Die Tiroolse volk het onlangs weer op kleurryke wyse Andreas Hofer-dag gevier. In Meran in Suid-Tirool het soos elke jaar ‘n groot aantal Tirolers in tradisionele klere opgedaag om dié rebelleleier te onthou. Hofer word deur ware Tirolers as ‘n groot volksheld geag en die Tiroolse volkslied vertel ook die verhaal van Hofer se heldedade tot met sy teregstelling deur Napoleon se magte.
Die Tiroolse volk se verhaal klink baie soos dié van die Afrikaner. Hul stryd was soos ons s’n ook nog deur eeue ‘n stryd om vryheid. In 1805 is Tirool van Oostenryk na Beiere oorgedra. Gedurende daardie tyd was Beiere saam met die Franse ‘n magtige groepering in Europa en die Tirolers was ‘n klein, landelike volk wat meestal uit boere bestaan het. Hofer was kort na die oordrag aan Beiere bekend as ‘n rebel en het regoor Tirool burgers tot rebellie aangemoedig. In 1809 breek die rebellie van Tirool teen Beiere en die magte van Napoleon uit. Letterlik ‘n Dawid teen Goliat stryd. Die Tirolers moes met minderwaardige wapens en selfs plaasimplemente hul vryheid probeer terugkry.
Kort na die uitbreek van die rebellie verower Hofer en sy sowat 20 000 man Innsbruck en beweeg daarna suid om Bozen, vandag die hoofstad van Suid-Tirool, te bevry. Soos wat die tyd verloop het, stuur Napoleon egter meer en meer soldate en uiteindelik na die aanvanklike sukses van die Tirolers word Hofer en sy manne die berge in gedryf. Hofer wyk uit oor die berge en gaan kruip weg vir die vyandige magte. ‘n Beloning van 1500 gulde word uitgereik vir enige inligting oor waar hy wegkruip en dit lei tot verraad deur sy eie buurman. Die Italiaanse magte wat aan die kant van Napoleon gestaan het, vang Hofer en neem hom na ‘n stad in Italië waar hy tereggestel word.
Sedertdien is Hofer dié simbool van die eeue-oue stryd om vryheid wat deur die Tirolers gevoer word. Hofer se verhaal het in ‘n groot mate bygedra tot die behoud van die Tirolers se vryheidstryd en veral in Suid-Tirool, wat na die Eerste Wêreldoorlog, weer hul vryheid verloor het en by Italië ingelyf is, het Hofer se lewensverhaal, wagmoed, dapperheid en durf gereeld die vlam van vryheid lewendig gehou.
Vandag word Hofer deur Tirolers onthou, nie net deur monumente en gedenkdae nie, maar ook deur ‘n volgehoue stryd om vryheid. Die Tirolers voel dat hulle dit aan Hofer se nagedagtenis verskuldig is om nie hul vryheidstryd te versaak nie.
Die Afrikaner se verhaal klink baie soos dié van die Tirolers. ‘n Goeie, boerenasie wat deur die eeue gereeld sy vryheid aan wêreldmagte moes afstaan. Die afgelope dekade of twee het ons verhaal egter ‘n ander pad begin loop. Dit kan tereg gevra word: Het ons anders as die Tirolers die nalatenskap van ons voorsate versaak deur die vlam van vryheid in onsself te blus of kan ons die klein smeulende kooltjie vuur weer in ‘n lewendige vlam van vryheid omskep?
Laat ons by Hofer en die Tirolers, maar ook ons eie voorsate leer en op ‘n beskaafde, maar gefokusde wyse die vlam van vryheid weer onder ons mense laat brand. Hofer het juis gesê: “Ek sal nie my lewe vir ‘n leuen verruil nie.”
VIVA TYROL, VIVA ORANIA!
Twee opmerkings het my tot nadenke gestem.
1) Dit kan tereg gevra word: “Het ons anders as die Triolers die nalatenskap van ons voorsate versaak?”
OF overgesetsynde: Het ons by die kultuur van die dag ingeval?
Hierop sal elkeen van ons in die binnekamer, alleen, en eerlik, moet antwoord.
2″Laat ons … op beskaafde wyse, maar op gefokusde wyse weer die die vlam van vryheid onder ons mense laat brand..”
Uiters beskaafd? Beslis! Want dit is hoe ons Orania,en al sy mense, na n onlangse besoek, ondervind het. Mense wat op n beskaafde (Afrikaner) wyse die ideaal van selfbeskikking in n werklikheid omskep.
