amerika het ‘n hele reeks toetse ens wat afgelê moet word, om burgerskap te kan kry… Net so het New Zeeland en Australia ook ‘n hele reeks toetse en vereistes wat afgelê moetword, tot taaltoetse ook… die sogenaamde IELTS (of so iets) wat afgelê moe word…
As hierdie denkwyse gevolg was, met elke Italianer, Potugees, Grieks en enige vorm van ‘n uitlander wat hulle in Suid Afrika gevestig het, dan was dinge heel anders in Suid Afrika, as wat dit vandag is… en nog STEEDS kan en wil mense NIE LEER NIE. Ek is nie ‘n rasis nie – ek glo in lig, lug en sonskyn vir ALMAL! Maar ek is RASEG, en sleep beslis NIE die “eksodiese” disse in die donker, of op enige ANDER tyd iewers heen vir ‘n bietjie PRET NiE!! hou dop, wat in die PRAGTIGE liberale plekke soos Parys, LONDON, Amsterdam en oralster ter wereld aan die gang is…. ook so in die VSA… hulle is nou stadig, maar seker besig om te betaal vir hulle slapgatheid, om hulle EIE waardes, en hulle EIE kultuur, TAAL, en alle ANDER vorme van “hulle eie alles” te beskerm…
Ek oorweeg al baie lank, dat sou ek die vermoë gehad het, om in Orania betrokke te raak, selfs, bly en besigheid te doen.. Ek probeer al vir baie lank, waar ek die kans kry, om met mense daar kontak te hou, en te maak. Hoor genoeg negatiewe dinge daar… maar ook die realiteit, om weer met ‘n oopdeur te gaan slaap, en nie bekommerd te wees oor jou mense, (vrou en kinder ingesluit) se veiligheid…. en waar WITMENS EUROPESE standaarde die norm is – nie die UITSONDERING nie, en waar DINGE WERK. Iemand het eendag gesê: Ek is eerder ‘n lewendige RASIS, as ‘n dooie LIBERALIS. So as my sienwyse, my, in jou oë ‘n rasis maak – “go for it”. Jou opinie tel in elkgeval nie.
Ek het nie die bediende in my huis nodig nie (en het in elkgeval nie een nie), ook nie in die tuin nie, ook nie om brandstof in my motor te gooi nie, en ook nie om my klere te was en stryk nie… (maak dit die lewe makliker? JA! HEt ONS dit NODIG?? NEE. Ek probeer sover as wat ek kan, ALLES self te doen. Was en stryk ook. En weet jy wat?? Daar is SOVEEL meganiese en vindingryke oplossing vir dinge: van straatvee, tot bome uithaal… Witmense, kon nog altyd, en sal altyd suksesvol, vir hulle SELF kan sorg.
Orania – hou aan. Die elke daagse, gebeure in hierdie ZIMPANZEEville, bewys maar eenvoudig net dat julle reg is – en so ook die res van Afrika. My beurt kom. Afrika is in my bloed, waar ek gebore is, en julle lyk na die laaste, veilige manier om hier te kan bly… (inruil vir ‘n bietjie opoffering en werk). Ek aanbid in elk geval eerder my eie God, as om nog ‘n skaapslagtery met ‘n toordokter en al te moet verduur – net om “nie rasisties” te wees – multukulturele verdraagsaamheid se gat.
Is ons rasiste?? kom ons kyk, wat het die Amerikaners met die Indiane gedoen… wat het die Ozzies met die Abos’ gedoen, wat het die Duitsers met die Jode gedoen, die Engelse met die boer vrouens en kinders (en ook die res van die wereld)…… dan kom sê julle weer ons is “rassiste”… En o ja – wat die “swart” kultuur, huidiglik met die witmense doen, veral die witboere, kinders en oumense op ‘n daaglikse basis..
Ben,
Inderdaat korrek, verdraagsaamheid teenoor mekaar is die sleutel tot sukses.
Gelukkig is daar ook arm mense wat in Orania woon. As daar net ryk en stink ryk mense daar gewoon het, so die ANC LANKAL die plek geannekseer het. En ook Ek meneer en jy meneer, wie sal die wa dan smeer.
Nee ons het ‘n gesonde verspryding van ryk en arm nodig. Ons sal altyd die armes by ons he, het ‘n ander held van my gese.
