fbpx

DSC01977Dit lyk die afgelope paar dae asof die EFF en ANC Jeugliga behoorlik met mekaar meeding oor wie die grootste poging teen die Afrikaner en eintlik blankes in die algemeen se erfenis kan loods.

Die huidige debakel oor monumente moenie as iets nuut beskou word nie. Dit is eerder deel van ‘n proses wat reeds in die middel negentigerjare begin het. Die proses om van veral die Afrikaner se erfenis ontslae te raak stop nie by monumente nie. Ja die meeste Verwoerd-standbeelde is lankal verwyder en die kanse dat Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein staande sal bly raak by die dag skraler.

Die aanslag op ons erfenis vind egter reeds vir baie jare op ander terreine plaas. Die hoeveelheid Afrikaanse en Afrikanergerigte boeke wat regoor Suid-Afrika uit biblioteke gegooi en in baie gevalle op ashope beland het, is een voorbeeld. Nog ‘n voorbeeld is die onttrekking van staatsubsidies aan talle kultuurorganisasies, monumente, museums en ander instellings en plekke waar die Afrikanerkultuur bewaar word. In sommige gevalle het die ANC-regering beheer oor instellings oorgeneem en dit gedeeltelik begin transformeer soos wat die geval is by die Oorlogmuseum in Bloemfontein en die Taalmonument in die Paarl.

Afrikaners reageer tans verskillend op die verskerpte veldtog teen ons erfenis. Een groep wil alles probeer behou waar dit is. Ander wil hê alles moet verskuif word en ‘n ander groep soek ‘n soort middelgrond.

Wat nodig is, is dat Afrikaners ‘n nuwe realisme ontwikkel. Demografies is ons ‘n reeds klein, minderwordende minderheid. Afrikaners het baie van ons mense aan emigrasie verloor en weens lae bevolkingsaanwas onder ons eie mense en ‘n hoë bevolkingsaanwas onder ander volkere gaan ons aanhou om ‘n kleiner persentasie van die land se bevolking uit te maak. Demografie is belangrik. Een voorbeeld is sekerlik die middestad van Pretoria.

Dertig jaar gelede was dit ‘n Afrikanerhartland waar Afrikaners gewoon en gewerk het. Vandag is daar bitter min Afrikaners wat nog in die Pretoria middestad woon en selfs dié wat daar werk word vinnig minder. Dertig jaar gelede het die meerderheid van mense wat dus by President Kruger se standbeeld verbygestap het, sterk daarmee geïdentifiseer. Vandag is dit nie meer die geval nie. Sou dit dus nie meer sin gemaak het om te aanvaar dat die middestad van Pretoria nie meer ‘n tuiste vir Afrikanerfenis is nie?

Afrikaners woon vandag steeds verspreid oor die hele Suid-Afrika. Ons is nêrens gekonsentreerd nie en vorm byna nêrens ‘n meerderheid nie. Dit is ‘n onvolhoubare werklikheid. Ons kan tog nie voortgaan om te eis dat ons erfenis bewaar moet word in plekke waar die Afrikaner minder as 5% van die bevolking uitmaak nie?

Die harde werklikheid is dat Afrikaners sal moet besef dat ons eerder betyds ons erfenis na plekke waar ons oor die vermoë beskik om dit te bewaar moet verskuif voordat dit voor ons oë vernietig word of op ashope beland. Orania doen reeds baie om erfenisitems daar te bewaar. Die Erfenisstigting doen ook belangrike werk. Afrikanerinstellings sal moet saamwerk om ons erfenisitems na geskikte plekke te verskuif. Orania is reeds goed daarvoor gerat om die meeste items hier te ontvang, te bewaar en ten toon te stel.

 

35 Comments

  1. Hanno

    Dus: Afrikaner, verskuif Orania toe of gaan onder?

    Reply
  2. frits en ella

    Ja, een zinvol betoog.

    Reply
  3. Attie

    Ons kan ons erfenisitems verskuif sodra ons weer’n regverdige deel van SA as ons land kan he. ‘n Verskuiwing voor die tyd sal gesien word as oorgee. Mense moet begin besef dat selfbeskikking die enigste antwoord is.

    Reply
    • andre

      Ek dink dit is eerder andersom. As jy kan net ‘n gebied “claim” as dit joune is. Dit beteken dat jy die gebied beheer, die gebied jou kultuur dra en die gebied jou en jou mense verteenwoordig. Dus die standbeelde sal eers geskuif moet word en nuwes – nie net standbeelde, maar hele dorpe, stede – sal opgerig moet word, voordat selfbeskikking selfs net ‘n moontlikheid kan word.

      Ek dink die standbeelde is nie so belangrik nie. Dit is ‘n kwessie van prioriteite. Eie instellings, eie besighede, eie onderwys is baie belangriker. Die standbeelde kan ‘n mens weer opbou, later as die tyd daarvoor reg is. Met standbeelde gaan jy geen kultuur red nie, met dorpe, skole wel.

      Orania is dalk groot genoeg om ‘n paar standbeelde of monumente te red. Ander standbeelde sal na erfenisterreine soos die Voortrekkermonument verskuif moet word. Maar dit gaan verseker onmoontlik wees alles te red.

      Reply
      • frits en ella

        Ja, daar zijn wij het mee eens, Andre. Het is inderdaad, andersom: Afrikaners moeten eerst een gebied bevolken en daarbinnen eigen instellingsen (scholen, museums, winkels, ziekenhuizen, enz.) stichten. Dan behoort feitelijk dat gebied aan hen. Daarbij vinden wij ook wel, dat je een beetje een gelijk hebt, als je zegt, dat standbeelden niet belangrijk zijn. Met die kanttekening, dat het een beetje een teken aan de wand is, dat in SA nu ook Afrikanerstandbeelden worden aangevallen. Toch is er ook iets voor te zeggen, om er niet zo’n heisa van te maken.

        Reply
  4. Marius

    Die eerste reaksie van ons almal is om dit wat deel van ons geskiedenis is, nieteenstaande waar dit is of staan, te wil beskerm. En definitief te verhoed dat die verkeerde persentasie dit beskadig in hul proses van verwydering. (soos wat al klaar gebeur). Die beste uitweg is vir seker om dan self dit te verwyder na waar dit n veilige toekoms het. Nou probeer jouself insien, die reaksie van die beheerende munisipaliteite of regering, as ons aanbied om dit so dan in vrede te doen, sonder n besmettery of beskadiging daarvan!!!!

    Reply
  5. Theo

    Nog ‘n belangriker vraag: Wat word gedoen om ons kinders ons eie geskiedenis te leer? Wat is die doel van ‘n standbeeld as niemand weet wie dit van is nie? Ek moet bieg, ek het nie eers geweet van 2 van die standbeelde wat beskadig is nie. Ek het darem geweet waarvoor hulle daar is. Ons moet nie net die standbeelde behou nie, maar seker maak die herinneringe word ook bewaar.

    Reply
  6. Arnold

    Nie voordat die Afrika swartes met Blankes in aanraking gekom het nie, het hulle nooit ooit ‘n Monumet of ‘n standbeeld vir enige persoon opgerig nie.
    Mike smith gee ‘n pragtige voorbeeld hiervan in sy Pandora reeks op sy blad.
    Ook nou te lese by Suidlanders.

    Reply
  7. Morne Pitout

    Hallo daar almal

    my antwoord op Hanno se vraag is eintlik dan ‘n ja. polities is ons eintlik klaar onder. ekonomies dryf ons nog.

    daar is dus ‘n situasie / uitdaging en ‘n oplossing kan/moet gevind word. die opsies is (1) voortbestaan as ‘n minderheid van <8% (engels & afrikaans), ek bedoel daar is minder as 300,000 wit mense in die ganse OVS, of (2) selfbeskikking.

    die voorbeelde wat aanhoudend by my opkom – is Andorra en kom ons vat ook Liechtenstein eerder. Albei mikro-state met bevolkings van <50k mense. Liechtenstein is ongeveer 16,000 hektaar groot met geen kus. -dus algeheel landgesluit.

    is dit die tipe van toekoms waarvan ons moontlik hier praat? want dit is heeltemal moontlik. natuurlik ook die feit dat jy weereens omring is van meerderhede van ander politiese oortuigings (ek dink Israel situasie, weet nie of dit so van toepassing sal wees nie, itv geweld)

    Veg vir onafhanglikheid as mikro-staat, word deel van die VN en verskaf 'n soortvan belastingsvrye (bank) omgewing of sone soos Bermuda, Jersey,Liechenstein ens. die res sal vanself kom.

