fbpx

Optiese vesel internet in Orania:

infrastruktuur word gekoppel

Hoë spoed-internet is ʼn groot prioriteit vir die ontwikkeling van Orania, veral wat betref kenniswerkers en mense wat skaars vaardighede het of aanlyn entrepreneurs is. Vinnige internet is al vir ʼn rukkie in die pyplyn, en die Orania Dorpskantoor het vandeesweek ʼn groot stap geneem deur die hardelyn optiese vesel-koppeling te verbind met die nuutgeboude internettoring. Dit beteken verspreiding kan binnekort begin!
Die plaaslike verspreiding sal vir eers per mikrogolf geskied, terwyl ʼn optieseveselnetwerk plaaslik ontwikkel word.
Die Dorpskantoor, Stadsboufonds en ander rolspelers word gelukgewens met hulle harde werk en die groot stap vorentoe. Binnekort het Orania vinnige internet!

Foto onderDie nuwe 50-meter toring deur die Orania Dorpskantoor opgerig.
Foto heel onder: Die grond word geboor vir die lê van kabels, met eie-arbeid natuurlik!