Maar dit beteken nie dat daar neergesien moet word op die mense wat hande arbeid verrig nie. In Orania is dit seker die eenigste plek in SA waar ‘n blanke se hande arbeid waardeer word. In die res van SA is daai werk benede die wit handjies, al kan hulle geen ander werk kry vir die handjies nie.
Ek woon reeds meer as 10 jaar in Europa, maar my hard is steeds in SA en ek hunker na my aftrede in ‘n paar jaar, om my dan in Orania te kom vestig en ‘n grote bydrae te maak met tyd en Europese kapitaal.
Ek glo die enigste rede waarom Orania toegelaat word deur die ANC is omdat dit in werklikheid vir hulle geen bedreiging inhou en die gebied geen minerale rykdom besit nie.Sonder toegang na n eie hawe of direkte verbintenis met die buitewereld is Orania myns insiens steeds afhanklik van die groter Suid Afrika vir bv.padvervoer.Dis n goeie beginsel om n gemeenskap op christelike beginsels te bou maar daar is in die wereld soveel sienninge oor christenskap so wie se reels gaan gevolg word.Ek persoonlik het bv. n afsku daarin dat vergaderings ge-open word met skriflesing en gebed en afgesluit word met alkohol misbruik soos wat die gewoonte is onder Afrikaners is deesdae.Daarby het ek genoeg gehad daarvan om misbruik te word in die naam van afrikaner wees soos daar gedoen is tydens apartheid met die diensplig stelsel. Afrikaners soos Sunette Bridges wat onder voorwendsel van omgee vir afrikanerwees rassehaat aanblaas in die media maak my regtig allergies vir die afrikanerwees idiaal.So nee wat Quintin,open jy maar jou onderhoud met skriflesing en gebed en sluit dit maar af met m bier in julle “onafhanklike” christenstaat,dit is regtig nie vir my nie.
Ek stem saam, maar waarom nie die alkohol los eerder as die skriflesing en gebed nie? Nee ernstig, ek is ook glad nie lief vir “geselighede” waarin die drank vrylik vloei, en mense die hele tyd “besorg” is omdat daar niks in jou hand is nie. Baie gou raak die geselskap verspot en luidrugtig, en dis net daar wat ek stil stil myself verskoon: Dis nie my idee van pret nie. My vriend is in Rusland getroud, en daar was nie ‘n druppel alkohol betrokke nie. Die partytjie het tot vroeg oggend aangehou. Na die tyd het die personeel komentaar gelewer dat hulle nog nooit so ‘n mooi huweliksonthaal gesien het nie – hulle was baie beindruk. Ek het ook ‘n familielid wat oorlede is aan alkoholisme, en ek weet hoe lelik dit is. Daar is niks oulik daaraan om dronk te word nie.
Ook dink ek Oraniers is seker van die minste rassistiese plekke in Suid-Afrika. Mense is rassisties omdat hulle die ander groep as ‘n bedreiging vir hulle lewenswyse sien. Omdat Oraniers nie van volksvreemdes afhanklik is vir hulle arbeid nie, is daar ook geen bedreiging vir die Afrikaner karakter van die dorp nie.
Dirk, mens moet ook tog daarteen waak om nie so eng te wees dat almal dink dat mens ‘n ou uitgedroogte pruim is nie… Niks fout met Christene wat goeie wyn kan waardeer nie!!!
“Daarby het ek genoeg gehad daarvan om misbruik te word in die naam van
afrikaner wees soos daar gedoen is tydens apartheid”
Ek stem saam en dink dit is ‘n belangrik vir Orania om ook te help om ons mense weer die vertroue in hul Afrikaner leiers te gee wat die gewese NP so misbruik en vertrap het.
Dit is opbeurend om die skrywes van Quintin te volg – ek kry die gevoel dat die tyd ryp is vir is vir die vestiging van die eerste lugdiens tussen Gauteng, Orania en Saldanha. Met 11 000 ondersteunners vir ‘n eie gebied moet daar ‘n plan bedink kan word.
