Die Weste beleef vandag sy grootste krisis sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. In Europa vrees burgers vir die volgende terroriste-aantal terwyl die VSA deur toenemende rassespanning geteister word. Die nuwe Britse Eerste Minister Theresa May voer aan dat die bedreiging van ’n moontlike kernaanval teen die Weste hoog is.
President Francois Hollande van Frankryk se reaksie Vrydagoggend na die soveelste terroriste-aanval in sy land is dat Frankryk nou harder teen groepe soos die Islamitiese Staat sal veg en dat dié land sy aanvalle in Sirië en Irak sal opskerp. Frankryk en talle ander Westerse lande het hul hande vol in die Midde-Ooste en Noord-Afrika waar die gevolge van hul militêre inmenging steeds chaos veroorsaak.
Die grootste krisis wat die Weste vandag in die gesig staar is nie dié van persoonlike veiligheid nie. Die meeste strate in Europa en Amerika is baie veiliger as strate in Afrika, die Midde-Ooste en die res van die Derde Wêreld. Die totale aantal Westerlinge wat die afgelope paar jaar in terroriste-aanvalle gesterf het, lyk soos ’n niksseggende klein getal wanneer dit met die sterftes weens burgeroorloë en terrorisme in Derde Wêreldlande vergelyk word.
Die krisis wat die Weste vandag in die gesig staar is ’n groter bestaanskrisis. Die voortbestaan van die Westerse beskawing, volkere en nasies word bedreig omdat Westerse lande hul grense oopgegooi, globalisme omhels en naïef gedink het dat die res van die wêreld se mense graag soos hulle sou wou word.
Die Frans-Kanadese skrywer Mathieu Bock-Côté skryf in die Franse dagblad Le Figaro dat die Westerse elite, gedryf deur ’n selfmoordende hardkoppigheid weier om die werklike vyand in hul midde by die naam te noem. Bock-Côté skryf dat toe hierdie sogenaamde elite met terroriste-aanvalle in Brussel en Parys gekonfronteer word hulle aanhou verkies het om op die filosofiese stryd tussen demokrasie en terrorisme, tussen ’n oop samelewing en fanatisme en tussen beskawing en barbaarsheid te fokus.
Die werklike vyand waarna Bock-Côté verwys is die groeiende deel van Westerse lande se Moslembevolking wat nie bereid is om te assimileer nie en wat selfs in die tweede en derde generasie verkies om die land van hul afkoms, as hul tuisland te bestempel. Hierdie mense woon in Westerse lande omdat hierdie lande hulle grense vir immigrante oopgegooi het. Hulle woon in Westerse lande weens die welsynstaat wat gratis behuising, onderwys, mediese dienste en toelaes uitdeel. Hulle woon nie in Westerse lande omdat hulle Westerlinge wil wees nie.
Die oorsprong van die probleem lê in Westerse lande se verlies aan identiteit en die oikofobie wat tot ’n bykanse drang na multikulturalisme aanleiding gegee het. Voeg dáárby Westerse lande se interventionistiese praktyke in veral Noord-Afrika en die Midde-Ooste en jy sit met miljoene mense in Westerse lande wat nie van Westerse lande is nie en wat sien hoe Westerse lande die plekke waarmee hul steeds assosieer probeer demokratiseer. Radikalisering en interne konflik is dan logiese gevolge. Terwyl identiteitsverlies vêrder oor die Weste spoel en die politieke elite demokrasie met geweld na die Derde Wêreld wil neem, sal die situasie bly versleg en waarskynlik binne enkele dekades tot die vernietiging van die Weste beskawing aanleiding gee.
Ek weet dit is lelik (dalk onchristelik?) van my, maar ek kan nie help om tog lekker te kry oor Europa se ellende met die instroming van sogenaamde vlugtelinge nie. Vir dekades was Suid-Afrika die muishond van die wereld weens ons apartheidsbeleid. Nou weet hulle dat ons goeie redes gehad om te poog om die ware Afrikaner se identiteit te beskerm.
Baie dankie vir hierdie goeie artikel Jaco. Baie kom by mens op maar twee goed bly nl. ons word vasgehou in Vader se hand ongeag, en die tweede; die wiel draai vir elkeen.
Ons neem kennis! Dit wil dan lyk asof ‘DEMOKRASIE’ toe in werklikheid ‘DEMOON-KRASIE’ geword het.
Mag ons barmhartigheid ontvang om nie in hierdie slaggat te trap nie. Volgens my insig, behoort ‘n diepgaande terugkeer tot die Twee-Voudige Opperwese van ewige Waarheid en Lig ‘n sinvolle deur van herstel vir ons oop te maak.
Mag dit spoedig geskied!
revamus (ons kom!)
Dit sal interessant wees om te sien of die teen-globalistiese reaksie van die gewone burgery op hierdie gebeure, soos beliggaam in die BREXIT stem en Donald Trump se steun, aanleiding gaan gee tot ‘n herskikking van die Westerse Elite. ‘n Trump-wen sal beslis momentum gee aan verandering.
Na ek lank in Nigerie gewerk het vir n Duitse konstruksie maatskappy het ek geleidelik hulle manier van beredenering begin verstaan. Kollektiewe skuldgevoelens oor wat die Nazis gedoen het aan die Jode. En die behoefte om te bewys – Ons Duitsers is nie rassiste nie. En ter versagting kan mens dit begryp as mens die strafmaatreels ingestel op Duitsland volg – tot op hede. Hulle is die generasie wat aaklighede beleef het wat ons nie in Suid Afrika beleef het nie (Konsentrasiekampe ABO 2 uitgesluit). Die humanitere idee is opgeraap in Swede, Noorwee ens ens – LAAT ONS DIE NUWE WERELDORDE MET OPE ARMS ONTVANG. Almal is tog gelyk. Gevolge – In die grootste stede van Europa, is daar meer uitlanders as locals. Dit wat myne was – as Sweed ens ens is nie meer myne nie. Want ek wil graag deel. Met n mate van leedvermaak wil ek se: “Kry vir julle, want julle verstaan niks”