Volgens verskeie ranglyste (gebaseer op Global Peace Index) is die veiligste en vreedsaamste lande ter wêreld in volgorde Ysland, Denemarke, Oostenryk, Nieu-Seeland, Switserland, Finland, Kanada, Japan en België. Op ander lyste word Swede, Singapoer, Slowenië en Tsjeggië bygevoeg en die volgorde verskil effens. Die soort ranglyste verander min oor tyd en dit is al jare dieselfde lande wat in die topgroep is. Alhoewel ook in veilige lande van tyd tot tyd verskriklike goed kan gebeur wat aandag trek, soos die Breivik-amoktog, is dit uitsonderings wat die stabiliteit en struktuur van die lande nie aantas nie en wat ten spyte, nie as gevolg van sulke lande se vreedsame aard plaasvind.
Vreedsame lande word gekenmerk deur lae misdaad en geweld en was ook baie lanklaas in oorloë gewikkel. Die vraag is hoekom sekere lande vreedsaam is en wat hulle gemeenskaplike kenmerke is. As ons na die genoemde lande kyk, val op dat hulle feitlik almal klein lande met ‘n betreklike klein bevolking is (uitsonderings op die reël is Japan en Kanada). Verder is hulle omtrent almal etnies grootliks homogeen of, indien hulle wel nie homogeen is nie, soos Switserland, België en Kanada, beskik hulle oor ‘n groot mate van federalisme wat vir elke taalgroep sy eie deelstate of Kantons bied. Singapoer is hier die uitsondering, wat uit 3 groot etniese groepe bestaan en ‘n ineen gevlegte wêreldstad is.
Verder is feitlik almal Westerse lande (sowel Europese lande asook lande wat deur Europeërs bevolk is, soos Kanada en Nieu-Seeland). Japan en Singapoer, beide Oosterse lande, is wel sterk beïnvloed deur die Anglo-Amerikaanse manier van regering en bestuur en het die Weste se voorbeeld nagevolg.
Daar is natuurlik ook die aspek van mentaliteit. Sekere volke is van nature meer aggressief en opsweepbaar as ander (al is die stelling vir sekere mense moeilik om te sluk). Die Skandinawiese lande het al vir meer as honderd jaar by geen oorlog betrokke geraak nie (alhoewel Noorweë, Denemarke en Finland beset is en slagoffers van Duitse of Russiese aggressie was), en Switserland was sedert sy stigting in die 16de eeu by geen konflik betrokke nie. Japan was eens aggressief-nasionalisties, maar het sedert die tweede Wêreldoorlog ‘n lae profiel op internasionale politieke terrein gehandhaaf en het eerder op sy ekonomiese vooruitgang gefokus.
Suid-Afrika is alles behalwe die bogenoemde: ‘n groot land (1.3 miljoen km²) met ’n groot bevolking (50 miljoen +), etnies uiters divers, met 4 verskillende rasgroepe asook talle etniese onderverdelings, 11 amptelike tale en talle ander, kleiner tale. Pleks van sterk federalistiese strukture, wat onder sulke omstandighede voor die hand liggend sou wees, word sentralisme en magskonsentrasie toegepas. Daar is niks wat samebinding (kohesie) bied nie, soos gedeelde ideale, sienings of ‘n gemeenskaplike geskiedenis nie. Geweld en misdaad is van die hoogste in die wêreld en verhoudings tussen die bevolkingsgroepe, ten spyte van individuele suksesverhale en pogings tot nasiebou, is uiters power. Of die land deur die NP, ANC, DA of wie ook al regeer word maak eintlik min verskil want die struktuur en samestelling van Suid-Afrika maak dat die land so geweldgeteisterd is. Dit wat volgens “social engineers” vrede verseker, soos groter gelykheid, gemeenskappe wat self verantwoordelikheid neem, ekonomiese groei en meer werksgeleenthede, meer kontak tussen verskillende groepe ens., kom juis vanself in klein, oorsigtelike en redelik homogene samelewings voor, sonder dat die staat dit moet forseer.
Die model van ‘n Afrikaner-volkstaat is op dié leus geskoei om ‘n vreedsame en suksesvolle staat te wees en wat reeds in die kleine in Orania suksesvol is: klein, kompak, etnies, godsdienstig en taalkundig homogeen, met ‘n verspreiding van mag en besluitneming en met geen begeerte om in te meng in sake wat buite ons beheer is.
