Die optrede en prestasie van die ANC-regering die afgelope twintig jaar, en veral onder die bewindstydperk van president Jacob Zuma, word vir al hoe meer mense ‘n bron van diepe kommer. Hoewel die land se wesenlike probleme mense behoort aan te spoor tot diepgaande denke en verantwoordelike optrede, lei dit ongelukkig baie keer ook tot ondeurdagte reaksie. ‘n Mens kan amper sê dat hoe meer onbegryplik die optrede van die regering en die president raak, hoe meer vreemd raak baie van die reaksie daarop.
‘n Gemaklike toevlugsoord vir baie wat nie saamstem met die regering se optrede nie, is om hulle te wend tot openlike of verskuilde rassisme. Daar is ses belangrike redes waarom Orania nie hierdie strategie kan of moet kies nie:
- Orania bou sy saak op ‘n proaktiewe en nie ‘n reaktiewe argument nie: Afrikaners is deel van Suid-Afrika en het die reg om hulle eie plekke, ruimtes en instellings te bou. Die saak van Orania benadeel geen groep of enige individue nie. Inteendeel, die Orania-ontwikkelingsmodel is bruikbaar vir ander gemeenskappe wat graag selfstandig wil ontwikkel, ongeag hulle etniese afkoms. Orania se argument staan dus op ‘n stewige morele grondslag.
- Indien Orania hom sou wend tot rassisme, skaar hy homself by ‘n groep mense wat dink hulle is meerderwaardig en hulle eie geloofwaardigheid bou op die krenk van die karakter van ‘n ander. Dit is ‘n groep mense wat geen plan of strategie het nie, behalwe om ander te verneder nie.
- Die vorm wat Orania se toekoms gaan aanneem sal meer afhang van wat Orania self doen, as van wat ander aan Orania doen. Dit beteken gewoon ook dat ‘n strategie wat op rassisme gebou is, m.a.w. waar die verantwoordelikheid vir Orania se eie omstandighede op iemand anders geplaas word, Orania net mooi niks verder sal bring nie. Tewens, dit kan Orania verlei om terug te sit aangesien hy self, na aanleiding van hierdie argument, nie in beheer is van sy eie toekoms nie.
- Rassistiese uitsprake of optrede sal Orania vervreem van die grootste gedeelte van die bevolking en nie net van die regering nie. Orania het vriende nodig, wit, bruin en swart. Om in vyandskap met ‘n groot deel van die land se mense te leef gaan net ons bestaansrisiko’s verhoog.
- Tans is daar ‘n ongelyke magsbalans in Suid-Afrika en die kans is goed dat Orania in enige formele konfrontasie met die regering aan die kortste end sal trek. Dit sal dus vir Orania polities dom wees om hom te wend tot optrede wat hom die gramskap op die hals haal van die wat oor die oorwig van mag beskik.
- ‘n Groeiende Orania gaan noodwendig lei tot groeiende skakeling, onderhandeling en diplomasie met die regering en ander verwante partye. Orania moet homself dus nie vooraf in die voet skiet met onderdagte oprede wat by voorbaat genoemde onderhandelinge en gesprekke sal skaad nie.
Orania se saak is sterk genoeg en kan ondubbelsinnig aan enige een gestel of verdedig word, nasionaal of internasionaal. Orania lei nie aan ‘n minderwaardigheidskompleks nie en hoef dus nie sy optrede te regverdig deur ander te beledig nie. Selfs al word ons aan rassistiese optrede of uitsprake uitgelewer, sal dit ons niks baat om rassisme met verdere rassisme te beantwoord nie.
Frans de Klerk is die uitvoerende hoof van die dorpsraad.
In die kol, Meneer De Klerk!
Baie goeie artikel Frans! Ek stem saam met jou standpunt oor rasisme. Hoewel Orania die aspirasies van baie Afrikaners verteenwoordig, is dit ‘n feit dat onder huidige omstandighede, nie baie van hulle in Orania sal kom vestig nie meestal omdat daar tans nie die nodige geleenthede bestaan om weg te stap van hulle huidige werks en ander omstandighede nie. Mense benodig basiese geleenthede vir hulle en hulle families se toekoms. Dit is ongelukkig nie genoeg om suiwer op jou begeerte of hoop om tussen jou eie mense te leef, na Orania toe te trek nie. Dit is ook my opinie dat hoe meer Orania groei, des te meer sal hulle die teiken word van radikale elemente in die EFF en die ANC. Orania sal seker maar vir nou, die Afrikaner se Isreal moet wees. Sterkte daar met julle groot taak.
