Wanneer jy geografies aan Duitsland dink, dink jy waarskynlik aan stede soos Berlyn, Frankfurt en München en die landskap van die Alpe of die Swartwoud. Die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere in die verre noord-ooste van Duitsland is een waarvan baie Suid-Afrikaners waarskynlik nog nie eens gehoor het nie. Dit is die deelstaat met die laagste bevolkingsdigtheid, geen groot stede en geen noemenswaardige industrie of kenmerk wat hom laat uitstaan nie.
Verder is Mecklenburg-Voorpommere een van die deelstate in Duitsland met die hoogste werkloosheidskoers en meeste armoede. Die Duitse bondskanselier Angela Merkel se kiesafdeling is egter ook in dié deelstaat. Die uitslag van Sondag se verkiesing in Mecklenburg-Voorpommere moet dus nie onderskat word nie.
Merkel se Christen-Demokrate het lelik pak slae gekry toe hulle tot die derde posisie teruggesak het. Oor die afgelope twee jaar het ons gesien hoe die nuwe anti-immigrasieparty, Die Alteratief vir Duitsland, in verkiesings regoor Duitsland opgang gemaak het. Die linksgesinde Sosiaal-Demokrate het Sondag in Mecklenburg-Voorpommere, soos in die verlede eerste gekom, maar Merkel se party moes sy tweede posisie afstaan aan die relatief nuwe AfD. Wat die uitslag natuurlik nog moeiliker vir Merkel en haar party moet maak, is juis die feit dat die bondskanselier ’n kiesafdeling in die staat verteenwoordig en dat sy self uit die ooste van Duitsland kom. Mecklenburg-Voorpommere moes dus ’n veilige terrein vir Merkel gewees het.
Dit is duidelik dat die uitslag van Sondag se verkiesing ’n direkte reaksie op die oopgrensebeleid van Merkel en haar bondgenote in die Duitse regering is. Die ander partye in Mecklenburg-Voorpommere, insluitende die Sosiaal-Demokrate, die Linkse Party en die Groenparty het almal lelik pak slae gekry. ’n Wesenlike deel van die kiesers in die deelstaat het hul rug gedraai op die bekende partye se konsensus oor die ontvangs van vlugtelinge. Met ’n stem vir die AfD wou kiesers ’n duidelike boodskap aan Merkel en die totale politieke kliek wat Duitsland regeer stuur dat hulle genoeg gehad het van die oopgrensebeleid en die chaos wat saam met die instroming van onwettige immigrante en asielsoekers gekom het.
Met sowat ’n jaar oor voor die volgende federale verkiesing in Duitsland is dit duidelik dat Merkel se oopgrensebeleid ’n wesenlike rol op die samestelling van die Duitse parlement na die verkiesing gaan speel. Die AfD wat tans geen verteenwoordiging in die parlement het nie kan na volgende jaar se verkiesing die derde grootste of selfs die tweede grootste party in Duitsland word. Na Sondag se verkiesing is die AfD reeds in Sakse-Anhalt en Mecklenburg-Voorpommere die amptelike opposisie.
Dit raak toenemend duidelik dat Angela Merkel volgende jaar vir ’n vierde termyn as bondskanselier van Duitsland wil staan. Dit is ook duidelik dat sy nie bereid is om haar posisie oor die hantering van vlugtelinge te verander nie. Merkel het baie selfvertroue. Sy is ’n gesiene, invloedryke internasionale politikus. Die geskiedenis het ons egter gewys dit is juis wanneer politici met baie selfvertroue die vroeë gevaartekens ignoreer dat hulle op hul kwesbaarste is. Soos in Sondag se verkiesing in Mecklenburg-Voorpommere kan volgende jaar se federale verkiesing ’n dramatiese verskuiwing na regs en ’n nuwe politieke era vir Duitsland inlei.
In die begin jare van Bondskanselier Angela Merkel, het ek van haar gehou, maar tog moet ek ook bieg my kennis van duitse politiek is relatief min, maar na haar besluit van die oopgrense met die instrooming van vlugtelinge, het ek besef dis as gevolg van duitsland se skuldgevoelens oor die nasionaal sosialiste party se sondes, en daarom probeer Angela Merkel vir die wereld te wys, duitsland is vandag anders. Maar ja soos wat Jaco na verwys, het die beleid , baie kiesers vervreem van die Christen-Demokrate. Wat die elite ook nie besef nie, is die beleid het katastrofiese gevolge met betrekking tot die duitse ekonomie , demografiek en duitse kultuur. Die vlugtelinge is daar oor ekonomiese redes, nie soseer oor dat hulle ‘n liefde vir duits of duitse kultuur het nie, maar so laat dit ook die vraag, tot watter mate moet christene , mense in nood help?
Roelof, jy moet eerste na jou eie mense se wel en wee (en veral veiligheid kyk) voordat jy na ander volkere kyk. Dis die Christen ding om te doen. Wat Duitsland nou doen is eenvoudig selfmoord, moontlik oor hulle leiers se skuldgevoelens vir wie weet wat.
Inelkgeval, hoeveel Christene is dan daar nog oor in Duitsland wonder ek, hulle is maar baie sekuler en net kultureel Christelik.
Die instroming van swartes in Europa is beplan deur die Nuwe Wereld Orde (NWO). Die doel is om ‘n baster volk te skep wat maklik beheer kan word omrede so ‘n volk geen kultuur van sy eie het nie. Verder is ‘n baster se gemiddelde IK baie laer as die van die suiwer blanke ras. Ons het net die begin van die instroming gesien dit gaan toeneem met tyd.
Die suiwer blanke wat vir homself kan dink en sy eie mense opsoek (sommige van hulle is bereid om vir hul volk se voortbestaan op te offer en selfs te veg) is moeiliker beheerbaar. Laasgenoemde volke pas nie in die NWO se planne van ‘n eenwereld volk in nie en moet vernietig word deur verbastering of andersins fisies. Poetin van Rusland beveg die NWO met hand en tand en Rusland is gevolglik vir die NWO ‘n groot bekommernis. Russiese nasionalisme het herleef. Die Afrikaner se nasionalisme het stagneer of selfs verdwyn. Moontlik sal ‘n herlewing plaasvind. Dit is ons enigste hoop.
Ek stem saam met jou Pieter. Die groot probleem hier is George Soros. Dit is sy agenda van “open social borders”.Dit en geldelike steun aan Merkel asook aan Clinton wat lei tot die massa invloei van ander volke in Europa en Amerika.Soros is natuurlik ook ‘n agent van die Rothchilds.