‘n Vliegtuig wat 6 of 12 passasiers kan laai, gaan nie werk nie, die vliegtuig moet ten minste 35 mense kan akkommodeer. Daar is ten minste twee of drie private aanloopbane aan die Oostekant van Pretoria waaraan ek kan dink vir moontlike gebruik. Orania se aanloopbaan sal opgegradeer moet word en dit is ‘n goeie vraag of die aanloopbaan op Saldanha byvoorbeeld ‘n SAAB 340 sal kan hanteer, die jongeres moet verslag doen na so bietjie huiswerk.
Ek wonder of daar 100 ondersteuners sal wees wat elkeen ‘n miljoen rand sal belê in ‘n onderneming waarop nie nou rente verwag sal word nie. Gestel die vliegtuig kos R80 miljoen rand en balans word gebruik vir die nodige opgraderings van aanloopbane – tesame hiermee by elke lughawe ook ‘n busdiens.
Dit is ‘n omslagtigheid om in Kaapstad te gaan land, ‘n kar te huur en die tyd verlore tot op Saldanha. Ek is byvoorbeeld bereid om R1000 meer te betaal vir ‘n vlugkaartjie indien die vliegtuig direk op Saldanha kan land. Dit sal dan interessant wees wat kundiges se bevindings sal wees aangaande die meriete van so ‘n vooruitsig. Indien daar dan nie ‘n paaiement op die vliegtuig is nie, sal die inkomste voldoende wees om die vliegtuig in stand te hou asook om die daaglikse bedryfskoste te dek.
Ek sou graag wou weet hoekom Saldanha? Is daar baie mense in Saldana? Is daar genoem mense wat ten minste R4000 sal neersit vir so ´n vlug? Ek voel die idee dat Orania ´n goeie landeplek het is goed…maar mens sal mooi somme moet maak.
Ek is een van daardie mense wat tans in Pretoria woon, terwyl my hart na Orania hunker. Ongelukkig is ons besighede in Orania nog nie sterk genoeg om die inkomste vanuit die kospotte van Pretoria te vervang nie. As die lugdiens konsep tot ‘n realistiese en gereelde diens tussen Orania en Pretoria (en waar ookal) sou kon ontwikkel, sal dit vir ‘n klomp van ons verseker help ons gesinne solank na Orania te trek terwyl ons nog aan die laaste lepels uit die Pretoria kospotte kan hap. Johan, ontwikkel gerus (asb) daardie gedagte verder.
Dirk,waarom so bitter? Amper aanvallend teenoor Orania, ‘n onaangename ervaring gehad?
Orania is pragtige plek,baie aangename mense en tog verskil elke
mens se persoonlikheid en almal daar werksaam kry op sy/haar manier
genoegdoening uit wat hulle daar insit en uitkry.Ek persoonlik dink
mense moet eers regtig vertaan waaroor Orania gaan en dit nie
veralgemeen met Christenskap nie.Dit is so of Orania ‘n voorwaarde
het “indien jy nie kan bewys jy is ‘n christen nie dan is jy nie welkom nie” Indien Orania mense nie aanstaan nie bly weg van die
webwerf en hou julle opinies vir julself.
Middag Quintin
Vertel ons asb meer oor die Weskus grond wat gekoop is. Wat is die toekomsplanne en waar presies is dit.
Namibiese groete
Ons as Boervolk is saamgestel met verskeie soorte mense en karakters, sommige wie ek om onverdraagsaamheids redes eerder nie in hierdie stukkie wil noem nie.
Een ding het ek wel in hierdie lewe gesien en geleer en dit is dat jy ooral die mense sal vind wie dink dat hulle beter as die deursnit mens is, beter weet as ander en baie te kibbel het.
Aan die mensies in Orania wil ek net sê – Hou moed en moenie tou opgooi nie, julle het al baie bereik en daar is ‘n toekoms vir sulke ondernemings-geesdrif.
Waak dus teen verkeerde besluite, ondeurdagte bedoelings en invloede – wees altyd deursigtig en opreg in julle bestuur en etiek en wees nederig trots op julle kanton.
Kroonstad het NIE ‘n Woolies Food nie. Ek woon al 17 jaar in Kroonstad. Op ‘n stadium het ons (klein) Woolworths ‘n paar kosprodukte aangehou, maar baie min daarvan was bederfbaar, aldus vars. Die kosgedeelte het seker al 3 jaar gelede ophou bestaan.