Interessant dat hierdie era as die “inligting revolusie” bestempel word terwyl ons in praktyk lewe in ’n tyd van intellektuele verrotting. Ons wêreld het onderstebo gedraai en mense het soos vlermuise geword wat sluimerend koponderstebo vasklou aan ’n mislukte samelewing.
Daar is al so met ons mense se koppe gesmokkel dat hulle ’n bedreiging vir hul eie voortbestaan geword het. Ons hoor gereeld dat apartheid – en by implikasie die Afrikaner – verantwoordelik is vir al die probleme in die samelewing. Selfs Afrikaners soos o.a. joernalis Jan-Jan Joubert, profs. Anton van Niekerk en Pierre de Vos, politici Marthinus van Schalkwyk, Carl Niehaus en vele meer is hiervan oortuig.
Wat die vlermuise immers nie besef nie is dat die Afrikaner alleenlik skuldig is aan die feit dat ons onwillekeurig ons eie ondergang veroorsaak het toe ons die beste van ’n slegte situasie wou maak. Ons het eers vir almal gegee wat hulle regverdiglik toegekom het, toe het ons nog gegee – en aanhou gee tot daar op die ou einde niks vir onsself oorgebly het nie.
Regverdiglik toegekom het, ja! Wat die Zilles, Tutus en Malemas nooit vir hul ondersteuners sal sê nie is dat die Afrikaner miljoene akkers vrugbare grond vir swartes gegee het waarop hulle hul eie state kon bou sodat hulle in hul onderskeie stamverbande kon leef soos dit hulle betaam het voor en sedert die dag toe hulle hul voete suid van die Limpopo gesit het.
Boonop het die Afrikaner miljarde belastingbetaler rande spandeer om die swartes voortdurend te help. In 1987, naby aan die einde van die apartheid era, het die Suid-Afrikaanse bevolking uit 4,8 miljoen blankes en 18,2 miljoen swartes bestaan. Blankes het egter gesorg vir 77% van alle belasting wat die staat ontvang het teenoor 15% wat deur swartes bygedra was. Ten spyte hiervan was 56% van die apartheid regering se begroting op swartes bestee.
Tussen 1955 en 1984 het die getal swart leerlinge 31-keer vermenigvuldig van 35 000 tot 1 096 000. Die apartheid regering het gemiddeld 15 klaskamers per dag vir swartes gebou terwyl 365 skole in Soweto alleen opgerig is. 10 universiteite is vir swart mense gebou o.a. die Medunsa Universiteit wat op staat onkoste sowat 200 swart dokters per jaar opgelewer het. Hospitale is vir hulle gebou o.a. Baragwaneth, wat die grootste hospitaal in die wêreld is.
Op aandrang van die ANC verwyder die DA ’n standbeeld van dr. Verwoerd in Midvaal omrede hulle eens is dat niemand in die Nuwe Suid-Afrika veronderstel is om met “die vader van apartheid” te assosieer nie. Hoekom? Toe dr. Verwoerd aan stuur van sake was het swartes se lewensstandaard met 5,4% per jaar gegroei terwyl wittes s’n met 3,9% gegroei het. Die RSA ekonomie het die tweede vinnigste in die wêreld gegroei teen ’n tempo van 7,9% per jaar (teenoor 4,5% in 2010) en die werkloosheidsyfer het op 3% gestaan (teenoor 25,5% in 2010) terwyl inflasie 2% was (4,8% in 2010).
Mens moet juis 2010 se syfers met dr. Verwoerd se era vergelyk omdat dit die FIFA Wêreldbekerjaar was en die media ons tot vervelens toe herinner het van die “hoogtes” wat al deur die reënboognasie bereik is.
In 1946, gedurende die 44ste jaar van Britse oppergesag in Suid-Afrika, was 89% van swart werkers ongeskoold. Skaars 20 jaar later, gedurende dr. Verwoerd se termyn as die eerste staatshoof van die Republiek, het 65% van alle swart kinders op die skoolbanke gesit. Vergelyk dit met ander Afrika state gedurende dieselfde tydperk: 64% in Egipte, 57% in Nigerië, 52% in Ghana, 50% in Tanzanië en 29% in Etiopië.
Duidelik is dr. Verwoerd en sy suksesse vir die DA, ANC en hul Nuwe Suid-Afrika te veel om te hanteer. Sy beleid van afsonderlike ontwikkeling het beter gevaar as enigiets wat al sedert 1994 van stapel gestuur is.
