fbpx

001cd-netherlandsshariaIn die noordooste van Nederland, in die provinsie Drenthe, is die dorpie Oranje. Dié dorp met sy 140 inwoners was laas in die nuus toe die plaaslike aartappelverwerkingsfabriek gesluit het. Die afgelope tyd is Oranje egter weer in die nuus. Daar is besluit om 1400 Siriese asielsoekers in Oranje te huisves. Die asielsoekers het reeds begin arriveer en daarmee saam die wese van Oranje verander. ‘n Dorp met 140 inwoners wat skielik 1400 nuwe bewoners uit ‘n vreemde land, wat ‘n vreemde taal praat en wat glad nie ekonomies aktief is nie, moet huisves, kan nooit weer dieselfde wees nie.

Oranje is nou wel ‘n ekstreme voorbeeld van die toepassing van Nederland se asielbeleid, maar hoewel ekstreem is dit nie geïsoleerd nie. Regoor Nederland word duisende Siriese asielsoekers voortdurend in alles van ou fabrieke tot leë skoolgeboue, hotelle en ouetehuise geplaas.

Die sogenaamde “Centraal Orgaan Opvang Asielzoekers” (COA) is volgens wetgewing verantwoordelik vir die hantering van alle vlugtelinge wat in Nederland om asiel aansoek doen. Tans stroom meer as 800 mense per week na die oorvol sentrums van die COA om vir asiel aansoek te doen. Hierdie mense word regoor die land geplaas. Hoewel die meeste asielsoekers uit Sirië kom, stroom asielsoekers uit Irak, Libië, Egipte en toenemend ook Eritrea na Nederland.

Die verstommende realiteit is dat Nederland eintlik redelik ver van al hierdie lande geleë is. Waarom sal mense dus al die moeite doen om byvoorbeeld uit Eritrea na Nederland te reis om daar om asiel aansoek te doen? Die antwoord lê in die wyse waarop die Nederlandse regering asielsoekers hanteer. Relatief aangename behuising word vir hulle gevind en asielsoekers kry heelwat regte en voordele. Die meeste van hulle keer waarskynlik nooit na hul lande van oorsprong terug nie.

Die verhaal van Oranje en ander dorpe en stede regoor Nederland, is ook die verhaal van dorpe en stede in België, Duitsland, Frankryk en ander Europese lande. Honderde duisende asielsoekers uit geweldgeteisterde derdewêreldlande stroom jaarliks na Europa. Liberale wetgewing oor die hantering van vlugtelinge maak dit maklik vir hierdie mense om verblyf in van die veiligste lande met die hoogste lewenstandaard in die wêreld te kry.

Elke dorp en stad in Europa is besig om in ‘n multikulturele samelewing te ontaard. Die Europese droom van integrasie het reeds in duie gestort. Immigrante uit die derde wêreld weier meestal om hul nuwe land se taal en kultuur aan te leer en selfs hul kinders word nie geassimileer nie. Moskees word gebou en volle woonbuurte word beset. Daar word selfs op die toepassing van Sharia-wette aangedring. Die Westerse wêreld se oopgrense en ooparms beleid begin reeds byt. Misdaad, druk op die welsynstaat en agressie teenoor onder andere Jode en homoseksueles deur immigrante is enkele van die bewyse dat die multikulturele projek misluk het.

Westerlinge staan voor ‘n keuse. Of hulle maak die grense van hul lande digter toe en oorleef of hulle word binne enkele dekades ‘n minderheid in hul eie lande soos wat die 140 Nederlanders in Oranje binne enkele dae ‘n minderheid in hul eie dorp geword het.

15 Comments

  1. Thuislander

    Ik kan dit bericht volledig bevestigen. Europa wordt in sneltreinvaart overspoeld met mensen uit Afrika en het Midden-Oosten. Europa gaat momenteel Zuid-Afrika achterna qua teloorgang.

