Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat verlede week in New York in die VSA plaasgevind het, was ʼn toonbeeld van die verskuiwings in internasionale verhoudinge en magsposisies wat die afgelope tyd toenemend duidelik raak.
Vladimir Putin, het in sy toespraak ʼn duidelike saak gestel teen Westerse imperialisme. Sy argumente teen die Amerikaanse invalle in Afghanistan en Irak verdien toenemend steun. Die wyse waarop Amerika en Europa in Libië, Egipte en Sirië ingemeng het en steeds inmeng wys op die die Weste se onvermoë om steeds die morele hoëgrond in internasionale verhoudinge te handhaaf.
In Irak het meer as 3000 Amerikaanse soldate en meer as 100 000 burgerlikes met hul lewens geboet. Vandag beheer die terroristegroep, Die Islamitiese Staat, die grootste provinsie in Irak, Anbar, sowel as die tweede grootste stad in die land, Mosul. Intussen het die Irakse regering sy rug op die VSA begin draai in ruil vir nouer bande met die Amerikaanse aardsvyand, Iran.
In Afghanistan, sukkel die oorblywende 10 000 Amerikaanse soldate vandag om in samewerking met die Afghaanse weermag die opmars van die Taliban te stuit. Die Taliban, wat Afghanistan regeer het, voordat die Amerikaners hulle veertien jaar gelede uit die kussings gelig het, is besig om weer veld te wen en groot dele in die ooste en noorde van Afghanistan is weer volledig onder beheer van die Taliban.
Westerse lande se onvermoë om volhoubare oplossings vir die geskil in Sirië te skep het ʼn magsvakuum gelaat wat tans deur Vladimir Putin gevul word. Putin se argument dat die ondemokratiese regering van Bashar al-Assad ondersteun moet word ten einde te verhoed dat terroristegroepe in Sirië veld wen, dra tans meer morele gewig as die VSA en sommige Europese lande se argument dat Al-Assad onttroon moet word ten einde demokrasie na Sirië te neem. Die Weste se poging om ʼn diktator in Libië te onttroon en demokrasie daar in te stel het lelik in hul gesigte ontplof. Vandag betaal die burgers van Libië die prys van Westerse demokratiese imperialisme.
Leierskap wat innoverende voorstelle vir wêreldprobleme kan aanbied, is vandag in die meeste Westerse lande afwesig. Barack Obama se toespraak by die Verenigde Nasies was ʼn teken daarvan. Angela Merkel se hantering van die vlugtelingekrisis in Europa spreek ook daarvan.
Daarteenoor was die toesprake van Vladimir Putin en Benjamin Netanyahu die twee wat die sterkste verlede week uitgestaan het. In die sogenaamde vlugtelingkrisis, wat eintlik ook ʼn krisis van onwettige massa-immigrasie is, is dit Viktor Orban van Hongarye wat sterk leierskap toon, eerder as die leiers van Duitsland, Frankryk of enige ander Wes-Europese land.
George W. Bush van die VSA en Tony Blair van Brittanje het die sterk intervensionistiese Westerse beleid ingelei met hul oorloë in Afghanistan en Irak. Barack Obama, Angela Merkel en ander huidige Westerse leiers se ingesteldheid van visieloosheid en oordrewe pragmatisme is ook geen oplossing vir internasionale probleme.
Putin se voorstelle dat wêreldstreke hul eie probleme moet oplos, maak meer sin. Of die Amerikaners wat steeds imperialisties dink dit sal steun word egter betwyfel.
Hierdie tipe redenering kan baie gevaarlik wees. Die wêreld se streke is weens migrasie nie meer onafhanklik van ander streke nie (as hulle dit al ooit was). Juis Afrikaners – hoe inheems hul hulself beskou – is oorspronklik van Europa en definieer hulself nie in kulturele terme van die omgewing nie. Dis nie erg nie, maar in die geskiedkundige konteks van die Afrikaner is die mening dat elke streek sy eie konflikte moet oplos, stuitend. Afrikaners het hul se suksesse het altyd saam gegaan met massa-immigrasie vanuit Nederland en Duitsland. Sowel tydens die hoogty dae van die Boererepublieke as. Suid-Afrika se ekonomiese boom direk na die Tweede Wêreldoorlog het saamgeval met die migrasie van derduisende Nederlanders en Duitsers na Suid-Afrika. As elke streek sy eie probleme moet oplos, moet die Orania Beweging ook direk stop om steun te soek in Europa en toekomstige immigrasie na Orania vanuit Nederland en Duitsland heeltemal onmoontlik maak. Dit is mos waansin?!
