Ons kan seker vasstel dat dit wat algemeen as links beskryf word, of “polities korrek” vandag eintlik orals in die Westerse wêreld die botoon voer. Linkses sal dit natuurlik ontken, want hulle sien hulleself as vegters teen die magtiges en die onderdrukkers, en vir gemarginaliseerde minderhede. Dié siening was dalk etlike dekades gelede korrek gewees, maar wêreldwyd is die linkses sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog op ‘n segetog wat hoogstens plek-plek en tydelik gestuit is. Die een hoofrede hoekom linkses die oorlog kon wen, was dat regses moreel bankrot was na twee wêreldoorloë wat oor “regse” sake soos nasionalisme en nasionale belang geveg is en op ‘n wêreldwye ramp en die vernietiging van die ou orde uitgeloop het. Ten spyte daarvan dat die kommunisme, waar dit geheers het, erger vergrype gepleeg het as regse regimes, kon linkses in die Weste dit regkry om die aandag daarvan af te lei en uit ‘n posisie van die gewaande morele hoërgrond die samelewing te omvorm.
Die ander hoofrede was dat hulle inderdaad skynbare antwoorde op die vraagstukke van die tyd gehad het en die beter argumente kon lewer. Die beskerming van minderhede of groepe wat werklik benadeel was, die beskerming van die omgewing, wêreldvrede, beter verhoudinge tussen verskillende rasse en volke, maatskaplike hulp vir armes en beter lewensomstandighede vir die werkers en ontwikkelingshulp vir die sogenaamde Derde Wêreld was alles sake wat die hoofstroom aangegryp het en in beginsel moreel goed en reg was. Enige beweging wat veg vir die regstelling van dinge wat verkeerd loop, besit die morele hoërgrond en kan met die regte argumente en lobby-arbeid uiteindelik oortuig.
Enige beweging wat veg vir ‘n morele saak bereik egter ‘n punt waar hulle hulle hul doelwitte bereik het en te behoort ontbind. Nadat alle aanvanklike doelwitte bereik is, soos gelyke regte vir vroue (in die Weste oor die algemeen) of vir swart mense (in die VSA spesifiek), die inbring van maatreëls om die omgewing te beskerm, die onafhanklikheid van voormalige kolonies, die ontstaan van internasionale verdrae en organisasies ensovoorts, het die progressiewe beweging egter nie daarmee volstaan nie en hulle beperk tot die monitering daarvan nie, hulle het dit net as ‘n stap beskou om nou aan ‘n meer omvattende verandering van die samelewing te werk. Hulle het van ‘n posisie as avant-garde tot een van hoofstroom wat met politieke mag beklee is, verander. Nou het die volgende fase gevolg en is die doelpale geskuif. Dit was nie meer genoeg dat voorheen gemarginaliseerde groepe soos vroue of swartmense as gelyke aanvaar is en wetgewing hulle beskerm nie, nou moes hulle deur middel van staatsinmenging op elke denkbare vlak bevoordeel word. Verder is nuwe minderhede wat nou tot hulle reg moes kom ontdek, soos mense met afwykende seksuele voorkeure of dwelmgebruikers. Op die terrein van die staatkunde was goeie samewerking van state en die vorming van internasionale organisasies nie meer genoeg nie, nou moes ‘n utopiese wêreldregering gebou word, met die Europese Unie of die Afrika-Unie as boublokke. Dit was ook nie meer genoeg dat voormalige kolonies nou ook op gelyke vlak met die ouer state en volke staan nie, die erfenis en politieke denke van die Weste moes tot niet gemaak word omdat, volgens linkse logika, onderdrukking en uitbuiting inherent deel van die blanke Weste is. Die Christendom is ’n hoofteiken van dié kulturele revolusie, want dit is die fondasie van die Westerse beskawing.
