Orania Beweging se 37ste ledenaweek ʼn groot sukses

Die Orania Beweging, wat in 1988 as AVSTIG (die Afrikanervryheidstigting) begin is, het vanjaar sy 37ste ledevergadering gehou.

Tydens hierdie geleentheid kry betalende lede die geleentheid om Orania te besoek, deel te neem aan die vergaderings, mosies te stel en leierskap te verkies. In die afgelope jare het die naweek ook ʼn sosiale kant ontwikkel, om lede bloot te stel aan die inwonende Oraniërs, onder die besoekende lede vriendskappe te smee, en Orania te verken.

Vanjaar het ʼn propvol program gehad. Die Kaapse onafhanklikheidsaktivis Phil Craig het met die Oraniërs oor hulle droom van ʼn onafhanklike Kaap kom praat. Dit is ʼn interessante perspektief gewees en die gehoor het dit baie geniet.

ʼn Europese navorser het ook ʼn aanbieding oor stads- en streeksontwikkeling gedoen, wat baie interessante inligting na vore gebring het. Joost Strydom het terugvoer oor die Orania Beweging se internasionale skakeling gedoen, en die naweek is deur die immergewilde kunstenaar Chris Chameleon (in ʼn lieflike pekanboord!) afgesluit. Chris het die tema van “Afrikaneridentiteit” deeglik vir die gehoor in ʼn uiters weldeurdagte aanbieding uitgepak.

Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons van al ons lede kry en is aangenaam verras met al die lede wat so ver gereis het om die geleentheid by te woon. Baie dankie aan ieder en elk!

 

Foto 1:  Joost Strydom en Riaan Jacobs vertoon die Orania-vlag wat hulle na die VSA saamgeneem het.

Foto 2: Gasspreker Chris Chameleon tydens sy toespraak: Afrikaner-identiteit in die 21ste eeu: Staan ons weer voor ‘n kruispad?

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel