Veronderstel die geskiedenis was ietwat anders geskryf. Wat sou gebeur as genl. Cronje die Kakies agterna gesit het nadat hulle by Magersfontein die hasepad gevat het?
Die Vrystaatse kommando’s onder leiding van genl. De Wet sluit aan by Cronje en stoot die Kakies terug tot in Kaapstad. Die Kapenaars kom in grootskaalse opstand en jaag storm kommando’s die Moederstad in. Die laaste paar Kakies in die Kaap hys ’n witvlag by die Kasteel.
Voor die nuus Westminster haal steek die Boeremagte al die Natalse grense oor en sluit aan by die Transvaalse kommando’s. ’n Paar dae later val Durban in die Boere se hande.
Die nuus van die Boere-oorwinning versprei deur die wêreld soos ’n veldbrand. In Indië is daar nuwe veggees en volskaalse rebellie breek uit teen die Engelse. Hong Kong word deur die Sjinese teruggeneem terwyl die Kakies uit hul ander Oosterse kolonies uitgejaag word. Ook in Kanada neem Quebec die geveg na die Engelse toe en verower Ottawa en Toronto binne ’n week en ook Victoria ’n paar maande later. Duitsland en Frankryk sien hul kans en vorm ’n alliansie teen die Britse Ryk. ’n Paar maande later deel verskeie Europese lande die wêreld se handelsroetes.
Die Boere Republieke, tesame met die nuutgevonde Kaapse Republiek neem die besluit om Westminster se versoek om vrede te verwerp. Die besluit kom nadat ene kmdt. De la Rey ’n pleidooi in die volksraad gelewer het dat Engeland ingeval en verower moet word. Goud is daar baie van en skepe word aangekoop by die Portugese, Franse en Duitsers om die kommando’s na Frankryk toe te stuur.
Vanuit Calais loods die geallieerdes, bestaande uit Franse-, Nederlandse-, Duitse en Boeremagte ’n reuse inval op Engeland se ooskus. Londen word tot die grond afgebrand maar die Engelse skarrel vir al wat hul werd is en bied sterk weerstand in die Cotswolds. Ongelukkig vir die Engelse word hul stede in die noorde deur Skotse magte beleer en nes hulle begin om die oorhand in weste te kry stroom derduisende Iere oor hul grense. Hulle is vasgepen op hul eie eiland en gee toe in.
Skotland, Wallis en Ierland verklaar hul onafhanklikheid en Engeland word in vier kolonies ingedeel. Elkeen van die geallieerdes kry sy deel. Oor dorpe in die suide van Engeland wapper die vlae van die Boere Republieke.
In 1914, na lang onderhandelings, word Engeland ’n mate van selfbeskikking gegun. Nietemin, Engeland se nuwe landsvlag bestaan nou uit hul eie st. George-vlag met ’n Vierkleur reg in die middel. Vrede heers oor die wêreld nadat die sentraal Europese magsblok die kommuniste se poging tot ’n burgeroorlog in Rusland in sy spore stuit.
Hier in Afrika kom kolonialisme tot ’n einde en nuwe grense word getrek. ’n Beleid van afsonderlike ontwikkeling word gevolg nadat elke stam vryheid in sy eie grondgebied ontvang. Die Afrikaner word tot vandag toe steeds geag as die bevryders van Afrika.
Gebeure in die verlede het immers nie so plaasgevind nie. Hoe buitensporig dit ook al mag sy dat daar ooit ’n Vierkleur in Engeland se vlag sou wees, so ondenkbaar behoort dit ook vir ’n Afrikaner te wees om eer aan ’n vlag te toon waarin die Union Jack voorkom. Dink bietjie daaroor wanneer jy weer die ou landsvlag sien. Beide ou en nuwe vlae van Suid-Afrika verteenwoordig geen heil vir die Afrikaner nie.
Maak jouself los van Suid-Afrika en bou saam met ons aan ’n nuwe toekoms vir die Afrikaner in ons eie republiek.
Dankie, beste artikel wat ek nog op die blog gelees het.
Quintin, jy kan gerus die artikel uitbrei in ‘n volledige boek en dit inskryf in die Wetenskapsfiksie kompetisie.
Gooi net ‘n tydmasjien by en stuur ‘n hedendaagse held terug om die manne te gaan voorsê wat om volgende te doen. 🙂
Puik!!!
haha ou mater, in daai geval stuur ek jou sommer terug in die tydmasjien om die pap lekker dik aan te maak onder die Kakies… ek dink jy sou dit nogal geniet! 🙂
Knap gedaan Quintin en Rozanne, ook sover dit die vlae-kwessie betref. Hier in Engeland ry ek trots rond met ‘n Afrikaner Vryheidsvlaggie op my motor se agterruit. Doe zo voort!