Die linkses sit nou in die sentrums van mag en beheer lankal die debat, maar hulle het die morele hoërgrond verloor. Daar word nie eens meer debatte gevoer nie, maar die wat ander opinies het word stilgemaak en geboelie. Die eertydse vegters vir verdraagsaamheid, oop debat en vir die onderdruktes het nou self die onderdrukkers en sensors geword. Hulle magsgreep lyk onaantasbaar en hulle stoom voort op die suksesse wat behaal is. Die linkse hegemonie staan egter op voete van klei. Die voete van klei is die gebrek aan argumente en aan werklike vraagstukke wat tot die meerderheid spreek. Die bevryding van onderdrukte volke was moreel reg, die tyd was daarvoor ryp en dit het ‘n magtige golf geword. Die stryd vir ‘n “gay-huwelik”, vandag se linkse gunstelingsprojek daarteenoor is ‘n armsalige en kunsmatige debat wat deur radikale meningsvormers en talle opportuniste op die swygende meerderheid wat ander probleme het, afgedwing word, om maar net een voorbeeld te noem.
Die tyd is nou ryp vir behoudendes om, soos die linkses sowat 70 jaar gelede, as nuwe avant-garde na vore te kom en die morele hoërgrond deur beter argumente te beset en om antwoorde op vandag se vraagstukke te gee.
Dagsê Sebastiaan. Ek het jou opiniestuk baie insiggewend gevind. Dit bevat baie belangrike geldige insigte wat deur goed deurdagte argumente ondersteun word. Ek wil egter daarop wys dat die morele bankrotskap waarna jy verwys, en wat volgens jou tot ‘n nuwe diktatoriese bestel gelei het, dalk nie noodwendig ‘n linkse agenda weerspieël nie, maar dalk ‘n natuurlike moreel-sosiale ewolusie verteenwoordig wat soos enige ander ongetoetste ideologie, nog nie besef het dat dit die grense van sy impak en reikwydte bereik het, en dus nou ‘n fase van korreksie gaan betree nie. Die feit dat dit nou aanleiding gee tot die ektreemste vorms en toepassings, en in sommige gevalle die mees absurdste uitkomste moontlik, staaf daardie punt. Daarmee stem ek met jou heelhartig saam, maar indien mens die lyn van vooruitgang volg, beteken dit dat die ‘voete van klei’ noodwendig to ‘n inploffing van bestaande idees sal lei (en noodwendig ‘n terugkeer na tradisionele waardes) óf dink jy dat die wêreldgemeenskap (soos in die verlede) bereid sal wees om die beste waardes van individuele vryheid in die voorsetting van ons gemeenskaplike soeke na morrele-balans sal kies om in die kontinuïteit te inkorporeer?
Jacques, dankie vir die reaksie. Dit wat ek skryf geld inderdaad nie net vir die linkse hegemonie nie, maar ook vir ‘n regse een.Enige stelsel, ongeag of links of regs, godsdienstig of sekulêr, is gevestig met die aanspraak om ‘n beter en meer regverdige bedeling te skep (die bestaansrede of “founding myth”). Ook die Nazis se bewind het aanvanklik aansprake gehad wat as moreel reg oorgekom het (bemagtiging van die verontregte volk, herstel van voormalige gebiede wat onregverdig weggevat is, ekonomiese ontwikkeling ens.), maar dit het vining ontaard in ‘n barbaarse stelsel van onderdrukking en immorele doelwitte. Die verlies aan die morele hoërgrond het dus niks met die ideologie as sulks te doen nie, maar met absolute mag wat korrupteer. Ons sien dit ook in die huidige ANC-bewind: aanvanklik was die aanspraak bevryding van die onderdruktes, gelykheid en beter lewensomstandighede vir almal sonder om die minderhede te onderdruk, skoon regering ens. (al die mooi Mandela-praatjies). Ons weet wat het intussen daarvan geword.