Gefokus? (op die vryheid van die Afrikaner)
Weereens moet elkeen van ons maar weer n voorraadopname doen.
Die uitslag van die komende verkiesing op 7 Mei gaan die vlam van vryheid baie sterk aanblaas onder Afrikaners.
Dit is baie duidelik, dat die swart rassistiese EFF beweging, baie goed gaan vaar in hierdie verkiesing.
In Zimbabwe het hulle ook eers na twintig jaar begin met hulle truuks.
Hierdie hele proses was soooooo voorspelbaar…….
Ek vertrou die “skille” sal finaal van Afrikaners se oe afval. Die media wat opinie beheer, is natuurlik ‘n ander storie.
Dankie Jaco, vir n baie prikkelende stukkie geskiedenis daar vanuit Suid-Tirool.
Ons is vasgevang in n soort groef van denke wat ons laat glo dat ons nie hond sal haaraf maak met die komende verkiesing of enig iets soortgelyk, om ons sitausie te red nie.
Ons moet ophou om gedurig net altyd te wil koningkrykies bou omdat ons glo ons het die oplossing vir ons probleem.
Ons moet ons geskille bylê, hande vat, soos wat Orania vir ons nou al mooi gewys het hoe, en soos wat Dr Jhon aanbeveel ,op n beskaafde wyse maar gefokus, saam onder een sambreel hierdie verkiesing, en alle sake daarna aanvat.
Die uurglas is besig om vinnig uit te loop
Laat ons, ons leuse van voorheen weer gestalte kry en dit uitleef.
“EENDRAG MAAK MAG”
Ons twee is ongelukkig aan die verkeerde kant van tagtig, en woon, met net n broer in SA, in Sydney. Maar ons harte is steeds by wat julle doen, Ons grootste wens is dat daar n uitkoms vir ons boerevolk in die toekoms sal wees. Mag die Here met jul wees.
Hendrik en Anna Wentzel.
Die bevolking van Suid Tirol is oorwegend duitssprekend : 69 %. Hulle kan dus maklik met ‘n referendum aansluiting kry by Noord Tirol. Dit is my ‘n raaisel hoekom hulle dit nie doen nie. Andreas Höfer was ook nie ‘n Suid-Tiroler, maar ‘n Noord-Tiroler.
Die situasie van Suid Tirol is totaal onvergelykbaar met die van ons in SA.
Mnr Zeevaart. Ek is heeltemal bewus dat Hofer van Noord-Tirool was en maak nêrens ‘n opmerking dat hy van Suid-Tirool was nie. In Hofer se tyd was Noord en Suid-Tirool egter in dieselfde ryk en nie soos vandag waar die twee streke in verskillende lande lê nie. Juis daarom is Hofer ook ‘n groot held in Suid-Tirool. Vir Suid-Tirool om uit Italië na Oostenryk (waar Noord-Tirool is) te skuif is nie so eenvoudig soos wat u dit stel nie. U opmerking oor Suid-Tirool en Suid-Afrika is ook nie korrek nie. Om ‘n vergelyking tussen Suid-Tirool en die Afrikaner te stel het sekerlik gronde. Natuurlik verskil ons omstandighede wesenlik, maar die vergelyking fokus juis op die enkele ooreenkomste waarvan een juis die volgehoue strewe na die behoud van ons kultuur en tradisies in ‘n tyd van onderdrukking is.
Beste Jaco, Jy is reg wat die punt betref oor Hofer.
Dit het my gegaan oor hoekom die Suid Tirolers geen kans sien om uit Italië weg te breek nie. Dink net aan die Krim. Jy voer geen enkele rede aan vir ‘n sekere vryheidstryd nie. Dit wil my voorkom dat hulle liewerste by Italië wil behoort as by hul volksgenote in die noorde : finansiële voordele ? Daardie Suid Tirolers is in my oë gewoon slappelinge.
Die Suid-Tirolers wat ek ken nie trotse patriotte en om hulle slappelinge te noem sou uiters beledigend gewees het. Daar is sekerlik soos in enige volk ook slappelinge tusen die Suid-Tirolers, maar hulle is in ‘n klein minderheid. Die voordeel met die Krim was dat Rusland aan hulle kan gestaan het. Die ideaal sou wees dat Oostenryk die Suid-Tirolers ondersteun en eintlik weer deelmaak van hulself, maar almal is oorversigtig weens politieke en ekonomiese redes. Die meerderheid Suid-Tirolers wil sonder twyfel vry wees, maar ja goeie politieke leierskap, steun in die res van Europa en riskante stappe is daarvoor nodig.