Sedert die Orania Beweging ‘n tyd gelede ‘n strategiese besluit geneem het om die ontwikkeling van Orania tot ‘n stad te prioritiseer, het heelwat interessante gesprekke plaasgevind en inligting tot ons beskikking gekom wat ons help fokus op die hantering van struikelblokke in die proses van stadsbou.
Uitdagings waarvan ons goed bewus is, is ons afgeleë ligging, ons klimaat, die beperkte ekonomiese aktiwiteite in ons omgewing en die tekort aan uitgebreide infrastruktuur wat snelle ontwikkeling oor ‘n kort periode moontlik kan maak. Die tekort aan kapitaal en basiese dienste soos mediese dienste wat nog nie volledig gelewer word nie, staan ook tans in die pad van stadsbou in Orania.
Ons sterkpunte is ons duidelike visie en droom, asook sterk instellings wat goeie dienste lewer. Ons mense, wat inwoners en uitwoners insluit, is van ons beste bates. Ons droom van Afrikanerselfbeskikking help ons om te fokus en betrek baie van ons mense deur ‘n emosionele band. Orania se ekonomie het die afgelope paar jaar goed gediversifiseer en meer en meer werksgeleenthede word geskep. Vaardigheidsvlakke verbeter toenemend, hoewel vanaf ‘n lae basis, en byna alle werk wat in Orania gedoen moet word, kan vandag deur inwoners gedoen word. ‘n Goeie fondament is geskep.
Om Orania in ‘n stad te omskep moet ons eerstens mooi verstaan wat met ‘n stad bedoel word. In Suid-Afrika koppel ons te dikwels die woord “stad” aan ‘n groot metropool met etlike miljoene mense. Stede in Suid-Afrika, soos in die VSA, is oor groot gebiede uitgelê en die werklike, klassieke stadsgevoel is op baie min plekke sigbaar of eerder ervaarbaar. Wanneer ons dus van ‘n stad praat, praat ons van ‘n klassieke Europese stad en nie ‘n megastad nie.
So ‘n stad kan 10 000 inwoners hê, maar hopelik 50 000, of dalk selfs eendag 200 000. Die stad funksioneer nie geïsoleerd nie, maar het dikwels gebiede met kleiner dorpies en landbougrond om hom, wat sterk afhanklik is van produkte en dienste wat in die stad gelewer word, te ondersteun. Die stad moet ‘n universiteit en ‘n sterk kultuursentrum waar kuns en kultuur bewaar en beoefen word, hê. Die stad moet mens- eerder as motorvriendelik wees en bewoning moet met sosiale areas vermeng word. Die stad moenie ‘n dooie sentrum wees waar mense bedags werk nie. Daar moet ook nie uitbreide voorstede wees waar inwoners saans wegbreek nie.
Die vraag is dus of ons daarin gaan slaag om Orania in so ‘n stad te omskep. Tydens ‘n onlangse besoek aan Nederland het ons die stad Dokkum in Friesland besoek. Dokkum is in een van die mees afgeleë dele van Nederland. Die stad (hul inwoners aanvaar net die term stad!) het 12 600 inwoners en word omring deur plase en enkele klein dorpies met kwynende geleë. Die afgeleë dele van Nederland verloor steeds voortdurend inwoners na die Randstad, die gebied waar al die groot stede is. In Dokkum is dit egter anders. Hier is huispryse hoog omdat daar ‘n groot vraag na eiendom bestaan.
Die stad het 190 winkels en verskeie suksesvolle klein industrieë. Hulle vergelyk ekonomies eintlik met ‘n stad van 20 000 tot 30 000 inwoners. Daar is goeie skole, die kleinste (dog baie goeie) hospitaal in Nederland, pragtige openbare ruimtes en goeie dienslewering. Mense wil in Dokkum woon en ander in ‘n groot radius om die stad wil daar gaan sake doen. Met 12 600 inwoners is Dokkum ook ‘n goed funksionerende stad.
Natuurlik kan daar geen direkte vergelyking tussen ‘n stadjie in die noorde van Nederland en Orania in Suid-Afrika getref word nie. Daar is egter baie lesse te leer uit hierdie en talle ander suksesvolle klein stede in Europa en die eerste les is dat dit moontlik is. Orania kan ‘n stad word en dit hoef nie eers oor 50 of 100 jaar te gebeur nie. Ons wil definitief nie by 12 600 inwoners eindig nie en ons droom is eintlik ook oor meer as net ‘n stad.
Maar dalk is ‘n droom om Orania binne 5 jaar, of dalk eerder 10 jaar, in ‘n klein Dokkum te omskep glad nie ‘n slegte droom nie.
