Leiers van die G20-lande het die afgelope naweek in Brisbane Australië byeengekom. Sedert die vorige byeenkoms van die G20-leiers verlede jaar in St Petersburg in Rusland het heelwat dinge gebeur wat verhoudinge tussen die leiers van die wêreld se sterkste ekonomieë beïnvloed het.
Die belangrikste gebeure is die krisis in Oekraïne, die voortspelende geweld in Sirië en Irak, die Europese verkiesing en meer onlangs President Obama se pakslae by die stembus in die VSA. Hierdie gebeure staan egter binne die konteks van ‘n wêreld met groter geo-politieke veranderinge.
Hoewel Westerse leiers dit nie wil besef nie, is die afgelope jaar se internasionale gebeure deur veral twee kategorieë van probleme gekenmerk. Die eerste is die feit dat kiesers in byna elke Westerse land kwaad is en ‘n groot verwydering tussen hulself en die politieke elite beleef. Euroskeptiese partye het groot opgang in die Europese verkiesing gemaak en daardeur ‘n duidelik boodskap aan leiers in Europa gestuur. Die onlangse verkiesing in Amerika was ook ‘n boodskap van Amerikaanse kiesers dat hul omgekrap is met die huidige politieke stelsel. Westerse burgers is onrustig weens die ekonomiese agteruitgang in hul lande, onbeheerde immigrasie en ‘n algemene rigtingloosheid van Westerse leiers.
Die tweede kenmerk van die afgelope twaaf maande se politieke gebeure staan binne die drang na groter selfbeskikking in verskillende wêrelddele. Die krisis in Irak en Sirië het meer te make met territoriale state wat nie sin maak nie as wat dit met Moslemekstremisme te make het. Irak moet opgebreek word om nuwe nasiestate te skep. Dieselfde geld vir Sirië en selfs Oekraïne. Die meeste van hierdie lande is maaksels van Westerse imperialisme. Die referendum om onafhanklikheid in Skotland het binne dieselfde konteks plaasgevind. Westerse leiers vrees ‘n opbreek van multi-kulturele territoriale state regoor die wêreld, aangesien dit hul magsposisie kan bedreig. Daarom veg hulle op die vuilste maniere denkbaar om die status-quo te handhaaf.
Uit die afgelope naweek se gebeure in Brisbane is dit duidelik dat die Weste sy leierskapsrol in die wêreld verloor en voortdurend na strooihalms gryp om sy posisie van mag te probeer behou. Die voortdurende aanvalle op Vladimir Putin is een manier waarop Westerse leiers die morele hoëgrond probeer handhaaf. Die feit dat Westerse leiers dus die naweek soos ‘n trop wildehonde op Putin toegesak het, kom as geen verrassing nie. Hul doel was duidelik: Maak Putin die skuldige-party in die krisis in Oekraïne en beveg so die argument dat selfbeskikking vir die verskillende volkere in Oekraïne eintlik die oplossing is.
Op ekonomiese terrein moet Westerse leiers reeds voor leiers uit Oosterse lande kruip. Australië se ekonomie is deesdae grootliks afhanklik van die uitvoer van natuurlike hulpbronne aan China. Die VSA skuld die Chinese soveel geld dat Obama nie anders kan as om mooi broodjies by die Chinese te bak nie.
Die oplossing vir talle wêreldkrisisse lê nie in die behoud van die status quo nie, maar eerder in die afbreek van uitgediende territoriale state en die reg van nasies om hulself, selfstandig te regeer.
Vir my blyk dit dat die Westerse Leiers nie noodwendig na oplossings soek nie, maar ‘n geheime agenda volg. Die VSA is die voorbok met uiters deurdagte en beplande destabilisering van sleutelpunte op die aarde. Op hul agenda is dit duidelik dat hulpbronne ‘geneem’ word byvoorbeeld GOUD, OLIE, WATER en dan kry die VSA dit reg om hul weermagbegroting te laat klop met oorloe en wisseling van ammunisie en natuurlik die toets van nuwe wapenstelsels. Voorts kry die VSA dit reg om groot bevolkingsgroepe uit te dun of uit te wis. Wereld krisisse is ‘geskep’ met ‘n spesifieke verwagte einddoel – moontlik globale oorheersing en beheer van hulpbronne en markte.
Ek dink Putin is vandag die beste wereldleier wat daar in ‘n lang tyd was – daar’s genoeg bewyse daarvoor. Ek sou dink/verwag dat die Afrikaner leierskorps berekende kontak met die Russe maak en uitbou.
As mens in gedagte hou dat die VSA grootliks bygedra het tot die gemors waarin die Afrikaner en die RSA vandag is, sou dit na my mening tyd mors wees om betrekkinge met die VSA en meeste Europese lande na te streef. Westerse leiers is ‘kop in een mus’ en kan nie meer vertrou word met enige iets nie.
Groete
Geachte Jaco Kleynhans,
Ik heb bovenstaand door u geschreven en door mij zeer gewaardeerde stukje op onderstaande Nederlandse website herblogd, omdat ik voor de volle honderd procent achter uw mening sta en ik dit stukje(geskryf) zeer verhelderend vind
Dankie!
excuses, was de link vergeten
http://ejbron.wordpress.com/2014/11/20/tegen-de-vs-china-en-rusland-komen-militaire-alliantie-overeen/#comment-254911
Hiermee stem ek heeltemal saam met Tertius “Ek sou dink/verwag dat die Afrikaner leierskorps berekende kontak met die Russe maak en uitbou”
hieronder de link naar een script wat dit punt beschrijft
http://www.scribd.com/doc/100311403/Terug-Naar-de-Bron-Over-de-gevaren-van-integratie