Sebastiaan Biehl is `n navorser by die Orania Beweging.
Zwitserland is in 1812 met Napoleon naar Moskou getrokken en heeft deelgenomen aan de campagne.
De destijdse Helvetische Republiek was dan ook een Franse vazalstaat zonder enige steun van de bevolking die dit als een kunstmatige staat beschouwde en zich eerder bezet voelde!
Goeie artikel, dankie. Maar Bybels is daar binne my wete nie vier nie, maar drie basiese rasse, naamlik (Midde-)Oosters/Geel, Europees/Wit en Afrika/Swart.
Hanno, die Bybel ken eintlik nie die konsep van ras nie – dit is iets wat die wêreld (en les bes ook christene) by die goddelose Charles Darwin geleer het. Die Bybele praat deurlopend van volke, nasie en tale, en as ek dit reg het, by geleentheid ook nog van stamme. Volke is soos ek verstaan, wat ons ook deesdae etniese groepe sou noem, en nasies verwys na gemeenskappe binnen staatkundige verband.
Maniere van Skrifverklaring ; Bybelse Volksgrense ; Teologiese Liberalisme – prof Johan Malan – Mei 2011 – http://www.bibleguidance.co.za
Daar is baie verskillende maniere waarop die Bybel verklaar of vertolk word (in teologiese taal staan dit as eksegese bekend) om by mense se eie, vooropgestelde idees aan te pas. Sommige van hierdie verklarings is subjektief, met ‘n sterk politieke ondertoon, en is daarop ingestel om die Bybel en kerk polities aanvaarbaar te maak. In hierdie gevalle wissel die manier van Skrifverklaring saam met die politieke klimaat in ‘n land of volk.
In Suid-Afrika was daar in die apartheidsjare bv. verskillende kerke wat die konsep van afsonderlike ontwikkeling teologies geregverdig en ook die Bybel so verklaar het. Hulle het Bybelse gronde vir die idee van verskillende kerke vir verskillende volke, rasse en taalgroepe gevind. Toe die politieke klimaat egter in die tagtiger- en vroeë negentigerjare radikaal verander het, het baie van hierdie kerke saam met dit verander. Toe het hulle skielik geen regverdiging meer in die Bybel vir ‘n volksingesteldheid op kerklike gebied gekry nie en afsonderlikheid, of apartheid, tot ‘n sonde verklaar.
In reaksie hierop het daar kerke en godsdienstige groepe ontstaan wat hulleself van die polities-georiënteerde teologiese liberalisme gedistansieer en hulleself by duidelike identiteitsbewegings geskaar het. Sommige het hulle samehorigheid binne volksverband gevind en dit ook kerklik uitgeleef, byvoorbeeld as Boere-Afrikaners. Ander het egter veel verder gegaan en by ‘n sogenaamde “Bybelse identiteitsbeweging” aangesluit deur hulleself “Israeliete” te noem. Hieruit is die Israelvisie gebore, wat ‘n gewysigde voortsetting van die Brits-Israelse denkrigting is.
Dit is van die allergrootste belang dat elke persoon wat die Christelike geloof bely, sal vasstel presies hoe die Bybel vertolk moet word, en wat sy of haar identiteit en roeping as Christen in die samelewing is. Om duidelikheid hieroor te kry, moet ons net eers vasstel wat die einddoel met polities-georiënteerde vertolkings van die Bybel is.
In godsdienstige liberalisme word die Bybelse feit heeltemal ontken dat die Here grense tussen volke gestel het. ‘n Teks soos die volgende word óf geïgnoreer óf heeltemal verdraai: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand. 17:26). Hierdie “grense” het tog baie belangrike implikasies – nie net volkekundig en staatkundig nie, maar ook taalkundig en godsdienstig. Die evangelie moet aan elke groep in sy eie taal- en kultuurverband verkondig word, omdat dit benewens die redding van individue ook daarop ingestel is om gesins- en volksinstellings te verchristelik, te onderskraag en te versterk.
Die teologiese liberalis ontken grense van hierdie aard omdat hy besig is om aan ‘n internasionale, geïntegreerde, nie-rassige, nie-seksistiese samelewing te bou, waarin daar uiteindelik ook beweer sal word dat alle godsdienste dieselfde God aanbid. Hy beroep homself graag op tekste soos die volgende: “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus” (Gal. 3:28). Hierdie teks word dan verdraai deur dit sosio-polities te verklaar en te beweer dat volksgrense verval, sosiale stande uitgewis en dat geslagsverskille tussen mans en vrouens nie in ag geneem moet word nie. Alles kan dus saamvloei en een word, wat beteken dat homoseksuele verhoudings ook in orde is.
