fbpx

Plaaslike ingenieur bied
meganiese skattejag
vir
landboustudente aan

 

ʼn Plaaslike ingenieur het landboustudente uitgedaag met ʼn ‘skrootwerf-skattejag’ waar hulle onderdele van diesel- en petrolmotors moes soek en bymekaar pas om ʼn volledige stel meganiese onderdele aan mekaar te sit.

Een van die modules in die Bo-Karoo Opleiding (Orania se tegniese opleidingsentrum) Landbou-studente se kursus handel oor meganiese stelsels in voertuie soos bv. diesel- en petrolmotors, brandstofstelsels, ratkaste, remme, hidroulika, ens. Alhoewel heelwat van die studente reeds goeie ervaring in dié veld het, is dit vir sommige studente nuwe konsepte.
Omdat dit makliker is om ’n prentjie te vorm van hoe die masjinerie werk as ʼn mens dit ʼn bietjie vasgehou en mee gespeel het, het Neil Janse van Rensburg, ʼn plaaslike ingenieur wat die module aanbied, ’n skattejag by die skrootwerf gereël. Studente is getaak om spesifieke items (soos ’n suier, dieselinspuiter, vergasser, ens) tussen die items in die skrootmetaalhoop te soek.

 

Foto: Studente by die onderdele wat hulle tydens die skattejag versamel het

Volgens Neil kon die studente daarin slaag om die meeste van die onderdele te vind en kon hulle dit in die vorm van ʼn tipiese motorvoertuig uitpak. Studente kon toe elke item bekyk en omdat dit reeds skroot-items is kon hulle dit onder Neil se leiding oopmaak, na die ‘binnegoed’ kyk en die werking bespreek.
Studente het nou ’n fisieke prentjie in hulle gedagtes, eerder as slegs ’n teoretiese prentjie vanuit ’n handleiding. Neil het sy dank aan Orania se skrootwerf uitgespreek vir hulle hulp.

 

Foto: Neil in gesprek met die studente

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za