fbpx

Ongeluk op N12: Orania Veiligheidsdienste reageer

Foto: Vragmotorwrak waaruit die bestuurder gesny moes word.

Orania Veiligheidsdienste (OVD) se voetspoor in die omgewing is besig om ʼn mag van stabiliteit te word. Hierdie instelling se primêre verantwoordelikheid is om te verseker dat wet en orde in Orania toegepas word en inwoners veilig gehou word. Dit is egter ook so dat OVD toenemend ʼn streeksrol begin speel. ʼn Veilige streek is ʼn veilige Orania!

Orania Veiligheidsdienste het onlangs na ʼn vragmotorongeluk op die nasionale pad reageer. Hulle kon met snytoerusting (lewenskake) die bestuurder vanuit die opgefrommelde kajuit bevry. OVD is een van die enigste instellings binne ʼn 160km radius wat oor hierdie toerusting beskik, dus is hulle ʼn baie belangrike toevoeging tot die omgewing se veiligheid.

OVD is ʼn vol filiaal van die Orania Dorpsraad, en doen uitstekende werk binne en buite Orania. Die mannekrag van OVD bestaan uit beide permanente, geakkrediteerde personeel en ʼn sterk vrywilligerskorps.

Ons bedank die manne van OVD vir hulle harde werk!