Die ongekende groei wat die swart bevolking as ’n direkte resultaat van apartheid geniet het was egter nie goed genoeg vir hulle nie. Hulle wou meer hê en moes alles kry voor hul kommunistiese leiers soos o.a. Nelson Mandela tevrede sou wees. Terrorisme tesame met handelsboikotte vanuit die buiteland is ingespan om die Afrikaner uit sy magsposisie te lig. Byna 70% van die blanke kiesers gee in 1992 vir De Klerk ’n mandaat om verder met die ANC te onderhandel en dit loop toe daarop uit dat die NP twee jaar later vir die ANC die hele land gee.
Na 17 jaar se wanbestuur en korrupsie is die tyd nou ryp vir die ANC om landbougrond en myne te nasionaliseer. Daar is al sprake dat alle blankes ’n spesiale “opmaak vir die verlede belasting” sal moet betaal want, volgens Desmond Tutu, “byna al die wit mense was bevoordeel deur apartheid”. Het mense reeds vergeet dat 20 000 “slagoffers van apartheid” R 30 000 elk by die Waarheid- en Voersoeningkommissie ontvang het? So ’n belasting sal net nog meer fondse beskikbaar stel vir swart politici se uitspattige leefstyle en verdere massa-korrupsie onder onbekwame ANC staatsamptenare. Is dit die land waarin jy jou kinders wil grootmaak?
Helen Zille, Julius Malema, Jacob Zuma en derduisende ander Suid-Afrikaners sing met hartelus hul beroemde struggle liedere. Zille het self saamgesing dat Boere geskiet moet word nadat ons vir haar swart kiesers leer lees en skryf het, vir hulle hul eie lande gegee het en vir hulle hospitale, skole, kerke ens. gebou het terwyl haar comrades in die res van Afrika deur hul eie swart leiers uitgemoor was.
Die onkunde en arrogansie wat onder die DA, ANC en die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaanse bevolking heers het ’n samelewing geskep waarin etniese minderhede soos die Afrikaner vandag ’n volksmoord in die gesig staar.
Inderdaad, apartheid het daartoe gelei dat die Afrikaner sy eie ondergang veroorsaak het. Verder hou Afrikaners aan om hulself stuk vir stuk op te kap deur te kies om met die bloeddorstige reënboognasie en karakters soos Helen Zille en Athol Trollip geassosieer te word.
Waar gaan Zille en haar DA wees die dag as hul massas swart kiesers besluit om net huise en plase te vat saam met comrades Malema, Manyi en Nqakula? Gaan sy en Afrikaner-hater Trollip hulself voor die massas op die grond gooi om die boere te probeer beskerm? Nee, want hul party steun reeds grondhervorming juis sodat meer swartes vir hulle kan stem. Die boere in Zimbabwe het 30 jaar terug ook nie gedink dat Mugabe so vêr sal gaan nie. Moenie die ANC of die DA onderskat nie!
Is die hele idee van Suid-Afrika tog nie waar die probleem lê nie? Apartheid het nie gewerk nie en duidelik doen die Nuwe Suid-Afrika nog minder. Dit is tyd dat ons die ou drogbeelde laat vaar, ons oë oopmaak en onsself losmaak van Suid-Afrika.
Daar is sedert die 1980’s baie prosesse aan die gang wat ten doel het om ’n wesenlike deel van die Afrikanervolk vrywilliglik los te maak van Suid-Afrika deur ’n nuwe tuiste te skep waarin ons mense kan voortbestaan sonder diskriminasie, misdaad, grondhervorming, rassisme en die dodedans van minderheid opposisiepolitiek.
Ongelukkig is te veel Afrikaners nog opsoek na kortpaaie om hul vryheid te herstel. Om jouself los te maak van Suid-Afrika beteken dat jy in ’n volkstaat wil bly wat deur Afrikaners bevolk is, waar Afrikaans die amptelike taal is, waar skole en universiteite vir Afrikaners in hul moedertaal onderrig, waar alle arbeid deur Afrikaners verrig word en waar Christelike norme en waardes gehandhaaf word.
Dit beteken ook dat mens moet afstand neem van alles wat vir jou kosbaar is in Suid-Afrika, hetsy dit Pretoria, die Voortrekkermonument of Paardekraal is. Indien stede en monumente vir jou belangriker geword het as die oorlewing van ons volk dan is jy verblind deur die aardse en beter jy vinnig besef dat jy deel van die masjien is wat ons volk op sy knieë hou.
’n Volk bou ’n stad of ’n monument, nie anders om nie. Alles wat vir jou kosbaar is, kan weer herbou word. Wees versigtig om nie mensgemaakte strukture te verafgod nie, want afgode het ’n manier om mense saam met hulle in die afgrond in te sleep.