Dankie vir jul werk. As ek genoeg by mekaar gekrap kry wil ek ook in Orania kom bly eendag.
Hier is n paar idees wat ek baie van hou. Dit is dalk nie Europese nie, maar daar is n paar interesante idees:
https://www.thevenusproject.com/en/technology/city-systems
Hier is die dorpe gekoppel aan mekaar, en is gebou in n sirkel form. In die middel kan die hospitaale en die ‘market’ area kom. hier ook, is dorpe net soo groot tot daar gestop gesit word aan hul uitbreiding. Als gaan dan terug na natuur voor daar met die volgende dorp begin word.
Baie van die konsepte is baie gefokus op tegnologie wat ons nie het nie, maar baie van die basiese konsepte kan tog gebruik word.
As n ou dan in n ander dorp kon, en nie n GPS by jou het nie, weet jy dan nog goed hoe om by die hospitaal te kom. Ek dink dit is n goeie idee, daar is net meer struktuur daarom as wat n ou net bou links en regs.
Nog n interesante konsep wat ons dalk kan help in ons warm somers:
http://www.masdar.ae/en/masdar-city/live-work-play
As die mense maar net tax kon betaal aan die dorp of idee in plaas van Suid Afrika, kon hul werk skep en mense help daar kom bly wat nie ander die geld of geleentheid het nie. Meskien eendag.
Groete
Neville
Vergelyk met n baba.Sit,kruip,wankelrig opstaan, eerste treetjies en dan al sterker loop.Daar is niks mee verkeerd om die droom verder te neem nie.Almal wat sterk daaroor voel kan dit laat slaag. Die negatiewes sal wel later tot ander insigte kom.
Kom ons bou saam.
Die Israeli’s het sulke stede in the Negev vermag, so sekerlik kan Afrikaners ook. Natuurlik was daar baie geld beskikbaar in hul geval.
Ek hoop regtig Orania kan ook so groei.
Dit lyk my die Orania bestuur voel dat daar ‘n gesonde balans tussen vraag en aanbod is betref eiendom, so dan sal die dorp stellig groei so lank as wat bg. geld.
Uit wat ek lees leer ek die volgende:
1 Die gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding het, nadat alle kostes afgetrek is, maar so R2000 per maand oor om van te leef.
2 As jongmense Orania toe sou moes trek en minder verdien, is daar minder oor om van te leef as huispryse vergelykbaar met stede s’n is en inkomste minder.
Ek sien geen huureiendom gelys op Afsaal Eiendomme se webwerf nie.
3 Om te bou is ‘n alternatief, maar deesdae duur. Op die res van die platteland kos erwe R25 000 tot R50 000. ‘n Geldige standpunt is waarskynlik waarom jy R100 000 of R200 000 vir ‘n stukkie erf moet betaal as dit jou spaargeld gaan opvreet en jy ingehok moet voel in die groot, wye Karoo. Wat het daardie asbeshuisies aanvanklik gekos? R10 000?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie staan hoofsaaklik op twee bene: mynbou en verbruikersprodukte. In die sestigerjare was meer welvaart geskep, waarskynlik omdat die land, as muishond van die wereld, daartoe gedwing was om meer selfvoorsienend te raak.
Miskien het Orania iemand nodig soos
‘n Anton Rupert op Graaff-Reinet. Maar wat nie die kultuurhistoriese erfenis beskerm nie, maar huise en fabrieke bou.
Ben, dalk kan jy Orania se Anton Rupert word
Ben,
ons sit in Orania inderdaad met die wanbalans van relatief lae salarisse (soos orals op die platteland) in vergelyking met die groot stede en boukoste wat omtrent dieselfde is. Huurpryse is darem heelwat laer as in die stede, jy kan vir R2000 ‘n huis huur, in die stad is dit waarskynlik nie eers genoeg vir ‘n buitekamer nie (ons praat nou nie van ‘n arm woonbuurt nie).
Ons kan niks doen aan die hoë koste vir brandstof nie wat boumateriaal duurder maak as elders. Ons bouers kan ook nie vir ‘n appel en ‘n eier werk nie.
Ander dorpe in die omgeiwng se huispryse is heelwat minder, omdat dit eintlik al lokasies is wat toeemend verval en waar witmense wegtrek en talle huise leegstaan en eienaars dankbaar is as hulle iemand vind wat huur en die huis oppas.
Om erwe uit te sit en te diens is eweneens besonder duur. Daar is ook goedkoop ongedienste erwe buite die dorp, maar dit beteken mense moet bereid wees om self vir water te boor, hulle eie riolering en sonkragstelsel aanlê. Min mense sien kans daarvoor.
