Neesham Balton, die direkteur van die Ahmed Kathrada Stigting, maak verlede week die stelling dat skole laboratoriums van nasiebou behoort te wees en nie sogenaamde enklaves van apartheiddenke nie. Volgens Balton is dit onaanvaarbaar dat ouers daarop aandring dat hul kinders die voorreg moet hê om aan hul eie kultuur blootgestel te word, sodat hul kultuur oorgedra en behou kan word. Hierdie wens om kultuur in stand te hou word dan in dieselfde asem as apartheidsdenke afgemaak.
Hierdie uitsprake het gevolg nadat swart ouers by ‘n privaatskool buite Pretoria verlede week gekla het oor die indeling van kinders in klasse. Afrikanerkinders is klaarblyklik hoofsaaklik by ander Afrikanerkinders in klasse ingedeel. Intussen blyk dit dat die skool eerder besluit om kinders volgens rasse gelykop in klasse te verdeel om ‘n herhaling van hierdie kamma-kontroversie te voorkom. Dit kom meer op geforseerde integrasie en uiteindelik kulturele assimilasie.
Ons sien toenemend in Suid-Afrika hoe enige poging van Afrikaners om hul kultuur te behou en te bevorder as rassisme en apartheidsdenke gebrandmerk en tot ‘n klas van verwerplikheid gerangeer word.
Die Afrikanerkultuur is die afgelope twee dekades toenemend uit die openbare sfeer weggeneem en tot private ruimtes beperk. Die afgelope tyd is die aanslag op Afrikaneronderwys egter besonder fel. Geen volk kon nog ooit oorleef sonder behoorlike kultuuroordrag op skoolvlak nie. Indien ‘n volk se kultuur uit die onderwys gerangeer word, is dit ‘n kwessie van tyd voordat volledige assimilasie intree en kulturele dade en tradisies slegs in geskiedenisboeke voortleef. Vra maar die talle volkere wat voor die koms van Westerlinge in plekke soos die VSA en Kanada geleef het. Daar bly vandag weinig van hierdie mense se tale en kulture oor omdat kinders op ‘n stadium geforseer is om in Engels skool te gaan en omdat kultuuroordrag verbied is.
In Suid-Tirool in die Noorde van Italië is die klein Tiroolse minderheid gedurende die 1930’s en 1940’s onderwerp aan ‘n Italianiseringsprogram waartydens kinders verplig is om in Italiaans skool te gaan. Kultuuroordag is bykans onmoontlik gemaak. Die Tirolers het egter vasgebyt en ‘n soort van guerilla-onderwysstelsel is geïmplementeer waar kinders in die geheim in hul moedertaal, Duits, onderrig is en waar kultuur en tradisies oorgedra is. Die Suid-Tirolers is vandag een van die mees kultuurvaste volkere in Wes-Europa.
Die manier waarop die linkse Ahmed Kathrada Stigting, ander linkse kommentators en selfs die Gautengse Onderwysdepartement verlede week ‘n kontroversie opgedis het, behoort vir Afrikaners ‘n voorsmakie te wees van wat vir ons in die toekoms voorlê. Staatskole se kurrikulum is reeds om die minste te sê vyandiggesind teenoor Afrikaners. Ook ons handjievol privaatskole sal toenemend in die visier van die bende wat Afrikanerkultuur wil vernietig, wees.
Wat staan Afrikaners wat glo in die behoud van ons eie kultuur, geloof, taal en tradisies te doen? Privaat Afrikanereie onderwys moet versterk word. Ouers moet groter verantwoordelikheid in hul kinders se opvoeding en kulturele onderrig neem en deur konsentrasie moet ruimtes geskep word waar ons domineer en dus op openbare ruimtes vir ons kultuur aanspraak kan maak.
Dit is hoekom Orania net eenvoudig MOET slaag….(Hy vorder darem baie mooi!)
Julle moet n tegniese skool en tegniese universiteit daar begin bou. Sal investers lok.
Is reeds besig daarmee.
Wonderlik.
Eendag sal ek n draai kom maak. Kom kofie drink daar by die nuwe kofie winkel. Hopelik kan ek ook daar kom bly in n jaar of 2 se tyd. Die plek lyk mooi.
As Afrikaner-ateiste die toon gaan aangee, sê ek alle beste en totsiens!
Hanno. Wat stel jy voor moet ons doen?
Hanno, ons besluit self wie die toon aangee en dit is beslis nie die ‘opinionated’ ploert wat soveel oningeligte kommentaar op Orania se artikels plaas dat hy tot opsy eie inskrywings kommentaar lewer nie! Matt Heyns jy oorskat jou intelligensie ou seun, ons ken jou tipe praatjies en dit verveel ons grensloos.
Dit is onrusbarend om te sien hoe Afrikaner mense hulle kinders in Engelse skole plaas “ter wille van”. Ek verwys na vele Afrikaner ouers se kinders in ‘n skool soos Eunice in Bloemfontein.
Ook in Kaapstad-Noord is Afrengelse taalverskuiwing aan die plaasvind. Selfs die NG Kerk is openlik aan die verengels.