Hierdie teks het duidelik net op geestelike gelykwaardigheid betrekking. Wanneer dit by redding kom, gee die Here nie aan ‘n Jood voorkeur bo ‘n Griek, aan ‘n ryke bo ‘n arme, of aan ‘n man bo ‘n vrou nie. In samelewingsverband geld al hierdie verskille egter nog steeds: Paulus identifiseer homself baie duidelik as ‘n Israeliet of Jood (Rom. 11:1; Hand. 22:3); diensknegte word tot gehoorsaamheid aan hul here aangemoedig (Ef. 6:5); en die man se posisie as die hoof van die vrou word ondubbelsinnig bevestig (Ef. 5:22-23).
Die ernstige Christen kan homself hoegenaamd nie met die liberale teoloë se wyse van Skrifverklaring vereenselwig nie – nie net omdat dit op politieke of humanistiese aanvaarbaarheid ingestel is nie, maar ook omdat dit op ‘n skewe en krom verklaring van die Skrif gebaseer is.
Aan die ander kant van die spektrum is daar egter ook ‘n regse, polities-georiënteerde vorm van eksegese wat as die grondslag vir ‘n valse identiteitsbeweging gebruik word. Hierdie mense volstaan nie by hulle Bybelse volksbewustheid nie, maar eis ook die identiteit van die volk Israel vir hulleself op. Om dit te kan doen, moet hulle die Jode tot ‘n bastergeslag verklaar ten einde hulle identiteit as “Israel” te kan oorneem. In hulle vervangingsteologie gaan hulle dan nog verder en verklaar dat net die blanke volke van die wêreld die stamme van Israel is met wie alleen die Here ‘n verbond gesluit het. Die gekleurde volke word as onredbare heidene beskou. Hierdie beweging staan as Blanke Israelisme, Wit Teologie en ook die Brits-Israelse Beweging bekend.
Jy beweer: Met verspreiding van mag, besluitneming en met geen begeerte om in te meng in sake wat buite ons beheer is. Ek seg: Te vaag. Wees asb meer spesifiek. Hartlike dank.
Wel, wat Orania betref is die mag en besluitneming nogal versprei: daar is verskeie sentrums van mag en beheer, soos die Dorpsraad/Vluytjeskraal Aandeleblok, Orania Beweging, Orania Bestuursdienste en Kamrolandskap Korporasie. Ons as gemeenskap focus op ons eie heil en hou ons uit die groot politiek grootliks uit en raak nie by gevegte betrokke wat ons nie kan wen nie (soos om die hele land in ‘n ander rigting te wil stuur). As alle mag by enkele individue gesetel is en hulle nie op vreedsame wyse uit ulle posisie verwyder kan word nie dan sal dit tot opstandigheid of ontrekking lei, altwee is skadelik vir ‘n gemeenskap. As Orania, soos die DA, die doel gehad het om die regeirng te vervang en om die politieke mag in Suid-Afrika te wil oorneem sou ons in ‘n gewigsklas boks waar ons lelik gaan slae kry. Dit is wel goed dat politieke partye en burgerlike organisasies by daardie gevegte betrokke is.
Die vraag wat by my opkom is, waarom is SA so geweldadig, is dit omdat
1. Te min werk vir almal daarom is geweld en misdaad makliker.
2, agv Regering wat faal in sy taak om die land reg te regeer en sy departemente met onkundige mense nie die taak kan korrek uitvoer nie.
Mynsinsiens kan misdaad en algehele verval net op twee maniere beheer word: in ‘n klein, oorsigtelike, konsensusgedrewe en grootliks homogene samelewing met gedeelde waardes is misdaad die uitsondering, omdat jy nie teen jou eie mense en diegene wat jy ken sommer misdadig raak nie. Dit is ‘n kultuurding, en dit verklaar ook waarom klein lande met ‘n homogene bevolking so vreedsaam is (terloops, nie net europese lande nie, maar ook klein en homoogene Afrikalande soos Botswana of Swaziland)Kein, homogene lande is daarom ook dikwels demokrasië in die ware sin van die woord.
