Met die munisipale verkiesings nou agter die rug, neem koalisies onder leiding van die DA in sekere metropole gestalte aan. Dit is wel goeie nuus dat die absolute houvas van die ANC op die mag geleidelik verbreek word. Dit is verblydend dat belangrike stede soos Pretoria en Port Elizabeth, en dalk ook Johannesburg en die Oos-Rand Munisipaliteit, nie meer onder die beheer van die ANC is nie. Kaapstad is al geruime tyd onder DA- beheer en word beter bestuur as die ander metropole. Op plaaslike vlak sal dit die nodige verwydering van onbekwame en deels korrupte amptenare en ʼn vars bries na verlamde strukture bring.
Nou moet ʼn mens egter waak teen ongegronde opgewondenheid, al smag Suid-Afrikaners, en Afrikaners spesifiek, na iets soos ʼn silwer randjie wat dalk ʼn voorbode van die naderende einde van die Babiloniese gevangenskap onder die ANC is. Nog steeds beheer die ANC om en by 170 van 200 munisipaliteite en is hulle greep op die platteland nog baie stewig. ʼn Swaeltjie (in die vorm van 2 of selfs 3 metros) maak nog nie ʼn somer nie. Wat verder kommerwekkend is, is dat feitlik orals die DA-geleide koalisies, wat uit ʼn bonte verskeidenheid uiteenlopende vennote bestaan, van VF+ tot UDM en Cope, afhanklik is van die steun van die EFF. Die EFF is radikaal en irrasionaal en dit is net sowel moontlik dat hulle vorentoe weer toenadering tot die ANC soek en die DA-koalisies in die rug steek. Die vete tussen die EFF en die ANC is veral oor persoonlikhede, nie so seer oor ideologie nie. ʼn ANC sonder Zuma, wat op druk van die EFF nog verder links skuif en verdere grondwetlike beginsels soos eiendomsreg ondermyn, sal vir die EFF ʼn meer natuurlike vennoot wees as die DA. Die ANC se magshonger en Machiavellisme is bekend, en hulle sal maklik hulle oorblywende beginsels oorboord gooi om weer in beheer van die belangrike stede te kom.
Meer nog, met wankelrige koalisies wat afhanklik is van die guns van die EFF sal daar op munisipale vlak die verwydering van alles wat vir Afrikaners kosbaar is waarskynlik net vinniger vorder as in die ANC munisipaliteite. Die DA moet hulle bewys as swart party en moet iets doen om die EFF gelukkig te hou en sal maklik oorblywende Afrikaanse straat- en plekname of monumente opoffer. Dalk kan die VF+ wat deel van sekere koalisies is dit keer, dalk nie.
Selfs al werk die koalisies, is daar min vir Afrikaners om oor opgewonde te raak. Dienslewering gaan waarskynlik verbeter en korrupsie gaan moontlik aangespreek word, en dit is inderdaad al wesenlik. ʼn Munisipaliteit onder DA beheer sal egter ook dié party se uitgangspunte weerspieël: alles sal Engels wees, min sal gedoen word vir Afrikaner-erfenis en nog minder erkenning sal gegee word aan Christelike waardes en beginsels en die morele verval sal voortgaan. Vir diegene vir wie Kaapstad die modelstad is, is dit seker goeie nuus.
In die ideale stad volgens my is Afrikaans die amptelike taal, is straatname en advertensies in Afrikaans, word Afrikaner-erfenis bewaar en met trots vertoon, is daar talle kerke wat op Sondae vol is, (en nie moskeë en Hindu-tempels nie), mense gee om vir mekaar en misdaad is feitlik afwesig, almal het werk en volg dieselfde Christelike etos en waardes en streef na ʼn gemeenskaplike doel. Dienslewering is uit die aard van die saak ook op hoë standaard. Laasgenoemde kan egter nie die belangrikste doelwit wees nie, dit moet eerder vanselfsprekend wees.
Geen koalisieregering van watter aard ook al kan vir ons so ʼn stad gee nie, want Afrikaners is orals ʼn minderheid. As jy in Pretoria of Johannesburg of waar ook al woon, stem vir ʼn beter munisipale regering, maar beywer jou volstoom vir die langtermyndoelwit van ʼn Afrikanerstad in Orania.
Goeie artikel Sebastiaan.
Ek kan nie meer saamstem nie…op elke punt.
Ek maak hierdie selfde punte op engelse politieke en nuus webwerwe en word dan spoedig aangeval van al wat ‘n DA ondersteuner is (of Afrikaners wat die rooi koeldrank gedrink het en dink die nuwe SA het uiteindelike aangebreek).
Dis dalk nuut, met beter dienslewering, maar dit beteken NIKS goed vir die Afrikaner wat smag na vryheid en Afrikaner waardes.