Dit is die eerste keer dat ek jul webwerf besoek. Ek is verbaas oor wat ek lees. Ek het nooit besef dat jul uitgangspunt is wat ek lees nie. Ek het `n totale skewe beeld gehad van Orania se standpunt.
Ek moet dan ook erken dat ek saamstem met Johan se skrywe, behalwe die gedeelte oor die radikales. Orania bedryg niemand nie en le ook nie langs Palistina nie.
Ek wil u bedank vir ‘n goeie dokument, getuig van deerdenkende optrede. Leiers moet die gawe besit om mense se respek te win.
My oortuiging is sodra God se Woord verwerp word, laat jy toe, die demone van die duiwel om toe te tree.
Daarom die optrede van persone en groepe in die Suid Afrika.
Sorg dat jou mond nie ‘n uitlaatklep vir jou gedagtes is nie.
Daar word mos gesê dat ons twee ore en slegs een mond het.
Jy moet dus tweemaal meer luister as wat jy wil sê. En dan word daar ook geseg dat jou mond maak dat jou gai slaë kry.
Met Orania se modis operandi is niks fout nie. Ongelukkig maak dit die liberale wêreld daar buite woedend, en dit frustreer hulle onophoudelik.
Dit is hoe ‘n oorlog gevoer en gewen word.
Jy sê: “Orania lei nie aan ‘n minderwaardigheidskompleks nie en hoef dus nie sy optrede te regverdig deur ander te beledig nie.”
Ek stem saam dat dit goed is om beledigings te vermy indien dit moontlik is, maar dis nie altyd moontlik nie.
Daar is ca. 10 Mio swartes (of meer) in die land wat bereid is om ‘n blanke vrou te trou. Indien jy weier om dit te doen, sal hulle dit as belediging verstaan. En natuurlik is dit ‘n belediging as jy vir iemand sê dat hy nie goed genug vir jou (of jou dogter) is.
En niemand sal glo dat dit net ‘n toeval is dat alle Oraniers met blankes (Afrikaners, Engels, Europeërs,…) trou maar nie met swartes nie.
Jy kan antwoord (ad nauseum) dat dit geen rassisme is, maar vir hulle (die swartes, die media, die liberales) is dit wel rassisme – en die beskuldiging van rassisme sal *NOOIT* ophou nie.
Dus hierdie politiek het in die verlede nie gewerk nie (Allen die bestaan van Orania is meer as genoeg vir die beskuldiging van rassisme – as verklaar in baie artikels in die media) en dit sal nie werk in die toekoms nie.
Indien jy frees is vir die woord “rassisme”, sal jy nooit vry wees nie.
Dus hetsy julle leef met “rassisme” of julle ophou om te bestaan.
“En niemand sal glo dat dit net ‘n toeval is dat alle Oraniers met blankes (Afrikaners, Engels, Europeërs,…) trou maar nie met swartes nie.”
Jou punt maak geen sin nie. Ek kan weier elke persoon weier om te trou, dit is selfs my reg om die res van my lewe enkellopend te wees, as ek sou wil. Feit is dat mense oor die hele wêreld die liefste trou met ‘n persoon van hul eie kultuurgroep. En kultuur staan los van ras, lees die artikel van Sebastiaan Biehl oor verblyfreg in Orania: http://www.oraniablog.co.za/wie-mag-in-orania-bly/
Ek weet nie of jy weet van die talle mense van ander rasse, veral in die Vrystaat, wat gedra soos Afrikaners. In plek van om “African English” te wil wees, kies hulle vir ‘n Afrikaner-identiteit, deur die kultuur te leef, die taal te praat en die geskiedenis as huls’n te beskou.
Orania gaan nie oor rassisme nie, dit gaan oor kultuur!
Kyk, ek weet al hierdie argumente.
Ek het twee antwoorde daroop:
1) Dis oneerlik. Jy kan so doen as of ras geen infloed op kultuur het, maar jy kan die realiteit nie verander nie. Die kultuur van Haiti is naader by Zimbabwe as by Frankryk. Die kultuur van Afrikaners is naader by Rusland as by Zimbabwe. En die grond is ras. En jy weet dit ook. Alle weet dit.
2) Dit werk nie. Die realiteit is so klaarblyklik dat niemand jou sal glo nie. Dus is jy nie bloot ‘n rassis nie, maar ‘n hipokritiese rassis. Hoe is dit ‘n vooruitgang?
Vergeleik nou die strategie tussen Kleinfontein en Orania:
Kleinfontein het ‘n “low profile” (gene interviews, ens.) en het klare “rassistiese” grense (gewapende wagters, ‘n klare afwysing van swart “wannabes”, ens.)
Orania het ‘n “high profile” (uitnooi joernaliste, ens.) en is “teoreties” nie-rassig en open vir alle rasse.