    dit sal 'n paar dekades vat , maar dis 'n ongelooflike geleentheid om (weereens) geskiedenis te maak in Afrika.ek dink ook om die afgesnyde bande met suid/noord Nederland weer te heg is krities hier. ek dink isolasie in afrika maak dinge moeilik – ons is te min (verbind weer taal, kultuur, media, ekonomie, ens) met die moederland

    beoordeel asseblief die idee – sal graag wil hoor

    byvoorbaat dank
    Morne Pitout

    Reply
  8. louis

    Dit is juis die beginpunt van wat nou gedoen moet word. Alle Boere en Afrikaanse organisasies moet saamkom en een groep word . Saam staan ons n kans om n Tipe grondgebied te eien en ons eie tax in te vorderBasies ons eie land. Die vertrekpunt is die OVS en Transvaal en dioe gedeelte van Natal wat ons by Dingaan gekoop het. Die grense voor die 1te boere oorlog. Daar is die begin punt

    Reply
    • Sebastiaan

      Louis en Morne,

      ons stem aldrie saam dat ons ‘n eie land met ons eie regering nodig het en daarna moet strewe. Louis, die voorstel om by die OVS, Transvaal en Noord-Natal “te begin” is egter totaal en al onrealisties. Dis die helfte van die land, en juis die digs bevolkte deel met sowat 30 miljoen swartmense.
      Morne se voorstel van ‘n klein, kompakte staat soos Lichtenstein of Andorra is baie beter. ‘n Grondgebied wat ons eie is moet ons self kan bewerk, dit is net moontlik in ‘n gekonsentreerde, meesal stedelike opset. Ek verstaan die historiese sentimente oor die Boererepublieke, maar ‘n mens kan nie die tyd terugdraai nie. Belangriker as historiese aansprake is feitelike beheer en vestiging.

      Reply
  9. BJ de Jgaer

    Daar is agt stappe van mense moord “genocide” stap vyf is polarisering,mense moet meer bekommerd wees oor hulle lewe as standbeelde.Dit kom voor as of deplomasie gefaal het.

    Die Afrikaner sal vinnig moet leer om saam te staan.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Eight_stages_of_genocide

    Reply
  10. Abram F Celliers

    Kom ons “sê nou maar”, dat die ergste binnekort gaan gebeur. Alle slegte scenarios realiser. Die Panga swaai en die eerste Skoot klap. Vanuit ‘n morele hoë grond sal die Afrikaner volk saamstaan. Na baie, baie hartseer sal ‘n volkie as Volk by die onderhandelingstafel staan as oorwinnaar. Ongelukkig sal ons by daardie tafel weer alles verloor. Die probleem is dat ons nie altyd weet wat ons wil hê nie. Daar is geen “end game” nie. Die kans dat ons daar met meer gaan uitstap as ‘n “Lichtenstein” is skraal. Die prys wat ons gaan betaal daarvoor….. te veel.

    Lichtenstein is 160km2 groot met ‘n bevolking van 37,000. Hulle het hulle belasting basis uitgebrei deur ‘n gunstigde klimaat te skep vir buitelandse maatskappye. Deur nuut te dink kan ‘n mens beheer neem oor meer as 160km2 en 37,000.

    Kom ons raai daar is 3 mil Afrikaners in SA. Gaan ‘n volkstaat eers begin as 3 miljoen Afrikaners saamstaan? Dit sal nooit gebeur nie, en om vir dit te wag is selfmoord.

    Orania kort Industrië. Skep werk vir 8,000 mense en, met ‘n gem gesin van vier, kan daar vining 32,000 mense in Orania wees. ‘n Honderd besigheids manne kan werk vir 8,000 mense skep. (Hierdie sommetjie is baie, baie basies.)

    Die soldate wat die Afrikaner volk nou nodig het is strategiese besigheidsmanne met waagmoed, durf en visie.

    Het Orania die wetlike en fisiese kapasiteit om ‘n, bv. Ford fabriek, daar te laat oprig?

    – Is dit moontlik om so iets op te rig?
    – Hoekom sal iemand dit nie wil doen nie?
    – Is Orania op hierdie oomblik in staat om hulle vrese aan te spreek en dit wat nie in plek is nie, in plek te kry?
    – Hoeveel het Orania nodig om die infrastruktuur daar te kry vir dit?
    – Kan dit geprivatiseer word?

    Oorreed die groot besigheids manne. Hoor wat pla hulle op die oomblik, spreek dit aan, en begin ‘n volkstaat bou.