Aan die situasie word wel iets gedoen deur die skep van gesubsideerde behuising wat die Orania Beweging se Helpsaamfonds bou. Ons sou graag nog meer doen, maar daarvoor benodig ons meer fondse. Elke Afrikaner wat ‘n volkstaat wil sien gebeur moet sy bydrae maak tot die Helpsaamfonds.
Hier is ook enkele ondernemers wat behuising skep waarvoor ons dankbaar is. Dit is egter ongesond om ‘n soort Anton Ruppert te hê wat deur sy geld die kitaar slaan en alles besit. Gelukkig is die welvaart hier versprei.
Kan jy asb ‘n aanduiding gee van erfpryse- ongediens en gediens? Wat is die erf grootte?Wie moe gekontak word?
Hoe groot is Orania op die oomblik?
Orania het tans effens meer as 1000 permanente inwoners.
1. Hoeveel inwoners kan potensieel in bekikbare voltooide behuising akkommodeer word? Wil aannneem veel meer as 1000?
2. Is daar ‘n projeksie van “nuwe” volume beskikbaarheid van behuising teen Junie 2015 teenoor inwoners?
3. Is daar ‘n webwerf waarop vakatures/’ werksgeleenthede in Orania adverteer/ bekend gemaak word?
4. Waar is werksgeleenthede / besigheidsgeleenthede info beskikbaar vir algemene publiek?
1. Hoeveel mense kan die bestaande huisvesting effektief huisves?
2. Wat is die projeksie met betrekking Mbt inwoners en geskikte voldoende behuising teen Junie 2015?
3. Is daar ‘n bou agterstand?
Beste Theuns,
hier is die antwoord van Christo Conradie namens Orania Dorpskantoor op jou vraag:
1. Ek dink nie ons het standaard behuising vir ’n duisend mense nie, alhoewel hier waarskynlik al meer as duisend inwoners is.
2. Ja, daar is die kleingelukerwe waar nou met konstruksie begin word, asook die Robynstraatontwikkeling waar ’n verdere twaalf huise opgerig gaan word benewens die van die Jacobse wat nog afgehandel moet word.
Ook die Karoosigerwe sal vroeg in die jaar gediens word en hopelik sal daar ook verhuringseenhede die lig sien. My vinnige antwoord is dus dat ons wel teen Junie ’n drastiese verskil in behuisingsaanbod sal beleef. Of dit in die totale aanvraag sal voorsien is egter moeilik om te sê, veral in die lig van groot bouprojekte wat in die pyplyn is en al meer werk en geleenthede sal voorsien en dus intrekkers sal lok.
Verder kan ek net my aanvoeling deel en dit is dat ons nie in jare ’n situasie sal beleef dat die behuisingsaanbod die vraag sal oorskry nie. Dit is maar ’n gegewe t.o.v. ’n sterk groeiende dorp.
3. Ek is glad nie aktief op webwerwe en daardie terreine nie, so jy sal beter weet.
4. Weereens, ek is onkundig omtrent die elektroniese wêreld. Ek glo egter dat daar ’n behoefte is vir sulke inligting, soos al aan my van buite te kenne gegee is.
Om saam te vat: ja, daar is tans ’n groot bou-agterstand, dit gaan in die eerste middel van die jaar drasies verbeter, maar waarskynlik nie die probleem in totaliteit oplos nie.
Oppas dat ons nie skietgoed aan die vyand gee deur te vryelik inligting op die elektroniese media uitblaker nie. Ek glo onwrikbaar in die ideale van Orania en sal enigiets moontlik doen om groei en ontwikkeling te help bewerkstellig. Aan ons leiers op Orania, wel gedaan ons is trots op julle.
Dankie Sebastiaan. Dit klink opwindend en baie uitdagend.
Dis dalk ‘n opsie om sommer die blog te gebruik om moontlike geleenthede wyer bekend te stel….
Ns. Dalk aanduiding van koste/ vkm?
Van die Os op die Jas; Ons is ‘n groep wat die nuus Oop Orania volg soos honger wolwe. Dinge gebeur daar, maar net nie vinnig genoeg nie.
En JA, ons besef dit is ook toe te skryf aan arbeid en finansies (ander dinge ook).. Dae wat jy letterlik gatvol raak en wanhopig raak vir hierdie land, is enige nuus – goeie nuus- uit Orania uit.
Elke nuwe gebou en uibreiding word dopgehou, en op sulke dae, wens ons net vir die een of ander wonderwerk.. HOEKOM kan daar maar nie iewers ‘n 50 of so miljoen rand inspuiting van iewers kom nie..