Die vereistes vir ons oorlewing is eenvoudig: eie grond in Afrika en eie instellings wat van nuuts deur ons eie arbeid opgebou is. Die Noord-Wes Kaap is die enigste plek op aarde waar ons vir onsself en die nageslag ’n veilige en volhoubare tuiste kan skep. Trouens, ons is al vir die afgelope 20 jaar besig om dit te skep vanuit Orania. Geen ander plek is ’n opsie nie – nie Pretoria, Perth of Auckland nie.
Die dag wat jy tot die besef kom dat jy nie jou vryheid van die ANC of wie ook al hoef te eis nie maar dit eenvoudig net moet opneem omrede dit alreeds jou reg is, is die dag wat jy werklik bevry word. As jy dit nie kan insien nie dan is jy sowaar ook blind!
Gaan kyk bietjie hier :
http://afrikanerbelang.wordpress.com
Uitsteekende berig. Ek wens net dat die Afrikaner wil wakker skrik, en Orania en die voorgestelde gebied begin ondersteun.
Ek hoop om binne die volgende 2 jaar by julle aan te sluit.
Sterkte daar!
Die groot probleem is geld.
Mense het eenvoudig nie sulke enorme bedrae geld om eiendom te koop
en om maandelikse dienstefooie te betaal nie.
Ek self probeer om in die buiteland te kom om geld te kry om dalk
eendag ‘n pondokkie daar te kan opslaan.
Ek praat nie eers van om werk te kry op Orania nie.
Maar die hoop beskaamt niet.
O,ja van die os op die jas. Wil van julle nie dalk aan communications@genocidewatch.org skryf en hulle bedank dat hulle ons risiko profiel opgeskuif het nie. Mens vergeet soms dat hierdiemense onder moeilike omstandighede ons belange op die hart dra.
Dankie en sterkte aan al die Oraniers, die fisiese en geestelike Volkstaters.
Toe ek destyds “Nee”gestem het was ek nie seker hoekom ek daardie keuse gemaak het nie.
Ek reken dat dit meer ‘n instinktiewe besluit was as ‘n geleerde een.
Instinktief het ek ook tot meer gevolgtrekkings gekom wat die Afrikaner te toekoms betref.
Afrikaners sal deur ander Afrikaners wat oor die vermoeëns en kennis beskik gehelp moet word om weer egte Afrikaners te word.
Op hierdie tydstip is dit net Orania wat dit sal kan doen.
Hulle is die enigste van die vele Afrikaner organisasies wat oor die “Hardeware”beskik om dit te kan doen.
Daar is net een struikelblok soos ek dit sien
Jy moet ryk wees.
En ons is nie.
Baie goed uiteengesit ek gaan dit ‘repost’.
As ‘n mens op die internet rondswerf en jy kom by sommige sogenaamde ‘openhartige en intellektuele’ gespreksgroepe uit, skrik jy jouself soms boeglam vir die tjol wat daar gepraat word.Hierdie,hoofsaaklik Engelse groepe(met heelwat verloopte Afrikaners daarby)is so vergiftig deur hul eie bitterheid waarmee hulle mekaar voed dat dit ‘n mens maklik moedeloos kan maak. Wat help dit mens om die feite onder hulle aandag probeer bring, hulle het ‘n weerstand daarteen ontwikkel. Ons fokus moet maar net duideliker op ons doelwit ingestel bly,positiewe resultate is al wat ons lot oplaas sal bepaal.
As ek ‘n swart afrikaner was toe die destydse “apartheid regering” vir ons grond geskenk het in Transkei en Ciskei, sou ek vandag die grootste doring in die ANC se vlees wees.
Geluk met die mooi uiteensetting en woordeskat, taalgebruik en die profesioalisme wat hier uitgebeeld word.
Steeds wil ek weet waarom ons nou moet ‘weghardloop’ na ‘n ‘nuwe staat’ om te wil oorleef – soos ‘julle’ dit wil oorbring aan ‘ons’ Afrikaners.
Net soos wat appartheid / demokrasie / liberalisme in teorie ‘die volmaakte oplossing tot ‘n probleem was / is’, so is die Volkstaat konsep / beginsel ‘n pragtige teorie. In die praktyk sal dit egter nie kan werk nie, en gaan ‘ons’ weereens vir ons eie gatte ‘n lat pluk wat donners seer slaan.