    Reply
    • Jaco Kleynhans

      Abram,

      Jy is reg oor Lichtenstein met miskien 50 000 of as ons gelukkig is 100 000 Afrikaners. Persoonlik dink ek ook nie dat ons sommer meer as dit gaan regkry nie.

      Wat ontwikkeling aanbetref is daar die afgelope paar jaar groot vordering in Orania gemaak. Struikelblokke in dienste (soos elektrisiteit), die beskikbaarheid van nywerheidsgrond, ens is getakel en waar dit nie heeltemal opgelos is nie, is planne wel in plek om dit op te los.

      Ek sou dus dink dat ons industrieë hier sal kan vestig. Die uitdaging is eerder groter investering van beleggers wat nie een of twee huise bou nie, maar 50 of 100 en van sakemanne wat ondernemings begin wat meer mense in diens neem.

      Wat egter ook belangrik is, is dat ons in Orania nie ‘n tradisionele soort ekonomie probeer vestig nie. Ons kyk graag na Suid-Tirool met sy 500 000 mense. Daar is in Suid-Tirool 70 000 geregistreerde besighede. Dit is omtrent 7 mense vir elke onderneming. Die meeste ondernemings daar bestaan uit 2 of 3 mense (baie keer ‘n gesin) wat ‘n gespesialiseerde en gemeganiseerde bedryf beoefen. Ons beskou dit as ‘n beter opsie as die hoop om skielik ‘n fabriek met 1000 mense hier te vestig, hoewel ons aanvaar dat dit ook kan gebeur, maar tans nie prakties moontlik is nie.

      Die ideaal is dus om baie vinniger residensiële eiendom te ontwikkel en daarmee saam meer Afrikanerentrepreneurs aan te moedig om hul ondernemings hier te kom vestig.

      Reply
  11. flip van rensburg

    MIDDAG JACO
    JOU ARTIKEL SPREEK TOT BAIE VAN ONS AS AFRIKANERS. NET JAMMER DAT JY IN BEELD VAN 9 APRIL NA DIE OPTOG BY PAUL KRUGER STANDBEELD OP KERKPLEIN AS RASSISTIESE REAKSIE VERWYS.SELFS LINKSE BEELD EN KOMMUNISTIESE ANC HET IN HULLE KOMMENTAAR NIE DIT AS RASSISTIESE OPTREDE BESKOU NIE.DIT SPEEL NET IN DIE HANDE VAN DIE VYANDE VAN DIE AFRIKANER.

    Reply
    • Jaco Kleynhans

      Flip. Ek het dit nie as rassisties beskryf nie, maar net gesê dat rassisme nie met rassisme beantwoord moet word nie. Ongelukkig het baie Afrikaners uiters rassistiese goed kwytgeraak en ons verwerp dit.

      Reply
  12. frits en ella

    Oor Matt Heyns: die Orania-werkers probeer met al wat hulle het n nuwe toekoms te skep vir die Afrikaners. Hulle verdien steun van mense wat hulle verstand vashou. Natuurlik, sal daar altyd mense wees, wat net skeld en negatief is. Matt Heyns, in plaas van skeld, soos jy doen, kan jy beter omkeer, en help bou. Orania skeld nie, hulle bewaar hulle kragte om te bou. Dis ook hoekom, hulle gaan vorentoe.

    Reply
    • Dewald Scholtz

      Waar is die skrywe van Matt Heyns waarna frits en ella hier verwys? Jaco – is julle ook nou (soos Naspers) besig met sensuur op ongemaklike waarhede?

      Reply
      • Jaco Kleynhans

        Dewald.

        Matt Heyns is geblok omdat hy dieselfde stuk teks op elke plasing bly plaas. Dit kom basies daarop neer dat hy ‘n anti-geloof is en dink dat Christene ‘n klomp skelms is. Na verskeie versoeke dat hy asb nie daarmee moet voortgaan nie, het ons hom geblok, want sy plasings (soms sommer 6 of 8 op ‘n slag) het ons hele gesprekslyn volgemaak.

        Reply
        • Dewald Scholtz

          Goed – ek aanvaar dit so – ek het al gesien waartoe hy in staat is.

          Reply
  13. Jaco Kleynhans

    Jacques. Hierdie stukkie het jy ingevoeg en is presies die probleem. Ouens soos jy het dit vir julle self besluit. Dit was nie my woorde nie: “…met verwysing na die Afrikaner byeenkoms by die Kruger standbeeld in Pretoria.”