    Maar er is wel een steeds grotere groep mensen die opstaat tegen de ondergang van het Avondland. Dit is bijvoorbeeld te zien in de gigantische verkoopcijfers van het boek genaamd “De zelfmoord van Frankrijk”. Ik plaats hier een verwijzing naar een fragment wat op het het Nederlandse journaal erover te zien was.

    http://nieuwsuur.nl/video/711484-de-zelfmoord-van-frankrijk.html

    Reply
  2. Tobie

    Baie interessat Thuilander en dankie vir die link na die nuus item.
    Daardie Fransman slaan die spyker op die kop.
    Ek sien baie donker tye vir europa aan die kom.

    Reply
  3. riaan

    Ek wonder of ek vandag simpatie met die Europeërs, en veral die Britte, moet hê na al die jare se verguising van die blankes in Suid-Afrika. Bloot omdat ons ons karakter as Eurpeërs afstammelinge en die gepaardgaande beskawing wou beskerm deur die maatreëls wat ons getref het. Miskien moet Europa nou bietjie dit aan eie bas voel. Boonjie kry sy loontjie.

    Reply
    • Danie

      Net so Riaan !

      Reply
      • Simon

        riaan / Danie

        Probleem en soos Sebastiaan se kommentaar onder bevestig is dat meeste Europeërs en Britte nie simpatie sal wil hê nie en as jy die probleem uitwys sal meeste baie breedvoerig kan rasionaliseer hoekom daar nie nou eintlik ‘n probleem is of iets is om aan die bas te voel nie. Geen “boontjie kry sy loontjie vir hulle nie” sal hulle se.

        Hulle sal dan ook ander Europeërs en Britte wat die lig gesien het en die probleem uitwys as ekstremisties of as regs en rassisties afmaak.

        Dan is daar ook ‘n groep wat wel begin vermoed alles is nie pluis nie maar nie presies kan agterkom wat dit is nie. Ironies skeer hulle nou die migrasie (van Europeërs) binne Europa of geskoolde immigrasie na Europa onder dieselfde kam en sien nie die werklike probleem, d.i.die immigrasie van groot groepe ongeskoolde werkers wat op die welsyn sisteem kom lê raak nie.

        Reply
  4. Sebastiaan

    Aangesien Europa en spesifiek Nederland sy waardes, geskiedenis en erfenis by die venster uitgegooi het na dekadelange breinspoeling deur linkse akademici en meningsvormers, het hulle niks meer om te verdedig nie, want om Europeër of Nederlander te wees is om ‘n wêreldburger te wees. Eie aan Europese samelewings is dat hulle net wil defineer wat hulle alles verwerp (etnisiteit, Christendom,nasionalisme,die tradisionele familie ens), nie wat hulle voor staan nie. Of as hulle vir iets staan, dan is dit “verdraagsaamheid” en “oopheid”. Dit gesê, moet ek byvoeg dat daar puik Nederlanders met goeie waardes is wat baie vir ons saak beteken, maar hulle sal saamstem dat hulle in die minderheid is en ‘n opdraende stryd voer.

    Reply
  5. Anita

    Kan hul nie eenvoudig gedeporteer word indien hul nie integrasie goedgesind is nie? Dit is n wonderlikke ding, n Christelike ding, om azielsoekkers te ontvang! Dit is nie die probleem nie. Is die probleem nie eerder- die wetgewing om deportasie van diegene wat nie saamspeel nie?

    Reply
    • Anita

      Verskoon tog my tikvoute!

      Reply
  6. Dante'

    Anita, ek het al baie vantevore gehoor dat Christenskap gebruik word om immigrasie na Europa te regverdig, dis dan jou plig as Christen! Ek glo nie een woord daarvan nie! Hoe kan die mees sekulere lande op aarde soos Nederland Christenskap gebruik om nasionale beleid te bepaal? En as dit waar was dat dit agv goeie Christenskap was om immigrante toe te laat, sou dit dan nie ook die heel eerste prioriteit gewees het om hierdie mense te probeer bekeer tot die Chrisrendom nie? Hoeveel moeite word gedoen om die nuwe immigrante te leer van Christus? Inteendeel sien ons dat dit eerder die Islam is wat floreer in die nuwe Europa! As dit uit Chistenskap gedoen word faal hulle darm baie sleg om nuwe siele vir Christus te wen. Om jou eie, eens Christelike land te verander in ‘n plek waar sekularisme en Islam die botoon vier, is alles behalwe jou Christelike plig! En net nog ‘n vraag, hoekom is assimilasie van verskillende kulture en etniese groepe ‘n wonderlike ding?

