Orania CVO-skool se rekord van ‘n 100% matriekslaagsyfer sedert die skool se ontstaan word voortgesit

Baie geluk aan Orania CVO-skool se leerlinge wat vandag uitstekende uitslae ontvang het!
Dié skool, wat uit ‘n voorskoolse sentrum, laer- en hoërskool bestaan, spog vanjaar met 540 ingeskrewe skoliere. Verledejaar (2022) se matriekuitslae is ook pas deur die onafhanklike eksamenraad IEB bekendgemaak. Almal het geslaag, en dus die 100% slaagsyfer vir die afgelope 30 jaar voortgesit.
Van die matrieks het 82% toelating gekry vir baccalaureus-studies by ‘n universiteit. Daarmee saam is 16 A-vakgemiddeldes en 25 B’s en 32 C’s. Die drie top presteerders, elkeen met drie onderskeidings, het ook hulle toekomsplanne bekendgemaak (lees hieronder)
Baie geluk aan elke matriek, en baie sterkte vir elkeen in die klas met hulle toekomsplanne.
Baie geluk ook aan die ouers, onderwysers en almal wat by die skool betrokke is.
• Stephan Bredenhann doen die beste. Hy gaan BSc Rekenaarwetenskappe in Stellenbosch studeer.
• Leané Nothnagel doen die tweede beste. Sy gaan B.Com Ondernemingsbestuur by Akademia studeer.
• Jana Tomlinson doen die derde beste en sy gaan BSc Agric Dierekunde by Tukkies studeer.

Stephan Bredenhann

Leané Nothnagel

Jana Tomlinson
(Volkskool Orania, Orania se ander hoër- en laerskool, se punte sal binnekort bekendgemaak word)
word 'n lid!

Orania Beweging-nuusspan
Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za