    Reply
  14. Dewald Scholtz

    Jaques,

    Ek kan nie meer met jou saamstem nie. As Orania dink hulle is gevrywaar van dit wat besig is om momentum op te tel, maak hulle ‘n geweldige groot fout. Orania is net geografies bietjie verder en half uit die oog – dit is al wat hulle op die oomblik beskerm.

    Wat die beelde aanbetref – ss die kultuur-erfenis na Orania verskeep word – dan maak dit Orania natuurlik meer bemarkbaar. Maar my huis in Pretoria – wat gebeur dan met sy markwaarde? Dit klink vir my nogal selfsugtig.

    Gepraat van Pretorianers an ander – dalk sal Jaco bereid wees om vir ons hier te skryf hoeveel geld (en die persentasie wat dit verteenwoordig van Orania se totale inkomste) maandeliks bygedra word tot Orania deur volksgennote buite Orania? Kan Orania bly voortbestaan sonder die bydraes van die stedelinge – oor wie se stede – en uiteindelik werksgeleenthede – Jaco duidelik nie te bekommerd is nie..?

    Jaco – ek is nie negatief teenoor julle nie, maar jy moet DINK wat julle sê – ek dink die gemiddelde Afrikaner sal na die lees van jou stuk hierbo eerder oorweeg om na die buiteland te gaan en die kultuur maar eerder op te gee as om na Orania te gaan – dit klink of julle die speletjie van ‘die-een-se-dood-is-die-ander-se-brood’ hier wil speel…

    Reply
  15. Arnold

    @ Jaco;
    Ek moet ook hier en nou erken dat ek ook nie heeltemal tevrede is met jou verduidelikking nie.
    Dit kom my voor asof julle nie die Liberales, en veral die ANC wil kwaad maak nie.Dit was al mee geeksperimenteer in die verlede, en dit het maar net die mense wat dit probeer toepas het, as “Joiners” ens gebrandmerk.
    Ek wil dit waag om te sê dat “Orania” agv hierdie standpunt, heelwat Volksteun gaan verloor.
    Ek stem saam met wat Jacques sê. As Volksgenote, wat in ons belange optree, nie julle goedkeuring het nie, bly dan liewers stil, as om dit aan hierdie duiwelse media te loop uitblaker oor wat julle standpunt is. Niemand het Orania se toestemming gevra om ‘n betoging te hou nie, en het dit ook nie nodig nie.Aangesien twee van ons beste Volksgenote dit gesteun het, kon julle hulle darem net morele ondersteuning gebied het.
    Ongelukkig het jy daardie geleentheid erg verbrou.

    Reply
    • Jaco Kleynhans

      Arnold

      Jy is reg. Ons wil nie die ANC kwaad maak nie. Dit is nie in ons belang nie. Ons kruip nie voor hulle nie, maar wil deur ordentlikheid en beginselvastheid ‘n volhoubare toekoms vir ons mense verseker.

      Wat verlore volksteun aanbetref verskil ek van jou. Ja ons mag in ‘n sekere klein deeltjie van die volk steun verloor het, maar ons het baie steun onder Afrikaners bygekry. Ons ledewerwing is tans op rekordvlakke. Ons kry geweldig baie nuwe vriende op Facebook by en baie Afrikaners reageer positief oor ons verwerping van ekstremisme en ons fokus op die taak voor hande: Om binne internasionale praktyke en riglyne Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap te verwesenlik.

      Reply
      • Arnold

        Dankie vir jou reaksie Jaco. Graag wil ek weet hoe jy voor die tyd kon weet dat hierdie verset aksie “Ekstremisties” sou wees?
        En dan wat het hulle gedoen wat ekstremisties was?
        Ek glo nie dat Steve van hierdie “Media uitspraak” sal hou nie. Hy het juis sy “Ek is Jan” hemp aangehad. Blykbaar is Orania nie gelukkig daarmee nie. Praat jy namens jouself, of praat jy names al die mense van Orania?
        Ek is self al baie jare’n uitwoner van Orania, en het al baie tyd daar deurgebring. Ek sou nie wou sien dat Malema die standbeelde op Orania ook gaan verwoes nie. Indien wel sal julle maar vir Steve en Sunette moet vra om ‘n regiment Volks manne in te bring.

