Twee belangrike gebeure uit die geskiedenis van Europa is die afgelope paar dae stil-stil herdenk. Die een is die einde van die beleg van Malta op 11 September 1565 en die ander die Slag van Wene op 12 September 1683 wat ook die beleg van dié stad deur die Ottomane beëindig het.
Vir eeue lank het Christen-Europa ‘n stryd gevoer teen die aanslag van die Ottomaanse Moslemwêreld. Die Kruistogte gelei deur die Katolieke Kerk het reeds in die elfde eeu die stryd teen die aanslae van Ottomaanse invalle in die Westelike Mediterreense streek en in Anatolië, vandag se Turkye, gevoer.
Vir eeue daarna sou Christelike Europa die een stryd na die ander voer om te verhoed dat die vasteland onder Ottomaanse beheer kom. Die einde van die Groot Beleg van Malta in 1565 was ‘n belangrike mylpaal in die stryd teen Moslemoorheersing in Europa. Die Ottomaanse aanslag is daardeur in die suide gestuit. Sowat 6000 Christensoldate uit Malta, Italië, Spanje, Frankryk, Duitsland, Griekeland en Engeland het vir vier maande ‘n aanslag deur 48 000 Ottomaanse soldate weerstaan. Nadat 130 000 kanonkoeëls afgevuur is en tussen 30 000 en 35 000 Turke gesneuwel het, is die Ottomane op 11 September 1565 verdryf.
Kort daarna het die Ottomane egter hul stryd vir die Moslemoorname van Europa voortgesit. Gedurende die sewentiende eeu is groot dele van Oos-Europa deur die Ottomane oorgeneem. Na die val van Hongarye het die Ottomaanse magte tot in vandag se Oostenryk beweeg. Die outonome stad Wene is in 1683 onder beleg geplaas. Dit het Christen-Europa genoop om soos nog nooit vantevore saam te kom om die Ottomane uit te dryf nie. Magte van die Heilige Romeinse Ryk het vir die eerste keer saam met magte uit Pole en Litoue saamgewerk om die Ottomane te verdryf. Gedurende die slag van Wene op 11 en 12 September 1683 is 30 000 Europese Christene deur die Ottomane om die lewe gebring. Die gekombineerde magte uit die weste, noorde en suide van Europa was egter so sterk dat die Ottomane op 12 September 1683 verslaan en verdryf is. Hongarye is kort daarna herower.
Sou die Ottomane die Slag van Wene wen sou Sentraal-Europa onder Moslem beheer gekom het en sou Wes-Europa waarskynlik ook kort daarna geval het. Die teenoorgestelde het egter gebeur en vir meer as drie eeue kon Europa sonder veel aanslae voortgaan om die vesting van ‘n Westerse, Christelike beskawing te wees.
Vandag is Europa egter weer onder beleg. Hierdie keer is dit egter nie bloeddorstige Ottomaanse magte wat met geweld Europa uit die suide en ooste binnedring nie, maar wel onwettige immigrante en vlugtelinge wat opsoek na ‘n beter lewe oor Europa begin spoel. Met ‘n reeds verswakte Christendom in Europa lyk dit toenemend dat die Christene se sukses op 11 September 1565 in Malta en op 12 September 1683 in Wene, ongedaan gemaak kan word. Teen die huidige immigrasiekoers sal Europa binne die volgende dekades ‘n Moslemvasteland word. Min Ottomane sou in 1683 verwag het dat sukses uiteindelik in die 21-ste eeu sou kom.
De situatie in Europa is desastreus aan het worden. Er komen DAGELIJKS tienduizenden immigranten uit Afrika en het Midden-Oosten binnen.
Deze video geeft een korte maar goede indicatie hoe slecht Europa er voor staat met dank aan de liberalen en marxisten die de EU leiden.
https://www.youtube.com/watch?v=dfKf3r161cQ
Als wij dit als Europeanen niet heel snel tegen kunnen houden moet Orania er wellicht rekening mee gaan houden dat heel veel Europeanen asiel gaan aanvragen in de in ontwikkeling zijnde Afrikaner Volksstaat. Hopelijk is dat niet nodig, maar het is een denkbaar scenario.
Al het goede aan jullie,
Vanuit Europa,
Stamlander
http://www.youtube.com/watch?y=NG0WcjGHkEw&sns=em
Wat die artikel hierbo betref, ISIS het glo aangekondig dat meer as 6,000 van hul soldate (terroriste) nou deur die ‘refugees’ Wes-Europa ingevaar het vir toekomstige geweldadige bomme.
Westerlinge ken nie die geskiedenis nie, nie die Bybel nie, en gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis.
Oranie, gaan asb voort met wat u doen.
Wat destyds Weenen was, is nou die grens van Hongarye. Ongelukkig staan Hongarye, anders as Weenen destyds, alleen in die verdediging van Europa en word deur ander Europese lande soos Duitsland en Oostenryk nog in die rug gesteek.
In ‘n mate is die oorlog wel reeds weer aan die gang. Ek sien dat der duisende Franse en Duitse regses die strate invaar.
Geboue word afgebrand, en mense het mekaar reeds aangepak. En dan die feit dat daar met water kanonne en ander middels gepoog word teen instroming, is in my taal ‘n konflik.
En dit gaan erger raak, want daardie stormloop gaan nie gou ophou nie.
Hallo Herr Kleynhans,
Wien war seinerzeit Kaiserstadt, die Hauptstadt des Heiligen Römischen Reiches Deutscher Nation, also des Ersten Deutschen Reiches.
Was verstehen Sie unter ‘outonome Stad’?
Gruß
Dr. Krispien, Herr Kleynhans lernt zwar Deutsch, versteht es aber noch nicht. Wenn Sie ihn also erreichen wollen, sollten Sie schon in Afrikaans (was Sie ja gut schreiben und sprechen koennen) oder wneigstens in Englisch schreiben.
Gruesse
Sebastiaan Biehl
Schade, dachte Sie, Herr Biehl, könnten als sprachlicher Mittler einspringen.
Gruß