Veral die stelling van Poetin dat elke wêreldsteek sy eie probleme moet oplos, is lippediens. Die feit dat die skrywer Russiese stelling nie in Russies-binnelandse perspektief plaas nie, veroorsaak wanpersepsies. ‘n Mens wat deur Rusland reis en buitelanders wat daar woon, sien dat Rusland terug gryp op militêre taktieke en propaganda uit die tyd van die Sowjet-Unie. Dit is nie ideale wat Rusland praat nie. Dit is belange. Rusland (en Amerika) laat hul buitelandse koers lei deur belange: ekonomies, militêr en strategies. Europa, wat deur sy verdeeldheid slegs buitelandse politiek kan voer op basis van “regverdigheid”, word deur kulturele nabyheid met die VSA heeltyd deur die VSA misbruik, omdat die VSA ‘regverdigheid’ nie als ‘n doel (soos Europa) sien nie, maar slegs as middel (om die steun van Europa te kry). En dit is waar probleme inkom. Poetin is niks beter nie. Sterker, die feit dat hy ou Sowjet-taktieke gebruik, moet Afrikaners laat huiwer. Afrikaners was mos een van die min volke wat ooit teen die Russe in ‘n vuil proxy-oorlog geveg het. Of is die grensoorlog al vergeet?!
Dit is buitendien ook skokkend dat die skrywer die weste blameer vir die toestand in Sirië. Hoekom moet die weste ‘n oplossing vind? Dit is die saak van die streek self, nè? Tenminste, dit is wat die skrywer betoog. Ek stem saam dat die weste nie onskuldig is nie, maar hulle is veseker nie die belangrikste skuldige nie! Verder word oplossings wat die weste uitdink, steeds deur Rusland en China in die Veiligheidsraad geblokkeer. Rusland kan maar steeds sy veto gebruik, maar het ondertussen nog nie in al die jare dat die konflik bestaan met ‘n oplossing gekom nie. Die huidige bombardemente is verseker geen oplossing nie, want as Russiese bomme westerse soldate (of omgekeerd) raak, breek die derde Wêreldoorlog uit. Nou, daardie houding is verantwoordelik! #NOT
Afrikanes mag buitendien nie vergeet dat Poetin nie aan hul syde staan nie. Zuma is – mede danksy die multimiljard kernkragprogram en talle besoeke aan Rusland – in die sak van Poetin. Elke poging van Afrikaners om van Zuma of die ANC ontslaan te raak, verswak die ANC en daarmee Rusland en Poetin se posisie in Suid-Afrika. Afrikaners moet oppas dat hulle in die toekoms nie doelwit gaan word van Rusland se buitelandpolitiek nie, indien hulle die dominante posisie van die ANC opnuut teveel bedreig, omdat dan ook die Russiese posisie in Suid-Afrika bedreig word. Dit was mos Rusland wat vir die ANC, SWAPO en die MPLA gesteun het. In geval van die Afrikaner is die huidige simpatie vir Poetin dieselfde as simpatie vir die Britte tussen 1902 en 1910. Dit verswak net jou eie saak.
Putin is ‘n gesoute politikus, en iemand wat glo aan magspolitiek. Dis hoekom hy ‘n swakkeling soos Obama ore aansit. Dit gaan nie vir hom daaroor om imperialsime hok te slaan nie, want Rusland bedryf sy eie imperialisme, nes Sjina, dit gaan daaroor om die Weste te ondermyn. Alhoewel die VSA en die EU teleurstel met hulle wipplank-politiek in die wêreld, behoort ‘n mens Rusland en Sjina nog minder te vertrou. Ons behoort by klein lande te staan wat veg vir die behoud van hulle onafhanklikheid (Oekraine, die Baltiese state, Hongarye). Die supermoondhede is nie ons vriende nie, maar die VSA kan nog steeds meer vertrou word as Rusland of Sjina.
Wat lande soos, Irak,Libie, en Egipte gewys het, was eenvoudig, wanneer ‘n diktator verwyder is, het dit ‘n mags vakuum veroorsaak, wat dan onder die dekmantel van demokrasie vervang is deur ekstremiste.