‘n Stelsel sal egter nie sommer van self inplof nie. Voete van klei is swak, maar ‘n hegemonie kom nie tot ‘n val as niemand dit uitdaag nie. Trouens, as al die opportuniste die moreel bankrot hegemonie steun uit eiebelang, kan dit nog lang bestaan. So ‘n stelsel kan of so onderdrukkend wees dat almal wat dit wil uitdaag te bang daarvoor is, of dood is, of dit kan hervorm om voort te bestaan, of ‘n mengsel van altwee. Die oorsake vir die uiteindelike val kan veelvoudig wees: vir die Nazibewind was dit die verlore oorlog; vir die NP-bewind was dit demografiese ontploffing, sanksies en interne verdeeldheid onder die leiersgroep; vir die Sowjet-Unie was dit ‘n onvolhoubare ekonomie en etniese spanning. Vir die ANC-bewind kan dit eise van die bevolking wees wat nie meer bevredig kan word nie. Die onderbou van elke hegemonie is egter die bestaansrede of “founding myth”. As dit nie meer bestaan nie, kry ons die voete van klei.
Kyk net hoe ver lings het Obama Amerika gevat. Waar Ghristene, wat nie ‘n troukoek vir ‘n homosekseule troue wou bak nie, as gevolg van hulle geloof, met $135,000 beboet is.
Daar is sprake dat kerke, wat nie gay – huwelike wil doen nie, vervolg sal word……So kan mens aangaan en aangaan.
In Azania is dit al lankal “everything go’s”. Ek kan nie ‘n einde sien aan hierdie lingse golf nie….
Ek het self ook verwag dat na die val van kommunisme en die einde van die Koue Oorlog die linkses op die agtervoet sou wees, maar hulle kon dit regkry om te hergroepeer. Ons moet dit egter ook in die lig van ‘n voltooing van ‘n opmars na die snetrums van mag sien. Diegene wat vandag die mag in politiek en media beheer is polities gevrom in die 1960’s en 1970’s in Europa en die VSA, in Suid-Afrika in die 1980’s (as ‘n reel is Suid-Afrika ‘n generasie agter die res van die Weste). Met ander woorde, die geslag gaan binnekort aftree en dan sterf. Hulle opvolgers is nie meer verbete ideoloë nie, maar meesal loopbaansoekers, opportuniste en aangepastes sonder diep oortuigings, omdat hulle gevorm is in ‘n era waar die groot linkse vraagstukke reeds deel van die hoofstroom geword het, en waar die verbruikerskultuur alles oorheers het (die 1980’s en 1990’s). Hulle besit nie meer die ywer van die voorgangers nie. Ons as behoudendes moet nou hulle voete van klei begin ondergrawe deur te debater, te skryf en op die voorvoet te wees.
Waar kry jy die storie van $135.000 boete ? Ek kan dit nie glo nie.
So lank ontledingsartikels nie op Skepper-Redder Christus gegrondves is nie, is al die woorde bloot ‘n gejaag na wind. Lees gerus ook (nuutste onder) … http://www.bibleguidance.co.za/Librarylists/Afrikaanseartikelslys%20Eskat.htm
Dankie Sabastiaan. So tyd gelede het Jaco ook gewaarsku teen die linkseleuen.
Bly om te hoor hoe verkeerd links is , wag nou net om die verduideliking van waarom ‘regs’ reg is, te hoor.
Groete
Hallo Tiaan. Ek reken in die meeste blogartikels word verduidelik hoekom breedweg konserwatiewe gedagtes meer suksesvol en morel beter is (maar ongelukkig deur min maghebbers toegepas word)as linkse idees, soos afwenteling van mag na die grondvlak en federalisme eerder as sentralisasie (Jaco en Gawie se artikels), groepsverband pleks van “almal saam” (Henri en Carel se artikels), bewaring van die eie en trots op jou herkoms (my onlangse artikels, asook James) eerder as om te wil opgaan in ‘n identiteitslose mengelmoes ens.