Hallo Frik,
Ek is n lid van die Orania Beweging en my twee kinders is in engelse skole. Nie een dag spyt of skaam daaroor nie. Toevallig die twee beste skole in die dorp en een van die beste presterende skole sover dit akademies en sport betref in die provinsie. Daar is verskeie Afrikaanse skole hier naby , maar geen Afrikaner skole nie. My eerste huis het ek langs n tipiese Afrikaanse model C skool gekoop met n bus stop letterlik voor my voorhek. Ek het daagliks die kaliber kinders gesien wat daar op en afgeklim het en was nie beindruk nie. My buurman se seun was in n gewraakte engese skool. Altyd netjies geklee, respekvol en trots. Daar en dan besluit dat my ondersteuning vir Orania en my en my eie familie se filosofie van selfwerksaamheid nie in die pad kan staan in soverre dit my besluit betref oor hoe ek my kinders moet opvoed en na watter skool ek hul moet stuur nie. Diegene wat andere kritiseer omdat hul kinders in engelse skole is, is nie veel anders as diegene wat aanvoer dat alle Oraniers rassiste is nie.
Ondersteun 100%. Bloemfontein Landbou Kollege is besig om te verbrokkel.Miskien ook by Orania?
Sterkte.
Ek stem saam. Sal UNPO ons behoud wees? Ek het al gehoor UN staan vir Useless Nations.
Stel voor bou ‘n koshuis in Orania by die skool. Stel voor meer klasse word ook gebou. Meer onderwysers word in diens geneem. Bied die fasiliteit en opsie aan Afrikaanses ondersteun deur ‘n koshuis in Orania. Curro kan dalk betrek word?
Hulle is alreeds besig met dit. Lees gerus die tydskrifte op hul webwerf. Daar sal u die planne sien.
NP van Wyk Louw het ‘n essay geskryf waarin hy verduidelik het waarom Afrikaners soveel strukture geskep om homself en sy kultuur te beskerm. In ‘n nuwe bedeling waar strukture afgeskaf is gebeur dan die verwagte.
Afrikaans as Nuwe Wereld verskynsel sal meer bevorder moet word. Interessant lees ek ‘n ruk gelede dat toetse onder laerskoolleerders getoon het dat hulle wiskundige vermoens beter was as ander taalgroepe se leerders, insluitend Engels. Sulke statistiek byvoorbeeld bevestig bogenoemde stelling.
Was dit nie jy wat in jou bydrae bo “ingrijpend” geskryf het nie….?
Wie was dit nou weer wat “ingrijpend” geskryf het..?
Kom jy al weer met jou godsdiensstories? Hier gaan dit oor Afrikaanse onderwys en kultuuroordrag. Jy laat my dink aan die ouens wat ‘n obsessive met die Jode het en by elke geleentheid teen hulle uitvaar.
Eintlik is dit alles niks nuuts nie, dit was al daar: gedwonge verengeslsing onder Lord Somerset en later Lord Milner, verkleinering van Afrikaans en Afrikaners en die beskuldiging, dat diegene wat Afrikaans (of destyds Nederland) wou praat “nasiebou” of “rasse-eenheid (tussen Engels en Afrikaans)” ondermyn. Destyds het Afrikaners gereageer deur eie CNO-onderwysskole. Deesdae is ons egter nog steeds onder die wanindruk dat Hoërskool so en so “ons skool” is en gee pogings van privatisering van odnerwys, soos CVO-skole, die koue skouer. Toegegee, CVO-skole is min en klein en het hulle beperkinge, maar as die ouers wat so sterk betrokke is by staatskole hulle gewig en energie by private Afrikaanse en christelike skole ingooi was ons al verder gewees.
Kon seker meer moeite gedoen het, maar as ek vinnig op n blog iets skryf stel ek gewoonlik nie belang daarin om aan n spel kompetisie deel te neem nie.
Onderskei net tussen ‘n tikfout en ‘n spelfout.
Laat waai!
Kan iemand asb vir Matt blok.
Ek het hom versoek om te staak. Hy het ongelukkig ons kommentaarlyn begin SPAM en dit is onaanvaarbaar. Indien dit sou voortgaan sal ek hom moet blok.
Die arme man (Matt Heyns) is nie gesond nie.
Beste,
Mag orania bloeien en de Afrikaner cultuur een nieuwe doorstart geven.
Eenheid door cultuur en niet door godsdienst !
En dat iedereen zich wat aan de Net-Etiquette houdt van een blog, namelijk : blijf bij the onderwerp.
groeten uit Vlaanderen.
Daar is ‘n belangrike les te leer uit hierdie debat… Pasop vir aktiviste wat nie ons beginsels deel nie. Hulle sal ons groot skade berokken as hul n voet in deur kry.
Christenskap is die basis van ons Afrikanerskap.
Mooi gesê, Sarel!
Jaco, waarom nog wag om dié verbale diarreelyer te blok. Doen dit en kry hom uit die pad asseblief!!
Danie Malan = Matt Heyns?