Wat tans in Sirië plaasvind is tragies, veral met betrekking tot die onskuldiges wat sneuwel tydens die oorlog,maar so glo ek ,wanneer Bashir Al Assad vervang is, gaan dit deur ‘n ekstremistiese party vervang word.Hetsy deur die rebelle,wat veg teen Bashir of deur ISIL.
Die stelling wat gemaak is dat wêreldstreke hul eie probleme oplos, glo ek daar is ‘n fyn balans van wanneer die internasionale gemeenskap moet toe tree tot ‘n streek se probleme, en tye wanneer soos Jaco sê streke hul eie problem moet oplos.
‘n Goeie voorbeeld uit die geskiedenis wanneer die internasionale gemeenskap moes toe tree tot ‘n streek se probleem is , toe Die Nazi’s groot dele van Europa insluk en miljoene onskuldiges vermoor het.
Asook nog’n voorbeeld toe die internasionale gemeenskap die val van kommunisme moes bewerkstellig het, waar byvoorbeeld die totalitêre regering van die Sowjet Unie onder die leierskap van Josef Stalin skuldig was aan omtrent 50 miljoen mense se dood .
So ek glo daar is ‘n fyn balans van wanneer wêreldstreke hul eie probleme moet oplos en wanneer die internasionale gemeenskap moet toe tree.
From: Johan Malan
Sent: Tuesday, October 20, 2015 1:28 PM
To: Hanno
Subject: Vladimir Putin
Daar is nie ‘n eenvoudige antwoord op hierdie vraag nie. Die feit is dat morele en godsdienstige verval in die Weste so erg is dat selfs Rusland homself maklik as ‘n protagonis vir morele regte en godsdiensvryheid kan beskryf. Rusland het egter nog ‘n ver pad om te gaan voordat hulle hulleself as kampvegters vir geregtigheid en morele regte kan voordoen. Die anneksasie van die Krim-skiereiland, hulle rol in die opstande in die Oekraïne, asook hulle militêre bondgenootskap met Iran en Sirië, is té onlangs om van hulle ‘n voorbeeld van eerbare menseregte te maak. Rusland se lang geskiedenis van Jodehaat en die aktiewe vervolging van Jode, is té prominent om sonder ‘n nasionale skuldbelydenis oor die hoof gesien te kan word. Trouens, hulle het ‘n aktiewe militêre verbond met Israel se grootste vyand, Iran, en kan hoegenaamd nie vertrou word terwyl hulle Iran help om kerntegnologie te ontwikkel, en ook nog Iran se Sjiïetiese bondgenoot in Sirië, Bashar al Assad, help om aan bewind te bly nie.
Terselfdertyd moet daarop gelet word hoedat die leierskapsrol van Stalin (die tweede-grootste massamoordenaar in die geskiedenis van die mensdom ná Mao tse-Tung) weer in Rusland erken en selfs bewonder word. Daar is talle berigte op die internet waarin Putin groot lof vir die sterk leierskap van Stalin uitspreek, bv. die volgende:
The rehabilitation of Stalin: Putin rewrites history to convince almost half of all Russians that megalomaniac dictator was just a man with ‘good intentions’.
http://www.dailymail.co.uk/news/article-3069108/The-rehabilitation-Stalin-Putin-rewrites-history-convince-half-Russians-megalomaniac-dictator-just-man-good-intentions.html
Stalin Rises from the Ashes in Putin’s Russia
http://www.themoscowtimes.com/opinion/opinion/article/stalin-rises-from-the-ashes-in-putins-russia/519090.html
In the context of Russia’s diminished international standing and renewed American hostility, it is not surprising that both the Putin government and many Russian citizens look more favourably on the Stalin era — a time when Russia was respected, even feared; a time when Russia’s power was growing, not contracting; a time when Russia vanquished Nazi Germany and became a world superpower.
Volgens Eseg. 38 en 39 gaan daar in die eindtyd ‘n Russies-Arabiese inval in Israel plaasvind, en dit is duidelik dat Rusland militêr al hoe meer by Midde-Oosterse oorloë betrokke raak. Hulle magsopbou in Sirië kan ‘n voorspel tot hierdie oorlog teen Israel wees.
Does the Bible say anything about Russia in relation to the end times? – http://www.gotquestions.org/Russia-end-times.html