Die drama wat tans by die Universiteit van Stellenbosch heers lei nie net tot die ontwrigting van klasse en die aanranding van studente nie. Open Stellenbosch se veldtog om erkenning vir nie-Afrikaanse studente se taalregte te kry kan, indien hulle suksesvol is, `n groter agterstand vir hulle ondersteuners tot gevolg hê. Neem as voorbeeld die kompromie by die landboukampus Elsenburg – die Universiteitsbestuur en die EFF het ooreengekom dat twee afsonderlike groepe klasse in onderskeidelik Afrikaans en Engels onderrig sal word. Alhoewel enkele van die betogende studente op Elsenburg en Stellenbosch dalk gemakliker is om in Engels onderrig te word as in Afrikaans is hulle moedertaal dikwels eerder Xhosa.
`n Verslag wat jare gelede reeds deur die Verenigde Nasies opgestel is stipuleer die belangrikheid van onderrig in `n persoon se moedertaal. So het die dogter van hoofman Siphiwo Mdledle van die Mnyameni-gemeenskap in die Oos-Kaap al aan Oraniërs verduidelik dat die onderrig by hulle plaaslike skooltjie slegs tot in Graad vier in Xhosa mag plaasvind. Daarna moet die kinders in Engels onderrig word. Dink hier aan `n Oos-Kaapse gemeenskap wat deur berge omring is. Daar is nie groot winkelsentrums, rolprentteaters of ander Hollywood-invloede wat sommige Suid-Afrikaners se aksente na die van `n wafferse yank laat klink nie. Dit is `n tradisionele, plattelandse gemeenskap waar selfs televisie `n skaarsheid is. `n Gemeenskap waar pa, ma, boetie, sussie, maatjie en pastoor almal Xhosa praat. Om daardie kinders te dwing om in Engels onderrig te word is, om die minste te sê, onbillik.
Dieselfde geld vir `n boerseun uit Malmesbury waar almal waarmee hy te doen kry, sy familie, vriende, die plaaswerkers, slegs Afrikaans praat. Dus is `n Engelstalige beleid ten koste van inheemse tale soos Xhosa of Afrikaans nie `n kompromie nie maar eerder `n tragiese verskynsel wat almal behalwe die Engelse studente tot nadeel strek. Dit terwyl daar reeds `n University of Cape Town om die draai is. Die huidge veldtogte by Maties en Elsenburg laat mens dus eerder dink aan die English Only-beleid van Britste Imperialiste wat na die Anglo-Boereoorlog geheers het as `n veldtog deur diegene wat beweer dat hulle die ware vaandeldraers van Afrika is.
Beteken dit egter dat kinders van Mnyameni of selfs plattelandse Afrikaanse gemeenskappe moet nie ander tale magtig wees nie? Geensins. Dit is belangrik om gemaklik in ander tale te kan kommunikeer – ook in Engels. Dit is egter makliker om `n tweede, derde, of meer tale aan te leer sodra jy gemaklik is met jou eie taal. Daar rus `n groot verantwoordelikheid op die gebruikers van Afrikatale om dié tale te bevorder , ook as akademiese tale, en nie die knie voor Engels te buig nie.
Moedertaal onderrig is ‘n fundamentele universele reg, behalwe in EU en Vsa. Om by die VN of europeers te kla, is minder doeltreffend as om by ANC te kla. Dus, Orania agri-tech is oornag ‘n dringende element vir voortbestaan van afrikaans en moedertaal onderrig.
Al wat dit veroorsaak is swakker studente wat nie perfekte Engelse kan praat nie (omdat dit nooit thuis gepraat word nie) en ook nie hulle eie taal baie good kan lees en skryf nie. Op die ou einde is dit onregverdig want dit veroorsaak in twee keer so veel probleme met taal in plaas van jou eie taal behoorlik te kan lees en skyry en ‘n hulpvole freemde taal (Engels) te kan verstaan. Kortlik sal niemand Afrikaans of Engels behoorlike meer kan praat nie.
Ek werk op Elsenburg. Dit gaan nie oor die taal nie, dit was maar net die stok wat hulle maklik kon kry om te slaan. Die klasse word in elk geval tweetalig aangebied – ek het al self daar klasgegee – en notas is in Afrikaans sowel as Engels beskikbaar, so ook die vraestelle. Dit gaan daaroor om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak.