fbpx

voorgrond

Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

Lees nou

Volhoubare oplossings vir die langtermyn bemagtiging van Afrikaners.

Besoek ons youtube-kanaal!

Besit jy al jou eie Orania Dorpsvlag?

Indien nie, kan jy nou jou eie Orania Dorpsvlag teen slegs R138 koop!

Orania Beweging Nuusbrief

4 April 2025

Orania aanbieding in die VSA:

New York Republikeine

ʼn Orania-span is pas terug van ʼn belangrike skakelgeleentheid. Verteenwoordigers van die Orania Beweging en die Orania Verteenwoordigende Raad het ʼn skakeltoer onderneem waartoe baie van ons ondersteuners en lede ook bygedra het. Ons is uiters dankbaar dat ons mense so ruimhartig deelgeneem het aan hierdie belangrike projek!

Die span het verslag gedoen: “Ons het op uitnodiging ʼn vrugbare ontmoeting met amptenare gehad en wesenlike sake in diepte bespreek. Daar het ooreenkomste sowel as verskille aan die lig gekom en daar is heelwat verdere toeligting en oortuiging nodig. Die kanaal daarvoor is geopen. Daar is bepaalde sake wat ons in hulle midde geplaas het en waarvoor ons terugvoer afwag.”

Verder kan ons rapporteer dat Orania se verteenwoordigers baie vriendelik ontvang is by verskeie instellings, groepe en ondersteuners en dat ons geleentheid gehad het om Orania se saak te stel.

Een van die besondere geleenthede was om by die New York se Jong Republikeine ʼn aanbieding te doen. Hierdie klub bestaan al sedert 1911 en het ʼn groot invloed op leiersvorming, politiek, en Amerikaanse belange.

Die Orania Beweging het ʼn spreekbeurt by een van hulle geleenthede gehad wat spesifiek vir hierdie doel gereël is. Die geleentheid se toegangskaartjies het totaal uitverkoop en die saal was byna te vol om te beweeg! Die verteenwoordigers en gaste het die Orania-span verbaas met hulle diepgaande kennis: nie net van Suid-Afrika en die Afrikaner nie maar ook van Orania en sy instellings!

Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, het ʼn toespraak oor Republikeinse idees gedoen. Hy het verder Orania en die Afrikaner se situasie breedvoerig verduidelik en ooreenkomste tussen Afrikaners en Amerikaners identifiseer. Dr Ernst Roets, raadslid van die Orania Beweging, het ook ʼn aanbieding gedoen. Roets het as adviseur en fasiliteerder vir die Orania-span opgetree.

 Die volledige aanbiedings van beide kan hier gekyk word:

Orania en die EFF:

Waarom die mediastorm?

Die EFF het weer ʼn mediastorm veroorsaak deur uitlatings oor Orania te maak. Aldus verteenwoordigers van hierdie party se Noord-Kaapse tak, moet Orania se status “herondersoek” word.

Terwyl baie politici in Suid-Afrika lief is vir ʼn mediageraas en al die aandag wat daaruit voortvloei, is Orania se leierskap al gesout om ons bestaansreg te verduidelik. Orania se bestaansreg word in die grondwet bevestig en ondersteun deur provinsiale wetgewing. Op munisipale vlak het Orania ʼn lang lys van erkenningsdokumente. Buiten voorafgenoemde, kry Afrikaners hulle reg om te bestaan en ʼn gemeenskap soos Orania op te bou nie net van aardse owerhede nie, maar by God, ons Lotsbepaler.

Die EFF is ook nie onbekend met die Orania-idee en realiteit nie. Julius Malema het Orania in 2009, na ʼn ewe hewige mediastorm, besoek. Tot sy verbasing was die Orania leierskap vriendelik (maar tog ferm) in hul ontvangs. Hy kon selfs van Orania se sukses insien en is daarna weer fort. Die EFF het weer ʼn “verrassingsaanval” in 2016 probeer maar die Orania-gemeenskap het nie dom of oorhaastig reageer nie. Sulke beheersde optrede deur Orania verhoed dat ander se honger na kontroversie gevoed word.

Orania se leierskap het aangedui dat hulle weet die gemeenskap het ʼn reg om te bestaan en ook klem daarop gelê dat Orania ʼn weerbare gemeenskap is en dat die veiligheid van inwoners belangrik is, maar dat die Orania-skakeling strategie nog altyd met groot sukses toegepas is.

“Orania het die reg om te bestaan. Meer as 50 000 mense het die Orania Beweging se petisie oor Orania se bestaansreg onderteken. Ons sal ook terugvoer gee aan ons ondersteuners oor wat verder gebeur en ons is baie dankbaar teenoor almal wat Orania beskerm en ondersteun,” het Joost Strydom gesê.

Die Orania Dorpsraad het intussen ‘n kennisgewing publiseer dat daar op Vrydag 4 April bevestiging verkry is dat die optog nie in Orania gaan plaasvind nie, maar wel in Kimberley soos oorspronklik beplan, en dat dit direkte gevaar vir Orania behoort uit te skakel. Hulle het ook bevestig dat daar gebeurlikheidsplanne is om seker te maak dat Orania hierdie kwessie reg en suksesvol hanteer deur paraatheid van amptelike strukture en inwoners.

Die Dorpsraad stel ook dat radikale optrede met kalm reaksie, met selfvertroue en met geloof hanteer kan word, en dat dit nog altyd die regte strategie bly.

Dankie aan Oraniërs en ondersteuners wat hulle hulp tot dusver aangebied het.

Orania Beweging se 37ste ledenaweek 'n groot sukses

Die Orania Beweging, wat in 1988 as AVSTIG (die Afrikanervryheidstigting) begin is, het vanjaar sy 37ste ledevergadering gehou. Tydens hierdie geleentheid kry betalende lede die geleentheid om Orania te besoek, deel te neem aan die vergaderings, mosies te stel en leierskap te verkies.

Lees meer

Ongeluk op N12: Orania Veiligheidsdienste reageer

Orania Veiligheidsdienste (OVD) se voetspoor in die omgewing is besig om ʼn mag van stabiliteit te word. Hierdie instelling se primêre verantwoordelikheid is om te verseker dat wet en orde in Orania toegepas word en inwoners veilig gehou word. Dit is egter ook so dat OVD…

Lees meer

Premier van die Noord-Kaap beskuldig Orania

Dr Zamani Saul, Premier van die Noord-Kaap, het Orania daarvan beskuldig dat Orania op grond gebou is wat voorheen sonder vergoeding onteien is…

Lees meer

Helpmekaar: Oraniërs open die nuwe Trommel

Op Vrydagaand, 21 Maart, het Oraniërs saamgekom vir die lintknipseremonie van die opgeknapte Trommel-winkel, ʼn projek van Orania Helpmekaar. Die Trommel is…

Lees meer

Stigtingsdag – 'n herdenkingsdag in Orania

Op 6 April herdenk en vier Oraniërs jaarliks Stigtingsdag. Hierdie belangrike Afrikaner herdenkingsdag is sedert 1994 in Suid-Afrika as amptelike vakansiedag afgeskaf…

Lees meer

Bo-Karoo Opleiding – aansoeke vir studies in 2026 is oop!

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat opleidingsinstelling wat beroepskwalifikasies in skaarsvaardighede aanbied, gebou op ‘n Christelike fondasie en gewortel in die…

Lees meer

Volkskool Orania bied Herfsskool aan

Volkskool Orania het in die laaste week van Maart hul jaarlikse Herfsskool gehou. Dis ʼn week waarin die afstand- en plaaslike graad 10 en 11’s genooi word om akademiese…

Lees meer

Vergelegen tekenend van Orania se groei en ontwikkeling

Vir Orania om te kan groei tot ʼn tuiste vir honderd-duisende Afrikaners moet daar aan sekere aspekte voldoen word as voorvereiste vir verdere ontwikkeling om te realiseer…

Lees meer

Ons adverteerders: