Bo-Karoo Opleiding – aansoeke vir studies in 2026 is oop!

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat opleidingsinstelling wat beroepskwalifikasies in skaarsvaardighede aanbied, gebou op ‘n Christelike fondasie en gewortel in die vryheid en uniekheid van ons Afrikanerkultuur.
Hier bou studente aan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms deur gehalte opleiding in die hart van die Bo-Karoo. BKO kombineer gehalte teorie in klaskamers, met praktiese toepassing op die Boublad, in goed toegeruste werkwinkels, by die Leer-My-Hoe Proefplaas of in simulasiekamers, gevolg deur indiensopleiding.
Of jy jou toekoms in boerderybestuur, bou- en siviele konstruksie, loodgieter, elektries, siviele ingenieurswese, tuisversorging, tuissorgassistent of vroeë kinderontwikkeling sien – hier kry jy die nodige kennis én vaardighede om vorentoe te beur.
BKO bied meer as net opleiding – dit is ook ‘n studietuiste vir Afrikaners. ’n Unieke en gesonde studentelewe laat die hart van ʼn gemeenskap effens anders klop – en op Orania sien ons ʼn unieke studentekultuur ontwikkel. Dink aan sport- en kultuurbyeenkomste, ’n vlytige koshuislewe, die eerstejaarskonsert, leierskapsontwikkeling en diensbaarheid. Hier kuier studente saam tot laat en stap sorgeloos terug koshuis toe – dit is nie ’n verlore droom nie, dit is óns realiteit.
Aansoeke vir studies in 2026 is oop. Belangstellendes kan BKO besoek.
