Oor die afgelope sestig jaar het die Christelik-Demokratiese Unie van Angela Merkel net vyf jaar ’n regering in die deelstaat Noordryn-Wesfale gelei. Dié deelstaat, waar een uit elke vyf Duitse kiesers woon, was nog altyd die hartland van die Sosiaal-Demokratiese Party. Tydens die onlangse verkiesing in Noordryn-Wesfale het die Christelik-Demokratiese Unie egter eerste geëindig. Daar het vanjaar in drie Duitse deelstate verkiesings plaasgevind en in al drie het die CDU gewen. In twee van die drie het hulle die sosialiste uit die top posisie geskop.
Angela Merkel, voorsitter van die CDU en sedert 2005 bondskanselier van Duitsland, het met die oorwinning in Noordryn-Wesfale haar greep op beheer van Duitsland verder versterk. Toe Merkel ’n paar maande gelede aangekondig het dat sy haarself vir ’n vierde termyn as bondskanselier beskikbaar gaan stel het politieke kommentators wyd bespiegel dat sy moontlik besig is om haar hand te oorspeel.
Die toestroming van vlugtelinge na Duitsland oor die afgelope twee jaar het ernstige druk op Merkel en haar oopgrensebeleid geplaas. Met byna twee miljoen aankomelinge, meestal Moslems, uit Derde Wêreldlande soos Sirië, Afganistan, Irak en talle Afrikalande het die Duitse regering groot druk ervaar om huisvesting, maatskaplike en ander dienste aan almal te lewer. Kulturele botsings en ’n toename in misdaad deur vlugtelinge het die vraag laat ontstaan of die einde van Merkel se politieke loopbaan in sig was.
Op 24 Januarie vanjaar het Martin Schulz aangekondig dat hy homself beskikbaar gaan stel om die Sosiaal-Demokratiese Party se kandidaat vir bondskanselier te wees. Schulz was die afgelope vyf jaar president van die Europese Parlement en is redelik gewild in Duitland. Binne weke het Schulz sê party begin voorloop in peilings en was daar nog meer rede om te glo dat Merkel se rakleeftyd verby is.
Vandag, vier maande voor die Duitse federale verkiesing, lyk dinge egter totaal anders. Na drie deelstaatoorwinnings loop die Christelik-Demokratiese Unie gemaklik voor in peilings en is Merkel weer baie gewild. Beide die sosialiste aan haar linkerkant en die populistiese Alternatief vir Duitsland aan haar regterkant het wesenlike steun verloor.
Hoe kry Merkel dit reg? Eerstens moet belangrike ekonomiese gegewens nie onderskat word nie. Die Duitse ekonomie is tans baie sterk met hoër as verwagte ekonomiese groei en laer as verwagte werkloosheid. Data wat verlede week bekend gemaak is, toon dat die regering se belastinginkomste oor die volgende vyf jaar sowat 54 miljard Euro meer as verwag gaan wees. Merkel en haar regering het dus baie beweegruimte om belasting te verlaag en spandering te verhoog.
Oor die afgelope paar maande het Merkel ook stelselmatig strenger teen immigrante begin optree. Baie asielsoekers se aansoeke is afgekeur en na hul lande van herkoms teruggestuur. Minder vlugtelinge word ontvang en Merkel doen alles in haar vermoë om ’n ooreenkoms met Turkye waarvolgens die Turke die meeste vlugtelinge teen ’n prys huisves, in stand te hou.
Terwyl Merkel en haar Christelik-Demokrate spog oor hul ekonomiese sukses en beloftes oor laer belasting, infrastruktuurontwikkeling en beter veiligheid maak, het die ander partye min om aan Duitse kiesers te bied. Die vraag is nie meer of Merkel in September gaan wen nie, maar eerder hoe vêr sy gaan wen.
Oor Erich Honecker, destydse leier van die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) het die Wes-Duitse kanselier Helmut Schmidt eens opgemerk:”Hoe kon so ‘n middelmatige persoon eintlik so vêr in die lewe gekom het?” Dieselfde kan van Merkel gesê word. 3 Termyne (en waarskynlik 4) sonder dat daar enigiets groots met haar kanselierskap verbind kan word. Adenauer het Wes-Duitsland uit die isolasie gelei en in die Weste geanker, Erhard was verantwoordelik vir die “ekonomiese wonderwerk”, Brandt vir ontspanning met die Oos-blok-lande, Schmidt vir die afweer van linkse terrorisme van binne en kommunistiese bedreiging van buite, Kohl vir die Duitse Eenheid, Schroeder vir hervormings in die arbeidswetgewing. En Merkel?
Goeie dag.
Ek is lief vir elke keer as ek lees die nuus op jou site.
Ek bewonder jou harde werk en deursettingsvermoë.
Nou terug na die artikel oor A.Merkel.
Omdat Duitsland beset is deur die Amerikaanse en ander regime, moet dit doen wat bestel word deur die Duitse besetters.
Ongelukkig, in die afgelope jaar, in Duitsland is dit beheer word ‘n groot inval van immigrante.
Hulle is nie swak dinge maar Banba Islamiete.
Hulle het aan die Europese nasies en die wit ras te vernietig.
Media is opdrag gegee om alle misdade nuwelinge verwerp.
Merkel het al misdadigers bestel lekker verwelkoming.
Hulle voorrang geniet bo alle Duitsers.
Mense in Duitsland het lank reeds woedend.
Maar dit behoort nie iets te doen.
As jy in die openbaar uit te voer geweld teen misdadigers, is hulle onderdruk.
Ongelukkig is die hele inval van vreemdelinge beheer regimes die VSA, Israel en die NAVO.
Hierdie lande het ‘n belang in die vernietiging van mense en kulture in Europa en die wêreld.
As hulle wou goed vir mense, sou dit ook help om die wit mense in Suid-Afrika.
Maar hulle wil dit nie.
Hulle wil rykdom hoofsaaklik om te verenig, selfs met die duiwel.
Jammer vir die skryf.
Jou toespraak kan nie en ek is reeds baie oud.
Ek vertaal dit via PC
Ek vertaal dit via PC.
Wat gebeur in Duitsland weet goed.
Ek het familie daar en ek woon ‘n paar kilometer van die grens met Duitsland.
Ek wil net om te skryf dat Merkel daar niemand in die liefde.
Slegs die Bolsjewiste.
totsiens Rudolf