En nou raai welke dorp in die media weer en weer en weer as “rassisties” gebrandmerk word.
Manfred, dat sekere mense Orania steeds as rassisties sal sien, kan moontlik waar wees. Dit is egter nie my punt nie. My punt is dat dit vir Orania geen voordeel sal inhou om enige rassistiese standpunte te huldig of rassistiese optrede te regverdig nie.
Jy sê: “Manfred, dat sekere mense Orania steeds as rassisties sal sien, kan moontlik waar wees.”
MOONTLIK? Hoekom skryf jy “moontlik”? Is daar ‘n twyfel in hierdie punt? Is daar nog nie genug anti-Orania artikels in die media geplaats nie?
Daar is geen twyfel nie. Jou strategie werk nie, dit kan nie werk nie en dit sal nie werk nie.
Jy sê: “My punt is dat dit vir Orania geen voordeel sal inhou om enige rassistiese standpunte te huldig of rassistiese optrede te regverdig nie.”
Wat beteken “huldig”?
Ek het die “rassistiese standpunt” gehuldig omdat ek ‘n blanke vrou getrou het (soos alle Oraniers wat getrou is). En ek is eerlik genoeg om te sê dat dit geen toeval was nie. Dis belangrik om nie skaam te voel vir wat jy is nie en dis ‘n voorvereiste vir die bestaan van elke volk.
Orania is gebou rond om die “rassistiese standpunt” om gene “volksvreemde” werkers aan te stel. (En ek weet soos jy, dat daar blanke nie-Afrikaners in Orania is, dus beteken “volksvreemd” in der waarheid “rasvreemd”.)
Dus is hierdie rassistiese standpunte nodig vir die voortbestaan van Orania. Sonder hierdie rassistiese standpunte sal Orania ‘n tweede Hopetown word. En dis belankrik dat die leiers die volk steun in hierdie punt. Ons kan geen tweede F.W. de Klerk gebruik wat die volk vir “public relations” en ydelheid verkoop.
Indien jy met “huldig” die openbaare belediging van ander bedoel, dan stem ek saam. Dis dom om die “K-woord” te gebruik ens, ens.
Manfred, persepsies in die madia (hier en elders) oor Orania is definitief besig om te verander. En Orania doen bloot wat die Grondwet hulle toelaat om te doen. Gaan dink daaroor: Vryheid van Assosiasie.
Some of our greatest allies were, to name a few, the bushmen and black soldiers of 32nd battallion. Whereas the greatest threat to all Black and White Africans have allways been traitors amongst our people, the likes of former State President FW de Klerk who betrayed his folk and nation whilst simultaniously destroying his marriage to an outstanding Afrikaner lady Marike de Klerk. Racism should not be the foundation of our future. An ethnically conscientious and strong cultural foundation, Afrikaner and west european is essential for a viable long lasting state amongst other African nations and the world. In the words of a great African statesman “South Africa has to deal here with one of her greatest problems, and one of the most serious problems which any country in the world could be called upon to deal with. The question of war and peace is no more serious to other countries than the problem of finding a solution for a possible clash between white and black is for South Africa. In other countries of the world, where there is also a move towards apartheid, sometimes merely towards apartheid between Whites and Whites, where the present Opposition’s former ally, Russia, is merely another European race within its borders, then it seeks to apply apartheid which has to be paved with bloodshed and misery. An example is Palestine, where the Jew and the Arab are up against one another, and stand for apartheid, but mainly in this sense that each of the two parties wants the whole country for itself alone. Where we are prepared to accord to non-Europeans the right to their own opportunities of development, where we bring it about not by means of the sword, but through the benevolent hand of the Europeans who are in the country, then do not arouse suspicions, do no arouse the suspicion of the world outside, where there are so many difficulties, do not arouse the suspicion of the world that there is oppression, but show them that there is a policy which seeks rights and justice towards all.” HF Verwoerd – September 3, 1948.
Dankie vir die waarheid!
Hoe partypolitiek en persoonlike belang ookal die beleid van dr Verwoerd se regering verdraai het, maak afsonderlike maar gelyke ontwikkeling nie verkeerd nie.
Verder moet rekening gehou word met die werklikheid dat Afrikaners vandag veg vir oorweling en gelding op has elke terrein, ons erfenis en ons toekoms word onregmatig vervreem en dit alles skep geweldige frustrasie by baie.
Inderdaad is enige vorm van meerderwaardigheid verkeerd, maar ons hoef nie skaam te wees vir ‘n erfenis of ‘n standpunt wat die eie eerste stel en die goeie prestasies herdenk nie!
Orania is dinamies en verfrissend. Dit leef ‘n eie realiteit uit.