    Reply
  7. Anita

    Dante, die ontvang van asielsoekers is so wonderlik omdat dit mense en kinders red en beskerm. En wat is jou meening oor die talle Christene onder die moslems wat asielsoekers is? Ek het juis geskryf dat die wetgewing so moet meewerk om diegene wat nie integrasie, in die nuwe land, goedgesind is nie- moet deporteer. Ek glo nie dit moet toelaatbaar wees vir hul om moskees te bou nie- dit moes n demokratiese besluit van die landsburgers en onmidelike gemeenskap gewees het. Ek sou beslis teen dit gestem het. N ‘dwinglandje’ is nie goed nie. Indien hul nie n opleidings kurses wil ondergaan en begrip en ook respek demonstreer vir die land waar hul asiel soek nie, moet hul gedeporteer word.

    Reply
    • Jaco Kleynhans

      Anita,

      Ek verskil van jou oor asiel. Indien alle mense regoor die wêreld wat swaar kry en wat graag asiel in een van die vooruitstrewende lande van die wêreld (Europa, VSA, Australië) wil hê, dit moet kry sal daardie lande oorstroom word en sal net nuwe groot maatskaplike probleme geskep word. Die hoeveelheid mense in die wêreld wat swaarkry is nog baie meer as dié met wie dit goedgaan.

      Asiel skep enorme probleme waarvan die onvermoë om te assimileer slegs een is. Asiel is in elk geval veronderstel om tydelik te wees, maar dit werk min so uit.

      Ek as Christen is net so diep jammer vir die Christene in Irak, Sirië en ander Midde-Oosterse lande. Om hul almal na Europa te verskuif gaan egter groot uitdagings skep.

      Hoe los ons die probleem op?
      1. Skep ‘n klimaat vir selfbeskikking regoor die wêreld. Irak moet opgebreek word en hoe gouer hoe beter. Dit geld ook vir talle ander lande. Kleiner nasiestate is die ideaal.
      2. Die Weste moet ophou dink dat hy die wêreld se probleme kan oplos. Betrokkenheid in Irak, Afghanistan, Libië en Egipte het alles die afgelope paar jaar tot ‘n verslegting eerder as verbetering in die lewens van die plaaslike bevolkings gelei.
      3. Raak betrokke by plaaslike gemeenskappe en versterk hulle. Moenie op politieke vlak inmeng nie, maar versterk eerder die hand van minderheidsgroepe deur handelsbetrekkinge en waar dit moet maatskaplike ondersteuning.

      Dit is maar enkele van my idees hieroor. Dankie vir die lekker debat!

      Reply
  8. Anita

    Jaco,

    Wat sou geword het van die 1400 vlugtelinge indien hul nou nog daar gewoon het? Hoeveel weerlose kindertjies en bejaardes is in daardie getal? Is daar gestremdes ook?

    Is dit jou meening dat asiel onder geen omstandighede kan geskiet nie? Ek voel baie sterk oor die beskerming en koester van kultuur en tradisie maar vir my is dit geensins belangriker as die beskerming van mense se lewens nie.

    Glo jy dit is beter om die praktyk van asiel te skrap eerder as om dit behoorlik te reguleer?

    Die feite in die artikel is skokkend http://www.spiegel.de/international/europe/asylum-policy-and-treatment-of-refugees-in-the-european-union-a-926939.html

    Ek debateer graag, in goeie gees!

