Die onlangse skietvoorval in Orlando, Florida waarin 49 mense deur ’n ondersteuner van die terroristegroep, die Islamitiese Staat van Irak en Sirië (ISIS), vermoor is, plaas die doelwit van dié organisasie netjies in konteks. In die dae na die aanval is die volledige politieke gesprek in Amerika deur die aanval oorheers. ISIS skep vrees vir die Weste, veroorsaak reaksionêre politieke optrede en wys vir verarmde Moslems regoor die wêreld dat die bose onderdrukker, die Weste, kwesbaar is.
Die Islamitiese Staat verteenwoordig ’n ekstremistiese stroming binne Moslemgeledere waarvolgens die Midde-Ooste van Westerse invloede gesuiwer moet word, die antieke Levant herstel moet word en suiwer Islam op die res van die wêreld afgeforseer moet word.
Die dinge wat vandag hierdie groep dryf is dieselfde dinge wat die Ottomane eeue gelede gedryf het om groot dele van Europa binne te val en oor te neem. ISIS se eerste doel is om alles wat nie aan hulle suiwer Islamitiese oortuigings voldoen nie uit die sogenaamde Levant-streek te dryf. Daarom is die meeste Christene die afgelope paar jaar uit die Midde-Ooste verdryf, is antieke geboue in Sirië en Irak verwoes en word regerings, instellings en persone wat bande met die Weste het, aangeval.
In talle Moslemlande is daar min ondersteuning vir ISIS. In slegs vyf lande: Sirië, Tunisië, Maleisië, Nigerië en Senegal steun meer as 10% van die bevolking ISIS. In die Persiese Golflande soos die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Katar, Saoedi-Arabië en Koeweit is daar byna geen steun vir ISIS nie. In Iran, wat gereeld as ’n soort bedreiging vir die Weste beskou word, is daar van alle Moslemlande in die wêreld die heel minste steun vir ISIS.
Die persepsie dat ISIS dus wye steun in Moslemlande geniet, is verkeerd. Dit is egter belangrik om te weet dat ISIS geensins van populêre steun afhanklik is nie. Hul sienswyse van die perfekte Islamitiese wêreld is een sonder demokrasie of demokratiese besluite.
Die mense wat ISIS ondersteun bestaan uit geloofsekstremiste en jongmense wat weens ekonomiese druk en uitsigloosheid na ISIS gelok word. Wat ISIS en ander terroristegroepe die afgelope paar jaar aan ons bewys het, is dat terrorisme die wêreld. ISIS beskik nie oor die vermoë om enige Westerse land met ’n konvensionele weermag aan te val en te oorwin nie. Deur terroriste-aanvalle in New York, Orlando, Londen, Parys, Brussel, Madrid en andere, waarin eintlik redelik min mense vergelykend met ’n oorlog dood is, het terroristegroepe daarin geslag om die die wêreld te verander.
Al Qaeda het daarin geslaag om Amerika in oorloë in die Midde-Ooste in te trek wat hierdie lande sodanig gedestabiliseer het, dat dit ’n teelaarde vir ekstremisme geskep het. Deur terrorisme en massa-immigrasie sal terroriste-organisasies oor die volgende paar jaar probeer om beheer oor onstabiele streke in die Midde-Ooste te bekom en om stukkie vir stukkie die res van die wêreld te Islamiseer. Reaksionêre optrede deur die Weste sal in die hand van ISIS speel. Slim pro-aktiewe optrede is nou nodig.
Jaco, indien ‘n mens wyer lees en na bewysbare feite gaan kyk, is dit reeds ‘n feit dat AlQaeda en ISIS deur die CIA geskep en gefinansier word. Dieselfde met al die sogenaamde rebelle groepe in Sirie wat daagliks burgerlikes afmaai sonder enige inmenging deur die VSA. Niks is toevallig of ‘n fout nie, die groot gevaar met die naam ‘terrorisme’ is deur die VSA geskep alles in die naam van geld, mag en beheer. Die VSA is nie ingetrek deur enige iemand in die Midde-Ooste of Noord-Afrika nie, dit is so beplan deur die VSA wat al hierdie oorloe finansier aan beide kante. Gaan kyk wat die VSA onder die vaandel van NAVO nou teen Rusland se grense doen ten einde een of ander fiktiewe potensiele inval deur Rusland hok te slaan. Die Orlando skieter was in 2013 vir die eerste keer deur die FBI genader vir ‘n terreuraanval op burgerlikes, maar wou nie byt nie. Voorts is daar reeds gevind dat die voorval etlike ure voordat dit gebeur is reeds in sekere koerante en op Google Search gepubliseer was (foutjie aan die kant van die FBI) – die getal sterftes en gewondes was so bietjie uit met die werklike syfers. Die leiers van die EU en VSA is kop in een mus met die leiers van die ‘terroriste groepe’, so ook met georganiseerde misdaad en globale banke. Hierdie vorm van terrorisme gaan toeneem en die owerhede sal dit nie keer nie, net soos al die plaasmoorde hier en aanvalle op die Afrikaner Volk nie aandag sal kry van die regering se kant nie. Ons is aan onsself oorgelaat soos die res van die wereld se gewone mense. Islam is ‘n godsdiens van onderwerping en geweld teen enige iemand wat nie wil buig nie en die westerse leiers is hiervoor blind.
Therontjie, jy slaan die spyker so op sy kop! En agter dit alles sit ‘n wese wat tydens die finale oordeel gebind gaan wees terwyl massas verby hom gaan beweeg en kopskuttend vra: Is dit die wese wat die hele we^reld in beroering gebring het? (Sien een van die groot profete se weergawe hiervan).
My vraag: Wanneer gaan die skille van ons o-e verwyder word sodat ons die waarheid kan onderskei? Siener het gese^ hy sien die volk met pe^rels oor hul o-e – hulle kan nie die waarheid onderskei nie.
Sterkte vir die stryd vorentoe
revamus (= Ons kom!)