Die EFF gaan nog die DA ore aan sit…DA ondersteuners hou VERAL nie daarvan om dit te hoor nie. Om een of ander rede dink hulle die DA en die EFF sal mekaar goed aanvul (op so ‘n manier dat dit goed vir SA sal wees op die lang duur). Kan mens sulke snert waarlik glo (seker maar as jy dink Marxistiese Sosialisme en Demokratiese Sosialisme is beide goeie konsepte en maklik vereenselwigbaar met mekaar)?
Dit is hoekom Orania net eenvoudig moet slaag. Oor vyf jaar van nou af, na die 180 miljoen inspuiting, sal die dorp heeltemal anders lyk. Hopenlik sal dit dan meer na n altenatief vir Afrikaners lyk as nou. Tans stem almal DA. My vrou het ook, en nou het ons ‘n DA munisipaliteit in Port Elizabeth. Vir haar gaan dit net oor beter dienslewering en die stop van korrupsie…..
Goeie artikel Sebastiaan. Die volgende kan asseblief deur Sebastiaan en vriende uitdruklik en breedvoerig bespreek word in die toekoms (word reeds gedoen). Rede hoekom SA sal misluk is die verdwyning van die laaste tegnokrate uit hulle talle diverse poste. Behalwe dat daar nie veel bekwame mense oor is in die ekonomie het die jonger generasie uiterste vrot waardes. Die grootste mislukking van die liberale/linkse Mandela reënboog droompies. Families wat uitmekaar val het tot gevolg n generasie wat nie hulle uitdagings sal kan oorkom nie, ons grootste uitdaging: opvoeding en dan opleiding. Hulle sal nie die noodsaaklike aanpassings maak wat SA gaan benodig om te groei nie. Slegs n ingryping deur God waar miljoene mense hulle bekeer (n produktiewe kultuur vestig) kan die situasie omkeer. Al is die DA die regerende party sal dit net tydelike verligting bring. Die DA het nie n waardestelsel, bekwaamheid of die leierskap (of die vermoë om daardie leiers te kweek nie) om die land uit sy negatiwiteit spiraal na benede te kry nie. Elke leier weet dat dit die kultuur (waarde sisteem) in sy organisasie is wat die resultate lewer. As besigheidsman ervaar ek feitlik elke dag hoe moeiliker dit word om besigheid te doen in SA weens mense met vrot waardes.
Orania se doelwit is en moet wees om net elke dag een tree vorentoe te gee. Vestig goeie waardesisteme soos familie, volkswaardes, harde werk, dissipline, leergierigheid, maar die belangrikste Christus waardes. Mens kan boeke skryf oor bogenoemde. Vestig ook sisteme om mense uit te hou wat nie daardie waardes deel nie anderste skep mens weereens die situasie waar die sukkellaars die suksesvolle stad/staat wil oorneem soos tans die geval is regoor ons planeet. Die daaglikse suksesse wat Orania beleef sal momentum gee later wat ontsaglike energie gaan ontsluit. En wie weet, dalk al sou daar net een voorbeeld oor wees as die verwoesters alles verwoes het, wat SA en Afrika werklik sal laat groei. Tyd sal leer….
Francois, jy is heeltemal reg. Die basis van Orania moet reg wees en ons sal slaag. Die basis is Christus en die waardes en lewensbeskouing wat daarmee saamgaan.
Hi Ouens,
Ek het verlede week op ‘n boodskap in Maroela Media reageer en gesien dit is nie geplaas nie. Maak nie saak nie. Dit was van die NP van Wyk Louw Sentrum. Die onderwerp was Universiteitswese Trasnsformasie en de-kolonisasie: Wat kan ons vewag?
My kommentaar oor die onderwerp was oor die “Bevolkingsaanwas en Opleiding in SA”.
Ek het lank terug ‘n berig in Rapport gesien oor die bevoklingsaanwas in SA. Die syfers ontgaan my, maar in 1911 was die Blankebevolking ongeveer 25%. 100 Jaar later in 2011 was die Blankebevolking minder as 5%.
ANC het gese hulle maak die soldaate. Hulle het ook gese hulle sal ons by die nommer wen… En hulle het!
“Liberation before education….!!!” was die ander slagspreuk van die ANC.
Wat meer verstommend is, is om die bevoklingsaanwas te sien van 1994 tot 2016. Wow!! Nou gee ANC grantsvir elke baba wat hulle uit pop. Weet nie wat die slagspreuk nou is nie. Seker net “Dom Nasiebou” of “Dom Stemveebou” wat ookal.
Ek herdinder myself ook aan ‘n Sunday “Liar” Times berig ‘n klomp jare terug wat gese het JZ het meer as 36 kinders by al sy vrouens en by-wywe. ‘n Swart ou het op die TV program “Maak ‘n Las” gese hy is die trose pa van 26 kinders en almal het gelag, behalwe ekke. Skande!