Groot, multi-etniese lande is oor die algemeen meer tot geweld geneig weens die talle spanning wat tussen groepe bestaan en die afstand tussen hulle. Dit word makliker om misdade te pleeg teen mense van groepe wat jy nie ken nie of wat jy verag of haat, as teen jou eie mense. Sulke uiteenlopende samelewings word om die rede dikwels outritêr bestuur, met sterk veilighiedsmagte en min persoonlike vryheid. Suid-Afrika is so ‘n samelewing met uierste verskille en geen konsensus nie, maar het nie as balans ‘n sterk outoritêre bewind wat veiligheid waarborg nie, maar probeer Westers-liberale demokrasie toepas.
Baie interessant. Glo dit werk vir almal wat opreg daaraan glo en ook werk daarvan maak om dit te verwesenlik, soos Orania.
Mervyn, waarskynlik het die geweld sy oorsprong van mense wat voel dat hulle ongestraf sal wegkom, aangesien die doodstraf afgeskaf is. Baie van die oortreders is onwettige buitelanders wat niks het om te verloor nie en wat dink dat hulle inelkgeval daarmee gaan wegkom.
Verder is hulle so barbaars dat hulle genot put in die doodmaak en marteling van hulle slagoffers. Lewe het vir hulle geen betekenis nie.
Orania het nog ‘n lang pad om te stap; onafhanklikheid van Suid Afrika, groot industriee soos bv myne, ‘n hawe en ‘n lughawe(?) en ‘n eie weermag en polisiemag.
Natuurlik moet daar aan hulleself belasting betaal word!
Voorwaar ‘n lang pad om te stap maar so ‘n lang tog begin met die eerste tree en dit is voorwaar bemoedigend om te sien hoe fluks daar gevorder word.
Satan se politieke oorlog teen die koninkryk van God
Satan voer onvermoeid ’n politieke oorlog teen die mensdom. God se orde vir volke is gebaseer op die beginsel van onafhanklike en selfbeskikkende volke wat elk sy eie regering en grondgebied het. Volgens Handelinge 17:26 het die Here grense tussen die volke gestel. Die heel eerste rebellie wat Satan teen die bestaande orde van onafhanklike volke aangeblaas het, was by die vestiging van die antieke Babiloniese Ryk en die bou van die toring van Babel. Die grondmotief vir hierdie poging was politieke, godsdienstige, ekonomiese en taalkundige eenheid op aarde (Gen. 11:4-6). Dit was egter verkeerd in die oë van die Here, daarom het Hy self hulle planne verwar en die deelnemende volke laat wegtrek om sonder oorheersing van ’n wêreldregering hulle eie regerings in te stel en hulle eie bestaan te voer.
Die gevolg van die mensdom se sondigheid en rebellie teen God is hulle verdraaide doelstelling van wêreldeenheid, wat na magsmisbruik deur ’n goddelose diktator sal lei. Die Here beoog wél die skep van wêreldeenheid, maar op sy eie voorwaardes, onder sy eie wette en onder sy eie wêreldleier, die Here Jesus Christus as Koning van die konings en Here van die here. Die rede waarom God wêreldeenheid afkeur wat op enige ander wyse tot stand kom, is omdat dit ’n eenheid sal wees van rebelle onder die leiding van die hoofrebel, Satan, wat vir ’n paar jaar lank daarin sal slaag om so ’n koninkryk te vestig.
Die duiwel het nooit sy planne vir ’n alternatiewe orde gebaseer op die internasionale politieke oorheersing van volke laat vaar nie. Verskeie goddelose wêreldregerings het deur die eeue heen ontstaan. Hulle het almal die volke onderdruk, ’n heidense wêreldgodsdiens op hulle afgedwing, en deur middel van net een taal regeer. Daar was ook verskeie resente onsuksesvolle pogings in hierdie rigting, waarvan die mees onlangse dié van Hitler in die Tweede Wêreldoorlog was.
Telkens wanneer Satan hierdie doelwit probeer bereik, berei hy vir hom ’n sterk leier voor wat ’n magsposisie verkry en homself as ’n politieke en militêre diktator vestig. Deur magsuitbreiding lyf hy dan ander volke by sy ryk in en bevorder só sy planne vir wêreldheerskappy. Weens hulle inherente immoraliteit, korrupsie, en die onderdrukking en uitbuiting van volke het hierdie ryke egter altyd weer tot ’n val gekom.