        Reply
        • Jaco Kleynhans

          Arnold. Ek het nêrens gesê dat Steve of die aksie by Kerkplein rassisties of ekstremisties is nie. Lees asb weer wat ek gesê het voordat jy gevolgtrekkings maak.

          Reply
          • Arnold

            Dit is wat Beeld gesê het, na hulle onderhoud met jou Jaco.
            En hiermee sluit ek die debat van my kant af.
            *******************************
            Hier is daardie verklaring: “Orania, Solidariteit nie deel nie
            Die Orania Beweging, asook Solidariteit, was nie Woensdag by die “protesaksie” op Kerkplein in Pretoria betrokke nie.
            “Die Orania Beweging distansieer hom van enige ekstremistiese en rassistiese reaksie op die huidige vandalisering van Afrikanermonumente,” het Jaco Kleynhans, uitvoerende hoof, Woensdag aan Beeld gesê.
            “Ons is geensins daarby betrokke nie en ondersteun dit glad nie. Sou daar ’n T-hemp wees wat ons laat maak het, dan is dit moontlik een wat iemand hier gekoop het, maar dit moet nie beskou word as steun van ons kant af vir wat ons as ’n futiele oefening beskou nie. Ongelukkig het party mense ons slagspreuk, ‘Ek is Jan’, gekaap en misbruik dit,” het hy gesê.

  16. Arnold

    As ondersteuner, Buitewoner en Volksgenoot kan ek nie help om te wonder wanneer Orania en Kleinfontein die volgende “EFF Target” gaan word nie.
    Nie een van hierdie twee gewone Suid Afrikaanse Dorpe het enige Spesiale voorregte wat hulle beskerm nie.
    Soos dinge nou begin ontwikkel in hierdie land, sal dit dwaas wees om dit te ignoreer. As dit gedoen kan word, dan sal dit gedoen word. Die Blanke Afrikaner is nou tenvolle in hierdie swartes se visier, en moet nie dink dat hulle nie planne maak nie. Hoe goed Orania hiervoor voorbereid is, weet ek nie.
    Die feit dat hulle die Pretoria Kruger Standbeeld verset Aksie veroordeel het, sal Orania nie gespaar hou nie.
    En dit sal nie net gaan oor die Standbeelde en Museums nie.

    Reply
  17. Ben

    Die artikel van Pieter Mulder toon watter teleurstellings daar sedert die eerste dae aan die Kaap was oor inboorlinge wat “Christene” geword het en dan weer by moord, diefstal en korrupsie betrokke geraak het. As ‘n mens ‘n weg van vrede loop en dit word nie aanvaar nie beweeg jy aan.

    Engels as voertaal in die bree Suid-Afrika het straks as motivering “business is international” en is geldgedrewe.

    Orania as Afrikaner kerngemeenskap is ‘n verfrissende gedagte maar ek weet ook nie hoe om van geraamtes in die kas ontslae te raak nie. Afrikaans sal slegs kan voortbestaan as die sprekers van sy taal op geestelike vlak onbesproke is en as daar ‘n katarsis plaasvind. Daar is al CVO-skole landswyd en is dit nie ‘n beginpunt nie? Iemand skryf nou-die dag dat in ‘n modernistiese samelewing jy die vyand kon identifseer, naamlik die internasionale geldmagte, hoofsaaklik in Engelssprekende lande gesentreer. In die toekoms sal die “vyand” moeiliker geidentifiseer kan word en dalk moet ‘n mens besin oor oorlewing eerder in ‘n post-modernistiese wereldperspektief waar grense vervaag en moeiliker definieerbaar raak. Selfs in stede, waar 70% van die land se inwoners deesdae woon, is swart groepe ook nie meer kultureel homogeen nie; jy het dalk ‘n Zoeloe ma, Xhosa pa en Tswana skoonsuster. Soos met Afrikaners; jou oupa was dalk ‘n stoere Boer en nou stuur jy jou kinders na Engelse privaatskole in stede.

    Ek sou se: fokus op geloof en kultuur en soos prof. Boshoff eenkeer aan my gese het: die wat in Orania wil kom woon mag dit doen. As jy van jou eie mense vind wat jy kan vertrou en wat kan help om ‘n uitnemende gemeenskap op te bou het jy al klaar geslaag. Of dit lei tot ‘n Volkstaat of wat ook-al is dan eintlik irrelevant.