JZ se swartes is te “slim” en TV-baas Hlaudie se “mense lees te veel”.
Ja, hou die volk dom!!! Dis die swart mentaliteit.
Die blankes in SA het ophou kinders kry na WO2. Ek dink aan my oupas en oumas. Hulle het in die blankearmoede in die 1920’s tot 1950’s geleef. Die Afrikaaner het gebou. Skoole, Universiteite, damme, paaie, kragstasies… Noem dit. Ons het gebou! Slim en opgeleide mense kry minder kinders. Kyk na Europa en hulle arbeid krisis. Dis hoekom hulle goedkoop ingevoerde arbeiders soek. En nou… Dis alles volksvreemd en die arbeiders het skielik regte.
In 1994 was daar omtrent 473,000 studente op unieversieteitein SA en in 2013 was daar 983,689 studente wat tot 1,200,000 kan verhoog. In 1994 was daar tegnikons, onderwyskolleges, verpleegkolleges, tegniese opleiding sentrums, hulle praat van in 1994 was daar 21 Openbare Universiteite, 120 Kolleges, 24 verpleegkolleges, 11 landboukolleges en 15 Polytechnics. Die universiteite en kolleges het saamgesmelt of sommige is selfs gesluit. Van 191 hoeronderwysinstellings wat die staat bedryf het is daar tans slegs 26 universiteite met drie nuwe universiteite van tegnologie wat sederdien bygevoeg is. Lekker man lekker…!!!
Dink net waar SA kon wees as daar nie betaaling (grants) was vir bevolkingsaanwas. “Dom stemvee”
Kyk hoe lyk die universiteite nou… “Fees Must Fall” en Free Education”
In 1994 is die ANC aangese om kragstasies te bou en damme te bou en skole en universiteite ens,ens,ens,…
Kyk hoe lyk ons nou… Niks gebou en ons brand dit wat ons het. ‘n Advertensie op TV lui as jy ‘n huis bou, bou jy vir jou self maar as jy ‘n skool boue dan bou jy vir die gemeenskap. Ek voeg by… As jy ‘n skool bou, dan bou jy vir die gemeenskap om af te brand en braaivleis te hou.
Sterkte SA. Sterkte DA. Sterkte EFF. Sterktr ANC.
Bou. Dis die antwoord. Bou. Hou op kinders kry wat jy nie kan bekostig nie.
Groete Ivor.
Ek geniet altyd jou artikels, Sebastian! Ek weet net nie mooi nie of dit verstandig is om te strewe na ‘n groot stad (Orania) of dat dit beter sal wees om meer kleiner gemeenskappe te bou waar mense mekaar ken en vir mekaar omgee. Ek glo landbou moet altyd die basis bly waarop ons bou. Dit was die krag van die ou Suid Afrika en moet die krag bly van die Orania beweging. Baie seën voren toe en ons hoop ons gaan weer ‘n keer ‘n draai maak as ons SA toe kom. Groete uit Tollebeek, Nederland,
Bart Spruijt
Beste Bart,
baie dankie vir die terugvoering. Jy kan gerus wees, as ons praat van stad, dan bedoel ons nie ‘n groot stad nie, maar eerder ‘n landelike stad met om en by 10 000 mense, en omring deur plase. Ons soek die beste van al twee wêrelde. Ons gebruik die woord stad ook meer in die Europese konteks, waar ‘n stad so min as 5000 inwoners kan hê solank dit sekere funksies van ‘n stad het en stadregte kry. Ons bedoel stad ook meer in die sin van “town” en nie “city” nie.
‘n Goeie stad wat Orania wil word moet ook ekonomies gediversifiseerd wees en kan nie afhanklik wees van net een bedryf nie. Ons het reeds ‘n ekonomie bestaande uit landbou, dienste, vervaardiging, toerisme, administrasie.
Orania was aanvanklik sterk gebou op landbou, maar die probleem met landbou is die min waarde wat dit toevoeg en veral die beperkte werksgeleenthede en inkomstemoontlikhede. Veral in Suid-Afrika sit jy met die kompetisie van goedkoop massa-arbeid en jy kan nie ‘n Afrikanerwerker 5 keer meer betaal as ‘n swart werker elders kry en nog wins maak nie. Gemeganiseerde, intensiewe, kleinskaalse gesinslandbou vir die gemeenskap se selfvoorsiening is die ideaal waarna ons strewe, maar ongelukkig beweeg Suid-Afrika as geheel in die teenoorgestelde rigting: al hoe groter, al hoe meer deur maatskappye bedryf en op uitvoer gerig eerder as op selfvoorsiening.