    Reply
    • Jaco Kleynhans

      Anita,

      Daar is miljoene mense wat in Irak, Sirië, Libië, Egipte en ‘n lang lys ander lande ly. Hierdie mense verdien almal(volgens jou kriteria) om asiel te kry.

      Sou jy sê hierdie mijoene mense moet almal onmiddellik in Europa ingeneem word? Wat sal die impak daarvan op sosiale stabiliteit in klein lande soos Nederland wees?

      Natuurlik is ons almal diep besorg oor die lyding van miljoene mense regoor die wêreld, maar is die antwoord vir hul probleme asiel?

      Die vraag ontstaan ook wie vir die versorging van hierdie mense moet betaal. Is dit regverdig dat hul versorging op die burgery van ‘n land afgedwing word? Wat het van vrywillige humanitêre hulp geraak? Waarom moet belastingbetalers forseer word om vir die versorging van asielsoekers te betaal?

      Nog ‘n belangrike punt is die beskerming van nasionale grense. Asielsoekers uit Afrika en die Midde-Ooste tree onwettig op deur die grense van die Europese Unie sonder wettige dokumente oor te steek. Hulle is dus misdadigers. Waarom kan hulle nie by organisasies soos die Rooi Kruis en andere in hul eie lande aansluit en vir tydelike versorging in ander lande aansoek doen nie? Hoe gebeur dit dat ‘n asielsoeker uit Eritrea in Nederland beland? Hoe het hy daar gekom? Daar is veel meer agter asiel as net mense wat in ernstige nood verkeer en wat ‘n tydelik oplossing soek. Die meeste asielsoekers is net opsoek na die voordele van gratis mediese sorg, pensioene, onderwys, ens wat Europese lande bied en wie betaal daarvoor? Hardwerkende Europese belastingbetalers.

      Wat Der Spiegel aanbetref: Dit is ‘n ekstreem-linkse koerant. Ek neem alles wat hul skryf met ‘n knippie sout.

      Reply
  9. Anita

    Jaco,

    Daardie artikel het my eindlik teen asiel gedraai. Baie eerlikke artikel.

    Ja, soos die praktyk nou staan is dit sleg. Op jou vrae: Ek glo nie al die mense wat ly in daardie lande moet asiel kry nie- ek glo ook nie hul moet permanent inwoon waar hul asiel toegedien word nie. Ek voel dit moet n tydelike (5 – 10) jaar ding wees en wanneer hul terugkeer na hul lande gaan hul goeie gebruike wat hul aangeleer het toepas.

    Indien die wetgewing so kan meewerk om die ‘spungers'(wat nie die taal wil aanleer en nie wil werk en nie integreer nie) te deporteer- sal dit daardie ‘wonderlike ding’ wees wat ek so graag wil ondersteun.

    As jy se dat asiel sal sleg bly en geen aanpassings en voorwaardes dit kan goed maak nie- sal ek jou glo. Jy is die kenner. Ek is die dromer! Dit is hoekom ek so graag in gesprekke wil ‘inklim’, ek het soveel vrae.

    Ek het n vriendin wat 2 jaar oud was toe haar gesin uit Zimbabwe uit gevlug het na Amerika toe en asiel toegstaan is. Hul is baie goeie, hardwerkende mense. Vandag werk sy by n geheime Christelike meisieskool in Kambodie- ek en my gesin het hul besoek toe ons in Thailand gewerk het. Haar pa het onlangs tergekeer om n skool te open in Zim. In hul geval het asiel goed geslaag.

    Dankie vir jou puik blog 🙂

    Reply
  10. Ruaan

    En so wil ek en my vrou kyk of ons nie Suid Afrika kan verlaat vir Nederland nie. Maar as die grense soos ‘n ou oop plaas hek lyk laat dit ‘n mens wonder oor hoe veilig dit tans in Europa is ??
    Is dit beter om hier te woon waar die land besig is om op hom self in te tuimel , of na een te “vlug” waar dit moontlik net ‘n kwessie van tyd is ?

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

two × 1 =