    Reply
  18. Ben

    Ek kyk na statistieke: in 2004 was daar volgens ‘n wikipedia artikel meer as 5 miljoen mense in SA, waarvan 21.6% wit en 67.5% swart. In die Vrystaat twee swartmense vir elke witmens. Vandag is meer as 79% van 52 miljoen inwoners swart en onder babas wat nou gebore word is minder as 5% wit. Afrikaans is nog die derde mees gesproke taal na Zoeloe en Xhosa. Oor die hele Afrika is bevolkingstoename besig om te krimp, maar in Suider-Afrika groei getalle steeds. Oor erfenisgebiede: ‘n mens het toegelaat dat volksvreemdes jou drumpel deurtrap in die vorm van huisbediendes ens. en nou sit jy met die gebakte pere. ‘n Mens moet egter ook nie teen kleur vaskyk nie: as die meeste mense swart is beteken dit nie noodwendig dat hulle dieselfde kultuur het nie en dat jy vanwee getalle geintimideer behoort te word nie. Meer as 79% persent van alle inwoners in SA beskou hulself as Christene en ‘n mens wonder dan waarom die land van die hoogste geweldsyfers ter wereld het? Dalk word leiers verafgod en mense leer nie genoegsaam om waardes te verinnerlik nie. As daar toenemende verstedeliking plaasvind is dit stellig “lekker in die witman se stad” en dan moet swartmense eerder mense soos Paul Kruger huldig as ‘n boodskapper van groter beskawing.

    Reply
    • Sebastiaan

      Hier is seker ‘n fout. In 2004 was Suid-Afrika se totale bevolking seker al by die 50 miljoen, nie 5 miljoen nie.

      Reply
      • Sebastiaan

        Toemaar, ek sien jy het dit reggestel.

        Reply
  19. Ben

    Regstelling: in 1904 was daar 5 miljoen mense

    Reply
  20. Ben

    In opvolg op ‘n vorige skrywe van my: die mees gesproke Afrika-tale, naamlik Zoeloe en Xhosa, vind ‘n mens in die Suid-Ooste van die land en ek dink vir die res moet ‘n mens Afrikaner kultuur en -simbole uitlos.

    Ek is nie ‘n Steve Hofmeyr aanhanger nie, maar hy het Julius Malema onlangs korrek gekritiseer omdat Malema se styl juis deurspek is van koloniale invloede, byvoorbeeld die Engels wat hy besig.

    Miskien is dit tyd dat, soos Dr. Phil se, die Afrikaner sy outoriteit terugneem en ophou om geintimideer te word deur denkstyle en politieke modelle soos nasionaal-sosialisme (van Duitsland bv.) en demokrasie (van die Engelssprekende wereld).

    NP van Wyk Louw het essays geskryf wat deur te min mense gelees word, bv. oor die Afrikaner se stryd en opbloei te midde van Afrika sosialisme, sowel as Britse imperialisme en internasionalsme. Ook is sy essay oor die rol van die “stilles in die land” insiggewend, want hulle bydrae tot die opbou van die land – sonder enige bohaai – beteken dalk meer as dit van die oorgrote meerderheid politici.

    Die vraag is, as jy na ‘n spesifieke standbeeld en mens verwys: Wie was Paul Kruger? Iemand wat ondermeer die rol van die Lemba-stam van die Vendas erken het en sodoende ‘n respek vir Ou Testamentiese profesiee openbaar het. Moet swartmense dan nie eerder dankbaar wees vir so ‘n persoon nie? Sy standbeeld het dan relevansie nie net vir Kerkplein nie, maar vir die hele PWV-gebied waar jy ‘n groot konsentrasie Afrikaanssprekendes vind, asook die res van die land vir enig-emand wat ‘n bietjie oor die eintlike geskiedenis besin.

    Demografies gesien vind jy dalk Zoeloes en Xhosas wat in die meerderheid sou wees as daar besluit sou moes word oor kultuurgoedere, maar soos gese, in die Noorde van die land is so-iets eintlik selfs binne die gebrekkige een-man-een-stem stelsel eintlik irrelevant.

    Die eintlike probleem in Pretoria se middestad is, soos ek dit sien, toenemende kriminaliteit, wat veroorsaak het dat mense nie meer die Staatsteater bv. wil bywoon nie, omdat hulle nie veilig voel om in die aand daarheen te gaan nie.

    As die Afrikaner toelaat dat snuiters soos Malema hom so intimideer moet hy maar gerus ondergaan en van die aardbol verdwyn.

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

14 − twelve =