Gedurende 1919, kort na Brittanje se groot oorwinning in die Eerste Wêreldoorlog het ’n opstand in die magtige Koninkryk begin wat op 21 Julie 1921 sou lei tot die onafhanklikheid van 26 Ierse distrikte. In die uur van glorie toe die Britse ryk sy na-oorlogse greep op wêreldstreke soos die Midde-Ooste versterk het, het die Iere, ’n verarmde volk besluit om die groot Ryk te verlaat en oor hul eie toekoms te beskik.
Byna 100 jaar later sien ons dat die drang van selfstandigheid steeds wakker is op plekke soos Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Dit is egter nie net volkere in die Verenigde Koninkryk wat intern vir groter vryheid streef nie, maar ook die geheel wat toenemend besef hoe ’n burokratiese mag in die Europese hoofstad, Brussel, hul lewens wil beheer.
Eerskomende Donderdag op 23 Junie sal burgers in die Verenigde Koninkryk die geleentheid kry om ’n sterk standpunt vir selfstandigheid en teen globalistiese gelykmaking in te neem. Beleid oor immigrasie, die ekonomie, omgewing, vervoer en internasionale betrekking word vir Britte vanuit die Europese Unie voorgeskryf.
’n Terroris wat deur die Islamitiese Staat in Libië opgelei is, kan met ’n bootjie vermom as ’n asielsoeker in Italië land en binne dae Duitsland, Nederland, Frankryk, België of selfs Brittanje bereik om daar sy groot daad van terrorisme te beplan en uit te voer. Die volkere van hierdie lande is magteloos omdat immigrasiebeleid in Brussel voorskryf dat hulle hierdie mense moet ontvang.
Die voorsitter van die Britse Laerhuis, Chris Grayling, vra onlangs in die Amerikaanse koerant, die Washington Post of Amerikaners bereid sal weens om deel te neem aan ’n eenheidsregering van alle Noord-Amerikaanse en Suid-Amerikaanse lande met ’n burokratiese regering in Panama wat vir Amerikaners kan voorskryf hoe hulle ekonomiese-, immigrasie- en ander beleid daarna moet uitsien. Natuurlik sal ’n groot meerderheid van Amerikaners teen so ’n regering gekant wees. Grayling vra dan waarom Britte aan so ’n regering in Brussel oorgelewer moet word? Grayling, ’n sterk ondersteuner van die veldtog om Brittanje op 23 Junie uit die Europese Unie te laat tree, lewer ’n sterk pleidooi vir die vryheid van volkere in Europa.
Die Amerikaanse skrywer Pat Buchanan som die stryd in Brittanje op as ’n stryd tussen die hart en die beursie en ’n stryd tussen vryheid en sekuriteit. Mense wat hul eie identiteit wil behou beskou vryheid as ’n hartsaak. Mense wat na die materiële waarde vir vandag kyk, beskou die veiligheid van EU-lidmaatskap as die beste opsie.
As Britte Donderdag besluit om die Europese Unie te verlaat sal dit ’n oorwinning vir die voortbestaan van die veelheid van volkere in Europa wees. Skotland sal dan weer poog om die Verenigde Koninkryk te verlaat en referendums oor EU-lidmaatskap kan in talle ander Europese lande volg. Sou die Britte egter in die EU bly kan die pad voorberei word vir die finale verval van volksidentiteite in Europa en sal die golf van immigrasie en globalisme onstuitbaar word. Op 23 Junie sal mense in die Verenigde Koninkryk vir of teen vryheid stem. Hul stem kan en sal Europa vir altyd verander.
Jaco, ek dink die Britte is te laat om hul volk te red van die multikulturele moord wat tans daar woed. Die EU is onder groot invloed van die VSA en as Brittanje sou wegbreek of bly is dit sekerlik so deur die VSA beplan. Ek dink voorts dat as ‘n ‘wegbreek’ plaasvind teen die wil van die owerhede gaan dit in elk geval GB se ondergang wees ten opsigte van die verenigde front wat tans teen Rusland opbou en dus sonder Engeland se outomatiese steun moet voortgaan. Cameron is ‘n groot voorstaander van die moslem-inval in GB en sy ongewildheid kan nou teen hom tel in hierdie referendum. Al wat hom dan kan red is ‘n terreurdaad op eie bodem wat krygswet tot gevolg sou he en hom so sy magsposisie verseker, maar selfs dit kan ‘n groter lont in GB aansteek vir burgeroorlog. Sal maar moet sien, groete.