Dankie Wynand – ek klink sommer ‘n glasie op jou! Die Afrikaner Vryheidsvlag / Strydvlag is ook my vlag!!
Janee, die Vryheidsvlag is ook my vlag. Ek is ‘n bietjie bekommerd daaroor dat Orania bietjie skaam geword het vir hierdie vlag ten gunste van die dorpsvlag. Ek kry soms die gevoel die bedoeling is dat die dorpsvlag die vryheidsvlag moet vervang. Is dit dan nie op Orania wat die vryheidsvlag eerste gehys is nie? ‘n Mens kan mos nie elke dekade van vlag verwissel nie, hoe bou ‘n mens dan lojaliteit op teenoor gevestigde simbole?
Net my twee sent.
Rudolf as Quintin vir jou in die tydmasjien terugstuur, waarsku sommer vir Piet Retief teen Dingaan en maak seker dat die Boere in Port Natal vir Dick King behoorlik toesluit!
Mense, jammer dat ek nou n bietjie van die punt af gaan dwaal: Ek will graag weet hoeveel mense nou op Orania woon?. Kan enige Afrikaner daar woon? Ek is n patriotiese Afrikaner maar ek deel ongelukkig nie die “tradisionele” geloof van die Afrikaner nie. Wat is Orania se standpunt rakende “geloofsvryheid” of mense wat verkies om nie geloof te praktiseer nie?
Gerhard, daar is tans net onder 1 000 permanente inwoners op Orania. Die Orania Beweging het al meer as 10 000 lede – dit is mense wat nog nie op Orania woon nie maar wel betrokke is by die gemeenskap en maandeliks ‘n klein bydrae lewer tot ontwikkelingsprojekte wat in Orania plaasvind, o.a. behuising vir behoeftige gesinne, uitbreiding van besighede, die skepping van werksgeleenthede ens.
Teoreties is Orania oop vir alle Afrikaners maar in praktyk is die dorp ‘n natuurlike tuiste vir die van ons wat onsself verbind het tot die herstel van ons volk se vryheid in eie grondgebied. Ons gebruik uitsluitlik ons eie arbeid om ons eie instellings van nuuts van die grond af op te bou en te bestuur. Ons is ‘n gelowige gemeenskap en dit is uiters besonders om God se beskermende hand hier te ervaar.
Vryheid, eie arbeid en Christenskap: dis die drie bestanddele wat ons gemeenskap onderskei van dit waaraan Afrikaners gewoond moes raak elders. As mens nie met hierdie drie konsepte kan vereenselwig nie dan moet mens eers ernstige introspeksie doen voor mens besluit om deel van Orania te word.
Kom kuier gerus en sien vir jouself hoe ‘n gemeenskap hulself vry werk deur ons geloof in God en hoe ons Skepper ‘n daadwerklike verskil maak in ons omstandighede.
Goeie voorstelling !!!, Quintin wil jy nie ook ‘n toekomsblik verwoord, asb. …waar die moderne boer uiteindelik met ‘n nuwe identiteit en ‘vlag’, verenig en doeltreffend Suiderlike Afrika uiteindelik bevry van die Imperialistiese geldmagte en SEB’s, en ‘n nuwe republiek stig, de-globaliseer…waar die Xosa, Zuzu, Sotho, Koi, Baster, Indier, Jingo, Khazaar, Moslem en Godloenaar uit die land verjaag en platgevee word, die ANC, SAKP en Swart Vakbonde geweldadig tot ‘n val kom, permanent vir ewig…alle lokasies verbrand word en SA se bates uiteindelik tot voordeel en opbou van sy regmatige grond-eienaars aangewend word. Dink net hoe Kasinos in Kinderhuise omskep kan word. Miskien is die Afrikaner nog nie reg hiervoor nie, maar dit sal interessant wees om so ‘n paar senarios te skets…net ‘n gedagte van my kant…
waar kan ek a vlag van orania kry?
Ek is opsoek na die “Oorspronklike” ou landsvlag – voor nuwe vlag huidiglik vir my kind se verjaarsdag. Ek sal dit waardeer indien enige iemand vir my kan sê waar om die vlag te gaan koop(woonagtig in Kempton Park, Gauteng)Baie dankie, nogaals dringend