Volgens mediaberigte het president Jacob Zuma `n week gelede opdrag gegee aan dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en Pravin Gordhan, minister van finansies, dat daar ’n manier gevind moet word om ’n 0%-verhoging in klasgeld te bied. `n Jaar gelede het Zuma ook voor betogende student geswig en `n 0%-verhoging aangekondig. Die Universiteit van Kaapstad sê egter dat `n 0%-verhoging nie haalbaar is nie. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, sê hy is in ooreenstemming met die besluit, solank die regering dan die 8%-inkomsteverhoging dek wat elke universiteit nodig het om kop bo water te hou. Habib het verder gesê day hy aanneem dat daar geld om universiteite te ondersteun as die president dan so ’n besluit geneem het. Hy reken ook dat sou die regering die universiteite help met gratis water en krag, dit universiteite verder sal help om lewenskragtig te bly.
President Zuma en die ANC moet in gedagte hou dat deur `n 0%-verhoging in klasgelde aan te kondig hulle reuse druk op universiteite plaas wat vir daardie inkomste begroot het. Volgens bronne wat deur mediainstansies aangehaal word sal universiteite personeel moet afdank, projekte moet staak en selfs departemente moet sluit. Die regering het in die verlede 85% van bedryfskostes gedek, maar steeds moes universiteite ’n tekort van 15% self finansier. Dit sal nie prakties wees om dit twee jaar na mekaar self te dra nie.
Suid-Afrikaanse universiteite is die een na die ander besig om na laer plekke op internasionale ranglyste te skuif. Alhoewel die primêre redes sekerlik die afskaling of selfs afskaffing van moedertaalonderrig en onrus en betogings op kampusse is sal `n gebrek aan befondsing vorentoe die gehalte van universiteitsonderrig `n ernstige knou kan toedien.
Wat verder teleurstelling is, is die feit dat nog nie een student wat aan verlede jaar se landswye kampusgeweld deelgeneem het strafregtelik vervolg is nie. By die Universiteit van Johannesburg word ’n afgebrande ouditorium teen R100 miljoen herbou, geboue ter waarde van R151-miljoen is by die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus afgebrand en by die Universiteit van KwaZulu-Natal is R82 miljoen se skade aangerig toe die administrasiegebou en ’n woonstelblok aan die brand gesteek is. Dit is enkele voorbeelde. Indien studente sien dat gewelddadige betogings en die beskadiging van eiendom lewer resultate is daar geen rede waarom hulle daarmee sal ophou nie. Veral aangesien daar geen gevolge blyk te wees nie.
Ongelukkig moet die meeste universiteite hulle aan regeringsbesluite onderwerp wat die rol van privaat têrsiere onderriginstellings soveel belangriker maak. Akademia, wat uit die Solidariteitstal gebore is, beskik reeds oor diploma- en graadkursusse en sal vorentoe verder uitgebou word. Die ontwikkeling van `n eie kampus met Afrikaans as onderrigmedium moet in die vooruitsig gestel word. Orania is die perfekte gasheer vir so `n kampus waar studente in Afrikaans, met `n Christelike begronding en sonder onrus en betogings onderrig kan word.
Ag foeitog…die reenboognasie sal nog moet leer dat jy maai wat jy saai. Bou werk beter as afbreek, mens sou dink dis logies, maar in hierdie land bestaan logika net eenvoudig nie meer nie.
As Akademia sy HOOF kampus in Orania vestig sal dit ‘n geweldige inspuiting vir die ontwikkeling wees en moontlik die katalis om groei eksponensieel te versnel.
Nou wat is die kanse dat so iets sal gebeur en nie net ‘n arbitrere sateliet kampus op Orania. Ek hoop daar word ernstige oorwegings gegee aan ‘n hoofkampus. Die voordele is legio.
Orania bestuur moet net eenvoudig ‘n fonds stig vir die ontwikkeling van ‘n omleidings instituut, dit kan die selfde vorm as die ontwikkelings fonds aanneem en skenkers kan dus aandele in die instituut bekom of so iets. Dit sal dan in die toekoms moeilik wees vir ‘n volksvreemdes om beheer oor te neem soos met die ander Afrikaanse universiteite gebeur het. Daar sal egter niks gebeur voor iemand of ‘n instansie ‘n begin maak nie, wie is daardie persoon of instansie? Ek voel Orania bestuur kan die instansie wees wat die grondlegging doen, dit hoef nie ‘n volwaardige Universiteit te wees binne ‘n jaar nie maar die hoeksteen moet so gou moontlik gelê word.
Jan en Thuunda, julle is reg, daar moet ‘n Christelike Afrikaner universiteit op Orania wees, die enigste plek wat aan die Afrikaner behoort. Maar voor ‘n mens ‘n universiteit kan bou moet daar eers ander werk gedoen word, anders sit jy met ‘n soort wit olifant. Voor daar ‘n universiteit kan wees, moet daar eers behuising wees vir die duisende mense wat jy moet vestig, en voor daar behuising kan wees moet daar eers infrastruktuur wees. Daar word tans hard aan gewerk. Ook ‘n tersiêre opleidingsinstelling (tegniese sentrum) word tans gebou, trouens dit is naby aan voltooiing en sal volgende jaar begin met opleiding vir tegniese vakke.
Ons moet ook nie vergeet dat nie alle Afrikaners gediend is met ‘n universiteit nie, daar moet ook praktiese opleiding wees, trouens, ek wil beweer ons het ambagsmanne tans meer nodig as akademici (al is ek laasgenoemde). Meeste universiteite was ook eers net kolleges. Om egter solank geld in ‘n fonds te stort vir ‘n toekomstige universiteit is ‘n goeie idee.
Daar stem ek met jou saam Die woord wys op ‘n huis wat op klip of sand gebou is en ‘n Christelik Afrikaanse Universiteit moet op klip gebou word
Universiteite sal seker maar raak soos staatshospitale,wat daar was is gesteel,wat daar aankom word verkwansel en ‘n plek waar jy eintlik niks kry behalwe jou doodsertifikaat…as jy gelukkig is!!