Volgens die Bybel gaan Satan voor die wederkoms van Christus een van sy grootste pogings aanwend om God se orde van selfbeskikkende volke omver te werp en in die plek daarvan ’n nuwe wêreldorde van internasionale politieke, godsdienstige, ekonomiese, sosiale en taalkundige eenheid in te stel. Die man wat hy vir hierdie taak voorberei, word in die Bybel die Antichris genoem, asook die mens van sonde, en die dier. Die wêreldryk wat hy sal vestig, sal ’n herhaling van die Babiloniese Ryk van Nimrod wees, daarom word die eindtydse ryk van die Antichris op ’n gepaste wyse Babilon genoem (Op. 17 en 18).
Net soos Nimrod, sal die Antichris homself ook vergoddelik en deur misleiding en onderhandelinge ander volke oorreed om by die nuwe wêreldorde in te skakel. Dit sal aanvanklik dus ’n gesamentlike, onderhandelde inskakeling wees: “Kom laat ons vir ons ’n stad bou [as wêreldhoofstad] en ’n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik [’n magtige wêreldgodsdiens]; en laat ons vir ons ’n naam maak [as wêreldburgers], sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie” (Gen. 11:4).
Die diplomatieke onderhandelings vir die vestiging van ’n nuwe wêreldorde het reeds onder die leiding van Amerika, die Europese Gemeenskap, die VN en ander wêreldliggame begin. Wanneer die Antichris kom, sal hy hierdie onderhandelings deurvoer tot hulle logiese uiteinde van wêreldeenheid onder sy eie leierskap: “Hy sal een week lank [sewe jaar] met baie [nasies] ’n sterk verbond sluit” (Dan. 9:27).
Wanneer die Antichris egter as wêreldleier aanvaar word, sal dit wees ten koste van die misleide volke met wie hy ’n verbond gesluit het. Hy sal nie in hulle diens staan nie, maar in die diens van Satan self wat hom vir hierdie pos voorberei het: “… en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (Op. 13:2). Dit sal na wêreldwye politieke beheer deur Satan se koninkryk lei: “… en aan hom [die Antichris] is mag gegee oor elke stam en taal en volk en nasie” (Op. 13:7).
Ons moet goed begryp dat die duiwel benewens sy aanvalle op individue en groepe ook ’n strategie volg om die volke te verlei sodat hulle aan hom dienstig kan word en by sy sataniese orde vir volke inskakel. Ons lees in Openbaring 20:3 dat die duiwel ná die wederkoms gebind sal word “sodat hy die volke nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.” Daarna sal hy losgelaat word en die volke nog een maal verlei deur hulle vir ’n gesamentlike stryd teen die koninkryk van God te verenig en vir militêre optrede te mobiliseer (Op. 20:7-10).
Tans word die volke polities mislei om hulle soewereiniteit prys te gee, soos bv. in Europa, en toenemend by die nuwe wêreldorde in te skakel. Individuele volke word summier van hulle godgegewe selfbeskikkingsreg beroof en by groter eenhede ingeskakel. Sodoende word lande, streke, kontinente, en uiteindelik ook die hele wêreld, polities verenig in voorbereiding op die koms van die Antichris. Dit is ’n politieke en ideologiese oorlog wat vanuit die hel teen volke gevoer word, en waarteen hulle groot weerstand behoort te bied. http://www.bibleguidance.co.za/Afrboeke/Die%20Koninkryk%20van%20Satan/Geesteswereld2.htm
In Sefanja 3 word gepraat van die oorblyfsel van Israel wat oorkant die riviere van Kus (suidelike Afrika) woon. Ook in Deut 38, met die seen van Sebulon en Issaskar van die skatte wat uit die aarde en see voortgebring sal word: mynbou- en visbedryf? Joodse navorsers verwys na Afrikaners as hoofsaaklik afstammelinge van Sebulon en Issaskar. Of ‘n mens dit moet glo of nie is dalk nie so belangrik nie, maar gee dit nie ‘n aanduiding van die grense van Afrikaners as volk nie, en sluit dit dan nie Afrikaanssprekendes in Namibie, Botswana en elders in nie? Het Siener van Rensburg nie ook ‘n groter gebied gesien waar vrede uiteindelik sal heers nie?
Oor die Antichris: volgens Maleagi, ‘n Ierse heilige van die 12de eeu, het hy in ‘n visioen die volgende 112 pouse gesien, elk beskryf met kern kenmerke (kort, kriptiese frases in Latyn), waarvolgens die huididge pous die laaste een is. Openbaring 17?