In Suid Afrika sit ons hoofsaklik met twee hoofgroepe ‘mense’ onder die blanke bevolking – die wat slapgat is en toegee aan die eise van die ‘minderbevooregtes’ en ‘voorheen benadeeldes’ (wat glo dat dit hulle Christelike plig is om gelykheid te bevorder met die antichris), en die groep wat te slapgat is om die wapen op te neem en te beskerm dit wat deur God aan ons gegee is.
Die een buig die knieg voor Satan se dissipels en die ander hardloop weg……
Is ek ook blind? Ja, want ek kan nie sien hoe die blanke wat te slapgat is om dit wat hy reeds het te beskerm of te kan terugneem homself sal kan laat geld in ‘n ‘land’ wat nog minder ‘geleenthede’ bied om selfbeskerming toe te pas nie.
Die leiers wat veronderstel is om die volk in die ‘beloofde land’ te moet inlei het reeds begin vou onder die druk van die Satans dissipels – Mulder en kie begin reeds ‘toegee’ aan ‘onderhandelinge’ …………
Is ek blind?
Korrek, jy is blind!
“Die een buig die knieg voor Satan se dissipels en die ander hardloop weg……”
Hendri Smit, volgens jou stelling kan ons dus aanneem dat jy sal saamstem dat die Voortrekkers ook weg gehardloop het toe hulle hul spog plase net so laat staan het en met ossewaens die onbekende ingetrek het op soek na VRYHEID…
EN
“en die groep wat te slapgat is om die wapen op te neem en te beskerm dit wat deur God aan ons gegee is.”
So jy reken die Voortrekkers wat weg gehardloop het en hul plase net so gelos het was eintlik ‘n klomp slapgatte.
Gelukkig het God toe vir hulle die ZAR en Oranje Vrystaat gegee, ironies genoeg, wat na die byna 60 jarige bewind van die Engelse opperbevelvoerders met die afloop van die 2de Vryheidsoorlog gedurende Unifikasie tot dit uieindelik die Republiek van Suid-Afrika geword het.
En so is ook die Republiek met al sy werkende infrastruktuur net weg gegee….
Dink jy nie dis onregverdig van jou om die wat op vreedsame wyse probeer om weer ‘n eie onafhanklike Afrikaner Republiek te bewerkstellig so te beledig en aan te voer dat hulle weg hardloop en eintlik ‘n spul slapgatte is nie.
As die wapen opgeneem moes word ter behoud van dit wat nooit in geheel om mee te begin werklik ons sin was nie is dit beslis nie nou die tyd nie en selfs toe daar beheer uitgeoefen was oor die ganse aanvals en verdedigingsmag van die vorige Apartheids Regime was dit op aanbeveling van die millitêre bevelvoerders van die dag ‘n resep wat tot geweldige lewensverlies sou lei.
Hendri Smit, op jou vraag of jy blind is.
Jy is blind!
Baie goed gestel Rudolf!
Hendri, jy slaan die spyker mis, as jy nou begin om jou brein te ontspoel, sal jy ten minste ‘n jaar neem om nugter te kyk na die situasie…ek hoop jy maak dit betyds…
‘n Baie goeie artikel inderdaad. Sou ons dit in Engels ook kon kry?
Ek moet saam stem die is n baie profesionele berig, dus will ek se dat so veel as ek saam stem met die berrig, will ek ook n interresante vraag vra, Met all die dinge wat gebeur en met die weer wat juis so verander, met die tornado’s en aard bewings wat in ander lande gebeur, glo ek dus ons is bevoorreg om te wees waar ons is, my punt daarby sal wees dat ja die swartes vat oor en ons as Afrikaaners moet opstaan en teenstaan en baklei vir dit wat ons het en Bessit, My vraag sal juis wees, Wat is die kaans dat die alles deel is van Onse vader wat in beheer is, Jesus Christus wat duisende jaare terug presies geweet het wat gaan gebeur, en juis hierdie alles moet gebeur sodat ons eendag in sy beloofte land kan wees..
M.A.W laat die swarts maak soos wat hulle will, laat ons Afrikaaners op staan en teen staan, maar laat ons almal net besef dat ons nie in beheer is nie, en dat ons moet vas staan en glo dat onse Heer weet wat in die dag van more gaan gebeur en so ook ten volle in beheer is.
Is ons blind of moet is bietjie uit die boksie dink?
Juis een van die redes hoekom ons in verset moet kom teen die goddelose regering is die feit dat hulle toenemend God uit ons lewens probeer uit skryf en oraloor sien en hoor mens van die ontoelaatbaarheid van Godsdiens in klas- en skoolverband.
Hulle sal bokke offer op die sportvelde en voorvadergeeste aanroep om kwansuis ‘n oorwinning te bewerkstellig, maar God sê duidelik in Sy Woord wat die kriteria vir verlossing is!
Ons is beslis nie blind wat of doof vir die opdragte van God in Sy Woord nie en kan nie wag vir die dag wat ons nie meer onder die goddelose heersers vertrap hoef te word en die Lewende God van die Bybel gelyk gestel word aan voorvader geeste en alle ander derglike gode en geeste nie.
Rozanne, ‘n puik artikel, dit is verblydend om nou en dan hierdie skerptheid van die ware Afrikaner te sien, daar is baie meer Afrikaners hier in SA en oorsee wat jou gedagtes sal ondersteun as wat ons besef, ek glo dat eendag…sal HF Verwoerd in die ganse wereld gehuldig word as die beste staatsman ooit…merk hierdie woorde. Ek glo die liewe Vader sal ons tree vir tree lei na ons vrydheid. Vir my is die komende verkiesing van ‘n volksraad (www.vvk.co.za) een so ‘n belangrike tree, ons oorblywende (Boere) Afrikaners moet organiseer, saamvoeg en die regte ding doen in ons strewe na vryheid. Ek ondersteun die volkstaat konsep en glo Orania is so ‘n groeipunt (tans die belangrikste een). Ons moet ons reg uitoefen om oor onsself te regeer op eie grond, ons het meer as genoeg karakter, identiteit, vernuf en kundigheid om dit uitstekend te doen, so help ons God van die Bybel, dankie.
Puik artikel vol waarhede. Dalk moes ons in 70’s vir onsself ‘n groot goeie, Tuisland gegee het, en die res vir die vernietigers, dink net aan die besparing itv die miljoene van ons belastinggeld wat in die onderskeie tuislande ingepomp is.
Wat as? Apartheid NP in SA nooit daar was nie, en die ANC het na die 2de wereld oorlog m aan die bewind gekom in SA. Gesien voorbeelde in die hele res van Afrika suid van die Sahara. Hoekom sou SA anders gewees het , met ‘n swart ANC regering as die res van swart Afrika? Is Apartheid nie alleen verantwoordelik vir die feit dat SA so anders is en uitstaan op ekonomiese ontwikkelings gebied as die res van Afrika? Dus skuld die Afrikaner niks aan die Swart Suid Afrikaner nie, behalwe; ons is Jammer dat ons jou menswaardigheid aangetas het, maar trots dat ons en ons voorgeslagte verantwoorelik is vir jou ekonomiese voordele bo die res van Afrika Wat duidelik is in die feit dat daar ‘n grootskaalse intog in SA is van ander Afrika lande.
Rozanne
Hierdie is een van die beste artikels wat ek nog gelees het. Dit is moeilik om met feite te stry. Is daar nie ‘n manier hoe hierdie artikel tot ‘n groter lesers publiek kan gaan nie, want die leuen word vandag as die waarheid verkondig en die waarheid word verswyg.
So baie van ons eie mense glo al die leuen.
Orania is die oplossing vir die Afrikaner en ons moet almal betrokke raak om Orania te laat groei en uitbrei. Om te dink jy gaan ‘n deel van Pretoria vat vir ‘n volkstaat is naief. Om te dink die daar is ‘n toekoms vir ons kinders onder die ANC of enige ander donker party is kortsigtig. Die Afrikaner het die vermoe om in ‘n plek soos die Noord Kaap ‘n sukses te kan maak, en dit het niks met weghardloop te maak nie, maar met gesonde verstand.
Baie dankie vir die puik artikel. Sien daarna uit om meer uit jou pen te verneem.
Waarom is die regering bang
vir n Volkstaat? Omdat dit n
sukses sal wees en die wereld
dit sal sien.Die VVK moet
beter geadverteer word voor
daar weer gestem word.
Die Afrikaner het bang geword vir sy mede Afrikaner.
Kyk wat het die “JA”stem vir die Afrikaner in besonder gebring.
Nou vertrou ons mekaar maar swaar.
Ons is oor die aarde verspreid en leer nuwe tale en gewoontes aan.
Nie maklik om dit weer om tekeer nie.
Kry die Afrikaners weer saam op een stuk grond.
Op die oomblik is daar net twee maniere om dit te doen.
Maak oorlog en annekseer die grond.
Die ander metode is om grond in Oranie te koop en daar te gaan woon.
Meer as 90% van die reeds verarmde Afrikaner kan dit nie bekostig nie.
Daarom kies die jong mense die derde opsie.
Nuwe vreemde Burgerskap.