As jy vandag om jou rondkyk sien jy die gevolge van globalisering. Die klere wat jy aan het is waarskynlik in China gemaak. Jou motor dalk in Duitsland of Japan? Die koffie wat jy drink kom dalk van Kenia of Rwanda? Jou rekenaarsagteware is waarskynlik in die VSA ontwikkel. Globalisering het die wêreld die afgelope paar dekades voorwaar ‘n kleiner plek gemaak. Handel tussen nasies het tot die vinnige ontwikkeling van ekonomieë regoor die wêreld aanleiding gegee en vandag vind ons in elke land produkte en dienste van byna elke ander land op aarde.
Is dit dus gek om te vra of globalisering tans besig is om tot ‘n einde te kom? Waarskynlik nie. Die afgelope twee jaar het die groei in internasionale handel met minder as die groei in lande se BBP gestyg. Orals fokus regerings daarop om meer selfversorgend te raak. Lokalisme en plaaslike produksie is deel van die groter poging van lande om hulself teen onstabiliteite in ander wêrelddele te verskans en ook om die finansiële koste en invloed op die omgewing wat die vervoer van produkte oor duisende kilometers inhou te probeer beperk.
In talle wêreldstede is daar vandag restaurante waar jy ‘n premie vir jou kos betaal omdat die bestanddele plaaslik vervaardig is. Hierdie restaurante is uiters gewild. Orals in die wêreld ontwikkel lande ‘n handelsmerk wat duidelik aandui dat ‘n produk plaaslik vervaardig is. In Suid-Afrika is die sogenaamde “Proudly South African”-veldtog ‘n voorbeeld hiervan.
Regerings regoor die wêreld is besig om meer proteksionistiese wetgewing eerder as wetgewing wat vryhandel aanmoedig, in te stel. In 2013 is drie keer meer wette wat markte beskerm as wette wat markte oopstel wêreldwyd ingestel. Die fokus in handel verskuif dus van die globale na die lokale.
Nog ‘n gebeurtenis wat teen globalisering inwerk is die sanksies wat vroeër vanjaar eers deur die VSA en later deur die Europese Unie teen Rusland ingestel is. Hierdie ekonomiese sanksies bring grootliks mee dat ‘n land soos Rusland nie meer orals handel kan dryf soos hy graag wil nie. Dit veroorsaak egter ook ‘n verdere opkoms van nasionalisme en lokalisme in Rusland waar die Russe besef dat hulle vir hulself moet sorg en minder van ander lande vir produkte en dienste afhanklik moet wees. Ook in die VSA en Europa het hierdie sanksies ‘n negatiewe invloed op globalisering.
In Nederland, wat nie juis proteksionisties van aard is nie, is burgers onlangs aangemoedig om meer vrugte en suiwelprodukte in hul dieët in te sluit omdat Rusland sy invoere van landbouprodukte uit Nederland en ander Europese lande gestaak het. Europese lande sal weens die sanksies dus ook toenemend meer daarop gefokus wees om selfversorgend te raak.
Globalisering het die wêreld totaal verander. Vir goed en vir sleg. Oop markte het ekonomiese geleenthede geskep, maar baie van die lokale insluitende kulture, tale en tradisies het in die slag gebly. Die uitdaging sal voortaan wees om die regte produkte en dienste vir uitvoere te skep, terwyl jy jou vermoë uitbrei om aan plaaslike behoeftes te voldoen.
Jaco, hierdie is ‘n baie interessante artikel en het ek nou net toevallig gelees oor die uiters interessante politieke denke wat begin ontstaan in Rusland dmv die denker Aleksandr Dugin. Hy begin baie groot invloed uitoefen oor Putin en oa oor die Hongaarse Premier. Dit gaan in wese oor die nuwe kultuur wat aan die groei is. Maar kyk eerder self hierna… https://www.youtube.com/watch?v=4QrnJKf-hhE
Kyk ook na hierdie artikel…..Die tyd is besig om aan te breek waar die wese van die mens en volk weer gaan aangespreek word en nie alles moet versuip in die globale verbruikersgodsdiens nie!!
http://vineyardsaker.blogspot.com/2014/09/return-of-magyars-hungarys-president.html
Hi, Jaco, ek wil graag weet of die mense, en beheer, in Orania mekaar help, of is daar n gevoel van elke ou vir hom self. Ek vra met alle respek bedoel.
Beste Deon.
Wat ek in kort kan antwoord is dat Orania se mense almal verskil. Ons dink nie almal dieselfde nie en tree ook nie dieselfde op nie. Ons is almal Afrikaners en ons strewe almal na selfbeskikking. Daar is gedeelde waardes.
Wat Oraniërs se optrede teenoor hul medemens aanbetref is my ervaring dat beter is as in die meeste ander gemeenskappe waar ek al gewoon het. Daar is meer ‘n gemeenskapsbesef en mense gee meer om vir die mense om hulle. Sommige inwoners kan seker ‘n inslag hê dat hy net vir homself optree, maar ek glo sulke mense is in die minderheid. Hulel het egter die volste reg om so op te tree.
In Orania het ons nie meganismes en wil ons nie meganismes hê om mense te forseer om op sekere maniere op te tree nie. Wat ons wel graag wil hê is ‘n gesonde gemeenskapskultuur wat oor tyd vestig waar ons ons afhanklikheid van mekaar besef en sterker daarvolgens handel.
Ek hoop dit beantwoord jou vraag.
Hallo Jaco,
Dit is verblydend om te sien dat globaliseering die wind van voor kry.Ook is daar ‘n fluistering dat Putin nie te genee is om deur die wereld bankiers voor geskryf te word hoe Rusland moet in pas by ‘n wereld orde nie. Dit kan gesien word uit Rusland se betrokkenheid in die konflik met Oekraiene.By vorige ontmoeting tussen Putin en Obama kon duidelik gesien word dat daar spanning tussen die twee leiers.’n Ander ontwikkeling wat my bekommer is die produsering van ginetiese veranderde saad.’n Amerikaanse maatskappy genaamd Monsanto is al baie jare besig met die verandering van saad. Wat dit op neerkom is dat die saad steriel is en nie gebruik kan word vir herplanting nie.Dit beteken dan dat boere verplig word om hul saad by Monsanto te koop.Monsanto was by verskeie hofsake betrokke met boere waar hul gewasse in landery aangrensend met Monsanto bestuif was met die genetiese veranderde saad.Monsanto het dan aanspraak gemaak op die boere se oeste op grond dat dit bestuif is deur hul saad.Hul doel is dan om die saad wat glo bestand is teen siektes aan ander lande beskikbaar te maak en uiteindelik so die wereld se kos mandjie te beheer.Gaan gerus op Google en lees meer oor Monsanto.
Jan. Dankie vir ‘n stukkie interessante kommentaar. Ja Putin se optrede lewer ‘n groot bydrae in die afbreek van globalisering. Die Monsanto-kwessie is belangrik. Ek hoop maar net mense begin dit vinniger besef.
Dankie Jaco. Dit spreek boek dele, as die algemene ou omgee is dit klaar n besonderse verbeetering, op die goor krimeneel besmette plek waar ons bly. Wat word van bv, n terminalle oumens n dame wat aleen sukkel of siek word in die nag of so iets. Kom ek so se, as ek iemand wie ek nie ken nie in die middel van die nag moet hospitaal toe neem, doen ek dit met my eie petrol in n oogwink, ek het maar net n abnormale hoe waarde vir n ander mens se lewe en Orania trek aan my soos n magneet. Baie dankie vir jou tyd dit help met die grooter begrip van als.