As jy aan Irak dink, dink jy noodgedwonge aan geweld en oorlog. Die VSA se agt-jaarlange oorlog in Irak wat vanaf 2003 tot 2010 geduur het en volgens ‘n nuwe studie van die Brown Universiteit se ‘Koste van oorloë-projek’ Amerika tussen 3.2 en 4 triljoen dollar gekos het, is steeds vars in die geheue. Byna 4500 Amerikaanse soldate het hul lewens tydens die oorlog verloor. ‘n Paar honderdduisend Irakese het op direkte of indirekte wyse weens die oorlog gesterf. Elke sent en elke lewe wat vir dié oorlog opgeoffer is, kan vandag as ‘n vermorsing beskou word.
Die totale mislukking van George W. Bush se droom van Westerse demokrasie in die Midde-Ooste speel vandag duidelik in Irak af. Die VSA se model van demokrasie is sterk gebou op ‘n homogene samelewing binne ‘n territoriale staat of minstens ‘n welvarende samelewing waar daar met groot gemak na die belange van minderhede omgesien kan word. Sowat 65% van Irak se bevolking is Shia-Moslems. Sedert die oorlog beheer die Shia-meerderheid die land se regering. Dit het tot ‘n opvlamming van hernude sektariese geweld gelei.
Sektariese geweld tussen die Shia-meerderheid en Sunni-minderheid is niks nuuts nie. Irak is vir die grootste deel van die twintigste eeu gekenmerk deur geweld, staatsgrepe, wrede diktatorskappe en die ysterhand van outoritêre heersers. Saddam Hoesein sal onthou word vir sy oorlog met Iran, die inval in Kuwait en sy gebruik van geweld en selfs chemiese wapens teen opstandiges. Nog ‘n minderheidsgroe, die Koerde maak tussen 17 en 23% van Irak se bevolking uit en is hoofsaaklik gesetel in die Noord-Ooste van die land. Hulle streef reeds vir lank na selfbeskikking en beheer die grootste deel van die Noord-Ooste van Irak.
Dit is egter die Sunni-minderheid wat gesorg het dat Irak weer die afgelope paar weke in die nuus is. Die sogenaame terroriste-organisasie “Die Islamitiese Staat van Irak en Sirië” het die afgelope tyd met geweld groot dele van die Noorde van Irak oorgeneem. Die ISIS soos wat die groep bekend staat is ‘n Sunni-groep met sterk bande in Sirië en Saudi-Arabië, twee lande met ‘n meerderheid Sunni-bevolking. Die ISIS streef na ‘n onafhanklike Sunni Islamitiese Staat.
Die volgehoue onafhanklikheidstrewe van Sunni’s en Koerde is net nog ‘n bewys dat die eenheidstaatgedagte en die mooi ideaal van Westerse demokrasie in Irak misluk het. Irak het eintlik met sy huidige landsgrense geen bestaansreg oor nie. Kan dieselfde nie ook gesê word oor Libië wat op die rand van ‘n burgeroorlog staan en Sirië wat reeds deur ‘n burgeroorlog verwoes is nie? Verskeie Afrikalande insluitende Nigerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo ervaar voortslepende geweld weens die feit dat etniese groepe wat min met mekaar in gemeen het in een territoriale staat saamgegooi is.
Ten spyte van al die mooi woordjies oor minderheidsgroepe se reg op selfbeskikking hou die Verenigde Nasies en die Weste hulself egter steeds besig met pogings om mislukte territoriale state te laat slaag in plaas daarvan om hul vir ‘n herbedink van landsgrense te beywer. Irak se probleme sal eers ophou wanneer Irak nie meer bestaan nie en wanneer sy volkere elkeen hul reg op onafhanklikheid gekry het. Dit geld ook vir talle ander saamgeflansde lande.
“mislukking van George W. Bush se droom van Westerse demokrasie”
Is jy ernstig?
Ek sien in Irak net die totale slaag van George W. Bush se droom van baie dure staatskontrakte.
Met 3.2 tot 4 triljoene kan baie mense biljoenêre word. Die frase “tussen 3.2 en 4 triljoen dollar” sê dit alles – 800 biljoen dollar is handliggend net ‘n afrondingsfout in hierdie spel.
http://www.theguardian.com/commentisfree/2013/may/17/endless-war-on-terror-obama
Hierdie oorloe is nie gemaak om “gewen” te word nie. Hierdie oorloe sal aanhou – Of in Joego-Slawie, Kosovo (Clinton) Irak, Afghanistan (Bush) of Pakistan Libie, Jemen, Oeganda (Obama) maak nie werklik saak nie. As die belastingsbetaler moeg vir ‘n oorlog word, word daar ‘n nuwe oorlog geskep.
Daar is ook ‘n ding wat nie inpas in die “droom van Westerse demokrasie” nie:
In Sirie, is die VSA op die kant van ISIS.
In Irak, is die VSA op die kant teen ISIS.
Hoe is dit verenigbaar mit die “Westerse-demokrasie”-hipotese?
Amerika en hul “nuwe wereldorde” vennote is weer aan die werk in Irak.
Tussen al hierdie gemors en chaos is ek bekommerd oor die lot van Christene in hierdie land. Blykbaar vergete deur die groot bevryder Amerika en sy bondgenote en n “minderheidsgroep” wat nie raakgesien word nie.
Don’t fall in the misconception there are only two sides to an argument. NATO might not be the biggest ally to Orania, but this article critics only this side and largely ignores any criticism to ISIS, a group that would just be as opposed to Orania if ever asked and it clearly IS a terrorist organization.
Criticizing George Bush for the failure of democracy in the Middle East is rather immature. While he is tied to this side, so are other world leaders as well.