Volgens ‘n bekende legende is die stad Rome in die jaar 753 voor Christus deur Romulus tot stand gebring nadat hy sy broer Remus vermoor het. Op 1 Maart 752 BC wen hy as koning van Rome sy eerste oorlog teen die inwoners van Sabine nadat hy tydens ‘n fees sy manskappe opdrag gegee het om al die maagde van drie dorpe in Sabine te vang en hulle aan sy eie manskappe uit te deel. Romulus wen die oorlog wat daarna uitbreek toe hy die koning van Caenina, een van die dorpe in Sabine, vermoor. Romulus sou uiteiendelik op ‘n vreemde wyse verdwyn. Hy is waarskynlik deur sy eie volgers om die lewe gebring.
Dit is vanjaar 155 jaar sedert die uitbreek van die Amerikaanse Burgeroorlog. Toe die Noorde in 1865 die oorlog wen kon hulle die geskiedenisboeke skryf en is die oorsaak vir die Burgeroorlog tot die suidelike state se beleid ten gunste van slawerny gereduseer. Die oorlog het egter oor veel meer gegaan. Die breuk tussen die noordelike en suidelike state van die VSA het met tyd ontstaan en het heelwat te doen gehad met die suide se ekonomies proteksionistiese aanslag, hul voorkeur vir die regte van state en die groterwordende kulturele verskil tussen noorde en suide. Na die oorlog is die VSA as eenheidstaat herstel. Dit het egter nie beteken dat die mense van die Suide en Noorde skielik weer een volk sou word nie.
Met die Verdrag van Sevres in 1920 het die Ottomaanse Ryk finaal tot ‘n einde gekom. Op dieselde dag wat hierdie verdrag in Sevres, Frankryk onderteken is, het die Britte, Franse en Italianers in geheim ‘n verdrag gesluit waarvolgens belangrike belange soos olieregte en die beheer van grondgebied tussen die drie lande verdeel is. Na die Verdrag van Sevres is nuwe lande soos Sirië en Irak onderleiding van die Britte en Franse geskep, nie om as nuwe nasiestate te dien nie, maar eerder uitsluitlik om in die ekonomiese, politieke en militêre behoeftes van hierdie gulsige oorwinnaars te voorsien. Die opbreek van die Oostenryk-Hongaarse Ryk en in besonder hul belange in die Balkan loop hiermee hand-aan-hand.
Wat het die totstandkoming van Rome, die einde van die Amerikaanse Burgerloorlog en die opbreek van verskeie Ryke na die Eerste Wêreldoorlog met mekaar in gemeen? Die goue draad van politieke selfbelang wat deur die wêreldgeskiedenis tot die bou en val van Ryke en state aanleiding gegee het, is die een ooreenkoms hier ter sprake. Romulus se drang na mag het ook tot sy ondergang aanleiding gegee. Vandag sien ons dat die breuk tussen suidelike en noordelike Amerikaners weer groter en groter word. Die sentrale staat en magtige Washington word in die suide verag. Na die Eerste Wêreldoorlog en die verdrae wat gevolg het, het eers die Eerste Wêreldoorlog en daarna talle oorloë in die Balkan en Midde-Ooste gevolg.
Elke kykie na die wêreldgeskiedenis moet ons herinner waarom sterk gemeenskappe, gedesentraliseerde mag en regering en ‘n diepe wantroue in outokratiese leierskap nog altyd die Afrikaner se redding was en in die toekoms moet wees.
Jy is sover reg as jy skryf dat die diktaat-vreede van Sèvres op die 10. Augustus 1920 die ondergang van die Ryk van die dinastie van die Ottomaane, modern die Osmaniese Ryk, beseel het. Egter was die ooreenkoms van Sèvres nie ratifiseer nie as gevolg van die ondergang van die Osmaniese Ryk en die val van die laaste Sultaan Mehmet VI. Die vandagse Turkye is die resultaat van die ooreenkoms van Lausanne op die 24. Julie 1923 tussen die Turkye op die een kant en Engeland, Frankryk, Italie, Japan, Griekeland, Roemenie en die koninkryk van die Serwiere, Kroaate en Sloweene (Koninkryk Joego-Slawie) op die ander kant.
Die imperiaale oorlog-doel van die westelike plutokrasies, die sobenoemde westelike demokrasies, Engeland en Frankryk was reeds afgespreek in die geheim Sykes-Picot-ooreenkoms op die 16. Mei 1916. Aan die Engelse gaan die huidig Jordanie, Irak en Palestina en aan die Franse gaan die Noord-Irak, Syrie en Libanon. Frankryk en Engeland het in sy invloedsfeer die grense gekon te trek na goeddunke. Daarmee het die demokratiese Weste die Hussein-McMahon-Korrespondensie in die jaare 1915/16 tot n’ afvalpapier gemaak. Die gevolg was n’ Arabies opstand nadat die Sykes-Picot-ooreenkoms in 1917 publiek geword is.
Sedert die koloniale optrede van die Westelike Demokrasies op Arabiese gebied is die Voor-Orient en Noord-Afrika in oproer tot vandag.
Maar jy is verkeerd as jy die diktaat van Sèvres in n’ verband met Serwie bring. Sedert die ‘Berliner Kongress’ 1878 is Serwie n’ onafhanklike staat, sedert 1882 Koninkryk Serwie. Met die ineenstorting van die Dubbel-Monargie Oostenryk-Hongarye is 1918 uit die Koninkryk Serwie die Koninkryk van die Serwier, die Kroaate en die Sloweene ontstaan of ‘Kraljevina Srba, Hvrata i Slovenaca. Hierdie Koninkryk Joego-Slawie het tot 25. Maart 1941 bestaan.
Dit is verander na Sirië. Was ‘n tikfout.
Toe dink ek dat in die voorlaatste sinn van jou artikel ook n’ tikfout moet ter insae le.
Die Eerste Wereldoorlog en die sobenoemde vredesverdrage, die Paryser Vooroordverdrage, wat vandag tog eenparig as diktaat-vrede beoordeel word, het n’ veelhonderdjarige orde in Europa, Asie en Afrika op die kop gestel en duisend kruitvate ooral verdeel en reeds met die brandende lont versorg, daarmee die pad voorberei was vir die Tweede Wereldoorlog, die beslissende stap na die anglo-amerikaanse wereld-orde, n’ maalgat van die ont-nasionalisering – ‘globalisering’ –. En daar is nie n’plek vir spesiale nasionale paaie nie, ek dink ook nie vir die Boere-Afrikaaner se nie.